Kom ek vertel jou so ietsie van my agtergrond. Met betrekking tot my geboorte, godsdiens, opvoeding en sentiment, ‘n Hebreër in murg en been.
Op skool was ek bietjie verveeld en dit het daartoe gelei dat ek byna al die boeke van die Griekse en Romeinse filosowe gelees het.
My voorouers het oorspronklik in Galilea gewoon maar net voor Jesus se geboorte is hulle deur die Romeine as slawe na Tarsus geneem. Later het my pa en ek Romeinse burgerskap verkry.
My ouers het my na die sinagogeskool gestuur waar ek Hebreeus, Aramees, Grieks en Latyn geleer het.
My konserwatiewe pa het geglo ‘n kind moet ‘n ambag hê en ek is opgelei in al die fasette van tentmakery.
Op ‘n dag het my pa my geroep en vir my baie goeie nuus gebring.
“Saultjie jy het in al jou vakke A’s gekry. Jy het jou skoolloopbaan voor al jou maats voltooi. Ek en jou ma het ‘n besluit geneem. Ons gaan jou na ‘n Universiteit in Jerusalem stuur waar die beroemde professor Gemaliël is. Ons glo jy daar daar net so uitblink as wat jy hier gedoen het.”
Ek hou nie daarvan om te spog nie, maar ek het weer met onderskeidings weggestap. Ekhet my so in die Joodse tradisies en skrifuitleg verdiep, date k fanaties en onverdraaglik geraak het. Die ou Joodse Rabbis en leiers het my vir groot akademiese prestasies ge-oormerk.
VOORKOMS EN GESONDHEID
My vyande het my as intellektueel goeie punte gegee maar my voorkoms en taalgebruik as pateties beskou. Dit word toegeskryf omdat ek kort was, effens ‘n boggelrug en bakbene.
En dan het ek met my sig probeleme gehad en moes dikwels my briewe aan iemand dikteer. Dit was my doring in die vlees.
BEKERING
My eerste kontak met Christene was tydens die steniging van Stefanus. Ek het die Christene en beheptheid met die ene Jesus met ‘n passie gehaat. My senior kollegas het vir my gesê dat die stories oor hierdie Jesus se opstanding fabrikasies was. Waarheid is dat Sy dissipels Sy liggaam gesteel het.
Toe die klippe op Stefanus gerent het, het ek gehoop dat elkeen van hulle op hierdie manier sou sterf.
Ek het in Jerusalem van huis tot huis gegaan en hierdie Jesus-sektes uitgesleep en in die tronk gesmyt. Dis nie al nie. Ek het ook sommige se teregstelling bewerkstellig.
Maar Jerusalem was nie vir my genoeg nie. Ek het hierdie sektes in die omgeliggende stede ook bygekom.
MY BEKERING
Jy sal my die glo nie maar ek het tot bekering gekom en een van hierdie verpeste sektes geword. Kom ek vertel jou wat gebeur het:
Die ek hoor van hierdie mense het na Damaskus gevlug, het ek dokumente van die Sanhedrin en die Hoëpriester gekry, om hulle te gaan uitroei
Dit was hier om en by 12 uur die middag toe ek en die veiligheidspolisie by Damaskus aankom.
Skielik het ‘n verblindende glans my oorval. Dit was so erg dat ons almal op die grond neergeval het. En toe hoor ek ‘n stem, dit was die stem van Jesus.
“Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Ek was uit die veld geslaan. Na ‘n oomblik van stilte, het Hy verder met my gepraat. En toe sê Hy iets wat my baie diep getref het: “Dit is vir jou baie hard om teen die prikkels te skop.”
Dit was ‘n grootse ondervinding. Die God van hemel en aarde het persoonlike aan my verskyn. Ek kan dit nie mooi in woorde beskryf nie.
In hierdie toestand was daar net een iets wat ek kon sê: “Here wat wil U hê moet ek doen?”
Dit was Hy vir my gesê het sou ek ‘n uur van te vore nooit gedoen het nie. Ek het nie eers tyd vir die Jesussektes gehad nie, wat nogal vir die heidene.
Ek moes die verhaal van Jesus aan die heidene gaan verkondig. Verder moes ek na Damaskus gaan waar die Jesussektes vir my verder sou inlig.
Toe ek uiteindelik weer op my voete kom, het ek ontdek date k stokblind was. My metgeselle het my na ‘n sekere Judas gelei waar ek vir dried ae gevas het.
Uiteidelik het Ananias my kom besoek en vertel hoe hy in ‘n visioen opdrag gekry het om my in Reguitstraat te kom besoek het.
Hy het sy hande op my gelê, my blindheid is genees, ek het die Heilige Gees ontvang en toe is ek gedoop.
Volgende keer gaan ek jou meer vertel van die stryd waarmee ek geworstel het. Dit het baie met Stefanus se steniging te doen.
My liewe vriend. Ek gee nie om in watter soort sonde jy vagevang is nie. Ek was in die sonde van teologiese grootheidswaan. Seker die ergste sonde wat daar is. Die Here het my, die grootste van alle sondaars gered. Hy kan dieselfde vir jou doen.
Voor jy by jou verkeerde voorneme by jou Damaskus aankom, kan die Here aan jou verskyn en ‘n nuwe mens van jou maak.