Kom ek vertel julle wat by my ouerhuis gebeur het toe hulle vorige kosvoorrade wat hulle by die man en Egipte opgeraak het: Maar dit was ‘n kwaai hongersnood, en toe die kos begin opraak wat die broers uit Egipte gebring het, sê hulle pa vir hulle: “Julle moet maar weer vir ons ‘n bietjie kos gaan koop.” Juda het hom geantwoord:
“Daardie man het ons nadruklik gewaarsku en vir ons gesê: ‘Julle kom nie weer hier by my sonder julle broer nie!’ As Pa instem en ons broer saam met ons stuur, sal ons vir Pa gaan kos koop. Maar as Pa nie instem om hom saam te stuur nie, sal ons nie gaan nie, want daardie man het vir ons gesê ons kom nie weer by hom sonder ons broer nie.”
Juda is duidelike die nuwe woordvoerder. My ouboet Ruben het sommer in die wind gepraat. Later gaan ons na Juda se gesprek met my oor Benjamin luister.
Toe sê Israel: “Waarom het julle my hierdie onreg aangedoen en vir die man vertel julle het nog ‘n broer!” Hulle het gesê: “Die man het ons uitgevra na ons familie. Hy het gevra: ‘Leef julle pa nog? Het julle nog ‘n broer?’ Ons het net geantwoord op hierdie vrae van hom. Hoe moes ons weet hy sou sê: ‘Bring julle broer hiernatoe’?”
Juda het vir sy pa Israel gesê: “Stuur tog maar die kind saam met my sodat ons dadelik kan vertrek. Dan kan ons aan die lewe bly. So nie sterf Pa saam met ons en ons kinders. Ek waarborg hy sal terugkom. Pa kan hom van my eis. As ek hom nie vir Pa terugbring en hom hier voor Pa kom laat staan nie, sal ek vir altyd by Pa in die skuld wees. En as ons nie so getalm het nie, kon ons nou al twee keer terug gewees het.”
Wat ‘n toespraak van logika! En dan is daar so ‘n ligte, sagte teregwysing: . “En as ons nie so getalm het nie, kon ons nou al twee keer terug gewees het.”
Toe sê hulle pa Israel vir hulle: “Nou ja, as dit dan so is, moet julle dit maar doen. Vat van die beste wat ons land het saam in julle graansakke as ‘n geskenk vir die man: ‘n bietjie balsem, ‘n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels. Julle moet die geld verdubbel wat julle saamvat. En die geld wat julle bo in die graansakke teruggebring het, moet julle ook saamvat. Dalk was daar ‘n misverstand. Vat julle broer en maak klaar en gaan terug na die man toe. God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.”
Wat ‘n mooi aanvaarding van my pa se kant.
My broers het toe die geskenk gevat en hulle het die geld wat hulle saamgevat het, verdubbel. Hulle het vir Benjamin gevat en klaargemaak en Egipte toe gegaan. Hulle het by Josef gekom,
en toe hy sien Benjamin is by hulle, sê hy vir sy hoofamptenaar: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.”
Kan jy jou voorstel watter emosies ek ervaar het? Ek het gehelp om my boetie groot te maak. Ons het so lekker saamgespeel. En hier sien ek hom in lewende lywe. Ek wou sommer daar en dan hom gaan omhels het. Maar dit was nog nie die regte tyd nie.
My dienskneg het toe gedoen wat ek gesê het. Hy het die manne na my huis toe gevat, en hulle het bang geword omdat hulle na my huis toe gebring is. Toe sê hulle:
“Dit is oor die geld wat die vorige keer in ons graansakke teruggesit is. Ons word hierheen gebring om ons te oorval en te oorrompel en van ons slawe te maak en ons donkies te vat.” My arme broers. Onbelyde sondes put ‘n mens uit en jy lewe in vrees.
By die deur van die huis het hulle die hoofamptenaar genader en vir hom gesê: “Ekskuus, Meneer, ons was al ‘n vorige keer hier om kos te koop. En toe ons hier weg is en die aand ons graansakke oopmaak, lê elkeen se geld bo in sy sak. Dit was presies die regte bedrag. Maar ons het dit nou weer saamgebring, en ook nog geld om weer kos te koop. Ons weet nie wie die geld in ons sakke teruggesit het nie.”
Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie. Julle geld het by my uitgekom, en dit is julle God, die God van julle voorvaders, wat ‘n skat in julle sakke gesit het.” Die amptenaar het toe vir Simeon na hulle toe gebring.
“Haai boet Simoen. Ons is so bly om jou weer te sien. Pa het gedink hy sou jou nooit weer sien nie.
Wat se behandeling het jy in die tronk ontvang.” Simeon het vir hulle gesê dat die dood verkiesliker as die tronk is.
Nadat die amptenaar hulle in my huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas. Hy het ook hulle donkies voer gegee. Die broers het hulle geskenk gereed gehou vir wanneer ek die middag kom, want hulle het gehoor dat hulle daar gaan eet.
Toe ek inkom, bring hulle vir my die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor my. Ek het onwillekeurig waar aan my droom van 22 jaar gelede gedink. Hulle het my soveel gal gegee en nou staan hulle weerloor hier voor my, Wat moet ek maak?
Ek het hulle toe gevra: “Hoe gaan dit met julle pa wat so oud is en van wie julle my vertel het? Leef hy nog?” Hulle het geantwoord: “Dit gaan goed met u onderdaan, ons pa. Hy leef nog.” Hulle het weer voor Josef gebuig en hom so geëer.
Toe ek my broer Benjamin sien, vra ek hulle: “Is dit julle jongste broer van wie julle my vertel het?” En ek sê vir my kleinboet: “My seun, God sal jou genadig wees.” Ag. Dit was vir my te veel. Ek het haastig padgegee om eenkant te gaan huil, want my gemoed was te vol oor my broer. Ek is na my kamer toe en ek het daar gaan huil soos ek nog vir voorheen gehuil nie. Daarna het ek my gesig gewas en teruggegaan. Ek was weer myself sê: “Bedien die ete.”
Hulle het my afsonderlik bedien en so ook my broers en die Egiptenaars wat daar by hulle geëet het, want die Egiptenaars het ‘n afsku daarvan om dieselfde kos as die Hebreërs te eet. Die broers het teenoor my gesit, volgens hulle ouderdom: van die oudste af tot die jongste. My broers het mekaar verbaas aangekyk. Elkeen se kos is van my tafel af aangegee, maar Benjamin s’n was vyf keer meer as dié van die ander. Vir die eerste keer het hulle ontspanne gelyk.
Voor hulle die langpad gevat het en ek my hoofamptenaar beveel: “Maak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak. En my beker, my silwerbeker, moet julle bo in die sak van die jongste sit saam met die geld vir sy graan.” Die hoofamptenaar het gedoen wat Josef gesê het.
Ligdag die volgende môre is my broers toe met hulle donkies daar weg. Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê ek vir my hoofamptenaar: “Sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte? Dit is die beker waaruit Meneer drink en waarmee hy voorspellings doen. Dis ‘n lelike ding wat julle gedoen het.”
Toe die hoofamptenaar hulle ingehaal het, het hy dit alles vir hulle gesê, maar hulle het vir hom gesê: “Waarom sê u so? Nie een van ons sal so iets aanvang nie. Die geld wat ons die vorige keer in ons graansakke ontdek het, het ons uit Kanaän uit vir u teruggebring. Waarom sou ons dan goud of silwer uit die huis van u hoof steel? Die een by wie iets van u hoof gekry word, kan doodgemaak word, en ons sal dan u slawe word.”
Dit was ‘n baie gevaarlike iets wat uit hierdie verbouereerde broers van my gekom het. Hy was onverskillig senuweeagtig. Die hoofamptenaar het geantwoord: “Goed en reg! Dit sal wees soos julle sê, maar net die een by wie die beker gekry word, sal my slaaf word. Julle ander sal onskuldig wees.”
Toe het elkeen gou sy sak op die grond neergesit en dit oopgemaak. Die hoofamptenaar het dit deurgesoek: hy het by die oudste s’n begin en by die jongste s’n laaste uitgekom en die beker in Benjamin se sak gekry.
Toe skeur hulle hulle klere. Elkeen het weer sy donkie gelaai en hulle het omgedraai stad toe.
Juda en my broers het by my huis aangekom. Hy was nog skaars daar, en toe val hulle op die grond voor hom neer. Ek het vir hulle gesê: “Waarom het julle dit aangevang? Julle weet tog dat ‘n man soos ek voorspellings moet doen!”
Juda het geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons antwoord en hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring. Hier is ons, ons is Meneer se slawe: ons almal, saam met hom by wie die beker gekry is.”
Ek het respek vir my broer Juda gekry. Hy was gewillig dat hulle alpa slae saam met Benjamin moet kry. Toe sê ek: “Dit laat ek nie toe nie. Dié een by wie die beker gekry is, sal my slaaf word, en julle kan ongehinderd na julle pa toe gaan.” Maar Juda het nader gekom na Josef toe en gesê: “Asseblief tog, Meneer! Laat ek tog net nog een keer iets sê. Moet tog nie vir my kwaad word nie! U is soos die farao self.
“ Meneer het ons gevra of ons pa nog leef en of ons nog ‘n broer het, en ons het vir Meneer gesê: ‘Ja, ons pa is oud. En op sy oudag het hy nog ‘n jong seun wie se broer dood is. Die seun is die enigste wat van sy ma oorgebly het, en sy pa het hom lief.’ Maar u het gesê ons moet hom na u toe bring sodat u hom kan sien. Toe het ons vir Meneer gesê: ‘Die kind kan nie van sy pa af weggaan nie, en as hy sou weggaan, sou dit sy pa se dood beteken.’ Maar u het vir ons gesê u wil ons nie weer sien as ons jongste broer nie hierheen kom nie. En toe ons weer terug was by u onderdaan, ons pa, het ons hom vertel wat Meneer gesê het.
“Toe ons pa ons later weer vra om vir ons ‘n bietjie kos te gaan koop, het ons vir hom gesê: ‘Ons kan nie gaan as ons jongste broer nie by ons is nie. Net as hy saamgaan, kan ons gaan, want as ons jongste broer nie by ons is nie, sal die man ons nie weer daar ontvang nie.’
Gen 44:27 Toe het u onderdaan, ons pa, vir ons gesê: ‘Julle weet my lieflingvrou het net twee seuns vir my in die wêreld gebring.
Gen 44:28 Die een is van my af weg en ek moes aanvaar dat ‘n roofdier hom opgevreet het, en ek het hom tot nou toe nog nie weer gesien nie. As julle nou ook nog hierdie jongste van my af wegvat en hy kom iets oor, sal julle my in my ouderdom laat sterf van verdriet.’
Wanneer ons dus by ons pa terugkom en die seun aan wie hy so geheg is, is nie by ons nie, ja, as hy moet sien die seun is nie daar nie, sal hy sterf. So sal ons ons pa wat ‘n ou man is, van kommer laat sterf.”
Julle sal nie besef wat alles op hierdie stadum deur my kop geflits het nie. Toe ek 22 jaar gelede as ‘n slaaf by my pa se woonplek verbygetrek het, het ek aan sy toekomstige verdriet gedink wat vir hom gewag het. Ek het bitterlik gehuil. En hou verwys my broers my na my pa se toekomstige verdriet as Benjamin nie daar aankom nie.
Luister wat Juda het verder gesê het: “Ek het vir my pa gewaarborg dat die seun sal terugkom. Ek het belowe ek sal vir altyd by my pa in die skuld wees as ek die seun nie terugbring nie. Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan. Hoe kan ek sonder die seun by my pa aankom? Ek sal dit nie kan verdra om te sien dat so ‘n smart hom tref nie.”
Julle sal nooit besef hoe my binneste geskeur het toe my broer Juda pleitend met my gepraat het nie. Ek kan nie glo dat my broers wat my om die lewe wou bring so verander het nie.
Volgende keer gaan ek vir jou vertel hoe ek emosioneel van hartseer geknak het nie.