1. Home
  2. Algemeen
  3. Liefde – Die Verlore Seun

Liefde – Die Verlore Seun

Wat sou jy sê is liefde? Kan mens dit sien, voel, ontvang, gee, verstaan?

Ons ouers? Ons kinders?

Geboorte van Lauretta. Ek het nie geweet hierdie ding wat hulle liefde noem, so groot kan wees nie.

Sumeriese soek na ‘n woord om liefde te beskryf? Ki aga.

Psalm 103:11 want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

Armeens: Tsavut Danem. Paradyswoorde?

1 Johannes 4:8 Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde

MODERNE GELYKENIS VAN DIE VERLORE SEUN

Ek en my oudste broer het saam met my pa by Timbavatie geboer op ‘n wildsplaas by Timbavati geboer.

My pa was ‘n baie suksesvolle boer. Hy het geglo alles moet altyd reg verloop. Hy was ‘n baie liefdevolle pa maar hy het baie streng reëls gehad.

LIEFDEVOL EN BEGINSELVAS

Ek het destyds gevoel dit was nie nodig dat hy my gereeld moes disiplineer nie. Ek het sy liefde waardeer maar sy dissipliene kant was nie vir my so lekker nie.

As ek onbeskof teenoor ons werkers was, het hy my berispe.

“My kind dis nie hoe jy ‘n ander mens behandel. Gaan sê vir Salfina jy is jammer uitgeskel het.”

MY WETTIESE BROER

My broer was goeie seun. Hy het alles volgens die letter van die wet uitgeleef en my gedurig gekritiseer. Ek kon sy geprekery naderhand nie meer vat nie. Pleks dat dit van my ‘n beter mens gemaak het, het dit my rebels gemaak.

Toe ek mondig geword, het ek net gevoel ek moet wegkom. Die klomp reëls en die geprekery het my mal gemaak.

Ek moes gereeld kerk toe gaan; gereeld my Sabbatskoollesboekie studeer, gereeld my Bybel lees.

O nee. Ek kon nie ‘n dag langer so aangaan nie. Al wat ek wou hê, was my vryheid.

Hy het my ook gereeld teen verkeerde maats gewaarsku.

DIE VERDELING VAN BESITTINGS

Ek en my pa kon openlik met mekaar praat want ons het mekaar goed verstaan. Ons was lief vir mekaar.

Maar op ‘n dag het ek my frustrasie met hom gaan bespreek.

“Pa. Ek waardeer alles wat Pa vir my gedoen het. Maar Pa, ek wil nou my eie potjie gaan krap. Ek het gehoor oom Rocco wil ons een plaas koop. Is dit moontlik dat ek daardie geld nou kan kry, dan hoef ek nie eers later die plaas te erf nie.”

My Pa het my op die gevare van die stadslewe met sy hoë misdaadsyfer gewys en sy kommer oor my plan uitgespreek.

Ek het hom die versekering gegee dat ek groot genoeg is om my eie heil uit te werk.

Ek wil julle nie eers vertel wat se preek my broer vir my afgestreek het nie. Ek het so gewens hy het net so ‘n bietjie meer liefde vir my gehad.

SKATRYK

Toe hy die een plaas aan om Rocco verkoop het, is die geld direk per internet in my rekening inbetaal.

Ek kan nie vir julle sê hoe gelukkig ek gevoel het toe ek die miljoene in my bankrekening gesien het nie. Ek het net so ‘n gevoel gekry dat my lewe en my vryheid nou in sy volheid gaan begin.

FORTUNER

Ek het die nuutste Fortuner op Hoedspruit gaan koop, my pa hulle gegroet, en met ‘n spoed daar weggetrek.

Wat hulle nie geweet het nie, was dat ek iets vinniger op Pretoria wou gaan koop.

As my broer dit moes hoor sou ek nie die einde van sy geprekery oor rentmeesterskap gehoor het nie.

FERARI

Toe ek die Fortuner na ‘n maand gaan inruil, het ek ontsettend baie op hom verloor. Maar ek die 12 silinder Farari op die ooppad gaan toetsbestuur het, het ek van my swak inruil vergeet.

Ek kan nie geglo het dat die lewe so lekker kon wees nie.

MEISIES

By Timbavatie het die meisies skaars in my pa se ou Isusabakkie raak gesien. Maar die meisies in Pretoria was hulle mal oor my en my kar.

Niemand het vir my gepreek nie. Ek het nog nooit soveel vriende in so ‘n kort tydjie in my lewe gemaak nie.

PARTYTJIES

Ek is na al die partytjies onder die son genooi. En omdat van die Universiteitstudente dit nie te breed gehad het nie, het ek vir die drank betaal.

My Apple Smart Foon het gekreun onder die Sms’s na die volgende partytjies. Ek het nooit besef dat ek regtig so gewild was nie.

BELEGGINGSMOOTLIKHEDE

Waar die besigsmense van my gehoor het, weet ek nie. Hulle het my die aanloklikste beleggingsmoontlikhede voorgehou.

Maar ongelukkig was hulle nie so eerlik soos die mense van Timbatie nie. Ek het agterna agtergekom dat hulle net in my geld belanggestel het, en nie in my as persoon nie.

KONTAK MET MY PA

Ek het my pa gereeld elke week gebel en vir hom vertel hoe goed dit met my gaan.

KUBERMISDAAD

Op ‘n keer toe ek wou geld trek by die OTM het my kaart moeilikheid gegee. Iemand agter my het sy vriendelik hulp aangebied. Binne muniete was my lopende rekening leeg.

LOTERY BEDROG

Gelukkig het ek nog ietsie in my spaar rekening gehad. En toe tref nog ‘n geluk my, so het ek gedink.

Ek kry ‘n Sms wat sê ek het twee miljoen Amerikaanse dollars in een of ander lotery gewen. Ek moet net my bankbesonderhede vir hulle stuur, dan betaal hulle die geld dadelik oor.

En pleks dat ek die geld kry, het hulle die laaste R300,000 uit my spaarrekening getrek.

VAARWEL LUUKSE MEENTLHUIS

Ek was verplig om my luukse meenthuis en Waterkloof te verkoop en in ‘n woonstel in Sunnyside te gaan intrek.

Maar ek is nie ‘n man wat gou moed opgee nie. Ek was vas oortuig dat Sun city se kasino vir my ‘n oplossing bied.

ALLES VERLOOR

Om ‘n lang storie kort te maak, ek het alles verloor. My Fari, my laaste sent. En omdat ek nie my woonstelhuur kon betaal het, het hulle die laaste bietjie meubels en smartfoon kom vat.

BOEMELAARS

Saam met ander boemelaars het ek in die asblikke vir kos gaan krap. Ek kan nie glo dat ek binne ‘n paar jaar op die straat sou beland nie.

Ek het ou klere by Radio Pretoria se Volkshulp 2000 gaan kry. Maar omdat ek dit vir drank gaan verkoop het, wou hulle nie meer vir my klere gee nie.

MY PA

Op ‘n dag toe ek aan die slegte asblikkos gewalg het, het my pa se beeld by my opgekom.

Die bediendes wat vir ons in die Lodge op die plaas gewerk het, was beter af as ek. ‘n Miljoenkeer beter af.

Die suur reek van asblikkos het my na die pap laat verlang wat hulle geëet het.

Sal my pa my ooit weer terugvat? Ek het die familie se naam deur die modder gesleep.

Drank en dwelms het my fisies en psiegies verwoes. Ek haat myself.

Sal my pa my terugvat? Ek gaan hom vertel dat ek teen hom en teen die Here gesondig het. Hy hoef my nie meer as sy kind te beskou nie.

As ek net in ‘n stroois by die bediendes kan gaan intrek, sal ek so dankbaar wees. Ek sal die nederigste ou werkie op die plaas vir hom gaan doen.

TERUG HUISTOE

Een van die lorries wat sitrus vervoer, het my by die East Gate afdraaipad afgelaai. Met my smerige vuil teehempie, my flentes  broek ‘n ongeskeerde baard en ‘n babalas asem het ek na die plaas begin aanstap.

Uiteindelik het ek by die sekuriteitshek aangekom. Ek is so senuweeagtig. Moet ek die knoppie van interkom druk? Ek lyk so vreeslik. Sal my pa my herken?

Wat ek nie geweet het nie, was dat my pa my op die kamera gesien het. Hoe hy sy seun in hierdie boemelaat gesien het, was vir my ‘n wonderwerk.

Toe ek my pa se bakkie met ‘n stofwolk aangejaag sien kom, het ek begin huil. Hy ry amper die staalhek om om so vinnig as moontlik by my te kom.

Hy soen my aanmekaar op my vuil boemelaarsgesig. Die Sigaret-, drank en dwelmasem maak nie by hom saak nie.

Al wat hy aanhoudend sê, is: “Boetie my kind, jy was dood maar jy lewe weer. Jy was verlore maar nou is jy gevind.”

Ek het vir my pa gesê dat ek nie meer werd is om sy seun genoem te word nie. Maar voordat ek vir hom kon sê dat ek by die bediendes sal intrek, gryp hy sy walky talky en roep dat William moet inkom.

“William kom in. William kom in.”

“Ja meneer. Ek luister.”

“Bring daardie nuwe kakiebroek en kakie hemp wat ek vir baas Boetie gebêre het. Moenie die bootse vergeet nie.”

Daardie aand het my pa ‘n braai in die bouma gereël. Die volk was so bly om my weer te sien. Hulle het gedans en gesing.

Ek was weer by my pa. Sy geskenk aan my was nie net my nuwe klere nie. Dit was nie net die onthaal nie. Dit was sy liefde, sy vergewende liefde vir my, sy verlore kind wat vir my die kosbaarste was.

TOEPASSING

Ek en jy het ook gedros. Deur sonde het ons  alles verloor. Ons eet uit die asblikke van die lewe.

Onthou as jy wil teruggaan na die Vader se huis sal daar geen verwyte wees nie. Hy gaan ons vat net soos ons is en vir ons klere gee wat Hy vir ons gebêre het.

Ons sal nie soos bediendes behandel word nie, maar soos kinders.

En deur die ewigheid gaan ons die liefde van ons hemelse Vader bestudeer. Ons sal die kursus oor Sy liefde vir sondaars oos ons, gelukkig nooit voltooi nie.

Was this article helpful?

Related Articles