Vuilgoed In Die Tuin – Deel 1

DIE VUILGOED IN DIE TUIN

Goeie more. Het jy goed geslaap. Ek hoop jy het genoeg pakplek vir die geestelike skatte wat vandag by die voordeur van jou hart afgepak gaan word.

More oggend gaan ek oor die vuilgoed in my tuin gesels. Maar voor ons daar kom, net ‘n kort vragie. Waar trek jy op hierdie stadium van jou reis na gestelike volmaaktheid?

Is daar verleggings op jou pad na oorwinning oor jou humeur? Het jy miskien ‘n paar “potholes” geslaan soos hulle sê.

Staan jy langs die pad met ‘n wiel of twee wat so beskadig is dat jy nie meer kan ry nie. Ek praat nou van die geestelike reis na die ewigheid.

MOEDELOOS

Voor my troue het ek besluit ek gaan nooit met my vrou baklei nie.

Dit was nie vir my lekker om te sien hoe my pa en ma oor dinge gestry het nie.

Na afloop van ‘n gestryer het my ma gewoonlik gesê: “Goed Danie. Jy het gewen. Jy kry bul se stert.” Ek weet nou nog nie wat dit beteken nie.

Dis baie selde dat ek ons argumente wen en dan bul se stert kry.

KWAADWORD

So ‘n paar jaar gelede het ek besluit om nie meer vir onbeskofte padgebruikers te vererg nie. Ek sukkel nog want die karre kom te vinnig op my af.

ONTSTELD

Johannes 14:3 sê vir my om my nie te ontstel nie. Toe die konferensie my onlangs beskuldig het dat ek verlof steel, kon ek nie gehelp het om my te onstel nie. Verlof vat is my een van die swaarste dinge in die lewe.

Ek praat nou met die mens wat naarstiglik sekere geestelike doelwitte wil bereik maar nog net nie daar uitgekom het nie.

Die Seventh-day Adventist Bible Commentary, Volume 7A. sê die volgende oor volmaaktheid: Dit het my moed gegee. Review and Herald Publishing Association, 1985; 2002, S. 251

“Although we must be continually growing in grace through the power of the Holy Spirit (the process of sanctification), absolute sinless perfection of character — the Christian’s hope and ultimate goal — is attained only when the mortal nature puts on immortality.”

Wanneer gaan ek sondelose volmaaktheid bereik? Wanneer ek nie meer ‘n sondige natuur het het.

Hoe verduidelik Paulus dit?

Filippense 3:12-14 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.13Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Moenie ophou jaag na volmaaktheid het. Moenie moedeloos raak as jy nie nou daar uitkom nie. Met Jesus se wederkoms gaan ons dit kry.

Was this article helpful?

Related Articles