VUILGOED IN MY TUIN – DEEL 4
Dawid was ‘n pragtige skoon jongman. Die tuin van sy hart was skoon. Hy het skape opgepas en psalms geskryf.
Saam met sy sukses het die vuilgoed in die tuin van sy hart opgeskiet. Met Urija se vermoording en sy skandelike owerspel het sy tuin nie meer een groen grassie gehad nie. Dit was net vuilgoed waar jy kyk.
Hy was nie meer ‘n man na Gods hart nie. Is daar hoop vir ‘n man met soveel vuilgoed in sy hart?
Die profeet Natan vat hom vas en sê vir hom in watter haglike toestand hy is.
Kon Dawid die vuilgoed wat in sy hart opgekom het uittrek?
2 Samuel 20:3 And David came to his house at Jerusalem; and the king took the ten women his concubines, whom he had left to keep the house, and put them in ward, and fed them, but went not in unto them. So they were shut up unto the day of their death, living in widowhood.
Kyk. Dawid was ‘n vryerige ou mannetjie. Die diwweltjies van wellus het welig in sy hart gegroei.
Hy vat die pik van selfbeheersing en hy kap al die vryduwweltjies uit.
Sou hierdie vrybossie weer in sy tuin groei?
1 Kings 1:-4 Now King David was old, advanced in years; and they put covers on him, but he could not get warm. Therefore his servants said to him, “Let a young woman, a virgin, be sought for our lord the king, and let her stand before the king, and let her care for him; and let her lie in your bosom, that our lord the king may be warm.” So they sought for a lovely young woman throughout all the territory of Israel, and found Abishag the Shunammite, and brought her to the king. The young woman was very lovely; and she cared for the king, and served him; but the king did not know her.
Destyds is geglo seksuele vitaliteit tot lewenskrag lei en dat die lewenskrag van die koning bepalend is vir die welsyn van die volk.
David het sopas 10 bossies uitgetrek en hier kom die laaste bossie baie vinnig op. Die mooiste wat hy nog gesien het. Sy dienaars hoop dat hierdie meisie nuwe lewe in die ou koning sou opwek. ‘n Groen blaar vir ‘n ou bok.
Met sy laaste bietjie krag, trek David die duwweltjie van wellus uit.
Op sy oudag word hy weer die man na Gods hart.
My vryerige broers. My romantiese susters. Dawid se voorbeeld roep ons om hierdie gevaarlike onkruid met die hulp van die Here uit te trek.
Wat sê julle?
“We are not yet perfect; but it is our privilege to cut away from the entanglements of self and sin, and advance to perfection. Great possibilities, high and holy attainments, are placed within the reach of all.” {AA 565.1}
Kom ons hou aan om bossies uit te trek tot Jesus vir ons ‘n sondelose natuur by Sy wederkoms gaan gee.
In die natuur wat ons gaan kry, sal daar nooit weer onkruid groei nie.
“If you give yourself to Him, and accept Him as your Saviour, then, sinful as your life may have been, for His sake you are accounted righteous. Christ’s character stands in place of your character, and you are accepted before God just as if you had not sinned.” SC 62