My naam is Petrus. Ons het sopas van die berg van heerliking en die genesing van die seun met die bose gekom. Nou is ons pad na my huis in Kapenaum.
Jesus wou bietjie wegbreek van die skare mense en vir ons nog ‘n paar lesse leer.
Jesus was so geduldig met ons. Terwyl ons probeer voorberei vir Sy wrede dood, stoot ons die gedagte uit ons kop uit. Ons begin oor ons poste in die nuwe kabinet te gesels.
Kort voor lank begin ons met mekaar te stry oor wie nou eitlik die bekwaamste en die belangrikste is.
Ons wou nie hê Jesus moes hoor waaroor ons praat nie en het gevolglik ‘n hele ent agter Hom geloop. Hy het geweet waaroor ons praat en vir die regte oomblik gewag om oor nederigheid te praat.
Ons het skaars by Kapernaum aangekom toe die beampte wat die tempelbelasting invorder my trompop loop:
“Betaal jy en jou meester julle jaarlikse tempelbelasting.”
Ek praat mos gewoonlik voordat ek dink en ek sê toe vir hom ja.
Leviete, priesters en profete was kwytgeskeld.
Sou Jesus weier om tempelbelasting te betaal, sou dit dislojaliteit beteken.
Maar as Hy betaal sou dit beteken dat Hy Homself nie as ‘n profeet beskou het nie.
Jesus betaal die tempelbelasting nie omdat Hy moet nie, maar ons in nederigheid die vrede te bewaar.
DIE VIS
Mense dit was nou vir jou ‘n ondervinding toe ek die lyn ingooi om die vis te vang wat Jesus gesê het ek moet doen.
Toe ek hom ingetrol, maak ek sy bek oop en daar sit die geld.
Ek is toe dadelik na die belasting man toe en betaal die presiese bedrag vir ek en Jesus.
SOOS ‘N KLEINTJIE
Kom ek vertel jou hoe Jesus ons hoogheidswaan aangespreek het.
Terloops wat sou jy vir ons gesê wat elkeen gedink het hy is meer belangrig as die ander een?
Sou jy met ons geraas het en gesê: “Sies. Julle Meester is op pad om vir julle te gaan sterf en julle is besig met eie grootheidswaan.
Kan julle nie sien hoe nederig is Hy nie. Hy die Koning van die konings en wie is julle nou eintlik?
Daar in my sitkamer was ‘n ou seuntjie. Hy het met ons almal gepraat sonder om ons belangrikheid te respekteer.
Ons aandag is op die ou klein mannetjie. ‘n Mens kan jouself met tye vergaap aan die kleingoed.
En toe beland Hy op Jesus se skoot. En hier was nou die les wat Hy vir ons geleer het.
“Manne het julle die seuntjie dopgehou? Dink julle hy het die wêreld se dunk van himself?
Dink julle hy het onderskeid tussen ons gemaak? Het hy Petrus en Johannes groter respek as die ander behandel?
Sien julle ‘n ongelukkigheid op sy gesig? Lyk dit of hy met kwessies teenoor ander mense rondloop?
As julle nie soos hierdie knapie word nie, sal julle nooit die koninkryk van die hemel binnegaan nie.
Hy slaan sy armpies om Jesus en druk sy koppie styf teen die meester.
“Ek gaan nou mamma toe. Tatta Oom Jesus.”