Kom ek vertel eers vir julle wat my ma my vertel het toe ek nog ‘n klein seuntjie was. Haar naam was Hanna en my pa se naam was Elkana. My ma het my vetel dat sy baie gebid het dat ek gebore moes word. Die mense wat destyds geleef het, het gedink daar is iets verkeerd met ‘n vrou wat nie ‘n kind het nie.
My pa Elkana wou verskriklik graag kinders gehad het, en toe trou hy met ‘n vrou met die naam van Penina. Sommer baie gou was daar kinders in ons huis maar dit het moeilikheid gemaak. Tannie Penina het op mammie neergekyk omdat sy nie kinders gehad het nie.
So dit was nie vir my ma lekker gewees om elke jaar saam met my in die huis van die Here ge offer nie. My ma het my vertel waarom dit nie vir haar lekker was nie. Daar by die kerk het tannie Peninna haar gespot, sodat my ma gehuil het en nie wou eet nie. En wanneer my ma vir my hierdie dinge vertel, het sy sommer van vooraf begin huil. En dan sê my pa vir my pa: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
MAMMA EN OOM ELI
Op ‘n keer ná die offermaaltyd in Silo het mamma opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het. Oe my ma was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil. Sy sy het ‘n gelofte afgelê en gesê:
“Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my, u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my ‘n seun gee, sal ek hom sy lewe lank aan U gee, en as teken daarvan sal sy hare nie afgesny word nie.” My ma weer begin huil toe sy vir my hierdie hartseer storie vertel het.
Sy vertel hoe sy lank tot die Here gebid. Wat sy nie besef het nie is Eli die bewegings van haar mond dopgehou het. My ma Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk. Oe dit gebeur nog ‘n baie hartseer iets.
My ma sê die nare ou priester trek toe lose n skreeu op haar: “Hoe lank wil jy dronk bly? Loop word eers nugter!” As dit ek was so ek geloop en nooit weer kerk toe gekom het nie.
“Mamma hoe durf vir hy vir my mamma sukkel lelike beskuldigings maak?” maar ek is so trots op my mamma. Sy het hom nie beledig nie maar hom beleefd geantwoord: “Nee, Eli, ek is maar net ‘n vrou wat diep terneergedruk is. Ek het nie wyn of bier gedrink nie. Ek het my voor die Here uitgestort
Moet tog nie dink ek is ‘n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank met die Here bly praat het.”
Eli het toe gelukkig kalmeer en gesê: “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.” My ma het toe groot dankbaarheid en beleefdheid gesê:
“Mag dit vir my wees soos u sê.” My my het toe geloop en gaan eet, en sy was nie meer bedruk nie.
Die volgende môre het Elkana-hulle vroeg opgestaan, die Here aanbid en teruggegaan huis toe. My ma vertel my sy was ‘n ander mens omdat die Here aan haar gedink het.
Sy vertel hoe onbeskryflik bly sy was toe ek gebore is. Sy vertel my dat sy hard uigeroep het:
“Sy naam is Samuel: van die Here het ek my afgesmeek!”
Toe Elkana my en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal, het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.” Sy vertel dathaar man Elkana het vir haar gesê:
“Maak soos jy goed dink my vrou. Bly totdat jy hom eendag gespeen het. Mag die Here sy woord vir jou waarmaak!” Ag my ma vertel vir my hoe mooi en hoe ‘n oulike seuntjie ek was. Toe ek my eerste treetjies gegee het hy sy my amper opgevreet van blyskap. ‘n Ruk daarna het sy vir my geroep. “Kom Samuel my kind kom saam met mamma kerktoe. Ons het die kerk die tabernakel genoem.
Toe my ma vir Eli raakloop het sy vir hom gesê:
“Ekskuus Eli, maar ék is die vrou wat hier was om tot die Here vir ‘n ou kindjie te bid. Oom Eli hier staan die mannetjie. Kyk net hoe groot het hy geword. Sy naam is Samuel, wat soos u weet, beteken dit dat hy van die Here gebid is.”
Jy weet miskien nie, maar my ma kon ook gedigte skryf. Miskien kan jou ma dit ook doen. Ek lees vir jou gedig wat ook sommer ‘n gebed is:
En Hanna het gebid: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het. Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie. Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is ‘n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.
Die boog van die magtiges is verbreek, dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry. Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur, wie honger was, het oorgenoeg om te eet. Die onvrugbare bring sewe in die wêreld, die een met baie kinders kwyn weg. Die Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom.
Die Here maak arm en Hy maak ryk, Hy verneder, ook gee Hy aansien. Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af om hulle by vername mense te laat sit; Hy skenk hulle ‘n ereplek. Aan die Here behoort die pilare van die aarde; Hy het die aarde daarop gegrondves.
Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. ‘n Mens oorwin nie deur eie krag nie! Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”
AFSKEID
Jy seker ookal afskeid geneem. Dis nooit lekker nie. dit was vir my baie swaar toe my pa my groet. Toe my ma groet het ons almal sommer begin huil. Dit sou lekker gewees het om altyd by die huis te bly, maar my ma het my aan die diens van die Here toegewy.
Terwyl my ouers wegstap en ‘n paar trane afvee maan hulle vir oulaas: “Wees gehoorsaam aan oom Eli en gehoorsaam aan die Here. Ons bid elke dag vir jou Samuel.”
Ek het baie gou agtergekom dat oom Eli se seuns, Hofnie en Finias baie sleg was. Ek was so geskok.
Ons het met heilige dinge gewerk maar hulle nie die geringste respek daarvoor gehad nie.
My pa en ma het my geraps wanneer ek stout was maar oom Eli het hulle maar net gelos.
Hierdie sonde van Eli se seuns was baie groot in die oë van die Here, want daardeur het die mense hulle agting , hulle respek vir die offer van die Here verloor. Maar ek het besluit om die Here d te dien. As jy slegte maats het, moenie doen wat hulle te doen nie. hierdie twee seuns het die naam van ons kerk, die tabernakel weggegooi en die mense opge kerk toe kom.
NUWE KLERE
My ma het elke jaar vir my ‘n nuwe tempelmanteltjie gebring wanneer sy saam met my pa die jaarlikse offer gebring het. Dan het oom Eli my pa en ma geseën en gesê: “Mag die Here jou uit hierdie vrou ‘n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.” Daarna is hulle weer huis toe.
Die Here het vir my ma nog nog drie seuns en twee dogters gegee. Ag sy was tog so bly oor hierdie kinders en dit haar gehelp om nie so vreeslik oor my te verlang nie. En dit was ook vir lekker om elke jaar of twee ‘n nuwe boetie of nuwe sussie te sien.
Wanneer daardie twee seuns van oom Eli so stout was wou ek net wegkom maar my liefde vir die kerk van die Here het my laat uithou.
ElI BESTRAF SY SEUNS
Eli was al baie oud en wanneer hy alles hoor wat sy seuns weer aangavang het, het hy vir hulle gevra: “Waarom doen julle sulke dinge dat ek aanhoudend by die hele volk moet hoor van julle slegte dade? Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here. Wanneer een mens teen ‘n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as ‘n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?”
Ag hulle het hulle pa agter sy rug uitgelag want hulle het geweet hy sal hulle nooit ‘n pak slae gee nie. Maar die Here het my gehelp om ‘n skoon gehoorsame lewe te lei en die mense het vir my lief geword.
Ek moet vir julle hierdie verskriklike ding vertel. ‘n Man van God het by Eli gekom en vir hom gesê: “So sê die Here: Ek het My duidelik geopenbaar aan die huis van jou stamvader toe die volk in Egipte aan die farao’s onderdanig was. Ek het jou stamvader vir My uit al die Israelitiese stamme as priester uitgekies om my altaar te bedien, om wierook aan die brand te steek en om ‘n skouerkleed voor My te dra. Ek het jou familie al die vuuroffers van die Israeliete gegee.
“Waarom verag julle my diereoffer en my graanoffer waarvoor Ek voorskrifte in my woonplek gegee het? En waarom ag jy jou seuns belangriker as vir My, deurdat julle julle vet maak met die beste uit al die offers van my volk Israel? Daarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. Maar nou sê Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.
“Daar kom ‘n tyd dat Ek die priesterskap van jou en jou familie af sal wegvat, en in jou familie sal niemand oud word nie. Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys. In jou familie sal niemand ooit oud word nie. Net een sal Ek nie van my altaar afsny nie. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf.
“En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf. Dan sal Ek vir my ‘n betroubare priester aanstel. Volgens my wil en wens sal hy handel, en Ek sal vir hom ‘n bestendige nageslag gee. Hy sal altyd diens doen as my gesalfde priester. Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir ‘n geldstukkie of ‘n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek ‘n stukkie brood kan hê om te eet!”
En kon vir baie nagte nie eintlik slaap nie. Eli en sy seuns se sonde was baie groot en die straf wat sou kry sal verskriklik groot wees. Ek gaan nog meer hartseer dinge met julle bespreek. Maar ek los hierdie boodskap vir die jong mense. Alles wat ons saai, sal ons maai. Ek het dit met my oë sien gebeur. Vra die Here om jou help om nie aan die versoekings van die lewe toe te gee nie. Jy kan op die Here staatmaak om jou te help om daardie mooi skoon lewe te kan lewe.