My naam is Natanuel. Onthou julle nog my naam? Bartolomeus.
‘n Vorige keer het ek vir julle van die Huttefees vertel. Dis hier waar Jesus op die laaste dag van die fees die dorstige skare genooi het om by Hom kom water drink het.
Hierdie uitnodiging sal altyd by my bly en ek vertrou ook by jou. Die wêreld se reënbakke is gebars, die waters loop uit.
Maar daar is nog iets moois wat ek vir julle van daardie paar dae by die fees wil vertel.
Tydens die laaste dag van die fees het die priesters en die Joodse leiers amptenare gestuur om Jesus te arresteer.
Ek het sulke koue rillings gekry toe ek hierdie manne met boeie na ons toe kom. Maar Jesus was kalm. Hy het net voort gegaan om te preek.
Ek het hierdie manne se gesigte dopgehou. Hulle was geharde mense.
Maar terwyl Jesus gepraat het en hulle vir ‘n verkeerde woord van Jesus gesoek het, het iets met hulle gebeur.
Hulle so gafisineerd oor die manier waarop Jesus gepreek het, dat hulle skoon vergeet het waarom hulle daar was.
Hulle het iets bemerk wat die priesters en die leier nie opgemerk het nie. Jesus se menslike wese was met die glorie van godheid gevul.
Toe hulle terugkom by hulle base en die vir hulle vra waar is Jeus wat hulle moes arresteer, het hulle net gesê: “Menere ons het nog nooit ‘n mens hoor praat soos wat Jesus gepraat het nie.
Terloops die priesters en leiers het tot dieselfde oortuiging gekom toe hulle Jesus die eerste keer hoor preek het. Maar hulle het die werking van die Heilige Gees in hulle harte onderdruk.
Nou was hulle woedend dat die veiligheidspolisie dieselfde oortuiging ervaar het.
Die Sanhedrin het weer vergader om planne te maak om Jesus om die lewe te bring.
Tydens die raadsitting is hulle in hule moordspore gestop. Nikodemus het vir hulle gevra of hulle wet ‘n man veroordeel voordat hy nie deeglik ondersoek is nie.
Jesus het Hom van die geraas en verwarring onttrek en iewers tussen die olyfbome in stilte met Sy Vader verkeer.
Dit was vir my altyd so aandoenlik wanneer ek Jesus sien bid het.
Vroeg die volgende oggend is ons saam met Jesus na die tempel toe. Min het ons geweet wat die Fariseërs nie daardie nag alles met Maria Magdalena aangevang het nie.
Jesus het skaars begin preek of hulle stamp haar voor Jesus. Ek het haar so jammer gekry. Sy was vreesbevange.
“Ons het haar in owerspel betrap. Die wet van Moses sê sy moet gestenig word. Wat sê jy?”
As Jesus die vrou vryspreek sou hulle Hom beskuldig dat Hy die wet oortree. As Hy sê sy moet gestenig word, sou hulle Hom by die Romeine aankla dat Hy die wet in Sy eie hande geneem het.
Ek sal nooit vergeet hoe Jesus daardie oggend in kalmte na die vrou hier voor Hom en na die Fariseërs gekyk het nie.
Hy het geweet dat hulle haar daardie nag in sonde gelei het en nou kom hulle met hulle skeinheiligheid om Jesus se arrestasie te bewerkstellig.
Ons was by ‘n plek by die tempel waar die bouers nog nie hulle werk klaargemaak het. Die stof het nog op die teëls gelê.
Hy het hulle nie geantwoord nie, maar op die sand en stof begin skryf.
Die aanklaers was ongeduldige omdat Jesus se gedraai en nie gepraat het nie. Ek sien nog hoe hulle nader stap om te sien wat Jesus besig was om te doen. Jy moes hulle gesigte gesien het toe hulle lees wat Jesus skryf.
Voor hulle oë lees hulle wat Jesus oor hulle aandeel in Maria se sonde gespeel het.
Dit was haar man se plig wat teen haar moes optree, het die wet gelui. En voorts het die wet voorgeskryf dat die skuldiges ook gestenig moes word.
Jesus het regop gestaan en die skurke in hulle skuldige oë gekyk. Die een van julle wat onskuldig is, gooi gerus die eerste klip.
Jesus het neergebuk en verder geskryf.
Ekskuus maar ek het lekker gekry toe die sogenaamde “heilige” mans daar wegstap. Hulle was doodbang dat Jesus hulle skandelike sonde sou uitlap.
Maar Jesus is so bedagsaam. Hy het net soveel vir die Fariseërs as vir die owerspelige vrou omgegee. Hy skryf hulle sondes op die grond sodat net hulle dit kon lees. Die gewone mens kon nie lees nie.
Na ‘n rukkie het ‘n windjie hulle sondes weggewaai.
Wat dink jy wou Jesus vir hulle gesê het?
Jesus het van die grond af opgestaan en met Maria begin praat:
“Waar is die mense wat jou aangekla het. Het niemand jou veroordeel nie?”
Sy het net haar kop skaam skaam geskud en saggies gesê:
“Niemand nie.”
Jesus het toe vir haar gesê dat Hy haar ook nie veroordeel nie. Sy kan maar vry en vergeef wegstap. En toe met ‘n vriendelik gesig na haar gekyk en gesê:
“Moenie weer sondig nie, asseblief tog.”
Met ‘n hart wat in duisend stukkies gebreek het, het sy snikkend voor Jesus neergeval. Die trane wat oor haar wange gevloei het was bewyse van haar dankbare liefde. Sy het haar sondes voor Jesus bely.
‘n Paar weke later toe ek by die kruis van Jesus gestaan het, het Sy woorde: “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”, vir my ‘n nuwe betekenis gekry.
Die klippe waarmee sy en die mans met wie sy owerspel gepleeg het, gedood moes word, het nou op Hom gereën.
Teneinde Maria en haar medebeskuldiges te vergewe, moes Jesus nou hulle straf op Homself neem.
My liewe vriend. Dis die soort God wat ek en jy dien. Hy het die straf van ons sondes op Homself geneem en ons volkome vergewe.
Het jy my mede sondaar al daardie geskenk in geloof aanvaar?