Amytis 4 – My Man Eet Gras

4. AMYTIS – MY MAN EET GRAS

Nebukadnesar het begin lelik raak. Nie net my nie maar ook met sy amptenare. Dis baie sleg as ‘n mens ‘n grootkop begin kry en mense onder jou begin verag.

Op ‘n dag vertel hy my dat Daniël met hom oor sy onmenslike gedrag begin praat het.

“Hy my ook gevra om weer die ou Nebukadnesar te word wat almal voorheen geken het.”

Toe ek my man gevra het wat hy daaromtrent gaan doen, was hy ontwykend. Presies ‘n jaar later het dit gebeur. Ek het hom op ons paleismuur sien staan.

Met ‘n glimlag van selftevrendenheid het hy sy oë oor die mooiste, die rykste, die sterkste stad te wêreld getuur.

“My vrou,” roep hy. “Is dit nie groot Babilon wat ek met my mag en my krag en my grootheid gebou het nie.”

Skielik het hy  snaaks geword. Ek het na hom gehardloop en gevra:

“Pappa. Wat is dit? Praat met my.”

Sy oë was nie meer soos ‘n mens nie, dit was soos ‘n dier. Ek het in trane uitgebars. Weer gepraat maar my man was nie meer my man nie.

Sy raadgewers het hom uit die paleis geneem en hom na die tuin van ons paleis geneem. Dis al waar hy wou wees.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek my dierbare man sien gras eet nie. Ek het so gehuil. Daardie briljante genie het soos ‘n dier geword. Sy intelligensie was weg. Ek het probeer kontak maak maar hy was meer in die graseet geintereseert as in my.

Ek het Daniël laat roep en hom gevra wat aan die gang was. Hy het toe vir my vertel dat Nebuknesar ‘n droom van ‘n boom gehad wat tot by die hemel gestrek het en mens en dier genoeg kos onder sy skaduwee kon kry. Toe is die boom afgekap. Sy raadgewers kon nie droom uitlê nie en ek moes dit doen.

Amytis dit was nie vir my maklik nie. Ek moes vir hom vertel da thy daardie boom was en dat as hy nie met sy sondes en wreedhede breek nie, hy gestraf sou word.

Maar Amytis, God is ‘n God van genade. Ek het vir jou man gesê dat sodra hy sy sonde bely en erken dat daar ‘n God in die hemel is wat in beheer van mense en koninkryke is, sal hy gesond word.”

Ek het vir Daniël gevra wat ek vir my man kan doen. Hy het gesê ons kan net vir hom bid en die Here vra dat Nebukadnesar hemeltoe moet kyk sodat hy gesond kan word.

Daniël het my my gereeld gaan besoek en vir hom gebid. En toe gebeur die wonderwerk na 7 jaar. Dit was vir my ‘n baie moeilike tyd maar die genesing van my man het al die swaarkry laat verdwyn.

Hy vertel my wat gebeur het. Op ‘n dag het hy weer die Rots gesien wat ‘n nuwe koninkryk op aarde gaan kom oprig. Hy sê hy het so ‘n begeerte gekry om deel van daardie koninkryk te word.

En op daardie selfde dag het hy weer die vierde person in die oond gesien. Hy het my vertel dat hy opgekyk het in die hemel en gesê het dat Hy die God van Daniël as sy God aavaar.

“My vrou daar het ‘n vrede oor my gekom wat ek nie geken nie. Ek wil saam met die God in ‘n land gaan woon waar ons nooit meer oorlog, pyn en dood gaan beleef nie.”

Dit was ‘n hartseer dag toe ons my man begrawe het. Oor die jare het ek gesien hoe hy geestelike gegroei het totdat hy die klimaks van sy verhouding met die God van Daniël voor sy dood bereik het.

Volgende keer wil ek vir jou van die aand vertel toe die bors en arms van silwer, die Medo-Persiese Ryk, die nuwe wêreldheersers geword het.

Dit was die mees dramatiese oomblik in hierdie ou tannie se lewe.

Voor my oë het ek gesien hoe die profesie Daniël in vervulling gegaan het. Die beer wat Daniël in een van sy profesieë bespreek het, het die eerste van drie wêreldkoninkryke, Babilon verslaan.

Was this article helpful?

Related Articles