MOSES-VAN FAAM NA SKAAM
Ek moes so gou uit Egipte vlug as wat ek kon. Dit was nogal ‘n uitdaging want oral op die oostelike grens was daar veiligheidswagte.
Gelukkig kon ek deurglip.
Dit was ‘n uitdaging om deur die woestyn te slinger en ek weet nie waarheen nie. Al wat ek geweet het was dat ek so vinnig as moontlik so ver as moontlik moes wegvlug.
Die Here was so goed vir my dat Hy my ‘n vrou gegee het wat gewillig was om met ‘n moordenaar te trou.
Vir die volgende veertig jaar moes ek dinge afleer wat ek aangeleer het. Die woestyn en die skape was my nuwe dosente.
Dit was in hierdie tyd dat ek die nuwe alfabet kon gebruik om die boeke Job en Genesis onder inspirasie te kon skryf.
Op 80 het die Here my gevra om Sy volk te gaan verlos. Ek en my broer Aäron is na die farao toe om vir hom te sê wat die Here vir ons gesê het om te kom doen.
Hy weier en 10 plae verwoes die ekonomie en die teologie. Op pad na die land Kanaän maak die Rooi See vir ons ‘n pad. Vir die volgende 40 jaar het ons met sweet en bloed deur die woestyn getrek.
Toe ons op die grens van die beloofde land kom het ek in ‘n oomblik van swakheid my humeur verloor. Dit het verhoed dat ek die volk deur die Jordaan tot in die Beloofde Land neem.
Die dag het aangebreek dat ek stoksiel alleen na my begratnis gestap het. Ek het my mense in die Moabsvlakte gegroet en die berg Nebo uitgeklim.
In die verte kon ek die land sien waarna ek vir soveel jare na uitgesien het om binne te gaan. En toe een Vrydagmiddag om 1500 het ek gesterf.
Engele het my oorkant Betpeor begrawe. Dit was net duskant die Jordaanrivier.
Maar toe gebeur ‘n ongelooflike iets. Die Here het neergedaal en my kom opwek. Die duiwel was by my graf om te verhoed dat die Here my moes opwek.
Die grootste wonderwerk van alle wonderwerk het daardie Sondagoggend gebeur. Ek was die eerste persoon in die geskiedens wat uit die dood opgewek is.
Toe ek my oë oopmaak, kyk ek in die volle glans van Migael, dis Jesus, se gesig. Nadat Adam en Eva in sonde geval het, het geen mens nog die voorreg gehad nie.
Wat ‘n omhelsing toe ek die Een wat ek van agter op die berg Sinai gesien het, die Een wie se stem ek gehoor het, my in die oë kyk nie.
Die ervaring om van die dood na die lewe te beweeg, was ongelooflik. My sondige natuur was weg. Daar was net mooi in my binneste soos dit in Adam se geval was.
Met my helevaart daardie Sondagoggend kon ek ‘n paar dae later sien hoe Josua veilig deur die Jordaanrivier met die volk trek.
Sewe eeue na my hemelvaart het Jesus na dieselfde omgewing afgedaal waar ek opgewek is. Hy het vir Elia lewendig hemel toe kom neem.
Nog sewe eeue later het ek en Elia op God die Vader se opdrag, Jesus op die berg van verheerliking gaan besoek.
Dit was vir ons so ‘n groot voorreg om Jesus te gaan bemoedig waar Hy ‘n rukkie later vir die sondes van die wêreld sou kom sterf.
Dit was ‘n belewenis wat ek nooit sal vergeet nie.
My liewe vriend. Ek is al meer as drieduisend jaar in die hemel. Ek kan nie vir jou sê hoe dit voel om in ‘n land te woon waar daar geen begratnisse gehou word nie. Niemand word hier siek nie. Ek nog niemand hier sien huil nie.
Ek wag vir jou om jou binnekort in hierdie land te kom ontmoet.
Jesus is baie haastig om ‘n einde aan al die verdriet en ellende te maak.
Mense wat hulle vertroue volkome op Hom geplaas het, hulle sonde bely en laat staan het, gaan opgewek word soos in my geval,of lewendig verander word dood Elia.
Asseblief. Maak jou saak met die Here reg en kom bly saam met my waar ek die vooreg het om in die Vader se oë te kyk en vir Hom dankie te sê dat Hy Jesus gestuur het om ons te kom verlos.
En julle gaan die voorreg om met Jesus te gesels en vir ewig gelukkig te wees.