1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Petrus Loop Op Water

Petrus Loop Op Water

My naam is Petrus. Dit het een nag gebeur. Ons ou bootjie was besig om te sink. Ons het die dood in die oë gestaar. In hierdie histeriese oomblik het ons nog boonop ‘n spook op die water sien loop. Ons was amper van ons koppe af.
Gelukkig toe Hy nader kom het ons gesien dit was Jesus. Maar voordat ek verder vertel, moet ek eers vir julle die agtergrond skets.
VERMEERDERING VAN DIE KOS
Jesus het ons uitgestuur om op ons eie vir die mense te gaan preek en siekes te genees.
Ons was so uitgeput dat Jesus gesê het ons moet bietjie eenkant kom om te rus.
Die plek waar ons gaan rus het was in die ogewing van Betsaida aan die noordekant van die See van Galilea.
Ons was nie lank by hierdie eensame plekkie nie of die mense het ons uitgesniffel.
Uiteindelik was daar 5000 mans sonder die vrouens en kinders.
Jesus het heel dag verskriklik mooi gepreek en die mense het gestaan en luister tot laat die middag. Hy sê toe vir Fillipus om te kyk of hy nie vir mense kan kos in die hande kry nie.
Uiteindelik het hulle ‘n seuntjie met 5 gars brode en 2 vissies in die hande gekry.
En toe gebeur die wonderwerk. Jesus vermeerder daardie kos en almal word gevoed. Vand die mense vra toe vir my of die tyd nie aangebreek het dat ons Jesus aan die nuwe koning moet uitroep nie.
Ek sê toe vir hulle dat ek eers die saak met Judas sal bespreek. Dit was net die regte ding want hy wou lankal hê dat Jesus die Romeinse regering omver werp en Jesus die nuwe staatshoof maak.
Ons noem die gedagte aan die ander dissipels en hulle is net so opgewonde. So tussen die kosuitdelery praat ons met die mens en almal stem saam dat ons dit sommer nog daardie selfde middag moet doen.
Ons het dit ampertjies reggeky toe Jesus vir ons sê om dadelik in die boot te klim en na die oorkant toe moes vaar.
Sy bevel was baie streng en met groot huiwering het ons in die bootjie geklim en met trae arms die spane getrek.
Die verdwaasde skare het nie geweet wat nou aangaan nie. Hulle het lomp lomp probeer om met ons werk voort te gaan, maar Jesus het daar ook ‘n stokkie voor gesteek.
Met ongelooflike gesag het hy die byeenkom verdaag en die mense huis toe gestuur.
Ons het ‘n rukkie in die boot vir Jesus gewag, maar toe begin donker word het ons begin roei.
Raai waaroor ons 12 manne in boot begin praat het?
Ons was bitter teleurgestel in Jesus omdat Hy ons gekeer het om Hom as Koning uit te roep.
Ons moes miskien meer ferm met Hom gewees het.
Hoe meer ons oor Jesus gekla het, hoe donkerder het dit om ons geword.
Kon Hy nie gekeer het dat Johannes die Doper onthoof is nie?
Het die Fariseërs miskien iets beet as hulle sê dat Hy ‘n swendelaar is?
Terwyl Jesus op die strand vir ons gebid, het Hy met ‘n baie slim plan gekom.
‘n Kwaai storm het ewe skielik onverwags op onse toegesak? Nog nooit het ons ‘n storm van hierdie sterkte op die see ervaar nie.
Die roeispane het al swaarder geword en hulle moed verloor.
Een van die manne het uitgeroep dat hy Jesus se teenwoordigheid gemis het.

Op daardie einste oomblik het ons onself boeglam geskrik vir iemand wat na ons kant toe beweeg het.
Ons gryp daardie roeispane en probeer van hierdie spook af wegkom. Toe Hy nader kom skreeu ons almal histeries.
En toe sien ons dis Jesus en dit lyk of Hy wil verbystap.
Ons skreeu almal gelyk: “Jesus kom help ons ons verdrink!”
En toe hoor ons daardie dierbare stem: “Moenie vrees nie. Hou moed. Dis Ek.”
Ek is so impulsief. Voor ek my kon kry,skreeu ek: ”Jesus as dit regig U is, beveel my om na U toe te kom.”
“Jy kan maar kom Petrus,” sê Jesus.
Hoor hier ek spring van die boot af en loop manhaftig teen die groot branders uit en weer anderkant af.
Ek wou graag sien watter indruk ek op maats maak, en toe kyk ek om. Wat ‘n fout. Skielik sien ek nie meer vir Jesus nie, en daar sink ek in die swart donker waters.
Wat dink julle het ek toe gedoen? En wat het Jesus gedoen.
Ek sal nooit daardie sterk hand van Jesus vergeet toe Hy my van verdrinking gered het nie. Ek het Sy hand styf vasgehou totdat ons saam in die bootjie geklim het.
My liewe vriend. Leer asb die les wat ek geleer het. Toe ek wou kyk wat my vriende van my dink, het ek gesink.
As jy jou oë van Jesus wegneem en na die opinies van mense kyk, gaan jy sink.
Miskien is dit op hierdie oomblik jou problem. Jy kyn of mense goed dink van jou. En as hulle nie van jou goed dink nie, is jy teleurgestel en sink jy.
My liewe vriend as jy sinkende is, maak oogkontak met Jesus en vra Hom uit jou diepwaters te red.

 

Was this article helpful?

Related Articles