Amytis 2 – My man Se Droom

AMYTIS DEEL 2 – MY MAN SE DROOM

Daar is een insident at ek nooit sal vergeet nie. My man het een oggend wakker geword maar hy was nie sy ouself nie. Hy wees meer bekommerd as wat ek hom nog ooit voorheen gesien het.

“My skat praat met my. Wat hinder jou? Is daar iets wat ek gesê of gedoen het?”

Mans praat nie sommer nie maar hierdie keer het hy sy hart oopgemaak.

“My vrou ek het ‘n droom gehad. Dit was ‘n verskriklike droom. Ek was nog nooit in my hele aangegryp deur wat ek gedroom het nie.”

“My man,” sê ek vir hom “vertel my die droom.”

Hy was rasend. “My vrou jy sal my nie glo nie maar ek kan net nie die droom nie herroep nie. Het jy enigsins ‘n idee hoe dit my frustreer? Ek wil mal word.”

Agterna het ek van die diensknegte van die onbesonne ding gehoor wat hy aangevang het.

Hy het vir al sy towenaars en geleerdes en sterrekykers gesê dat as hulle nie sy droom kan uitlê nie, hy hulle gaan doodmaak.

Gelukkig was daar een van die bannelinge van Jerusalem wat dit vir hom vertel het wat hy gedroom het en dit sommer ook vir him uitgelê het. Kom ons vertel jou wat hy vir my vertel het:

“My vrou ek het van ‘n groot beeld gedroom. Die kop was van goud. Die profeet Daniël het vir my gesê dat ek die kop van die beeld voorstel. Later sou ander nasies op die toneel verskyn wat na my gaan kom.

“Maar dit wat my geruk het was ‘n groot rots wat hierdie planet gaan tref en dit totaal en al gaan vernietig. Die profeet het vir my gesê dat die groot rots ‘n voorstelling van sy God is wat eendag oor die hele aarde kom regeer. Hy gaan ‘n regverdige Heerser wees en daar sal nooit weer oorlog of siekte of dood wees nie.”

Terwyl my man so gepraat het, het ek iets moois in hom raakgesien.

“My vrou die God van Daniël is baie meer indrukwekkend as Bel Marduk van Babilon en sy seun Naby van Borsippa. Ek wil van nou af die God van Daniël aanbid.”

Vir ‘n hele ruk was hy nie die Etemenanki besoek waar hy ons gode gaan aanbid het nie. Hy het begin om saam met Daniël en sy drie vriende hulle God met die naam van Yahwe gaan aanbid. Hy het vir my gesê dat hy baie graag eendag deel van ‘n koninkryk wil wees waar daar nie afguns en jaloesie gaan wees nie.

“My vrou,” “sê hy vir my, “Jy het geen idee van watter ingryping daardie droom op my gehad het nie. Ek het die einde van hierdie wêreld gesien en jou man wil deel wees van daardie koninkryk van die God van Daniël gaan oprig.”

AFVALLIG GEWORD

Maar na ‘n ruk het my man afvallig geraak. Die pligte van sy koninkryk het hom so besig gehou dat daar nie meer tyd vir godsdiens in sy lewe was nie.

Asgevolg van interne opstande onder ons onderdane moes hy iets doen om die situasie te ontlont.

Volgende keer gaan ek jou meer van hierdie storie vertel.

Was this article helpful?

Related Articles