Hoe sien jy wet in die algemeen; die van die land en die van die Here?
Hoe belangrik dink jy is gehoorsaamheid aan die landswet en aan die wet van God?
En hoe dink jy, sien God self Sy wet?
Die Here het aan Moses bekendgemaak dat die tyd om Kanaän te beset baie naby was. Terwyl Moses na die Beloofde Land gekyk het, het hy met groot belangstelling na die erfenis van sy volk getuur.
Is dit moontlik dat die straf vir sy sonde wat by Kades opgelê is, tersyde gestel kan word? Met diepe erns bid hy:
Deuteronomium 3:24-27 Here, Here! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
25Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon!
26Maar die Here het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
27Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk dit met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.
Sonder om te kla het Moses God se besluit aanvaar en nou was Israel sy fokus. Wie het soveel vir hulle welsyn gevoel as hy gehad?
Luister na sy volgende onselfsugtige gebed:
Numeri 27:16,17 Laat die Here, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel17wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van die Here nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie.
Dink jy die Here sou na so ‘n gebed geluister het?
Verse 18-20 Toe sê die Here aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,19en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom ’n opdrag voor hulle oë;
20en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.
Josua het lank saam met Moses gewerk en omdat hy wysheid, aanleg en geloof besit het, is hy as opvolger aangestel.
Deur handoplegging en ‘n baie indrukwekkende opdrag, is Josua plegtig afgesonder as die nuwe leier van Israel.
Hy moes ook om dadelik in die bestuur toegelaat word. Die woorde van die Here aangaande Josua is deur Moses aan die volk oorgedra:
Verse 21-23. En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die Here; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
22En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,
23en hy het hom die hande opgelê en hom ’n opdrag gegee soos die Here deur die diens van Moses gespreek het.
Voordat hy sy amp as die sigbare leier neegelê het, het die Here hom aangesê om die verlossingsgeskiedenis aan die volk te heraal en ‘n opsomming van die wet te doen wat op Sinai gegee is.
Tydens daardie gebeurtenis was net ‘n paar van die huidige volk oud genoeg om die plegtigheid van die gebeurtenis te kon begryp.
Aangesien hulle aanstonds die Jordaan sou oorsteek en die Beloofde Land in besit neem, wou God die eise van Sy wet aan hulle voorhou en op hulle harte druk dat gehoorsaamheid ‘n voorvereiste van voorspoed sal wees.
Moses het voor die volk gestaan om sy laaste waarskuwings en vermanings te gee. Daar was ‘n heilige lig op sy gelaat. Sy hare was grys van die ouderdom maar sy was nog pen orent. Hy het geen tekens van verswakte gesondheid getoon nie en sy oë nog helder.
By hierdie belangrike geleentheid het hy met groot passie die liefde en genade van hulle Magtige Beskermer besing.
Deuteronomium 4:32-35 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.
33Het ’n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jý gehoor het, en in die lewe gebly?
34Of het ’n god probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die Here julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
35Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die Here God is; daar is geen ander buiten Hom nie.
Vir watter rede het die Here uitverkies?
Deuteronomium 7:7-9. “Die Here het ’n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
8Maar omdat die Here julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die Here julle met ’n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.9Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Die mense was gereed om vir Moses die skuld vir hulle moeilikhede te gee maar nou is hulle agterdog weg dat hy met trots, ambisie of selfsug beheb was, en hulle het met vertoue na sy woorde geluister.
Moses het versigtig die foute en sonde van hulle voorouers uitgewys. Hulle baie baie kere ongeduldig en opstandig omdat hulle so lank in die woestyn moes rondswerf. Maar die Here was nie te blameer vir die vertraging om Kanaän in te neem nie.
Dit het Hom meer gekwel as vir hulle omdat hulle nie onmiddellik die land kon beset en sodoende Sy magtige verlossingsmag aan die nasies te toon nie.
Asgevolg van hulle wantroue van God, hulle trots en ongeloof was hulle nie gereed om Kanaän binne te gaan nie. Hulle sou geensins die mense voorgestel het wie se God die Here was nie want hulle nie die stempel van Sy karakter van reinheid, goedheid en welwilenheid gedra nie.
As hulle vaders God in geloof gevolg het, toegelaat het dat Sy oordeel hulle rig, en gehoorsaam was, sou hulle lankal as ‘n voorspoedige, heilige en gelukkige volk in Kanaän gewees het.
Hulle gesloeg om die goeie land in te gaan het God se eer aangetas en ten aansien van die omliggende nasies Sy glorie aangetas.
Moses wat die aard en waarde van die wet van God begryp het, het die volk verseker dat geen ander nasie sulke wyse, regverdige en billike reëls as die wat aan die Hebreërs gegee is nie.
Deuteronomium 4:5,6 Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.
Moses het hulle aandag gevestig op “die dag dat jy voor die aangesig van die Here jou God by Horeb gestaan het. Hy het die volk uitgedaag:
Verse 7,8 Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
8En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?
Die uitdaging aan Israel kan tans herhaal word. Die wette wat die Here destyds aan Sy volk gegee het was wyser, beter en mensliker as meeste van die beskaafde nasies op aarde.
Die wette van die nasies toon die tekortkominge en passies van die onbekeerde hart maar God se wet dra die goddelike stempel.
Deuteronomium 4:20 Maar die Here het julle geneem en julle uit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.
Die land wat hulle binnekort sou binnegaan en wat op voorwaarde van gehoorsaamheid aan die wet van God gegee is, is aan hulle geskets.
Hulle moes geweldig aangeraak gewees het, terwyl hulle daaraan dink dat hy wat so passievol van die seëninge van die land praat, asgevolg van hulle sonde, uitgesluit is.
Deuteronomium 8:7;11:10-12 “Want die Here jou God bring jou in ’n goeie land,” 8:7 “nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie. 11:1011Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;” 11 ’n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom; 8:7 ’n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ’n land van olieryke olyfbome en heuning;9’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;” ’n land waar die Here jou God voor sorg; die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.11:12
Deuteronomium 6:10 En as die Here jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed beloof het om jou te gee—groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,11en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie—en jy eet en versadig word,12neem jou dan in ag dat jy die Here nie vergeet… nie.
Want die Here jou God is ’n verterende vuur, ’n jaloerse God.4:24
As hulle die Here sou mishaag, het Moses gesê, sal hulle “sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem.” Deuteronomium 4:26
Na die openbare herhaling van die wet het Moses die wette, insettinge en oordele wat God Hom gegee het, en al die regulasies in verband met die offerstelsel neerskryf.
Die boek waarin dit opgeskryf is, is aan die beamptes vir bewaring gegee en dit was langs die ark geplaas.
Moses was bekommerd dat die volk van die Here afvallig sou word. In ‘n gewyde roerende manier het hy hulle van die seëninge wat op gehoorsaamheid volg en die strawwe wat op ongehoorsaamheid volg.
Deuteronomium 15:5 As jy net goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel. 28:3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. 4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee…
Vers 5-8 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
7 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word. Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Vers 15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
Vers 37 En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.
Vers 64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel.
66 En jou lewe sal voor jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! – vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
Deur die Gees van Inspirasie het Moses die verskriklike tonele van die finale ondergang van Israel as ‘n nasie gesien en hoe Jerusalem deur Rome verwoes is.
Deuteronomium 28:49,50 Die HERE sal teen jou ’n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ’n arend vlieg – ’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,50 ’n nasie hard van aangesig, wat ’n grysaard nie ontsien en vir ’n seun geen genade het nie.
Die totale verwoesting van die land en die ontsettende lyding van die mense gedurende die belegging onder Titus eeue later, is helder voor sy geestesoog gebring:
Verse 51-53 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is… En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het.
En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
Vers 56 Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie – haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk.
Deuteronomium 30:19,20 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle. die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,20 deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
Ten einde hierdie waarheid op die gedagtes van die mense in te skerp, het hy dit as liriek vir ‘n lied gebruik. Dit was nie net histories nie maar ook profeties.
Dit verwys na God se wonderbaarlike omgang met Sy volk en fokus op die toekomsgebeure, die finale oorwinning van die getroues wanneer Christus vir die tweede keer met krag en glorie gaan terugkeer.
Die volk moes hulle poëtiese geskiedenis memoriseer en dit vir hulle kinders en kleinkinders leer.
Hulle moes sing wanneer hulle byeenkom en tydens hulle dagtakies.
Dit was die plig van die ouers om hulle vatbare kinders met die woorde te beïndruk dat hulle dit nooit sou vergeet nie.
As bewaarders van God se wet moes hulle die voorskrifte op ‘n besondere wyse internaliseer en aan hulle kinders en kleinkinders oordra.
Die Here het die volgende voorskrif aangaande Sy wet gegee: Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan… En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.Deuternonomium 6:7,9
Wanneer die kinders in die toekoms sou vra: “Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het?” vers 20. Dan moes die ouers die geskiedenis van God se genadige verlossing verduidelik sodat hulle Sy wet kon gehoorsaam. Dan moet die sê:
Verse 24,25 En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.25 En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.
Volgende keer gaan ons die begrafnis van die grootste aardse wetgewer ooit, bywoon. Daar was net Een by sy dood.
Is jy ‘n wetsoortreder? Het jy geval? Is jy jammer daaroor? Soek jy weer vrede in jou gemoed?
Die Wetgewer is ook die Verlosser. Bely jou oortreding aan Hom. Hy het onuitputlike vergifnis is Sy hart en Hy wil dit baie graag met liefde aan jou skenk. Hy wil vir jou sê: “Alles is reg.”
Hy vergewe nie net nie, Hy beklee ons met Sy eie onbesoedelde geregtigheid en dis wat die Vader dan sien wanneer Hy na ons kyk.
Jesaja 48:18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see