BETLEHEM
My naam is Betlehem. As jy my onlangs besoek het, wat het jy gesien?
Jy was seker by Grieks Ortodokse Kerk waar mens kan sien waar Jesus gebore is. Miksien het jy die Katolieke kerk net langs die Griekse kerk besoek. Die akostiek is iets om musikale oor opgewonde oor te luister.
Ek is Jesus se mederige geboorte het aan jou hart geruk. Hy het so hoog en ver gekom en so ‘n skandelike geboorte gehad.
Dis moontlik dat jy ook die Heldersvelde besoek het. Kon jy in jou verbeelding die engele daardie donker nag hoor sing?
MY NAAM IS BETLEHEM
Ek deel baie graag die volgende gebeurtenisse wat in my plaasgevind het.
Gén 35:19 Ragel het gesterf, en sy is begrawe langs die pad na Efrata toe, dit is Betlehem.
Ek sal daardie begrafnis altyd onthou. Jakob het dit ontsettend moeilik hanteer. Dit was sy geliefde vrou en hoe groter ‘n man se liefde vir sy vrou is, hoe groter die afskeidspyn. Klein Josef was maar 6 jaar oud toe dit gebeur het.
Hy het sy mammie baie gemis.
Haar graf is gerestoureer en baie Israelis besoek die graf.
NAOMI EN RUT
Baie keer bring die rampe ook vir ons goeie nuus. Dit is wat tydens een van ons ergste droogtes gebeur het.
Een van die gesinne wat na Moab uitgewyk het, het groot trouma beleef. Die vrou het nie net haar man verloor nie maar ook haar twee seuns. Ek weet nie of jy al deur so ‘n hartverskeurende ondervinding gegaan het nie.
Op ‘n dag het sy weer hier by my aangekom.
Na haar twee seuns se dood het die droogte gebreek en sy het besluit om na my terug te kom. Haar twee dogters het haar tot by my grens vergesel.
Hulle wou altwee saam met haar na my toe kom. Hulle het seker gehoor Betlehem het ‘n groot hart en baie brood want dis wat my naam beteken.
Een van die skoondogters, Orpa het omgedraai maar die ander een wou om die dood nie van Naomi afskeid neem nie.
Ek lees vir jou die verhaal:
Rut 1:16 Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God;
Rut 1:17 waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê ‘n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.”
Dis van die mooiste woorde wat ek nog ooit gehoor het. Kom ons hoor wat Naomi gesê het toe sy by my aankom:
Rut 1:18 Naomi het besef dat Rut vasbeslote was om saam met haar te gaan en sy het opgehou om haar te probeer ompraat.
Rut 1:19 Hulle twee is toe saam na Betlehem toe. Met hulle aankoms in Betlehem was daar groot opgewondenheid in die stad, en die vrouens het gesê: “Maar dis mos Naomi!”
Rut 1:20 Hierop het Naomi vir hulle gesê: “Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak.
Rut 1:21 My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het ‘n ramp oor my gebring.”
Rut 1:22 So het Naomi uit Moab teruggekom en Rut, haar Moabitiese skoondogter, was by haar. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.
Persoonlik dink ek sy het aan posttroumatiese skok gely want dis nie soos ek Naomi geken het nie.
BOAS
Hierdie Rutvrou het baie goed aangepas en sy en Boas het besluit om te trou.
Maar kom ek skets net vinnig Boas se agtergrond.
Sy pa se naam was Salmon. Hy was een van die twee spioene wat Josua uitgestuur het om inligting by Jerigo en die omgewing te kry.
Die gastehuis waar hulle ingeboek het, was ook ‘n bordeel. Die eienares se naam was Ragab. Sy het vir die twee manne gesê dat sy weet van hulle God en dat hulle haar lewe moet spaar.
Dit het toe gebeur. Die hele muur van Jerigo het op die sewende dag ingetuimel behalwe waar sy gewoon het. Sy is later in Israel opgeneem.
En hier kom nou die romantiese deel. Salmon het later met haar getrou. Hulle het ‘n ou seuntjie gehad en sy naam was Boas. Hulle was geseend met ‘n baie goeie kind.
Boas het later na my oorgetrek. Hier het hy nie net genoeg fisiese brood gekry nie, hy het ook die brood van tevredenheid gekry toe hy met Rut getrou het.
Dit was ‘n groot dag toe Boas en Rut se ou seuntjie in die wêreld gekom het. Hoe dink julle het die ouma gereageer?
ut 4:16 En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword.
Rut 4:17 En die buurvroue het hom ‘n naam gegee en gesê: Vir Naómi is ‘n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Isai, die vader van Dawid.
VERTROETEL
Julle moes hierdie ouma gesien het. Daai ou kleintjie het gesorg dat Mara haar ou naam, Naomi teruggevat het.
Terloops. Wat is heerliker vir ‘n oupa en ‘n ouma om hulle ou liefde op so ‘n dierbare keintjie uit te stort.
SAMUEL SE BESOEK
Op ‘n dag het die dierbare ou Rigter hier by my aangekom. Ek het gewonder wat se besigheid hy hier moes kom afhandel. Ek het nie te lank gewag nie.
Hy is daar na Isai toe want die Here het hom gestuur om die nuwe koning met olie te gaan salf.
Isai moes die seuns voor Samuel laat verby gaan. Hy was so beïndruk met die eerste seun, wou sommer as koning salf. Die Here het gekeer om dit nie te doen. So het dit met al die seuns gegaan. Elke keer het die Here hom gekeer.
1Sa 16:10 So het Isai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Isai gesê: Die HERE het hulle nie uitgekies nie.
Wat nou. Samuel het konings in al die seuns gesien maar die Here het nie. Luister wat toe gebeur het:
1Sa 16:11 Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.
1Sa 16:12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en ‘n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
1Sa 16:13 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.
GOLIAT
Ek het hierdie laaitie fyn dopgehou. Nie almal het geweet dat hy as die volgende koning gesalf is nie. Ek as dorpie was nie vreesliks besonders nie, maar hierdie outjie het my status gegee.
Op ‘n dag het ek gesien hoe hy hier weg is met ‘n klomp kos vir sy broers. Hulle was by die dal van Ela waar ou Goliat elke dag hulle uitgedaag het om teen hom te kom veg.
Weet julle wat die mannetjie gedoen het? Toe reus weer met ‘n bulderende stem die Israeliete uitdaag, het hy dit gehoor.
Sa 17:40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.
1Sa 17:41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit.
1Sa 17:42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms.
1Sa 17:43 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.
1Sa 17:44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.
1Sa 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.
1Sa 17:46 Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.
1Sa 17:47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
1Sa 17:48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;
1Sa 17:49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.
1Sa 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.
1Sa 17:51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.
Weet julle. Ek het baie groot respek vir Dawid. Hy is terug hier by my en met sy skape.
Ek het hom dikwels hoor sing terwyl hy skape opgepas het.
Luister na hierdie pragtige liriek van een van die pragtigste melodie ooit.
sa 23:1 ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Psa 23:2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Psa 23:3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
Psa 23:4 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
Psa 23:5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
Psa 23:6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
JESUS SE KOMS
Een Vrydagmiddag het ‘n ouerige man met ‘n baie jong verwagtende vroutjie hier by my aangekom.
Dit neem so om en by vier tot ses dae om van Nasaret tot hier by my te stap.
Ek sou sê hulle is die Sondagoggend vroeg van Nasaret weg om voor die Sabbat hier aan te kom.
Josef was die pa van vier seuns; Jakobus, Joses, Judas en Simon. Dan het hy ook dogters gehad.
Mens kry hierdie inligting in die evangelie van Markus:
Mar 6:3 Is hy dan nie ‘n timmerman, ‘n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” Die mense wou niks van Hom weet nie.
Met die ondervinding van kinders grootmaak, was hy net die regte aardse vader om Maria se kindjie te help grootmaak.
GEEN AKKOMMODASIE NIE
Ek voel so sleg dat hulle nie akkommodasie in my kon kry nie. Net so ‘n endjie aan my buite wyke het hulle reggekom. Maar ek skaam my vir die plek. Dis amper soos die modern plakkerskampe van ons dag.
Hulle het ook net betyds daar aangekom want oomblikke later het Maria geboorte aan Jesus geskenk.
Op daardie Vrydagaand het die wêreld die grootste en die onbeskryfikste geskenk van alle tye ontvang.
uk 2:8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
Luk 2:9 En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
Luk 2:10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
Luk 2:11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
Luk 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
Luk 2:13 En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
Luk 2:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
Luk 2:15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
MEDIKLINIEK
As hulle Hom by die Koning Dawid Medikliniek gaan soek het, sou hulle hom nie gekry het nie. As hulle gedink het dat daar ‘n groot deftige afvaardiging van die Sanhedrin by Jesus was, het hulle ook ‘n fout gemaak. In ‘n soort van ‘n stal.
Simbolies van die treurigstes van die mensdom in wie se harte Hy gekom het om in gebore te word.
Daar is nie die reuk van Johnson’s Baba Poeier nie. Die reuk van vars koeimis begroet hulle.
Jesus lê nie in ‘n fancy kot met allerhande versiersels nie. Hy is ook nie in die pragtigste baba kleertjies aangetrek nie.
Die doodskleed wat mense op ‘n reis geneem het indien hulle sou sterf, is om Sy ou lyfie gedraai.
Nog ‘n simbool van die dood wat Hy vir die ‘n verlore mensdom sou kom sterf sodat hulle eendag vir ewige kan leef.
Luk 2:16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
Ag daardie skaapwagters was so dankbaar opgewonde. Die heel eerstes om die vleesgeworde Messias te kon.
Het het aan almal wat hulle teegekom het die goeie nuus vertel.
JESUS SE EERSTE 41 DAE IN BETLEHEM
Ek het Jesus vir die volgende 41 dae sien grootword. Dit was vir my ‘n baie groot voorreg om te sien hoe die God wat alles geskep het, ‘n hulpelose geskape wese kom word het om met die mense wat Hy geskep te assosiëer.
Kom ons lees wat dr. Lukas geskryf het:
Lukas 2:21 Ag dae later, toe dit tyd was om die Kindjie te besny, het Hy die naam Jesus gekry, die naam wat deur die engel genoem is nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is.
Op die agste dag is bloedstolling op sy beste.
Ek wonder of die priester wat die besnydenis gedoen het, geweet dis die Messias?
Wanneer moes Jesus weer tempeltoe geneem word?
Luk 2:22 Toe die reinigingstyd soos deur die wet van Moses bepaal, vir hulle verby was, het hulle Hom na Jerusalem toe gebring om Hom tot beskikking van die Here te stel.
Kan die Bybel vir ons vertel hoeveel dae moes verloop voordat die volgende seremonie moes plaasvind?
Kom ons hoor wat Moses geskryf het:
Lev 12:1 Die Here het vir Moses gesê:
Lev 12:2 “Sê vir die Israeliete: Wanneer ‘n vrou ‘n seun in die wêreld bring, is sy onrein, soos wanneer sy menstrueer, ‘n week lank.
Lev 12:3 Op die agste dag moet die seuntjie besny word.
Lev 12:4 Daarna moet sy nog drie en dertig dae wag om seker te wees dat die bloedvloeiing opklaar. Voordat dié tydperk om is, mag sy aan niks raak wat gewyd is nie en ook nie in die heiligdom ingaan nie.
Kom ons keer terug na ou Betlehem toe om verder na hierdie verhaal te luister:
Luk 2:23 In die wet van die Here staan immers geskrywe: “Elke eersteling van die manlike geslag moet vir die Here afgesonder word.”
Luk 2:24 Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.”
Hoekom het hulle twee duiwe gebring?
Lev 12:8 As sy nie ‘n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees.”
Dit is die offer wat die arm mense kon bring. Een duif was ‘n brandoffer en die ander een ‘n sondoffer.
Ou Betlehem het al klaar na die Jesus seuntjie gegin verlang want nou was al die seremonies afgehandel.
Maar toe gebeur ‘n baie interessante iets.
DIE WYSE MANNE
Langs die Eufraatrivier by ‘n plek met die naam van Petor waar Bileam vroeër gebly het, het iets groots tydens die nag met Jesus se geboorte gebeur.
‘n Klompie mans wat die profesieë oor die koms van die Messias bestudeer het, het skielik iets glansryk in daardie donker nag gesien.
Dit was vir hulle ‘n teken dat die Messias gebore is. Een van hulle haal die profesie van Bileam aan:
Núm 24:17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.
Moab is ‘n term vir die vyande van God se kinders. En raai wie is die grootste van alle vyande.
Een en veertig dae later maak hierdie welaf elite hulle verskyning by Josef, Maria en Jesus.
Mat 2:11 En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.
Arme ou Josef. Behalwe vir die geskenk van Jesus wat hy gekry het, kyk hy na goud wat die mense vir hulle gebring het. Hulle ou kajakie het daardie selfde aand baie lekker geruik.
Wat was die volgende stap nadat die rykmense van die Ooste daar weg is?
at 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”
Mat 2:14 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek
Josef het met die goud wat hy gekry het, vir hulle twee gerieflike kamele gekoop en sommer ook ‘n donkie wat al hulle besittings kon vervoer.
Ek het lank na die geselskap op pad na Egipte gekyk tot hulle oor die laaste bultjie verdwyn het.
Jesus is nie net fisies in my, Betlehem Efrata gebore nie. Hy trag om daagliks in die hartstempels van mense gebore te word.
As jy Hom toelaat, kan Hy dit elke liewe dag van die res van jou lewe vir jou doen.