Amytis 1 – Agtergrond

AMYSTIS – AMUHYA – VROU VAN NEBUKADNESAR

Ek het die voorreg gehad om met die man van my keuse te kon trou nie. My pa het besluit om vir my ‘n man te kies. En wat meer is, die huwelik sou politieke voordeel vir sy koninkryk inhou.

Maar as ek op my huwelik terugkyk, kan ek nie aan ‘n beter lewensmaat gedink het nie. Volgens my mening en die van ander belangrike mense in Babilon was hy die grootste regeerder en bouer van alle tye.

Maar wie is ek? Kom ek vertel jou.

My pa was die derde koning in die Ryk van die Meders en sy naam Cyaxares die eerste.

NABOPOLASSER

Asgevolg van die bedreiging en die teistering van die Assiriërs het hy ‘n bondgenoot gesoek. Na onderhandelinge het hy koning Nabopolasser die koning van Babilon gekry om saam met hom teen die Assiriërs te gaan veg.

Die eerste groot sukses wat hulle gehad het, was die verwoesting van die Assiriese godsdienstige hoofstad met die naam van Assur. Twee jaar later het hulle Nineve verwoes.

Hierdie twee manne het wêreldgeskiedenis gemaak. En omdat die twee so goed met mekaar klaargekom het, het my pa besluit om die vriendskap met ‘n verdure verbond to versterk. En dis hier waar ek nou in die prentjie gekom het.

Reëlings is getref en ek het met koning Nabopolasser se seun Nebukadnesar getrou. Dit was vir my ‘n groot aanpassing om van die hooglande van die Zagrosberge na die plat aarde van Babilon toe te verhuis.

BANNELINGE

Ek gaan nie hele geskiedenis vertel nie want dit sal ‘n paar boeke vol wees. Maar moet vir julle net enkeles noem.

Hy en sy pa Nabopolasser het farao Neko by Karkemis gaan veg. Die eerste probeerslag was nie baie suksesvol nie, en toe probeer hulle  drie jaar later.

As vrou mag ek seker my man bietjie prys. Hy het veldslag alleen aangedurf van skoonpa Nabopolasser het agteruitgegaan. My man se oorwinning oor die magtige Assiriese leer was ‘n reuse sukses. Een van Isael se profete met die naam van Jeremia het die verloop van die geveg in sy boek geplaas wat ook sommer na sy naam vernoem is.

Toe die Egiptenare van Karkemis moes vlug, het my man hulle agterna is en hulle by Hamat langs die Orontos in Sirië vir ‘n tweemaal verslaan.

Hy het hulle nie met rus gelaat nie en tot in Egipte agterna gesit. Ons het hom laat weet dat sy pa gesterf het, en hy het net daar en dan besluit om die Egiptenare nie verder te agtervolg nie, maar Babilon toe te kom.

Daar was natuurlik goeie redes sy besluit soos wat hy my op ‘n latere geleentheid verduidelik het.

DANIëL EN SY DRIE VRIENDE

Maar op pad van Egipte na Babilon het hy Jerusalem onderwerp en van die koninklike jongmanne saamgebring. Min het ek geweet hoe daardie Judeërs my man se lewe sou verander.

Ek gaan jou ‘n bietjie later van hierdie ongelooflike gebeure vertel.

Ek was so bly tot Nebukadnesar veilige by Babilon aangekom het. En toe hy as die nuwe koning ingehuldig is, het daar trane van trots in my oë opgewel.

My man is op ‘n hoë ouderdom dood en ek is nou ‘n weduwee woonagtig in Babilon. Ek is seker dat jy die res van my lewensverhaal met die magtige Nebukadnesar, koning van Babilon, koning van die wêreld waarin ons geleef het, vertel.

Was this article helpful?

Related Articles