Petrus

Ek bevind my self in die hoofstad van die Romeinse Ryk. En wou nie hierheen kom nie, ek is hierheen gebring om hier te sterf.
As ek ‘n Romeinse burger was, het hulle my onthoof. Maar omdat ek Joods is, moet ek gekruisig word.
Voordat die laksman by my sel instap, wil ek jou net vlugtig van my lewe vertel.
Ek het in die omgewing van Betsaida ‘n visvang besigheid saam met my broer Andreas gehad. Ons het nie juis ‘n formele opleding gehad nie, alhoewel ek Aramees kon lees en skryf en so ‘n bietjie Grieks praat. In ons omgewing het baie mense nog Grieks gepraat.
My aksent was bietjie anders, ons dit noem keelklank. Ons was swaar op die letter “g”.
Ons het gehoor dat iemand met die naam van Johannes die Doper besig was om naby Jerigo en die Jordaanrivier te preek en te doop.
Hy het ons vertel dat die Messias op pad is en binne kort gaan verskyn. Ons was baie opgewonde.
My broer Andeas was die eerste om Jesus te kon opspoor. Die eerste ding wat hy gedoen het, was om my te opspoor om die goeie nuus aan my mee te deel.
Soos ‘n blits was ek saam met Andreas by Jesus. Hy het na my gekyk en ek het geweet hy kon my lees.
Hy kon sien ek was impulsief maar ook liefdevol met ‘n simpatieke hart
Tenspyte van die feit dat ek impulsief was en gepraat het voordat ek gedink het, het hy my nie weggewys nie.
In Sy voorkennis het Hy gesien hoe ek Hom gaan verloën en hoe ek weer gaan opstaan. En toe kyk Hy tot op hierdie oomblik en Hy sien watter soort dood ek sou sterf.
En sê Hy vir my iets moois. Jy is Simon die seun van Jona: jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.
Met ander woorde: jy is ‘n bietjie onstabiel, maar jy gaan eendag nog so standvastig soos ‘n rots word.
En toe gebeur dit op ‘n dag. Ek en my broer Andreas was besig om ons net in die see te gooi om vis te vang, toe ‘n hy na ons toe kom. Hy het ons genooi om vissers van mense te word.
TERUGBLIK OF MY KARAKTER
As ek so terugkyk op my karakter, dan kry ek so skaam. Ek kan nie glo dat Jesus my geroep het om Sy dissiepel te wees nie.
MALGUS
Die aand toe Judas Jesus kom verraai het, het ek ‘n vreeslike ding gedoen. Malgus die dienskneg van die hoë priester het Jesus gemolesteer. Ek het my oombliklik bloedig vererg, my swaard gevat en gemik om sy skedel oop te kloof. Die vermetelheid van Marchus.
Ongelukkig het ek sleg gemik en net sy oor afgekap. Ek onthou hoe Jesus gebuk het, die oor opgetel het en dit toe weer genees het.
Daardie aand het ek ‘n groot les geleer. Jesus het vir my gesê ek moet my swaard terugsit want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard vernietig word.
Toe Jesus voor hierdie insident gesê dat ons Hom almal daardie nag gaan verraai, het ek vir Hom gesê dat al die ander dit sou doen maar nie ek nie.
VERRAAD
Jesus het vir my gesê dat voor die haan daardie aand kraai, sal ek Hom drie maal verloën.
Dis presies wat gebeur het. Toe ek vir die derde keer met vloeke sweer dat ek Hom nie ken nie, het die kraan gekraai. Op daardie oomblik het Jesus na my gekyk.
Al wat ek in daardie oë gesien het was ‘n verskriklike diep harseer. Iemand het Jesus op daardie oomblik weer ‘n klap gegee en ek het uitgehardloop.
Wat dink jy het met my in Getsemane gebeur toe ek die nag daarheen gevlug het.
Ek was klaar met Petrus. Ek het gevoel ek het te ver gegaan. Ek het gewens ek kon sterf. Hoe kon ek dit aan Hom gedoen het.
Die Sondagoggend toe Jesus opgestaan het, het Hy vir Maria opdrag gegee om vir ons almal te sê dat ons Hom in Galilea moet ontmoet. Hoe Maria my in die hande gekry het, weet ek nie.
Sy sê toe dat Jesus gesê dat sy almal moet laat weet en dat Hy my naam spesiaal genoem het.
Ek het vir haar gesê dat ek te ver gegaan het en nie meer werd is om Sy dissiepel te wees nie. Maar sy het aangehou dat ek Galilea toe moes kom. Uiteindelik het ek ingestem.
Drie vrae en drie aanstellings.
Oor ‘n rukkie kom die laksman my haal. Ek gaan vir hulle vra om my onderste bo te kruisig. Ek is nie werd om soos Jesus gekruisig te word nie.
Ek wil net vir elkeen van julle sê dat Jesus nie opgee met sondaars nie. Maak nie saak wat julle doen nie, Hy stel net in een ding belang en dit is om julle te red.
As jy Hom verloën het soos ek gedoen het, sal Hy jou nie verwyt nie. Hy sal ophou om by jou te pleit om na Hom terug te keer nie.

Was this article helpful?

Related Articles