1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jonatan
  4. MY EN DAWID SE VRIENDSKAP
  1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. MY EN DAWID SE VRIENDSKAP

MY EN DAWID SE VRIENDSKAP

Nadat Dawid vir Goliat neergevel het, het my pa  hom nie toegelaat om huistoe te gaan nie, maar hom in die paleis gehou. Dis hoe Samuel ons vriendskap besryf het: “Nadat Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan baie geheg geraak aan Dawid en hom liefgekry soos homself. “1 Samuel 18:1 

Die pragtige vriendskapsband tussen ek en Dawid is ‘n klasieke voorbeeld van twee mense wat gemeenskaplike ideale koester en hulle daarin verheug. Ek het al voorheen my misnoë met betrekking met my pa optrede getoon. Samuel het dit so beskryf:

1Sa 14:29  Maar Jonatan sê: “My pa het ‘n ramp oor die land gebring. Kyk net, ek het nuwe krag gekry omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.”

Dawid se mooi nederige, beskeie geaarheid en hoe hy tydens sy gesprek met my pa, al die eer aan die Here vir sy oorwinning gebring het, het met my geresoneer. Dit was vir my soos koel, verfrissende  waterstrome vir ‘n dorstige uitgeputte reisiger. My pa het my emosioneel uitgemerkel.

In my, Jonathan, die held van Migmas was daar eensame tye van teleurstelling asgevolg van my pa se gebrek aan geestelike insig. Min het ek besef dat die selfde geloof in die Here en die behoefte aan Sy beskerming, ook by Dawid aanwesig is. Ek en Dawid het besluit om ‘n vriendskap te smee en om as broers te verenig. Samuel het die volgende mooi ondervinding as volg beskryf:

“Jonatan en Dawid het ‘n verbond gesluit omdat Jonatan hom liefgekry het soos homself. Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel. “1Sa 18:3,4

Hierdie besondere vriendskap was die resultaat van talle ondernemings en lang intieme gesprekke. In ons besondere geheiligde vriendskap kry ons ‘n tipe van die Antitiepiese vriendskap wat die Here met elkeen van ons wil aanknoop. Hy wil Sy intieme persoonlike liefde vir ons beskryf en ons dan nooi om Sy liefde te kom ervaar. Soos ek my koninklike kleed aan Dawid oorhandig het, so wil die Here ook Sy koninklike kleed vir ons kom aantrek.

1Sa 18:4  Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel.

Al die voortreflike karaktereienskappe van ons twee was in sement van liefde vasgelê. Ek het in hierdie vriendskap geleer dat ware geluk daarin lê dat jy onselfsugtig alles vir jou vriend gee sonder om enigiets terug te verwag.

Terwyl ek op ‘n keer weer na die paleis in Gebea op pad was, het ek gewonder wat die volgende drama  tussen my, my pa en Dawid gaan afspeel. Ek het nie lank gewag nie. Kom ek lees wat Samuel opgeteken het:

1Sa 19:1  Saul het naderhand selfs met sy seun Jonatan en met al sy offisiere gepraat om Dawid dood te maak. Maar Saul se seun Jonatan het baie van Dawid gehou. 

1Sa 19:2  Toe het Jonatan vir Dawid vertel: “My pa wil jou doodmaak. Jy moet tog môreoggend versigtig wees. Gaan sit op ‘n beskutte plek en kruip weg. 

1Sa 19:3  Dan sal ek in die veld waar jy is, langs my pa gaan staan en met hom oor jou praat. As ek agterkom hoe dit gesteld is, sal ek jou dit vertel.” 

1Sa 19:4  Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by Saul en vir hom gesê: “Die koning moet hom tog nie aan sy onderdaan Dawid besondig nie, want hy het u geen kwaad aangedoen nie, sy dade was baie voordelig vir u. 

1Sa 19:5  Hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan dié keer toe die Here die groot uitkoms vir die hele Israel bewerk het. U het dit gesien en u was self bly. Waarom sal u sonde doen oor ‘n onskuldige man en vir Dawid sonder rede doodmaak?” 

1Sa 19:6  Saul het na Jonatan geluister en ‘n eed afgelê: “So seker as die Here leef, hy sal nie doodgemaak word nie.” 

1Sa 19:7  Hierná het Jonatan vir Dawid gaan roep, en Jonatan het hom die hele gesprek meegedeel. Jonatan het vir Dawid na Saul toe gebring, en Dawid het vir Saul gedien soos voorheen. 

Die Here was baie goed vir my pa. Asgevolg van Dawid se betrokkenheid in my pa se lewe het die Here met my pa se hart gepraat. Hy wou my pa se siek hart genees. Alhoewel my pa as koning gediskwalifiseer is, kon hy as enkeling nog steeds verlossing bekom. Dit maak my hart so seer as ek dink aan die vyf kere wat hy my boesemvriend Dawid om die lewe wou bring. Kan jy jou indink in watter verwarrende geestelike toestand ek beland het.

Hy gooi Dawid met ‘n spies.  Die volgende dag het ‘n boosaardige gees vir Saul beetgepak, sodat hy in sy huis te kere gegaan het soos ‘n waansinnige. Soos gewoonlik het Dawid op die lier gespeel. In die hand van Saul was daar ‘n spies. Toe lig Saul die spies op en dink: ek gaan vir Dawid teen die muur vaspen. Maar Dawid het weggekoes, selfs twee maal. 

Hy het ook probeer om Dawid met ‘n slinkse plan dood te maak. Later het Saul vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter Merab. Ek gee haar aan jou as vrou. Jy moet net vir my ‘n dapper man wees en die oorloë van die Here voer.” Saul het naamlik gedink: ek moenie teen hom wees nie. Laat die Filistyne teen hom wees. 1Sa 18:17 

1Sa 18:19  Maar teen die tyd dat Saul se dogter Merab aan Dawid gegee moes word, is sy aan Adriël die Megolatiet as vrou gegee.  Hy het gedink Dawid sou soos ‘n besetene te kere gaan sodat hy rede kon kry om hom met die dood te straf.

1Sa 18:25  Maar Saul het gesê: “So moet julle vir Dawid sê: Die koning wil niks anders as honderd voorhuide van die Filistyne as huweliksvergoeding hê nie, om so wraak te neem teen sy vyande.” Saul se gedagte was om Dawid deur die Filistyne te laat omkom. Dit was die vierde slenter wat hy aangewend het om Dawid om die lewe te bring.

Einde ten laaste het my pa die hulp ander mense ingeroep om Dawid om die lewe te bring.

Daarna is aan Saul berig: “Weet u, Dawid is in die profetekwartiere in Rama.”  Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid gevange te neem. 1Sa 19:20 

My pa wou Dawid by die profetekwartiere in Rama gaan doodmaak. My boesemvriend was gaar. Jy moes daardie bedrukte gesig gesien het. Hy moes net gedurige vir sy lewe vlug. Hy het toe by my aangekom en vir my baie mooi gevra: “Sê my Jonatan wat op dees aarde het ek jou pa aangedoen dat hy sonder ophou probeer om my vankant te maak?”

Ek het Dawid die versekering gegee dat hy nie sal sterwe nie. Verder het ek vir hom gesê my pa doen niks sonder dat hy my nie in sy vertroue neem nie. Maar Dawid het my in die rede geval:

“Jonatan jou pa weet baie goed van my en jou se vriendskap. Ek dink jou pa swyg want hy wil jou nie seermaak nie. Maar ek sê vandag vir jou. So seker as die Here leef en so seker as jy leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood.” Ek het vir my liewe vriend Dawid gesê dat alles sal doen om vir hom gemoedsrus te gee.  

“Dawid môre is dit nuwemaan, en ek móét saam met my pa die koning gaan eet.” Ek en Dawid het toe proaktief ‘n plan gemaak om uit moontlike moeilikheid te ontsnap. Maar ons plan was nie eerlik nie.

Luister wat Dawid voorgestel het: ”As jou pa pertinent na my vra, moet jy sê: ‘Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem toe te gaan, want die hele familie se jaarlikse offer vind daar plaas. As hy sou sê: ‘Goed!’ dan is ek veilig, maar as hy baie kwaad word, weet dan beslis dat hy klaar besluit het om my dood te maak.”

Ek antwoord toe vir Dawid: “So seker as die Here die God van Israel leef, ek sal my pa môre of oormôre pols. As hy nie goedgunstig oor jou is nie, sal ek na jou toe stuur en dit in die geheim aan jou bekend maak.”

Ek het ook vir Dawid gesê dat die Here my om die lewe kan bring as my pa besluit het om hom dood te maak en ek hom kans gee om veilig weg te kom nie. Maar hy moet sy trou nooit aan my familie onttrek nie. Selfs wanneer die Here sy vyande een vir een van die aarde af wegvee. Mag ek nie deur die familie van Dawid uitgeroei word nie, want dan sal die Here dit vergeld deur Dawid se vyande. Hy het my dit met ‘n eed belowe vanweë ons liefde vir mekaar.

Ek was baie hartseer toe ek vir Dawid gesê dat die volgende dag nuwe maan is en dat ek hom by die fees gaan mis. As my pa negatief teen Dawid gaan wees, moet hy langs ‘n hoop klippe in die veld gaan wegkruip. Ek sal drie pyle aan die kant daarvan verby skiet, asof ek na ‘n teiken skiet.  Dan sal ek my slaaf stuur: ‘Gaan soek die pyle.’

As ek uitdruklik vir hom sê: ‘Kyk, die pyle is duskant jou; tel hulle op en kom!’ is jy veilig en so seker as die Here leef, daar is dan geen gevaar nie. Maar as ek vir Dawid sê: ‘Kyk, die pyle is anderkant jou!’ moet hy so vinning as hy kan wegvlug. 

Dawid het toe in die veld weggekruip. Met nuwemaan het die koning by die maaltyd aangesit, en hy het soos gewoonlik op sy plek teen die muur gaan sit. Ek het regoor hom gesit en Abner langs hom. Dawid se leë plek is opgemerk,  maar op daardie dag het my pa niks gesê nie, want hy het gedink: daar moes iets gebeur het, en hy is dalk nie rein nie, hy mag dalk nie aan tafel kom nie. 

Die volgende dag van die nuwemaan, die tweede dag, is Dawid se leë plek weer opgemerk. Saul vra toe vir my: “Waarom het die seun van Isai gister en vandag nie na die maaltyd toe gekom nie?”  “Pa  hy het my dringend verlof gevra om na Betlehem toe te gaan. Hy het gesê: ‘Laat my tog gaan, want ons het ‘n familie-offer in die stad. My broer self het my laat roep. As u dit goedvind, laat my dan tog gaan sodat ek my broers kan gaan besoek.’ Daarom het hy nie aan die koning se tafel verskyn nie.” 

My Pa het hom bloedig vererg en om my geskreeu: “Jou rebelse ellendeling! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het.  Solank die seun van Isai op hierdie aarde leef, sal daar nie plek vir jou en jou koningskap nie wees nie. Stuur en bring hom na my toe, hy moet dood!” Ek het baie groot geskrik. Ek het dit regtig nie verwag nie en toe net gevra: “Waarom moet hy doodgemaak word? Wat het hy gedoen?” 

Toe my pa die spies na my mik om my dood te maak, het ek geweet my pa is vasbeslote om vir Dawid om die lewe te bring. 

Met pyn in hart het ek ek my slaaf na die veld toe gestap. Ek sê toe vir hom om die pyle te gaan haal wat ek afgeskiet het. Hy het die pyle gaan haal. Ek het die pyle weer geskied en vir hom gesê hy moet hulle gaan haal maar dat hulle verder lê. Ek het vir hom gesê hy moet gou maak en nie tyd mors nie. Ek het toe vir hom gesê om my wapens stad te neem. 

Toe die slaaf weg is, het Dawid opgestaan langs die kliphoop en op sy knieë geval en drie maal vooroor gebuig. Ons het mekaar gesoen en saam gehuil totdat Dawid baie ontroerd geword het. My boesemvriend het so gesnik soos hy nog nooit voorheen gedoen het nie.

Met ‘n baie groot knop my keel het ek vir hom gesê om in vrede te gaan omdat ons twee in die Naam van die Here trou gesweer het en gesê het: Die Here is vir altyd daarvan getuie tussen ons en tussen ons twee se nageslagte.” STerwyl ek paleis toe gestap het het ek bitterlik geween. Net voor Dawid oor die laaste bultjie verdwyn het, het ons vir oulaas vir mekaar gewaai.

Was this article helpful?

Related Articles