1. Home
  2. Algemeen
  3. Moses se Dood: Deel 2

Moses se Dood: Deel 2

Iewers vorentoe sal ek en jy nie meer daar wees nie. iewers vorentoe wag die laastedag op aarde vir ons. Dis ‘n baie somber gedagte.

As ons besluit het om nie met volmaakte geregtigheid van Jesus geklee wil wees nie, is ons verlore. Maar as ons dit as die enigste middel tot redding aanvaar, sal ons gehoorsaamheid daarvan getuig.

Die vorige keer het ons gesien hoe die heidene uiteindelik na die lig van die evangelie sou stroom. Moses het hom in hierdie toneel verheug.

En nou sien hy ‘n ander toneel. Hy sien hoe die duiwel die Joodse leiers gelei het om Christus te verwerp terwyl hulle voorgee om Sy Vader se wet te gehoorsaam.

Hy sien hoe die Christenwêreld onder dieselfde misleiding voorgee dat hulle Jesus aangeneem het, terwyl hulle Sy wet verwerp het.

Hy hoor hoe die priesters en owerste uitroep: “Weg met Hom!” “Kruisig, kruisig Hom!” en hoe voornemende geestelike leraarsr uitroep “Weg met die wet!”

Hy sien hoe die Sabbat verwerp word en Sondag in sy plek gesit is. Moses is met konsternasie gevul. Hoe kan mense wat in Jesus glo, Sy wet verwerp wat op Sinai gegee is? Hoe kan enigeen wat God vrees die wet, fondasie van Sy regering in die hemel en die aarde, verwerp.

Moses sien met vreugde hoe ‘n klein groepie getroue mense nog steeds die wet van God eerbiedig. Hy kyk vooruit na die dag wanneer God die bose inwonders van die aarde gaan straf en die wat Sy Naam vrees in die dag van Sy wraak sal beskerm.

Hy luister na God se vredesverbond met Sy wetsgehoorsame kinders en terwyl Hy vanuit Sy heilige woning praat, begin die aarde die skud.

Hy sien die wederkoms van Jesus in al Sy skitterende glorie en hoe die regverdige dode tot onsterflikheid opgewek word en die lewende heiliges verander word sonder om die dood te smaak. Saam vaar hulle met liedere van blydskap na die Godstad.

En dan volg ‘n ander toneel. Die aarde vry van die vloek, skoon as die pragtige Beloofde Land wat hy sopas gesien het. Daar is geen sonde nie en die dood kan daar nie inkom nie.

Hier vind die verlosdes hulle ewige tuiste. Met onuitspreeklike blyskap aanskou Moses die toneel – die vervulling van ‘n glorieryker verlossing wat sy stoutste verwagtings ver oortref.

Hulle aardse omswerwinge is vir ewig iets van die verlede. Die Israel van God het uiteindelik die goeie land binnegegaan.

Die visioen verdof en sy oë op Kanaän wat hier voor hom uitstrek. En dan, soos ‘n moeë krygsman, sak hy heer om te gaan rus. “Toe het Moses, die kneg van die Here, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die Here. En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.”

Baie wat nie na sy raad wou luister toe hy nog baie hulle was nie, sou gevaar geloop het, sou afgodery gepleeg het as hulle geweet het waar hy begrawe was. Maar engele van God wat hom begawe het, het oor sy eensame graf die wag gehou.

“En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie —11wat betref al die tekens en die wonders wat die Here hom opgedra het om… te doen,12en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het. Deuteronomium 34:10-12

As Moses se lewe nie deur daardie een sonde bevlek was nie waarin Hy nagelaat het om God die eer te gee vir die water uit die rots by Kades, sou hy die Beloofde Land binnegegaan het. Hy sou later verander word het en hemel toe geneem word.

Maar hy het nie te lank in die graf gelê nie.

Moses passed through death, but Michael came down and gave him life before his body had seen corruption SR 207.

As Moses ‘n tipe van Jesus, die groter Moses is, mag ek seker ‘n afleiding maak. Wanneer het Jesus gesterf en wanneer het Hy opgestaan? Kon dit ook met Moses gebeur het?

Christus met Sy engele wat Moses begrawe het, het van die hemel neergedaal om die slapende heilige wakker te maak.

Satan het homself verheug omdat hy daarin geslaag het om Moses teen God laat sondig het en hom sodoende onder die heerskappy van die dood gebring het. Die groot teenstander het beweer dat die goddelike vonnis: “Stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer” Genesis 3:19 hom met mag oor die dode beklee het.

Die mag van die graf is nog nooit gebreek nie en hy het hulle as sy gevangenis beskou om nooit uit hierdie donker tronk vry te laat nie.

Vir die heel eerste keer was Christus op die punt om lewe aan die dood te gee. Terwyl die Prins van lewe met sy glansende engele die graf nader, is die satan se heerskappy in die gedrang.

Met al sy engele het hy die inval van sy gebied betwis wat hy as sy eie beskou het. Hy het daarop geroem dat God se dienskneg sy gevangene was.

Hy het verklaar dat nie eers Moses die wet van God kon onderhou nie en die heerlikheid wat God toekom vir homself geneem het. Dit was dieselfde sonde wat tot Satan se vebanning uit die hemel lei het. Gevolglik het Moses onder sy heerskappy gekom.

Die aartsverraaier het sy oorspronklike beskuldigings herhaal wat hy teen die regering van God gemaak het en hy het sy aantuigings oor God se onregverdigheid herhaal.

Christus het nie in ‘n argument met die duiwel betrokke geraak nie. Hy kon die wrede werk van bedrog genoem waar Satan die ondergang van ‘n groot aantal van sy inwoners bewerkstellig het.

Hy kon hom aan sy leuens bedrog in Eden herinner het wat tot Adam se val gelei het en die dood op die mensdom gebring het. Hy kon ook vir die duiwel gesê het dat hy Israel aangehits het om te rebelleer. Dit het die geduld van die lankmoedige leier uitgeput en in ‘n oomblik toe hy nie gewaak het nie, in sonde geval het en toe onder die heerskappy van die dood gekom het.

Luister hoe Jesus die situasie hanteer het:

Judas 9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Hy het die saak na Sy Vader verwys en gesê: “Die Here bestraf jou!”

But Christ referred all to His Father, saying, “The Lord rebuke you.” Jude 9.

Sonder om met die duiwel te argumenteer het die Verlosser daar en dan met Sy werk begin om die mag van die gevalle vyand te breek en lewe aan die dooies te bring.

Hier was die bewys van die oppergesag van die Seun van God wat die satan nie kon betwis nie. Die opstanding was vir ewig bevestig. Satan was van sy prooi ontneem – die regverdige dode sou weer herleef.

Asgevolg van sonde het Moses onder die mag van satan beland. Op sy eie meriete was hy die dood se wettige gevangene. Maar hy is tot onsterflikheid opgewek omdat hy in die Naam van sy Verlosser daarop aanspraak gemaak het.

Moses het met ‘n verheerlikte liggaam uit die graf gekom en saam met die Verlosser na die Godstad opgevaar.

Nooit voorheen, totdat dit in die offer Christus gesien is, was die geregtigheid en liefde van God meer treffend uitgebeeld as in die optrede teenoor Moses nie.

God het Moses uit Kanaän gehou om ‘n les te leer wat nooit vergeet moes word nie nl dat Hy volkome gehoorsaamheid verlang en dat die mens nie heerlikheid vir homself moet vat wat aan sy Skepper behoort nie.

Hy kon nie Moses se gebed vir toegang tot Kanaän verhoor nie, maar Hy het nie van Sy dienskneg vergeet nie.

Die God van die hemel het besef wat Moses moes verduur het. Hy  het van elke daad van getroue diens in daardie lang jare van konflik en beproewing kennis geneem. Op berg Nebo het Hy Moses na ‘n oneindig groter erfenis as die aardse Kanaä geneem.

Op die berg van Verheerliking was Moses saam met Elia wat lewendig hemel toe is. Hulle is as ligdraers en heerlikheid van die Vader na Sy Seun gestuur.

En so is Moses se gebed van eeue tevore beantwoord. Hy het op die “goeie bergland” binne in die erfenis van sy volk gestaan en van Hom getuig in wie al die beloftes aan Israel vervul word.

Dit was die laaste toneel van iemand wat so hoog deur die hemel vereer was.

Moses was ‘n tipe van Chrustus. Hyself het verklaar: Deuteronomiumn 18:15 PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister.

God self het Moses in die skool van beproewing en armoede voorberei sodat hy Israel na Kanaän kon lei.

Die Israel van God wat na die hemelse Kanaän op pad is het ‘n Aanvoerder wat nie nodig het om hom deur ‘n mens vir Sy goddelike sending as Leier voorberei te word nie. Tog is Hy deur lyding vervolmaak, en “deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy die help wat versoek word.” Hebreërs 2:10,18.

Ons Verlosser het geen swakheid of onvolmaaktheid getoon nie, tog het Hy gesterf sodat ons toegang tot die Beloofde Land kon kry.

Hebreërs 3:5,6 En Moses was wel getrou in sy hele huis as ’n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, 6maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.

ARGEOLOGIE

Eeste indrukke is gewoonlik blywend. My gedagtes gaan terug na die eerste keer toe ek die berg Nebo in Jordanië besoek het.

Voor my het die historiese landskap uitgesterk gelê. In die mistige verte kon ek die Olyfberg sien vanwaar Jesus na die hemel opgevaar het.

Die groen plantegroei het in pragtige kontras met die vaal woestyn gestaan.

Dit was hier bo van Nebo dat Bileam op die tente van Israel afgekyk het. Terwyl hy vloek op hulle wou uitspreek het pragtige profetiese woorde uit sy mond gevloei.

VERSOEK

Toe die vloeke nie uitgekom het nie, het hy ‘n heidense fees gereël en die Israeliete genooi om te om deelneem. Kan die argeoloë vir ons ‘n aanduiding gee van presies waar Baäl-Peor was?

Binnekort gaan daar meer publikasies oor hulle bevindings wees. Bo op Nebo kyk mens noord na ‘n vallei met groen. Dis hier, beweer hulle waar die plek was.

Die Bybel sê Moses is teenoor Baäl-Peor begrawe. Waar is dit? As jou oog links beweeg kom jy by die moderne Wadi Al Kharar uit. Dis hier waar Johannes die Doper werksaam was en op ‘n dag vir Jesus gedoop het.

Dit was ook vanaf hierdie plek dat Elia na die hemel opgevaar het. Argeoloë wys vir jou die heuweltjie vanwaar dit gebeur het.

Wie is die Antitipe van hierdie twee historiese tipes?

Elia van die mense wat lewendig hemel toe sal gaan wanneer Jesus op die volke verskyn sonde om die dood te sterf.

Moses stel mense voor wat gaan sterf en by die wederkoms opgewek sal word.

By die berg van Verheerliking in Israel kan mens die kerk besoek wat ter herinnering aan aan Moses en Elia en Jesus opgerig is.

Waaroor het hulle met Jesus kom praat?

Lukas 9:29-30 Terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig anders geword en sy klere skitterend wit. 30Skielik was daar twee manne wat met Hom praat. Dit was Moses en Elia. 31Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi.

Wat sou jy sê beteken dit uittog?

They spoke about his coming death. He was going to die soon in Jerusalem. New International Reader’s version.

Ek sien uit om hierdie twee besondere mense eendag te ontmoet.

Ek sien ook baie daarna uit om vir Jesus wat hulle verlos het te ontmoet.

As jy toegelaat het dat Jesus jou mislukking neem en jou met Sy geregtigheid beklee, gaan jy Hom by die wederkoms sien. Miskien leef jy daardie oomblik. Skielik gaan jy ervaar hoe jou sondige natuur met ‘n sondelose natuur vervang word.

Of jy gaan iewers waar jy begrawe lê ‘n besuingeskal hoor en wakker word. Dawid sien uit na daardie dag en hy skryf:

Psalm 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.

Ons grootste vervulling, versadig is in die toekoms. Kan jy jouself indink hoe dit gaan wees as jy besef dat jy finaal verlos is?

Kom ons hoor waarna Jesaja uitsien:

Jesja 33:17 Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ’n wyd uitgestrekte land sien.

Mens wonder hoedanig hierdie skoonheid van Jesus gaan lyk? Ek dink dit gaan die skoonheid van blydskap in sy oë wees wanneer Hy na ons gaan kyk.

Hy sien ook ‘n uitgestrekte land.

Tans is ons op die klein stukkie grond van ons skuldgevoelens. Binnekort is ons in die uitgestrekte land van God se onbeperkte vergifnis.

Tans leef ons op ‘n klein stukkie grond van ons begrip van God se karakter. Binnekort gaan ons die kurikulum van Sy onbegryplike goedheid en deernis bestudeer. Die modules in hierdie uitgesterkte landskap is ontelbaar.

Deur die ewigheid gaan ons van ‘n genade leer wat sondaars soos ek en jy kom verlos het.

My gebed is dat ek en jy binnekort in daardie land sal wees. Hierdie droog ons geluksfonteintjies oornag op; daar gaan ons nuwe en nog nuwe ontdek waarvan die waters van geluk nooit sal opdroog nie.

Was this article helpful?

Related Articles