1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Simon Die Melaatse En Maria Magdalena

Simon Die Melaatse En Maria Magdalena

My naam is Simon van Betanië, ‘n Fariseër.   Ons klas was beskou as die goeies in Israel, mense wat veronderstel was om ‘n voorbeeld vir die volk te stel.

‘N RAMPE

‘n Paar rampe het my getref. Ek gaan dit vir jou vertel sodat jy lesse daaruit kan leer.

Ek het ‘n buite-egtelike verhouding met Maria Magdalena, my vrou Marta se suster gehad. Dit was die einde van ons huwelik.

En toe tref ‘n nog erger ramp my. Ek raak melaats en word uit die samelewing verban.

Dit was ‘n eensame tydperk in my lewe. As iemand naby my gekom het, moes ek uitroep: “Melaats. Melaats. Melaats.” Dit het die publiek gewaarsku om baie ver van my af pad te gee.

GENESING

Op ‘n dag het Jesus op my afgekom. Dit was die begin van groot dinge in my lewe. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe hy aan hierdie misvormde ou melaatse gevat het. Vir die eerste keer in ‘n lang ruk het ek weer gevoel hoe dit voel as iemand aan jou vat.

Maar ek moet net een ding vir jou vertel. Op hierdie stadium was ek net van uiterlike melaatsheid genees. Ek was nog nie op die plek waar ek Jesus se genesing van sonde melaatsheid in my lewe wou toelaat nie.

Dit was so lekker om weer in my eie huis te wees. Ek was moeg vir die grotlewe waar ek gekripeer het. Ek wou graag vir Jesus vereer vir dit wat Hy vir my gedoen het.

DIE FEES

Gevolglik het ek ‘n fees te ere van Hom gehou. Sy 12 dissipels was ook teenwoordig en ons het skuins geleun en die kos van die tafel af geëet. Dis hoe ons Oosterlinge ontspannend geëet het.

Toe ons nog so lekker ontspanne eet, sluip Marai Magdalene ongenooit die vertrek binne. Ek het lanklaas gesien want nadat ons verhouding opgebreek het, het sy na Galilea verhuis en in Magdala gaan woon.

Baie snaakste emosies het in my binneste plaasgevind. Dit was die laaste mens wat ek ooit weer in my lewe wou sien.

Sy neem ‘n yslike kruik met die duurste Nardussalf wat net deur koninklikes gebruik word, en gooi dit eers op Jesus se voete, toe op Sy kop.

Nou sit sy hier voor my want ek sit langs Jesus. Maar die arm mens huil soos ‘n babatjie. Toe haar trane op Jesus se voete val, maak sy haar bos lang hare los, en droog dit af.

Maar dan begin sy weer te huil, droog Sy voete af en soen hulle.

Nou wonder ek net. As Jesus geweet het wie hierdie slet eintlik is, sou Hy haar moes verjaag het. Jy kan mos nie toelaat dat hierdie tipe jou voete so aanmekaar soen nie?

DIE SKOK

Maar toe kom die skok. Jesus het my gedagtes gelees. Maar Hy is so taktvol dat Hy my nie voor die gaste ontbloot nie. Hy vertel my toe ‘n gelykenis.

“Simon kom ek vertel jou ‘n storie van twee mense wat skuld gehad het. Die een het R10,000 geskuld en die ander ‘n R1000.

“Nie een van hulle was vermoënd nie. Daar was geen manier waarop hulle die geld in die hande kon kry nie. Al wat sou gebeur, was dat hulle hulle self as slawe aan die skuldeiser moes verkoop. Maar toe kom die goeie skuldeiser en Hy skryf hulle skuld af.

“Simon”, vra Jesus vir my. “Wie van hierdie twee dink sal die skuldeiser die liefste hê?”Ek sê toe vir Jesus dis natuurlik die een wat die meeste kwytgestel is.

Jesus kyk my vol in die oë en ek kry die boodskap.

Toe draai Hy Hom na Maria en begin weer praat:

“Water het jy my nie gegee nie. Maar hierdie vrou het My voete met haar trane gewas en met haar hare het sy dit afgedroog.

’n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. 

My kop het jy nie met olie gesalf nie; sy het kop en my voete met reukolie gesalf.

Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde.

Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.”

Ek het besef dat Maria ‘n vergeefde sondaar was, maar ek was ‘n onvergeefde sondaar.

Ek was so geraak deur Jesus se optrede om my nie voor my gaste bloot te stel nie. Sy liefde het my hart verower en ek het Hom as die Messias aanvaar; die Seun van God wat sondaars soos ek kom red het.

Die Jesus wat vir hierdie slegte Fariseër vergewe het, wil jou ook vergewe. Ek nooi jou uit om hierdie grootse geskenk in geloof te aanvaar.

Was this article helpful?

Related Articles