Amytis 3 – My Man Se Goue Beeld

AMYSTIS – MY MAN SE GOUE BEELD

Ek kon agterkom dat my man baie gespanne is. Hy en sy raadgewers het ure sit en beraadslaag oor die muitery wat in die weermag sy kop uitgesteek het.

Op ‘n dag toe hy ‘n blaaskansie gekry het, vry ek hom:

“Nebukadnesar, koning van die Babiloniese wêreldryk, waarmee is jy  so dringend besig?”

Dis toe dat van die plan begin praat van ‘n goue beeld wat hy wil oprig. Teneinde die lojaliteit van al sy onderdane te bekom, sal hulle die goue beeld moet kom aanbid.

Toe ek hom vra oor sy aanbidding van die ware onsienlike God van Daniël het hy my nie geantwoord nie

Babilon het gewemel van al die verteenwoordigers van ons groot wêreldryk. Die indrukwekkende goue beeld is naby ons paleis in die dal van Dura opgerig. Ek kon deur die venster die groot skare sien wat byeengekom het.

Daar is ‘n gespanne atmosfeer. ‘n Aankondiging word gemaak. Wanneer die Babiloniese simfonieorkes begin speel, moet almal neerbuig en Marduk, die goue beeld aanbid. Dit sou vir my man die teken wees dat almal hulle ondersteuning en lojaliteit gee.

Daar is ook afgekondig dat mense wat nie voor die beeld gaan buig nie, in ‘n vuuroond gegooi sou word. Deur ons kamervenster kon ek die rook van die vuuroond sien.

Ek het gewonder of die Hebreërs van Jerusalem voor die beeld gaan buig.

En toe, met ‘n gedawer,’n oorverdowende geluid sodat almal dit kan hoor, het die orkes losgetrek en begin speel. Ek kon sien hoe daardie duisende mense voor die beeld neerval en aanbid. Dit was ‘n skouspel. Ek kon my net indink hoe my man moes gevoel het.

Maar tot my onsteltenis sien ek Daniël se vriende bly staan. ‘n Rukkie het my man se spesiale veiligsheidwag hulle kom haal en voor hom gebring. Ek kon natuurlik nie hoor wat hulle praat nie, maar ‘n rukkie later het ek gesien hoe hulle na die vuuroond geneem is.

Dit was ‘n bietjie verwarrend want ek het gesien hoe my man na die vuuroond hardloop en na ‘n rukkie het die drie vriende uit die vuuroond gekom en na aangestap gekom. Daar was ‘n baie indrukwekkende omhelsing.

Later daardie dag het ek vir hom gevra om my te vertel wat nou regtig gebeur het. Ek het my man nog nooit in so ‘n toestand gesien nie.

“My vrou nadat die drie Hebreërs in die vuuroond gegooi is, het ek gedink dit sal sekondes wees en dan sal daar niks van hulle oorbly nie. Maar dit het toe nie gebeur nie.

“Ek het nader gestap en pleks dat ek niks sien nie, sien ek ‘n vierde person langs hulle staan en met hulle gesels. Toe skrik ek. Tenspyte van die hitte het ek nader gestap en versigtig na die vierdie een gekyk.

“En weet jy wat my skat, dit was die God wat hulle aanbid het wat ek gesien het. Hy het Homself in die vorm van ‘n mens verander en Sy getroue vriende kom ondersteun.”

“My man wat gaan jy nou doen?” vra ek hom.

Hy vertel my toe dat hy ‘n dekreet gaan uitvaardig dat enigeen wat durf waag om sleg te praat van die God van Daniël vernietig sal word want daar is nie nog ‘n god wat kan verlos soos hierdie God nie.

Tydens daardie eerste droom wat ek gehad het, het ek hierdie God in al sy glorie gesien. Hierdie keer het ek gesien hoe hierdie magtige God Homself in die vorm van ‘n mens kom verneder om Sy diensknegte te kom red.”

Vir ‘n hele ruk het my man nie die dienste by die Etemenanki bywoon en die gode van Bel Marduk en Nabu aanbid nie. Hy was weer by Daniël se Bybelstudiegroepie.

Maar toe sy mag en rykdom ekspotensieel toegeneem het, het hy minder en minder met die Hebreërs aanbid en toe later maar weer die Babiloniese gode begin aanbid.

Volgende keer gaan ek jou van my man se ontsettende groot skande vertel. Hy het stapelgek geword. Ek gaan jou vertel hoe hy genees is en dat net daarna met hom gebeur het voor hy dood is.

Was this article helpful?

Related Articles