1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. JOSEF VERTEL SY VERHAAL – DEEL 1

JOSEF VERTEL SY VERHAAL – DEEL 1

Kom ek vertel vir jou van my een sussie en tien boeties. My pa wou eintlik net met my ma getrou het. Haar naam was Ragel.

Maar my oupa Laban was baie skelm. Toe my pa gedink het hy trou met my ma, was dit al tyd met tannie Lea. Sy was nie so mooi soos my ma nie. Maar my pa Jakob moes 14 jaar vir hierdie twee vrouens gewerk het.

Ek skinder nou ‘n bietjie maar tannie Lea het nie baie van my ma gehou nie en sy het ook haar kinders teen my opgemaak. Kom ek noem vir jou tannie Lea se seuns se name:

Die eerste een was Ruben hy was die oudste. Toe was dit Simeon. Hy het niks van my gehou nie. Haar derde seun was Levi en die vierde seun was Juda. Ek het die meeste van hom gehou. Die ander twee seuns was Isaskar en Subulon. Sy het ook ‘n dogter gehad met die naam van Dina. Maar sy  was baie stout.

My pa het ook met tannie Lea se diensmeisie getrou. Tannie Bilha se seuns was Daan en Naftalie.

My pa het ook met my ma se diensmeise getrou. Haar naam was  Silpa en haar seuns was Gad en Aser

Ons het baie baklei en my ma en tannie Lea het ook met mekaar baklei en die kinders het ook met mekaar baklei. Ek het baie gehuil.

Toe ek 6 jaar oud was het my pa van my oupa Laban weggetrek. Oupa was op ‘n ander plek en my pa het ons almal aangesê om gou te maak voordat oupa Laban sou terugkom. Sjoe ons het baie ver weggetrek. Ek onthou nog hoe bang ek was toe ons oor daardie groot Eufraatrivier gaan. My pa was verskriklik dankbaar dat ons dit almal veilig gemaak het.

Na drie dae het ons by ‘n plek met die naam van Ramot-Gilead uitgekom om net so ‘n bietjie te rus. Ek was so bang dat oupa Laban ons agterna sou sit. Ek het gebid en vir die Here gevra om ons te beskerm want oupa Laban kan ons almal kom doodmaak het.

Ek het verskriklik groot geskrik toe ek oupa Laban se kwaai stem gehoor het. Hy het pappa uitgeskel omdat hy sommer weggetrek sonder om eers te groet. Hy skreeu op my pa en sê vir hom dat ‘n engel hom gewaarsku het om nie wreed teenoor my pa en ons optetree nie. Ek wonder of my gebed vir beskerming nie vir oupa Laban die waarskuwingsdroom gegee het nie.

DIE GEDENKSTEEN

Voor oupa Laban en sy kwaai seuns terug is, het hulle eers ‘n gedenksteen opgerig. Ons moes almal help om klippe aan te dra. Ek was maar net ses jaar oud en ek kon net die Kleiner klippies na die gedenksteen aandra.

Op die gedenksteen het hulle geskryf dat hulle nie meer vir mekaar gaan kwaad wees nie. Hulle het ook daarop geskryf het dat hulle nie by hierdie gedenksteen sal verbygaan om mekaar kwaad aan te doen nie.

Ek het hier ‘n baie groot les geleer. Ons kry dit nie reg om in vrede met mekaar te lewe nie. My pa en oupa Laban kon dit nie in 20 jaar regkry nie. Nou het hulle besluit om nie meer bymekaar uit te kom nie. Hulle los nou mekaar uit.

Volgende keer gaan ek jou vertel van ‘n ander rivier wat ons moes oorsteek op pad na pappa se geboorteland.

Was this article helpful?

Related Articles