1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Voetewassing – Mattheus

Voetewassing – Mattheus

My naam is Matteus. So ‘n ruk gelede het Jesus my gevra om Hom te volg. Dit was so ‘n groot voorreg om saam met Hom te gewerk het. Ek het ontsettend baie by Hom geleer.

Daar is een geleentheid wat ek nooit sal vergeet nie. Dit het ‘n lewenslange indruk van Jesus by my gelaat. Dit het in die bovertrek en Jerusalem gebeur tydens die Paasfees toe Jesus die nagmaal ingestel het. Hy het daardie nag elkeen van ons 12 dissipels se voete gewas.

Maar ek wil net eers vir jou so ‘n bietjie agtergrond skets.

VRYWING

Elkeen van ons dissipels het ambisies gehad. Behalwe om Jesus te volg het ons gehoop om een of ander magsposisie en eer in Sy nuwe koninkryk te ontvang. Daar was tye was ons Hom daaroor wou uitvra, maar ons het nooit daarby uitgekom nie.

Op ‘n keer het Johannes en Jakobus se ma na Jesus met ‘n versoek gekom. “Meester kan my twee seuns die hoogste  posisie langs U inneem wanneer U U koninkryk gaan oprig.”

Ons was so ontsteld. Kan jy jou voorstel wat Petrus vir hierdie vrou gesê: “Verskoon my tannie. Maar ek dink jy is ‘n bietjie voor op die wa.”

Judas het reguit met haar gepraat: “Mevrou jou twee seuns is nie die briljantste onder die dissipels nie. As daar iemand is wat die vaardighede besit om die top posisie te beklee, dan is dit ek. Bepaal jouself by jou huishouding. Ek vra jou mooi om nie weer met hierdie soort versoeke by Jesus aan te kom nie. Ek dink jy is een van die verwaandste vrouens wat ek nog ooit teegekom het.”

Nou moet julle ook onthou dat Johannes en Jakobus seuns van die donder genoem is.

VERDEELDHEID

Hierdie insident het gedreig om verdeeldheid onder ons te bring. Ons het ‘n ongemaklike gevoel teenoor Johannes en Jakobus opgebou.

In ‘n mate het ons almal na hoë poste in Jesus se nuwe koninkryk gestreef. 

Ek wil jou nie vertel hoe ons die twee broers afgekraak het nie. Elkeen van ons het onsself met die volgende dissipel vergelyk.

Daardie Donderdagaand het ons met hierdie gesindheid by die bovertrek intestap. Jy kon die atmosfeer met ‘n mens sny. Ons wou nie eers na mekaar kyk of met mekaar gesels nie. Wanneer daar wel oogkontak was, het ons na mekaar gegluur.

Terwyl ons met hierdie lelike houding gewag het dat die  verdekselse Siriese slaaf ons voete moet kom was, was daar ‘n ongemaklike stilte.

Die water kruik, die skottel en die handdoek het daar gestaan. Maar al wat opdaag was die slaaf. Agterna was ek so bly.

Ek self het in my hart besluit dat ek nie my kollegas se voete sou was nie. Dit was so ‘n vernederinge werk dat ons nie eers Joodse slawe gebruik het om dit te doen nie. Dit moes iemand van ‘n ander nasionalitiet gewees het.

Ek loer versigtig na Jesus. Mens sien pyn in Sy oë. Eers later het ek onthou dat dit Sy laaste kuiertjie met ons was en Hy wou so graag intiem met ons verkeer het. Kan jy Sy pyn waardeer. ‘n Paar uur later sou Hy die wroeging van Getsemane en Golgota deurmaak.

Terwyl ons met eie belangrikheid besoedel was, het die volgende iets gebeur. Jesus het Sy bokleed uitgetrek, die handoek en die skottel water gevat en ons voete begin was.

Hy begin by Judas. Eers na hierdie gebeurtemnis het ons besef hoe Hy moes gevoel het toe Hy Sy verraaier se voete gewas het.

Ek sien nog hoe Jesus se lyftaal met Judas pleit om sy bose planne te laat vaar en sy hart aan Jesus te gee. Vir ‘n paar sekondes was Judas in ‘n geweldige stryd, maar toe verset hy hom finaal teen Jesus se pleitstem.

EIEWAAN VERDWYN

Maar terwyl Jesus met die skottel water van voete na voete beweeg, het iets in my binneste gebeur. My eiewaan het in die lig van Jesus se nederige diens verdwyn.

Hier voor ons oë verrig Hy die nederigste diens van ons dag. Hy doen iets wat nie eers ‘n gewone Israelitiese slaaf toegelaat is om te doen nie. Ons eie slawe moes nie so verneder word nie.

Voor ek my gewaarwording met jou deel toe Jesus my voete kom was het, vertel ek net gou iets van ons dierbare ou Petrus.

Jesus sleep die skotteltjie water tot voor sy se voete. Maar hoor hier – toe prosterteer die man. Hy kan dit net nie verwerk dat Jesus Homself so moet verneder om Sy voete te was nie.

Jesus sê toe vir hom dat as Hy weier dat sy voete gewas word, hy geen deel aan Jesus sou hê. Met trane in sy oë sê hy toe vir Jesus nie net sy voete nie, maar ook sy hele lyf moet gewas word.

Jesus verduidelik toe vir Petrus dat hy tydens die doop ten volle gewas is. Maar op die lewenspad wat ons loop, tel ons weer ‘n bietjie sonde van onreinheid op. Die voetewassing is eintlik net ‘n seremonie waar ons weer opnuut Jesus se reiniging aanvaar.

Jesus sleep die skottel water tot hier voor my. Vir die eerste keer vat Hy my voete in Sy hande en was dit. Ek voel nog daadie tere aanraking. Min het ek besef dat ‘n paar uur later daardie selfde liefdevolle hande aan die kruis met spykers vermink sou word nie.

Terwyl Hy my voete was, kom die gebeurtenis toe Hy my geroep het om Sy dissipel te wees, by my op.

My waardering en respek vir Hom het net groter en groter geword. My kwessies teen Johannes en Jakobus wat die beste posisies in die nuwe koninkryk wou beklee, het verdwyn.

My liewe vriend ek wil net vir jou iets sê. Die Jesus wat nederig gebuk en my voete gewas het, wil ook baie graag jou voete was. Hy wil op hierdie oomblik neerbuig en jou voete, jou lewenswandel in Sy hande neem, en dit liefdevol van die sondestof wat daaraan kleef, afwas.

Hy wil ook hê dat ons Sy voorbeeld moet volg en nederig ander mense se voete was. Wanneer jy laer buk voor iemand anders, sal jy nie verag word nie. Jy sal gerespekteer word.

Was this article helpful?

Related Articles