1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. JOSEF KNAK VAN HARTSEER

JOSEF KNAK VAN HARTSEER

Ag tog. Ek kon my nie langer bedwing  Ek het almal gevra om hulle te verskoon. Daar was niemand van my personeel teenwoordig toe ek my aan my broers gemaak het nie.  En toe bars ek in trane uit sodat almal in farao se paleis my harde gehuil van ‘n stukkende hart dit gehoor het.  Nog steeds huilende sê ek vir my verwilderede broers:

“Ek is Josef.” En toe huil ek eers. Kyk na die skok op my broers se gesigte. “Leef Pa werklik nog. Het ek julle mooi verstaan?” En toe huil en verder. My broers kon my nie antwoord nie. Jy moes die skok en die vrees in hulle lyftaal gesien het.

Met trane wat oor my wange loop, pleit ek: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê ek vir hulle: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.  Kyk jy die skuldgevoel by hulle sien.

Maar julle moet nou asseblief to nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.   Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. Toe troos ek hulle met die volgende woorde:

“God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.  Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte. Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom: ‘So sê Pa se seun Josef: God het my aangestel as regeerder oor die hele Egipte. Kom na my toe. Moenie talm nie, kom bly in die Gosenstreek. Dan is Pa naby my: Pa en Pa se seuns en kleinseuns, die kleinvee en grootvee en alles wat Pa besit. 

Ek vee nog ‘n klomp trane af en pleit verder met hulle”

“Ek sal vir Pa daar onderhou, want daar lê nog vyf jaar hongersnood voor. So sal Pa nie verarm nie: Pa en Pa se familie en almal by Pa.’ Julle sien self, en my broer Benjamin sien dit ook: dis ek wat met julle praat. 

Julle moet vir Pa vertel van al my mag hier in Egipte en van alles wat julle gesien het. Maak gou en bring vir Pa hierheen.” 

En toe gaan ek oor in aksie en omhels vir my kleinboet Benjamin en ek huil. En toe trek Benjamin ook los

en huil kliphard in ons omhelsing. Julle sal nooit kan verstaan wat daardie oomblik in ons lewens beteken het nie. Maar die omhelsing was nie net tot Benjamin beperk nie. Ek het al hy broers gesoen en daar by hulle gestaan en huil. Eers na hierdie omhjelsing het my broers my my begin praat. 

Die mense het dit in die farao se paleis gehoor en gesê: “Josef se broers het gekom.” Die farao en sy amptenare het dit goedgevind, en hy het vir Josef gesê: “Sê vir jou broers: So moet julle nou optree: saal julle rydiere op en gaan na Kanaän toe.  Kry julle vader en julle gesinne en kom hier na my toe. Ek sal julle die beste deel van Egipte gee en julle sal die room van die land geniet. Vat vir julle uit Egipte waens saam vir julle kinders en vrouens en laat julle vader op ‘n wa ry en kom hierheen. Moenie sleg voel oor wat julle nie kan saambring nie, want julle sal hier die beste kry van wat Egipte het.” 

Ek het waens vir hulle saamgegee soos die farao beveel het. Ek het ook vir hulle padkos saamgegee. Ek het nie weer geld in hulle sake gesit nie, maar vir elkeen nuwe klere gegee. Ag, het tog so spoggerig gelyk want hulle ou klere was in ‘n haglike toestand. Vir Benjamin het ek sommer vyf stelle nuwe klere en nog drie en ‘n half kilogram silwer gegee.  Die broers was nie jaloers soos wat hulle teenoor my was. Hulle was nou mooi mense. Dis wat die Here met elke lelike mens wil doen. Maar hoor wat ek vir my pa gestuur het:

Tien donkies waarop die beste ware van Egipte gelaai was en tien donkiemerries waarop die beste koring en graan en kos gelaai was. Dit moes dien as padkos vir sy pa.  So het ek broers teruggestuur. Toe met daardie spoggerige nuwe Egiptiese waens vertrek het vir hulle gesê: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.” 

Wat ‘n oomblik toe hulle by hulle se ou boevallige opstal uitkom. Toe hulle naby kom het hulle met opgewonde juigende blye harte uitgeroep: “Pa. weet wat pa.” Hy Antwoord: “Waarom gaan julle so te kere? Wat se goeie nuus het julle vir my terwyl ons binnekort van honger mag omkom.”

“Josef leef nog. Hy regeer oor die hele Egipte.” My pa was stomgeslaan. My kinders julle moenie vir my ‘n klomp bog vertrel niel Josef 22 jaar gelede deur ‘n wildedier verskeur. Ek het nog ‘n stuk van sy matel hier gespaar. Hy het hulle nie geglo nie. 

Toe kom hulle met die sak pattas uit. Hulle vertel vir hom woord vir woord wat Josef vir hulle gesê het, om vir hom te vertel. Onthou my pa het nou al vir 22 jaar oor my getreur en om nou skielik te aarvaar dat ek nog leef, was nie maklik nie. “Pa kom kyk het wat Josef alles vir pa gestuur het. Kyk hoe daardie 20 donkies met kos en geskenke gelaai is. Ons het ons ou klere weggegooi. Waar dink pa het ons hierdie nuwe klere gekry. Josef het vir pa die mooiste klere op die hele aarde gestuur. Ons gaan pa sommer netnou uitdos. Pa gaan so mooi lyk.

My arme pa het so gesukkel om die goeie nuus te aanvaar. Maar toe wys hulle vir hom iets wat sy gees weer lewendig gemaak het. Hulle wys vir die mooiste was onder die son. Iets wat net eers in daardie tyd ontwerp is.

Hy het nie geweet hoe hy ooit die langpad na Egipte toe sou maak nie, maar toe hy daardie nuwe ryding sien, het sy pols vinniger klop. Siestog my ou Vader het begin snik soos hy huil. En met sy bewerige oumens stemmietjie sê hy: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” 

My pa  en almal by hom het vertrek. Wat ‘n prosessie! Hy het by Berseba gekom en daar ‘n offer gaan die God van sy pa Isak gebring. Die Here het dié nag met pa in ‘n visioen gepraat: “Jakob, Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”  Toe sê God: “Ek is God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Egipte toe te ebring gaan nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.  Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toedruk.” 

Toe my pa uit Berseba wou vertrek, het my broers van Israel mu pa en hulle kinders en vrouens op die waens laat klim wat deur die farao gestuur is om op te ry. My arme familie. Vir die eerste keer kom hulle in eer. Hulle het hulle vee saamgevat en ook die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. So is my pa en sy hele nageslag daar weg. En sy seuns en kleinseuns was by hom, ook sy dogters en kleindogters. Hy het sy hele familie saamgevat Egipte toe. 

My pa het vir Juda vooruit gestuur na my toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe. Nadat Jakob-hulle in Gosen aangekom het,  het Josef sy wa laat inspan om sy pa Israel in Gosen te gaan ontmoet

Kyk! Dit was die grootste en die mooiste en die heerlikste otmoeting wat daar nog in

Goosen plaasgevind het. My pa het lank getuur om te sien of ek na hom op pad was.  Op my beurt het ek ook in verte geduur om seker te maak ek sien daardie nuwe wa met my daarop. Die twee waens het nog nie heeltemaal bymekaar gekom nie, of ek het afgespring en na pa toe gehardloop. Maar ek huil so dat ek amper nie kan sien nie.

Be toe klim my ook so haastig as wat hy kan van sy wa af. Ons gryp mekaar, en druk mekaar en ons trane val opmekaar en ons kan nie praat nie. Ek sien ma pa na ‘n lang pynlike afskeid van 22 jaar. En my pa sien my asof ek uit die dode opgestaan het want sover dit hom aangegaan het, was ek dood.

Na ‘n lang ruk kon ons praat. My pa praat eerste. “Josef” en toe loop die trane weer opnuut. En ek praat toe na my pa se toespraak van een woord “Josef”. My toespraak het ook uit een woord ontstan: “Pappa.”

Toe sê my pa vir my: “My kind, nou kan ek maar sterf want ek het jou gesien. Jy lewe nog. Nou kan ek maar sterf.”

My liewe vriend die verhaal van ek en my pa se ontmoeting het eskatologiese klanke, ontmoetingsklanke wat binnekort gehoor gaan word. ‘n Ander Josef, Jesus die Verlosser wat homself dood verlang na ons, gaan Sy wa van glans inspan.

Hy gaan met die grootste goddelike glans wat terselfertyd ook Sy eie goddelike glans insluit, ons kom ontmoet. En moenie dink dat die ontelbare glansende engele daardie geleentheid gaan misloop nie.

Die grootste blaasorkes wat nog ooit gespeel het, gaan daardie dag die verlossingsklanke die kosmos deurpriem. Die eggos van triljoene galaksie gaan die ganse hemelruim vul.

Alles gaan jubel soos nog ooit gejubel het. En die ontmoeting tussen Josef en

Sy pa, gaan op ‘n groter skaal plaasvind. Wanneer die verlosde lewendes en die opgestaande verlosdes Hom sien, gaan die aarde sy aantrekkingskrag verloor. Vinniger as die spoed van lig gaan ons deur die atmosfeer na ons hemelse Verlos snel.

Omdat die era van tyd in ewigheid gaan verander, gaan die ontmoeting tussen die hartseer Jakobs en die glansende, jubellende hemelse Josef plaasvind.

Kan jy jou voorstel voorstel as die hemelse Josef jou gaan omhels? Wanneer ons kinders van ver vir ons kom kuier,  hou ons mekaar lank vas want ons weet nie of ons mekaar weer gaan sien nie.

Die omhelsing met ons hemelse Josef gaan lank, intiem en persoonlik wees. In daardie ontmoeting gaan die seer, die verlange, die hunkering plek maak vir ewige sondelose geluk.

Jesus verlang Hom dood na daardie ontmoetingsdag. Verlang jy jou ook dood na daardie ontmoetingsdag?

Was this article helpful?

Related Articles