1. Home
  2. Algemeen
  3. Die Bloed Van Die Lam

Die Bloed Van Die Lam

Waar het die eerste bloed van ‘n volmaakte lam gevloei?

Kan jy hulle sien? Die sondelose blink kleed van heerlikheid wat hulle aangehad het is weg. Ek weet ook nie hoe die vyeblare aan hulle gelyk het nie. Ek dink dit was baie snaaks.

Hulle hoor hoe hulle daardie selfde dag nog moet sterf.

Genesis 2:16,17 En die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

En nou word die verlossingsplan op ‘n dramatiese wyse aan die tot-die-dood-toe veroordeeldes geïllustreer.

“Adam en Eva die wet sê julle moet vandag sterf. Oortreding moet gestraf word. Maar deel van my karakter is ook om te vergewe en genade te bewys.

“Maar as ek julle vergewe, met ek sterf.”

Adam protesteer. “Dis onregverdig. Dit mag nie gebeur nie. Ek sal vir my eie skuld betaal.”

Die Here verduidelik aan Adam dat dit onmoontlik is. Hy het die hele kosmos in ‘n krisis gedompel en van die planeet ‘n tranedal so groot soos ‘n see gemaak. Elke dier, elke vis, elke voël, en mens wat voortaan gebore gaan word, sal asgevolg van sy sonde sterf.

“Adam jy verstaan nie mooi nie,” sê die Here. “Ons praat hier van triljoene en triljoene sterftes van nou tot die einde van die wêreld.”

Adam staan verstom en verdwaasd. Is dit die gevolge van sonde. Hy wens hy kan in die aarde verdwyn.

En toe gebeur ‘n ongelooflike iets.

“Adam ‘n mens kan nie vir sy sonde sterf nie. ‘n Mens kan nie regmaak wat hy verbrou het nie. Kom Ek vertel jou van ‘n plan wat ek gemaak het om julle te red.”

Die Here bring ‘n pragtige skaaplam na Adam en verduidelik vir hom die plan van “Om-in-die-plek-van” die sondaar te sterf.

“Adam Ek gaan in jou plek kom sterf. Maar om dit te doen, sal ek moet afkom na jou vlak toe en ‘n mens kom word. Maar Adam Ek sal nie heeltemaal soos jy lyk nie. Ek gaan eers na 4000 jaar My verskyning maak en dan gaan die menslike ras soos ‘n gedrog lyk.”

“Hier is ‘n mes Ek wil hê jy moet die skaaplam se keel afsny. En soos jy die dood van hierdie lam veroorsaak, so gaan My Vader ook my dood veroorsaak. Die straf wat op jou moet neerkom, gaan op My neerkom. Ek gaan sterf en jy gaan leef.”

Ek wonder hoe geredelik Adam die offer aanvaar het. Hy dink in sy enigheid. “Moet ek in sondige onwaardigheid hierdie groot geskenk aanvaar? Is daar nie ‘n ander plan wat God kan maak nie?

Uiteindelik neem Adam die mes en slag die skaap se keel af. Vir die eerste keer kyk hy in die sterwende oë van die lam.  Dis onbeskryflik swaar. Gaan die Skepper so vir my sterf?

Toe die lam sy doodskok gee, ervaar Adam die werklikheid van die dood. Ek wonder of hy langs die geslagde lam gaan val en huil het?

AANTREK VAN KLERE

Voordat hulle patetiese vyeblaar uitrustings verlep het, het God vir hulle ‘n ander uitrusting gereed gehad.

Genesis 3:21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.

The Lord God made garments of skin for Adam and his wife and clothed them.

Mens wonder hoe hulle gereageer het toe God met die uitrusting van die lam se vel na hulle gekom het?

Die Bybel sê God het persoonlik dit vir hulle aangetrek. Dit is vir my treffend. Hyself klee hulle met die vel van die lam.

Die lam moes sterf sodat hulle klere kon kry.

Ek wonder of hulle met hulle ongelooflike intellek die diepte van God se liefde kon besef?

Norman Clayton

To Calvary’s hill one day
The Lord was led away;
None else the price could pay
For all my sin.
He on the cross was slain,
Yielding his life in pain;
He felt the bitter stain
Of all my sin.

Oh, what a Savior is mine,
In him God’s mercies combine;
His love can never decline,
And he loves me.


The sacrificial offerings were ordained by God to be to man a perpetual reminder and a penitential acknowledgment of his sin and a confession of his faith in the promised Redeemer.

They were intended to impress upon the fallen race the solemn truth that it was sin that caused death.

To Adam, the offering of the first sacrifice was a most painful ceremony. His hand must be raised to take life, which only God could give.

It was the first time he had ever witnessed death, and he knew that had he been obedient to God, there would have been no death of man or beast.

As he slew the innocent victim, he trembled at the thought that his sin must shed the blood of the spotless Lamb of God.

This scene gave him a deeper and more vivid sense of the greatness of his transgression, which nothing but the death of God’s dear Son could expiate.

And he marveled at the infinite goodness that would give such a ransom to save the guilty. A star of hope illumined the dark and terrible future and relieved it of its utter desolation. PP 68

ABEL SE OFFER

Die tweede troumatiese offer het die dood van ‘n lam en ‘n kind ingesluit.

Weer het Adam langs ‘n bloeiende slagoffer neergeval en langs Abel vir lank gesnik.

Hierdie keer ervaar hy ‘n klein stukkie pyn van die groot pyn van ‘n ander Vader en ‘n ander seun en ‘n ander moordenaar.

Adam het ook langs die lyk van sy seun die eindtyd konflik gesien waar die Kains die Abels gaan doodmaak. Die Lam gaan die katalisator wees.

KORPORATIEWE OFFERS

God wou ook die krag van die verlossingsboodskap van die Lam op ‘n onge-ewenaarde skaal aan die antieke wêreld toon.

‘n Slawevolk in die greep van die magtigste moontheid op die planeet het dit aanskou.

‘n Reeks verwoestende plae kon nie die farao oorreed om sy slawevolk te laat trek nie. Sy ekonomie is verwoes, sy teologie het aan skerwe gelê. En nog weier hy om Israel te laat gaan offer.

Wat het die deurslag gegee dat hulle kon trek?

Eksodus 12:5-7 Julle moet ’n lam hê sonder gebrek, ’n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.

6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.

7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.

LAM MAAK DIE VERSKIL

Het ‘n lam in die paradys ‘n verskil gemaak?

Sal die offer van ‘n lam in Egipte ‘n verskil maak?

430 jaar vantevore by Haran het die Here vir Abram beloof dat hy Sy volk gaan verlos. Ek wonder of Abram besef het dat dit deur die bloed van ‘n lam sou geskied?

Vier dae voor die lammetjie geslag is, moes hy gekies word. Daar was tyd om oor die dood van die vlekkelose onskuldige lam te kon peins.

Ongeveer 1500 op die 14de van Nisan het 600,000 mans, hoofde van gesinne die paaslam geslag.

Tweemiljoen Israeliete was veilig in hulle wonings met die bloed van die lam op die deurkosyne.

Op die deurkosyne was hulle name uitgegrafeer. Hulle ou sondige name waarmee hulle die ewige lewe wou beërwe was toegeverf met die bloed van die lam.

Almal wat vertroue in die bloed van die komende Lam gehad het, het die verwoestings van die doodsengel vrygespring.

Waar hierdie engel bloed aan die deurposte gesien het, het hy gesteier. Waar daar nie bloed aan die deurposte was nie, het die eersgeborene gesterf.

Terwyl Egipte oor die dood van die eersgeborene gehuil het, het Israel God geloof vir hulle verlossing.

Deur die bloed van die lam het die slawevolk Gods oorwinnende volk geword.

Deur nie die bloed aan hulle deurkosyne te plaas nie, het die magtige 18de dinastie hulle eersborenes verloor.

GOLGOTA

Soos wat die Israeliet vir etlike dae na die paaslam kon kyk voordat hy geslag is, het Israel vir etlike jare na ‘n ander Paaslam gekyk.

Sommige het gesien hoe Hy om 1500 op ‘n ander deurkosyn vasgespyker word.

Tydens die eerste plaag in Egipte is die Nyl in bloed verander. Om die kubieke meters water wat in bloed verander is te probeer beteken is onmoontlik.

Het die land met sy Israeliet en Egiptenaar die simboliek van bloed begryp? Het hulle besef dat God se bloed die potensiaal het om elke mens van die dood te red?

Op Golgota het ‘n rooi rivier begin vloei. Sy reddened waters klots teen die harde rots van my septiese gevalle natuur.

Sy bloed is die enigste ontsmetmiddel vir my septisemie, my bloedvergifting.

Daardie reinigende bloed het ‘n groter, dieper Nyl van verlossingsvlod geword.

The precious blood of Christ is wholly efficacious. . . .  {OHC 118.2} 

It is Satan’s studied purpose to keep souls from believing in Christ as their only hope; for the blood of Christ that cleanseth from all sin is efficacious in behalf of those only who believe in its merit.–Gospel Workers, p. 162.  {7ABC 459.5}

He [Christ] planted the cross between Heaven and earth, and when the Father beheld the sacrifice of His Son, He bowed before it in recognition of its perfection. “It is enough,” He said. “The Atonement is complete.”–The Review and Herald, Sept. 24, 1901.  {7ABC 459.6}

The blood of Christ is efficacious, but it needs to be applied continually. 4T 123

It is Satan’s studied purpose to keep souls from believing in Christ as their only hope; for the blood of Christ that cleanseth from all sin is only efficacious in behalf of those who believe in its merit, and who present it before the Father as did Abel in his offering.  {RH, September 3, 1889 par. 18} 

By the atoning sacrifice of Christ, and his work of mediation in our behalf, we may become reconciled to God. The blood of Christ will prove efficacious to wash away the crimson stain of sin.  {ST, January 20, 1881 par. 17}

Het jy al die uitdrukking gehoor:

GOD moves in a mysterious way, His wonders to perform;
He plants his footsteps in the sea, And rides upon the storm.

William Cowper was ‘n tydgenoot van Isaac Newton. Lees gerus sy biografie.

Hy is ‘n baie hoë pos by die Engelse House of Lords beloof, maar wat nie gerealiseer het nie.

Hy wou nie meer lewe nie. Gelukkig was sy selfmoordpogings onsuksesvol.

Toe hy weer gestabiliseer het, het hy besef dat daar by God vergifnis is en toe die volgende pragtige lied geskryf:

There is a fountain filled with blood drawn from Emmanuel’s veins;
And sinners plunged beneath that flood lose all their guilty stains.

The dying thief rejoiced to see that fountain in his day;
And there have I, though vile as he, washed all my sins away.

Was this article helpful?

Related Articles