1. Home
  2. Bybel Onderwerpe
  3. UNIVERSELE GESEGDES

UNIVERSELE GESEGDES

‘n Man, solank as wat hy nie werk nie, sal niks hê nie.

Spr 6:10  Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus!

Spr 6:11  So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.

En dan is hier ‘n baie snaakse iets op ‘n kleitablet gevind. Miskien het Abram en Sara dit gelees:

“Iets wat nog nooit in nooit in menseheugenis gebeur het nie. ‘n Jong vrou het ‘n wind opgebreek terwyl haar man haar omhels het.”

Dit klink amper soos gesegdes wat ons op Whatsup kry.

RAAD OOR DONKIE KOOP

“My seun jy moenie ongehoorsaam wees nie. Ek het met jou gepraat. ‘n Mens moenie ‘n donkie koop wat baie balk nie.” Anet 595

RAAD OOR VERGELDING

“Moenie jou vyand vergeld vir wat hy jou aangedoen het nie. Beloon hom met goedheid vir die kwaad wat hy jou aangedoen het. wees vriendelik teenoor jou vyand.” Anet 595

Ek wonder of Paulus van die wysheidliteratuur van die Sumeriërs studeer het. Luister wat skryf hy:

Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Rom 12:20  As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

Rom 12:21  Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Kan jy jou voorstel watter aangename plek ons planeet sou wees as ons deur God se genade so teenoor mekaar optree?

“Moenie te baie praat nie en let op wat jy sê. Wat jy oorhaastig sê mag jy later berou. Gebruik groot selfbeheersing wanneer jy met iemand praat.” Anet 595

Jakobus 1:19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Ek stap hier by Ur en ek vra die Here om my tong terug te hou wanneer ek iets leliks van iemand wil sê.

“Eerbied en respek bring guns.” Anet 595

Heb_12:28  Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

Was this article helpful?

Related Articles