2 Konings 13:14 En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
Kan jy die prentjie sien? Toe die koning in die siekekamer instap en Elisa se toestand sien, het hy sommer begin huil.
Alhoevel Joas nie ‘n gelowige was nie het hy Elisa as ‘n man van God en raadgewer erken. Dit was ‘n groot verlies vir Samaria die hele Israel.
MY VADER
Elisa was soos ‘n pa vir koning Joas. Hy kon enige tyd na Elisa vir raad en leiding vra.
WA VAN ISRAEL EN SY RUITERS
Die koning het erken dat die profeet en sy God vir Israel meer vir Israel as hulle getal perde en waens beteken. Elisa was vir hom die simbolies van die teenwoordigheid van God.
Elisa het getrag om vir die volk te sê dat hulle beskerming uitsluitlik by die Here te vinde was.
Die Here doen so baie moeite om deur Sy goedheid die mens tot bekering te lei.
PYL EN BOOG
2Kn 13:15 Daarop sê Elísa vir hom: Neem ‘n boog en pyle. En hy het vir hom ‘n boog en pyle geneem.
Simboliese optrede het ‘n groter impak as abstrakte verklarings. Die koning was deel van die ilustrasie. Kan jy sien hoe hy die peil en boog in sy hande neem?
Hy sou in die toekoms agterkom dat sukses met gehooraamheid goddelike voorskrifte verband hou.
2Kn 13:16 En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.
Hierdie profetiese handoplegging moes die koning beïndruk dat as hy God in sy lewe toelaat sukses die gevolg sou wees.
2Kn 13:17 Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: ‘n Pyl van oorwinning van die HERE en ‘n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
Hoekom na die Ooste? Dis waar die Siriese gevaar was.
Toe die koning die pyl afskiet het Elisa onder inspirasie na die oorwinnings oor die Siriërs verwys.
2Kn 13:18 Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.
Hoekom net drie maal? Hy het gedink drie oorwinnings is genoeg.
Elisa se reaksie?
2Kn 13:19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.
Die les vir Joas is vir almal van ons. Sukses in die werk van die Here is afhanklik van die poging wat ons daarin sit. Sukses kan net behaal word wanneer daar volkome toewyding en enverpoosde ywer aan die dag gelê word.
2Kn 13:20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.
Ek wonder of the koning by Elisa se begrafnis was?
HEMELVAART
Ek wonder of Elisa miskien gehoop het om soos Elia lewendig hemeltoe geneem is?
Waarom moes hy op daardie lang siekbed deurmaak? Hy wat soveel siekes genees en self dooies opgewek.
Is dit die geval met jou of van jou geliefdes.
Johannes die Doper is deur die Herodus die viervors, die swakkeling onthoof.
Paulus het met ‘n doring in die vlees gesit; al die dissiepels behalwe Johannes het ‘n marteldood gesterf.
Niemand het nog ooit deurgemaak was Jesus aan die kruis deurgemaak het nie.
Johannes 15:20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg.
IN ELISA SE FINALE SIEKBED
Hy het nie gekla of sy vertoue in God versaak nie. Hy het geweet God en die engele was aan sy sy. Soos hy geleef het, so het hy gesterf.
2Kn 13:20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.
Moabiete
Hulle was oos van die Dooie see geleë. Moab lay to the east of the lower Jordan and the Dead Sea (see on ch. 3:4). Joram en Josafat het ‘n mate van sukses oor die Moabiete gehad maar nou het hulle strooptogte in Israel geloods.
Ingang van die jaar .
Die lente in Isael is Aprilmaand. Die reent het opgehou en die oeste was aan die rypword en hulle kon dit stroop en terugneem Moab toe.
2Kn 13:21 En terwyl hulle besig was om ‘n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.
Kan jy jouself indink watter opspraak dit onder die begrafnisgangers gehad het. hulle het dit weer aan die hele land vertel. Op hierdie stadium het Israel deur diep waters gegaan.
Terwyl die stropers van Moab hulle oeste weggedra het, het die vraag ontstaan “Waar is die God van Elisa?” die man wat opgewek is toe hy op Elisa se geraamte geval het, het ‘n boodskap uitgdra.
Die God van Israel is nie dood nie. Hy verrig nog steeds wonderwerke. As mense die boodskappe van die ontslape Elisa gehoorsaam, sal God weer vir hulle die oorwinning oor hulle vyande gee.
2Kn 13:22 En Hásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.
2Kn 13:23 Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.
Israel het nog God se genade geniet. Daar was nog hoop vir hulle. Hulle het nog nie te ver afgedwaal nie. Wat van ons?
2Ko 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Openbaring 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Iewers hier in Samaria lê Elisa in sy graf. Saam met hom is daar baie konings en ampsdraers en gewone inwoners wat hier begrawe is.
Wat gaan gebeur wanneer die Jesus gaan kom, die basuine gaan blaas en sommige dooies gaan opstaan.
Ek glo Elisa gaan kyk hoeveel volgelinge gaan daardie dag opgewek word. Wat van jou en my?