1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Nataniel En Die Huttefees 3

Nataniel En Die Huttefees 3

Hier is weer. Ek het die ou twyfellende NatanIël agtergelaat en ‘n voltydse dissipel van Jesus geword. Ek wil graag en een insident met julle deel wat ‘n geweldige indruk op my gemaak het.

GALILEA

Ons was in Galilea omdat die Jode vir Jesus wou doodmaak. Dis hier waar ek Jesus se vier broers ontmoet het. Ek was verbaas oor hulle negatiewe houding teenoor Jesus.

Hulle het daarop aangedring dat Jesus verplig is om na die huttefees toe te gaan.

Die rede daarvoor was dat Hy Sy goddelike mag daar moes openbaar. Dit het vir my gelyk asof hulle na hulle eie belange omgesien het en dat wanneer Jesus dat as Koning gekroon word, hulle aansien sou verbeter.

Hulle was ontsteld omdat Jesus nie hulle opdragte wou uitvoer nie. Hulle was ongelukkig dat Hy altyd in konflik met die geleerde skrifgeleerdes en Fariseërs was.

JAMMERTE

Ek het Jesus vreeslik jammer gekry toe ek sien hoe Sy vier halwe broers: Jakobus, Joses, Judas en Simeon Hom behandel het.

Ek dink sy kinderjare was iets baie ergs met hierdie ouer broers wat Hom nie as die Seun van God wou erken het nie.

DIE HUTTEFEES

Ons het al Jesus se bevele uitgevoer en toe Hy sê ons gaan die Huttefees bywoon het ons Hom gevolg.

Ek moet net vir jou sê ons was bietjie bangerig. Daar was mense wat Jesus as die Messias aanvaar het. Maar dan was daar die Skrifgeleerdes en die Fariseërs wat soos die pes gehaat het.

Ons grootste opposisie het ons in Judea gekry. En dit was nou geen geheim dat die Sanhedrin besluit het om Jesus dood te maak nie.

Maar ek wil net vir jou sê ons Meester het ten spyte van doodsdreigemente alles gedoen om die Verlossingsplan vir vriend en vyand te bring.

Ons is met ‘n onbekende roete na Jerusalem toe teneinde die aandag van die karavane met die hordes mense te vermy. Jesus was altyd baie versigtig om nie te veel aandag op Homself te trek nie.

Die Huttefees was nie net ‘n dankiesê vir die goedheid van die Here oor die goeie oeste nie, dit het ook die Here se beskerming tydens Israel se trek deur die woestyn herdenk.

TONEEL IN JERUSALEM

Kom ek vertel vir jou wat ons gesien het toe ons ‘n paar dae na die aanvang van die fees in Jerusalem gesien het.

Oral het mense vir hulle self hutte gebou. Dit was om hulle aan die 40 jaar in die woestyn laat herinner waarin hulle in hutte gebly het.

Dit was in die strate, die hoofhof van die tempel op die dakke van huise opgerig.

Die olyfberg, die Kidron- en Hinnomvallei was gesaai met hierdie hutte.

Jy moes gesien het hoe mooi die tempel in die aand gelyk het. Oral het lampies gebrand en die goud en marmer het net nog ‘n bietjie mooier geglinster.      

Vroeg elke oggend het die priesters lang note op hulle silwer trompette geblaas. Dan het ‘n klomp ander trompetspelers gevolg. Maar wat vir my baie mooi was, was die hallelujas van die mense wat in die hutte gewoon het.

Terwyl ek saam die lofliedere gesing het, het ek geluister hoe hierdie hemelse trompetsang oor heuwel en vallei eggo en die nuwe dag verwelkom het.

Net daarna het die priesters water uit die Kidron gaan skep, dit hoog gehou terwyl die trompette geblaas is.

Dit was so indrukwekkende om te sien hoe die priesters die trapies na die tempel op die maat van die musiek bestyg.

By die altaar het die priesters die water in silwer bekers gegooi dit het dan met die Kidron na die Dooie See gevloei.

Die waterseremonie het na die rots verwys wat Moses in die woestyn geslaan het en die water wat toe begin vloei het.

Jesus het elke dag in die tempel gepreek en die mense het aan Sy lippe gehang. Maar die klimaks het op die laaste dag van die fees gekom.

Sy helder musikale goddelike stem word in die tempelhowe gehoor.

“As iemand dors het, laat hom na my toe kom om sy dors te les.”

Wat Hy eintlik vir die skare gesê het dat Hy die water voorgestel het wat in die woestyn gevloei het.

Soos wat die heerlike koel water die dors van mense destyds in die woestyn gelês het, so wil Hy die sieledors van die mense van die fees geles het.

Die tipiese water van daardie fees het in die Jesus, die Antipiese water gekulmineer.

Ek Nataneal het die waters van Jesus se verlossing gedrink en my dors is gelês.

En as daar op hierdie oomblik ‘n dors in jou siel is na waters wat daardie sieledors kan les, wil ek Jesus aan jou voorstel.

Hy nooi ons elke dag en sê: O almal wat dors het, kom na die waters van my verfisnis, die waters van my verlossing en les jou dors.

Was this article helpful?

Related Articles