1. Home
  2. Algemeen
  3. Moses Sterf Deel: 1

Moses Sterf Deel: 1

Alhoewel die Here Sy volk met liefde en genade bejeën het, het Hy terselfdertyd Sy onpartydige streng geregtigheid laat geskied.

Ons sien dit in die geskiedenis van Israel. Hy het hulle gulhartig met seëninge oorlaai. Hoor net hoe mooi stel Hy dit: Deuteronomomuim 32:11 Hy het hulle bewaak soos ’n arend wat sy kleintjie uit die nes druk en dan saam met hom vlieg en onder hom in beweeg om hom met sy vlerke verder te dra.

Maar wanneer hulle oortree het, het Hy hulle baie vinnig en swaar gestraf.

God se oneindige liefde kan in die gawe van Sy Seun vir die verlore mensdom gesien word. Jesus het aarde toe gekom om die karakter van Sy Vader te openbaar en Sy lewe was met dade van goddelike teerheid en liefde gevul.

Tog sê Hy in Matteus 5:18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Dieselde stem wat geduldig en liefdevol met die sondaar pleit om vergifnis en en vrede by Hom te kom kry, sal in die oordeel van die veragters van Sy genade sê: Matteus 24:41 Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Die Bybel stel God nie net as ‘n liefdevolle Vader voor nie, maar ook as Regverdige Regter. Alhoewel Hy graag genade toon en “ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” sal Hy sonde “nooit ongestraf laat bly nie.” Eksodus 34:7

Die Groot Leier van nasies het verklaar dat Moses nie die volk van Israel in die Beloogde Land sal inlei nie en al Moses se gesoebat het nie die oordeel ten syde gestel nie.

He het geweet hy moes sterf nogtans het sy sorg vir Israel nie afgeneem nie. Hy het getrou aan voorbereidings gewerk om hulle veilig na hulle erfenis te bring.

Op God se bevel het Moses en Josua na die tabernakel gegaan terwul die wolkkkolom bokent die ingang kom staan het.

Hier is die volk pregtig aan die sorg van Josua opgedra. Moses se werk as leier was afgehandel. Nogtans het hy van homself vergeet in belang sy mense.

In die teenwoordigheid van die volk en in die Naam van God ht Moses sy opvolger met die volgende bemoedigende woord toegespreek:

Deuteronomium 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Daarna het hy met die oudstes en die ampsdreaer gewend en hulle pregtig gevra om getrou alles te doen wat die Here aan hom oorgedra het.

Terwyl hulle na die ou mag gekyk het wat binnekort nie meer saam met hulle sou wees nie het hulle met nuwe en dieper waardering aan sy vaderlike tederheid, sy wyse raad en sy onvermoeide arbeid teruggedink

Hoe dikwels toe hulle sondes God se oordele verdien het, het Moses se gebede sy volk dit afgeweer.

Hulle hartseer is deur selfverwyt vererger. Dit was hulle eie rebelsheid wat Moses tot die sonde gelei het wat tot sy doodsvonnis gelei het.

Die dood van hulle geliefde leier sou ‘n groter bestraffing wees as wat hulle sou ontvang as hy sou aanhou leef.

Die Here wou nie hê dat hulle Josua se lewe so moeilik moet maak soos wat hulle Moses se lewe gemaak het nie.

Die Here praat met Sy volk deur seëning en as dit nie waardeer word nie dan weerhou hy dit sodat hulle hulle sonde kan besef en met hulle hele na Hom kan terugkeer.

Daardie selfde dat het Moses die bevel ontvang: Deuteronomium 32:49 Klim op hierdie…berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;50en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote

Moses het die kamp dikwels op God se bevel verlaat om met Hom te verkeer maar die keer was dit nuut, anders.

Hy moes sy lewe in die hande van sy Skepper plaas. Hy het geweet moes alleen sterf en dat geen aardse vriend hom in sy doodsangs sou ondersteun nie.

Hy het teruggedeins vir die was geheimsinnig en angswekkend toneel hier voor hom. Die moeilikste iets was die afskeid van sy mense vir hy liefdevol versorg het. Sy hele lewe was met hulle verweef. Hy was aan hulle verknog.

Maar Moses het geleer om God te vertrou en met onvoorwaardelike geloof het hy homself en sy volk aan die genade en liefde van God opgedra.

Hoe sou ek en jy opgetree het?

Vir die laaste maal staan Moses tussen sy volk. Die Gees van God het weer op hom gerus en in hierdie en in verhewe, roerende taal spreek hy ‘n seën oor die stamme uit:

Deuteronomium 33:26-29 “Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.27Die ewige God is ’n woning, en onder—ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!28So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in ’n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.29Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur die Here verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou onderwerp; maar jý sal op hulle hoogtes stap.

Moses stap eensaam en alleen na die berg. Daar kyk hy met  helder oë na die toneel hier voor hom. Vêr in die weste lê die blou waters van die Groot See. In die noorde verrys die berg Hermon in die lug. In die ooste die plato van Moab en dan Basan waar Israel oorwin het. Ver in die suide lê die woestyn van hulle lang omswerwinge.

     In eensaamheid herleef Moses die wisselvalligheid en swaarkry vandat hy sy rug op koninklike eer gedraai het om sy lot saam met die van die kinders van Israel in te gooi.

Hy dink aan die lang jare agter Jetro se vee, die verskyning van die Engel in die brandende braambos en die versoek om Israel te gaan verlos.

Hy sien weer die ongelooflike wonderwerke van God se mag wat ten behoewe van Sy uitverkore volk gedoen is en Sy verdraagsaamheid en genade tydens die jare van hulle omswerwinge en rebellie.

Nieteenstaande alles wat vir God hulle gedoen het en sy gebede en arbeid het net twee volwasenes van daardie groot skare wat Egipte verlaat het, dit na die Beloofde Land gemaak.                                                                            

Dit voel vir hom dat sy werk, ‘n lewe van moeite en opoffering amper tevergeefs was.

Hoe voel jy oor die lewe tot dusver?

Tog was hy nie jammer oor die laste wat hy moes dra nie. Hy berus in die gedagte dat God hom aangestel het. Aanvanklik het hy teruggedeins om Israel uit knegskap te lei, maar nadat hy die taak aangepak het, het hy nie terug gediens nie.

Even when the Lord had proposed to release him, and destroy rebellious Israel, Moses could not consent. Though his trials had been great, he had enjoyed special tokens of God’s favor.

He had obtained a rich experience during the sojourn in the wilderness, in witnessing the manifestations of God’s power and glory, and in the communion of His love; he felt that he had made a wise decision in choosing to suffer affliction with the people of God, rather than to enjoy the pleasures of sin for a season.

Daar was net een insident wat ‘n klad op sy geskiedenis as leier van God se volk gelaat het. As daardie oortreding uitgewis kon word, sou hy nie bang gewees het om dood ten gaan nie. 

Hy het die versekering gekry dat berou en geloof in die komende Offer as was wat God verlang het. En weer het Moses sy sonde bely en in die naam van Jesus vergifnis gevra.

As jy sood Moses iets het jou pla, doen wat hy gedoen het. Bely dit weer en weer.

‘n Panoramiese blik van elke deeltjie van die Beloofde Land is aan hom getoon. Hy was verheug, om nie ‘n dowwe blik van ver  te sien nie, maar duidelik en pragtig hier voor hom.

Hy sien dit nie soos dit op daardie oomblik gelyk het nie maar hoe dit eendag met God se seën gaan lyk wanneer Israel dit gaan besit.

Dis asof na ‘n tweede Eden kyk. Daar was berge wat met die seders van Libanon oordek was; koppies grys met olywe en die geur van die wingerstok; vrugbae wuiwende groen vlaktes met helder blomme versier.

Hier was palmbome van die trope, daar was golwende koring- en garslande, sondeurspoelde valleie met vrolike stroompie was en die sang van voeëls. Pragtige stede met spog tuine, mere ryk aan “die oorvloed van die see,” kuddes vee wat teen die randjies wei en wilde bye wat tussen die rote hulle skatte opgaar.

Dit was voorwaar die land wat Moses onder inspirasie van die Gees van God aan Israel beskryf het.

Deuteronomium 33:13-16 Geseënd deur die Here…met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê, 14en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die vernaamste voortbrengsel van die berge…en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid.

Moses sien die uitverkore in Kanaän. Elke stam in sy eie gebied. An dan sien hy hulle geskiedenis nadat hulle gevestig is; die lang hartseer verhaal van afvalligheid en die straf.

Hy sien hoe hulle asgevolg van hulle sonde verspreid is onder die heidene – die heerlikheid het van Israel gewyk, haar stad lê in puin en haar mense is gevangenisse in vreemde lande.

Hy sien hoe weer na die land van hulle vadere terugkeer en einde ten laaste onder die heerskappy van Rome beland.

Hy verder af in die stroom van tyd en die eerste koms van die Heiland. Hy sien Jesus as ‘n baba in Betlehem. Hy hoor hoe die engele koor die blye lied van lof aan God en vrede op aarde sing.

Hy sien die ster wat die Wys Manne van die Ooste na Jesus lei, en ‘n groot lig skyn in sy binneste terwyl hy aan die profetiese woorde dink: “’n Ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op” Numeri 24:17  

Hy sien Jesus se eenvoudige lewe in Nasaret, Sy bediening van liefde, meegevoel en genesing, Sy verwerping deur ‘n tortse, ongelowige volk.

Met verbasing luister hy hoe hulle die wet verhef terwyl hulle die Wetgewer verwerp. Op die Olyfberg sien hy hoe Jesus snikkend Sy stad vir wie hoe so lief was, vaarwel toeroep.

Moses sien hoe die volk wat so uitsonderlik deur die hemel geseënd was; vir wie hy gewerk, gebid en opgeoffer het, vir wie hy bereid was om sy naam uit die boek van die lewe te neem; hy luister na die angswekkende woorde: “Julle huis wrod vir julle woes gelaat!” Matteus 23:38

Die toneel ruk aan sy hart en trane rol oor sy wange terwyl hy na die leed van die Seun van God kyk.

In Getsemane sien hy hoe die Verlosser in die vreeslike worstelling vasgevang word, en dan hoe Hy bespot, gegesel en gekruisig word.

Moses sien dat soos wat hy die slang in die wildernis verhef het, so moet die Seun van God ook verhef word sodat almal wat in Hom glo “nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Johannes 3:15.

Moses was skokkend gegrief, verontwaardig en vol afsku toe hy die skeinheilige en diaboliese haat van die Joodse nasie teen hulle Verlosser sien – die Magtige Engel wat hulle voorvaders gelei het.

Hy hoor Jesus se smartkreet, “My God, My God, waarom het Hy My verlaat?” Markus 15:34. Hy sien Hom in Josef se nuwe graf. Dis asof die donkerte en wanhoop op die wêreld toesak.  

Maar hy kyk weer en sien Hom oorwinnend uti die graf verrys en hoe hy saam met engele ‘n skare nuutopgewekte mense saam met Hom hemel toe neem.

Hy sien hoe glinsterende poorte oopswaai en hemelse skare hulle Leier met oorwinningsliedere verwelkom. Dis aan hom geopenbaar dat hy deel van die skare gaan wees wat Jesus gaan verwelkom en die ewige poorte vir Hom gaan oopmaak.

Sy gesig straal met ‘n heilige glans terwyl hy die toneel aanskou. Hoe gering lyk sy probleme en opoffering in vergelyking me die van die Seun van God! Hoe lig weeg dit in vergelyking met die “alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid!” 2 Korintiërs 4:17.

Hy is verheugd dat hy toegelaat is om in ‘n geringe mate ‘n deelgenoot in die lyding van Christus was.

Moses het gesien hoe Jesus se dissipels sien uitgaan om Sy evangelie aan die hele wêreld te verkondig.

Hy sien hoe Israel “na die vlees” nie die hoë roeping bereik het waartoe die Here hulle geroep het nie en asgevolg van hulle ongeloof het hulle nie die lig van die wêreld geword nie.

Alhoewel hulle God se genade versmaai en seëninge verbeur het, het nog nie die saad van Abram afgeskryf nie – die verhewe doel wat Hy deur Israel wou bereik sal vervul word.

Almal wat deur Christus die kinders van geloof word, sou die saad van Abraham word en die erfgename van die verbondsbeloftes. Net soos Abraham is hulle geroep wet en evangelie aan die wêreld te verkondig.

Moses het gesien hoe die lig van die evangelie deur Sy dissipels na mense skyn “wat in die duisternis sit” Matteus 4:16, en hoe duisende heidene na die glans van sy opkoms stroom.

Moses was verheugd oor hierdie toename en voorspoed van Israel.

Volgende keer gaan ons na die laaste tonele luister wat aan Moses getoon is.

Ons gaan kyk wat die argeoloë oor die omgewing ontdek het waar Moses begrawe is en waar hy opgewek is.

Mag dit wees ons Moses eendag van aangesig tot aangesig sal sien en na sy ongelooflike ondervindings met God gaan vertel.

Was this article helpful?

Related Articles