Vuilgoed In Die Tuin – Deel 2

VUILGOED IN MY TUIN – DEEL 2

Nadat ons ‘n grasperkie agter in ons erf geplant het, het ons agtergekom daar kom vuilgoed op.

Ek moes ‘n besluit neem. Of ek trek hulle uit en geniet die mooi groen grasperk, of ek los hulle en vervloek ‘n bedding dorings wat gaan oorneem.

Met al my deursettingsvermoë en formidabele dissipliene pak ek operasie vuilgoed-uittrek aan.

Dis nie lank nie of daar is nie ‘n enkele diwwetjie te sien nie.

Totdat dit gereent het. Waar die vuilgoed vandaan gekom het, weet ek nie. En kon nie glo wat my oë gesien het nie.

Of ek moes die vuilgoed los en ‘n grasperk verloor, of ek moes weer van vooraf begin uittrek.

DIE LESSE

Terwyl ek vuilgoed uittrek, dink ek aan my lewe. Hoeveel keer het ek nie al die vuilgoed uit my hart uitgetrek nie.

Ek het vas geglo dat hulle nooit weer sou opkom nie. Die oorwinnende lewe is so heerlik en het het gebid dit altyd so moes aan hou.

En toe skielik op ‘n dag wat ek dit nie verwag het nie, skiet die vuilgoed weelderig uit die grond van my hart op.

En om dinge nog erger te maak sê my vrou: “Ek wens die gemeente kan jou nou sien!”

MOEDELOOS

Ken jy daardie skaam, moedelose gevoel wanneer die vuilgoed hulle verskyning in die tuin van jou hart maak.

Ons het ‘n keuse. Of ons los daardie lelike humeur of watter onkruid dit ookal mag wees, of ons begin van vooraf uittrek.

Luister na hierdie sitaat vir die bossie-uittrekkers:

“Man’s obedience can be made perfect only by the incense of Christ’s righteousness, which fills with divine fragrance every act of obedience. The part of the Christian is to persevere in overcoming every fault. Constantly he is to pray to the Saviour to heal the disorders of his sin-sick soul. He has not the wisdom or the strength to overcome; these belong to the Lord, and He bestows them on those who in humiliation and contrition seek Him for help. {AA 532.1}
As ek dit in my eie woorde kan oorsê, klink dit so:
Die vuilgoed sal aanhou opkom in die tuin van my hart. Ek moet maar net aanhou bossies uittrek.
Ek trek nie onkruid uit om gered te word, ek trek bossies uit omdat ek uitsluitlik deur Jesus se genade gered is.
He [Christ] planted the cross between Heaven and earth, and when the Father beheld the sacrifice of His Son, He bowed before it in recognition of its perfection. “It is enough,” He said. “The Atonement is complete.”–The Review and Herald, Sept. 24, 1901. {7ABC 459.6}

Is daar onkruid in die tuin van jou hart? Ek nooi jou om dit met die hulp van die Here uit te trek.

Was this article helpful?

Related Articles