Voordat ons na die volgende tragedie kyk wat Israel getref het, net ‘n kort oorsiggie oor Aäron se afsterwe.
Numeri 20:22-29 EN die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.23 En die HERE het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.25 Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan en Aäron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.27 Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.28 En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beween dertig dae lank.
Ons vertrek vanaf Kades Barnea, noord van Petra.
Die volk het weer suidwaarts getrek. Nadat hulle die groen plantegroei tussen die heuwels en valleie van Edom gesien het, het die roete deur die barre woestyn eers aaklig gelyk.
Vanaf die bergreeks wat oor die somber woestyn gekyk het, het die berg Hor verrys. Dis hier waar Aäron begrawe sou word.
Saam het die twee bejaarde manne en die jong Eleaser die berg uitgesukkel. Met die 120 winters agter die rug, het Moses en Aäron se hare so wit soos sneeu geword.
Kan jy sien hoe hulle hartsee na Aäron se begrafnis stap?
Hulle lang lewens was deur deur bitter berpoewings en die grootste eer gekenmerk wat ‘n mens nog ooit te beurt geval het.
Hulle was met groot vermoëns bedeel en asgevolg van hulle omgang met die Oneindige het dit nog verder ontwikkel en hulle manne van statuur gemaak.
Hulle geweldige intellek, doelgerigheid en gevoelvolheid was die bewys van hulle onselfsugtige diens aan God en hulle medemens.
Vir baie jare het die twee met groot besordheid oor die volk, saam gewerk. Saam het hulle gevare sonder tal trotseer en saam het hulle God se ongelooflike seëninge meegemaak. Maar nou het die oomblik van afskeid aangebreek.
Hulle loop baie stadig want elke oomblik in mekaar se geselskap is so kosbaar. Die klim teen die steiltes was vermoeiend en hulle moes kort kort stop om asem te skep. En dan praat hulle oor die verlede en die toekoms.
Voor hulle, so ver as wat oog kan sien, lê die woestyn van hulle omswerwinge.
Hier onder op die vlakte lê die kamp van die menigtes van Israel aan wie hulle die beste gedeelte van hulle lewe gegee het.
Hulle het ‘n intense belang in die volk se welsyn gehad en hulle opoffering enorm.
Die pad na die Beloofde Land met sy seëninge wat hulle sou geniet het, het net agter die berge van Edom gelê.
Hulle was nie bitter nie en hulle het nie gemurmureer nie.
‘n Somber hartseer word opgemerk terwyl hulle aan hulle sonde van ongeduld by die rots dink. Daardeur het hulle die erfenis van hulle voorvaders verbeur.
So naby en tog so ver van hulle lewensdroom.
Aäron se werk vir Israel was afgehandel. Veertig jaar vante vore, toe hy 83 jaar oud was, het God hom geroep om hierdie grootse taak saam met Moses aan te pak.
Saam het hulle die kinders van Israel uit Egipte gelei. Toe Amalek teen Israel kom veg het, het hy Moses se hande opgehou.
Hy is saam met Moses die berg op om die heerlikheid van God te nader en Sy goddelike glorie te aanskou.
Die Here het die priesteramp aan Aäron en sy gesin oorgedra en hom met die heilige amp van hoë preister vereer.
Hy het hom in hierdie heilige amp tydens die vernietiging van Korag en ondersteun
Deur sy intersessie is die plaag gestop. Toe sy twee seuns asgevolg van verontagsaming van ‘n bevel van God gesterf het, het hy nie in opstand gekom of gekla nie. Tog is die verslag van sy edel lewe geskend.
Aäron het ‘n verskriklike sonde gepleeg toe hy op die aandrang van die volk ‘n goue kalf gemaak het en toe hy en Mirjam uit afguns oor Moses gekla het.
Saam met Moses het hy God mishaag deur die rots te slaan om water te gee, pleks om net met hom te praat.
Dit was God voorneme om hierdie leiers verteenwoordigers van Christus te maak. Aäron het het die name van Israel hart gedra en God se wil aan hulle oorgedra.
Op die groot versoendag het hy, “nie sonder bloed nie”, die Allerheiligste as middelaar vir Israel binnegegaan.
Toe hy uitgekom het, het hy die volk geseën, soos Christus Sy wagtende volk sal seën wanneer Sy werk van versoening vir hulle afgehandel is.
Dit was die verhewe aard van sy heilige amp as verteenwoordiger van ons groot Hoë Priester wat sy sonde by Kades wat sy oortreding so groot gemaak het.
Hoe dink jy het Moses gevoel toe hy Aäron se heilige begin uittrek het. Ek dink hy het gestaan en huil. Met ontsettende hartseer het hy die klere vir Eleaser oorhandig. Hoe moes hy nie oor alles gevoel het nie?
Weens hierdie sonde by Kades is Aäron die voorreg ontsê om in Kanaän as hoë priester op te tree en die eerste offer in die mooi land te maak en sodoende die erfenis van Israel toe te wy.
Moses moes die las dra om die volk tot by die grens van Kanaän te lei. Hy sou die land sien, maar dit nie binnegaan nie.
As hierdie diensknegte van God sonder enige murmurering die toets voor die rots by Kades geslaag het, sou hulle toekoms baie anders gewees het.
‘n Verkeerde daad kan nooit ongedaan gemaak word nie. Dit mag ook wees dat die werk van ‘n leeftyd nie herwin kan word wat in ‘n oomblik van van versoeking en onbedagsaamheid gebeur het nie.
Die afwesigheid van die twee groot leiers en Eleaser wat Aäron se opvolger sou wees, het die volk onrustig gemaak en bekommerd op hulle terugkoms laat wag.
Die volk opgemerk dat byna al die volwassenes wat Egipte verlaat het in die woestyn omgekom het.
Almal het ‘n ongemaklike voorgevoel gehad asgevolg van die oordeel wat oor Moses en Aäron utigespreek is.
Sommige was ingelig oor die geheimsinnige reis na die kruin van berg Hor. Hulle besorgheid vir hulle leiers het toegeneem deur bitter herinneringe en self-beskuldiging.
Uiteindelik het gesien hoe Moses en Eleaser stadig teen die berg sonder Aäron afgekom het. Eleasar was in sy pa se aangehad wat daarop gedui het dat hy daardie heilige amp sou beklee.
Terwyl die volk met swaar gemoedere by Moses kom staan, het hy vertel hoe Aäron in sy arms gesterf het en hoe hulle hom begrawe het.
Hulle het in trane uitgebars want hulle was baie lief vir Aäron al het hulle soveel verdriet veroorsaak.
Was daar voorblad nuus toe Aäron gesterf het?
Deuteronomium 10:6. Daarna het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe.”
Wat het hierdie begrafnis gekos in teenstelling met wat begrafnisse deesdae kos?
Ek kyk na Aäron se graf en ek dink aan die eenvoud daarvan. Net sy broer en sy seun was daar. En ek dink. Ek sal nie omgee as ek eendag so ‘n eenvoudige begrafnis kan hê nie.
My dierbares kan die ou geldjies van ‘n deftige begranis vir iets gebruik wat hulle broodnodig het.
Vir dertig dae het hulle oor Aäron gerou. Hulle het hom gemis. Hulle was soveel jare saam deur die harde wrede woestyn en nou is hy weg.
Maar niemand het die dood van sy broer so erg ervaar as Moses nie. Ons mis die afsterwe van sommige meer as ander.
Sy broer se dood het hom ook aan sy naderende dood herinner.
Gerard Manley Hopkins, 1844 – 1889
to a young child
Márgarét, áre you gríeving
Over Goldengrove unleaving?
Leáves, like the things of man, you
With your fresh thoughts care for, can you?
Ah! ás the heart grows older
It will come to such sights colder
By and by, nor spare a sigh
Though worlds of wanwood leafmeal lie;
And yet you will weep and know why.
Now no matter, child, the name:
Sórrow’s spríngs áre the same.
Nor mouth had, no nor mind, expressed
What heart heard of, ghost guessed:
It ís the blight man was born for,
It is Margaret you mourn for.
The poem opens with a question to a child: “Margaret, are you grieving / Over Goldengrove unleaving?” “Goldengrove,” a place whose name suggests an idyllic play-world, is “unleaving,” or losing its leaves as winter approaches. And the child, with her “fresh thoughts,” cares about the leaves as much as about “the things of man.” The speaker reflects that age will alter this innocent response, and that later whole “worlds” of forest will lie in leafless disarray (“leafmeal,” like “piecemeal”) without arousing Margaret’s sympathy. The child will weep then, too, but for a more conscious reason. However, the source of this knowing sadness will be the same as that of her childish grief—for “sorrow’s springs are the same.” That is, though neither her mouth nor her mind can yet articulate the fact as clearly as her adult self will, Margaret is already mourning over her own mortality.
By ‘n begrafnis huil ons oor ons dood, bewustelik of onbewustelik
Alhoewel Moses besef dat sy tydjie op aarde bitter kort is, het hy die geselskap van sy broer, die een wat sy vreugde en verdriet, sy verwagtinge en sy vrese gedeel het, intens gemis.
Moses moet die vrag nou alleen dra maar hy was daarvan bewus dat God sy vriend was en dat hy nou nog swaarder op Hom sal moet staatmaak.
Die volk het skaars gerou toe ‘n nuwe vars ramp hulle tref.
DIE KONING VAN ARAD
Numeri 21:1 TOE die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Atarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.
Het argeoloë soos ‘n stad ontdek en opgegrawe?
Dit was vir my ‘n belewenis om Arad te besoek het. Hy is ongeveer 30 kilometers suid van Hebron en hy word vandag Tell Arad genoem. Oorblyfsels van Kanaänitiese afgodery is hier uitgegrawe.
Gevangenes weggevoer.
Dit was ‘n groot vernedering. Die koning het seker maar ‘n paar van die agterhoede mense wat hulle voete gesleep het gevang. As hy die lang ry iewers in die middle aangeval het, kon daar ‘n geveg ontstaan het en sterftes gewees het.
Vers 2 Daarop het Israel aan die HERE ’n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
Wat het banvloek beteken?
Levitikus 27:29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.
Josua 6:17 Maar die stad met al wat daarin is, moet ’n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.
Vers 21. En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
Wanneer iets aan God gewy was, kon dit nie vir sekulêre dinge gebruik word nie.
Sou die Here hulle gebed vir verlossing antwoord?
Vers 3 Die Here het die gebed verhoor en die Kanaäniete in Israel se mag oorgegee. Hulle het toe die Kanaäniete verslaan en hulle stede heeltemal verwoes. Daarom word die plek Gorma (banoffer) genoem.
Gorma was waarskynlik van toepassing op Arad en die omgewing
Ons lees in Joshua 12:14 hoe hulle hierdie stede kom verwoes het.
DIE SLANGE
Vers 4 Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword.
Waarom die ompad? Hulle was verbied om deur Edom te trek. Rede?
Deuteronomium 2:8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte
Hulle was op pad na Éseon-Geber met hulle rug na die Beloofde Land.
Die roete waarop hulle gereis het, die Arabah beteken die “verlate en droë gebied” is ‘n barre vlakte wat met sand en klip bestooi is. Dis altyd droog en warm. Dis ‘n moordende reis en die gemoedere begin hoog loop.
Is jy tans op so ‘n pad?
Hulle besef hulle loop weg van Kanaän pleks dat hulle binnegaan en dan is dit nog boonop hulle eie skuld.
As jy lank genoeg water van ontsteltenis op die stoof van jou emosies hou, gaan dit nou nou oorkook.
Vers 5 En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.
Ek kan dit nie glo nie. Dis vreeslik. Wat dink jy moet met hierdie klomp klakouse gebeur?
Wat van jou en my? Two men behind the bars, one saw mud, the…
Vers 6 Toe stuur die Here giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
Wat se kontak het jy al met slange gehad? Is jy deur ‘n giftige een gebyt? Weet jy van mense wat van slangbyte dood is?
Waar kom die slange vandaan? Hulle was altyd daar maar die Here het deur wonderwerke die giftige reptiele en skerpioene wag gehou.
Deur hulle rebelsheid het die Here net Sy beskermde hand terug getrek.
Deuteronomium 8:15-16 Dit is Hy wat jou laat trek het deur hierdie groot en gevaarlike woestyn vol giftige slange en skerpioene, dit is Hy wat vir jou water uit die klipharde rots laat vloei het in hierdie dor land sonder water 16en wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorvaders nie geken het nie. Hy het jou laat swaarkry om jou op die proef te stel en om agterna weer aan jou goed te doen.
Is jy ‘n onvergenoegde mens? As jy is, is jy ‘n baie ongelukkig mens.
Is daar hoop vir die bitter mens? Kan die Here ons mooi vergenoegde mense maak?
Volgende keer gaan ons ‘n bietjie dieper in hierdie onderwerp kyk?