Samaria

SAMARIA – PERSONIFIKASIE (2)

INLEIDING EN NAAMAN

Soos wat Jerusalem die hoofstad van Juda en Benjamin, so was ek die hoofstad van die ander tien stamme. Hier volg interessante inligting oor my geskiedenis:

1 Konings 16:23  In die een en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning.

1 Konings 16:24  En hy het die berg Samaría van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samaría genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg.

ISRAELITIESE BOUERS

Ek wil net noem dat ek die enigste stad is wat deur Israel gebou is en hulle het ‘n uitstekende werk gedoen.

Alreeds in koning Agab se regering kon die Siriërs my nie verwoes nie. In 1 Konings 20 lees mens dat Ben-Hadad van Damaskus met sy reuse weermag  dit nie kon regkry nie.

Eers toe die magtige Assiriërs op die wêreldtoneel verskyn het, is ek verwoes.

Wil jy raai hoe lank dit hulle gevat om my in ruïnes te omskep?

Na drie jaar se beleëring kon hulle eers verwoes.

2 Konings 18:9  Maar in die vierde jaar van koning Hiskía—dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel—het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër;

2Kn 18:10  en hulle het dit ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van Hiskía—dit was die negende jaar van Hoséa, die koning van Israel—is Samaría ingeneem.

2Kn 18:11  En die koning van Assirië het Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië;

2Kn 18:12  omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het—alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het—sonder om daarna te luister en te handel.

HANDELSOOREENKOMS MET DAMASKUS

Maar dis nie net Israeliete wat sake in my gedoen het nie. Die Aramese sakemanne het hulle ware in my uitgestal. Ek het hier manne gedurigdeur gesien.

1 Konings 20:34  En Bénhadad sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê in Damaskus soos my vader in Samaría aangelê het. En ek, sê Agab, sal u op hierdie verbond laat gaan. Hy het toe ‘n verbond met hom gesluit en hom laat gaan.

ARGEOLOGIE

Ek moet julle ook vertel van die interessante items wat die argeoloë hier in my ruïnes ontdek het.

Hulle het die fondasies van die paleis van Omri ontdek. Maar dis nie al nie.

1 Konings 22:39  En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

Die aanbouings van Agab en Jerobem II is ook gevind.

AKROPOLIS PERIODE 1 OMRI

Die akrololis van Samaria is tot op die rotsbodem oopgegrawe. Die paleis was uitsluitlik deur die Harvardekspedisie en is as die paleis van Omri geïdentifiseer. Hierdie paleis was op 4 meter hoë rotsplatform wat van die onmidelilike omgewing geïsoleerd was.

Net onderkant die paleis op die rotsbodem is twee grafte gevind wat uit rots gekap is. Dit was die finale rusplekke van Omri en Agab.

SAMARIA SE DAM

En die ander ontdekking wat hier gemaak is, maak ‘n mens se hart seer, baie seer. Dis baie tragies.

1 Konings 22:38  En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaría, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was), volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het.

Kan jy jou voorstel hoe die argeloë moes gevoel het toe hulle die plek ontdek waar die paleisbediende die bloedmerke van koning van die wa moes afwas.

OSTRAKA – JEROBOAM II

Die ontdekking van die ostraka, potskerwe van die tyd van Jeroboam II het nogal groot opslae gemaak.

Toe hulle die Hebreeus lees sien hulle dis inligting oor olie en wyn  wat aan die koninklike pakhuise gemaak is.

In die Irakimueseum in Bagdad sien mens uitstallings koning Sargon II wat Samaria verwoes het. Op een van die kleitablette vertel hy van die verwoesting van die inwoners wat hy as ballinge na verskillende stede in sy gebied geneem het.

TEOLOGIE

Ek het nie goeie nuus wanneer dit by die godsdiens kom wat die koning hier beöefen het nie. Agab het ‘n vrou met die naam van Isebel by Tirus gaan haal nie, hy het ook haar Baalgodsdiens saamgebring.

1 Konings 16:31  En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig,

1Kn 16:32  en vir Baäl ‘n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

DIE VERHAAL VAN DIE ISRAELITIESE SLAWE MEISIE

Nou so bietjie goeie nuus wat hier in my afgespeel het.

Ons weet nie of sy hier in Samaria gewoon het nie, en of sy elders gewoon het nie. In dit wat ons uit die Bybel gaan lees, gaan ons ontdek dat sy baie goeie kontak met Elisa gehad het en dat sy baie van sy wonderwerke gesien het.

Voordat ek met Naaman se besoek aan my gaan gesels, net so ‘n bietjie agtergrond van die man.

2 Konings 5:1 En Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ‘n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs ‘n oorwinning gegee; en die man was ‘n dapper held, maar melaats.

Sirië was dikwels met Israel in oorlog gewikkel maar in hierdie verhaal was daar vir ‘n kort rukkie vrede.

‘n Kort rukkie van te vore het koning Agab op die slagveld van Ramot-Gilead teen koning Benhadad van Damaskus gesneuwel. (1 Konings 22:34–37).

Sy kon hierdie Siriese koning gehaat het wat haar koning se dood veroorsaak het.

Sy het besluit dat gifnige bitterheid nie haar jong hart gaan besoedel nie.

My stadsruïnes sal vir jou vertel dat die koning wat destyds hier regeer het, se naam was Joram, Agab se seun.

2 Konings 5:2  En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel ‘n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het.

Naaman was ‘n baie belangrike man in Sirië asgevolg van die baie suksersvolle militêre veldslae wat hy teen Israel gevoer het. Maar wat help al eer wat hy ontvang het as hy met sy melaatsheid gesit het.

2 Konings 5:3  En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.

Dis ‘n mooi gesindheid. Sy het rede gehad om hierdie Naaman dag en nag te gehaat het.Dink net wat hy haar aangedoen het. Sy kom van Vryheid na slawerny. Die 2 “B’s”

Die indruk wat Elisa op haar gemaak het, het haar die versekering gegee da thy Naaman su genees.

Die Here het haar geloof beloon en Naaman het meer van die God geleer wat sy aanbid het.

2 Konings 5:4  Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom.

Naaman en die koning moes leer dat God meer verrig as enige mens asook die gode van Sirië.

Die beste wat die slawe dogter kon doen was om volkome vertoue op God te plaas.

2 Konings 5:5  En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil ‘n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en ses duisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem,

Geloof wek geloof en liefde wek liefde.

Net die ewigheid sal die uitwerking van daardie getuienis openbaar.

Die skryf van briewe was algemene gebruike in daardie ty den baie is al ontdek.

Naaman wou die genesing nie sonder geld ontvang nie. Hy gaan hierdie profeet oornag ‘n ryk man maak.

2 Konings 5:6  en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.

Die koning van Sirië het gedink dat die profeet deel van ‘n godsdienstige portefielje van die staat was en onder die gesag van koning Joas val.

2 Konings 5:7  Sodra die koning van Israel die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van ‘n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy ‘n geleentheid teen my soek.

Die koning het nie gedink dat ‘n mens deur God gebruik kan word om melaatsheid te genees nie.

Pleks dat arme koning Joram aan die Here of sy profeet dink, dink hy aan sy onvermoë

Hoe is die probleem opgelos?

2 Konings 5:8  Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ‘n profeet in Israel is.

Koning Joram sien ‘n katestrofe; Elisa ‘n geleentheid.

Terwyl die koning wanhopig was, het die profeet hoopvol boentoe gekyk.

Joram vrees maar Elisa verwelkom die bevelvoerder van die Siriese weermag.

Koning Joram het nie ‘n boodskap van hoop vir Naaman gehad nie, maar Elisa het vir Naaman genooi om na hom vir genesing te kom.

Elisa se groot passie was dat Naaman aan die liefde en genesende krag van die God van Israel blootgestel word; dat hy ‘n boodskap van hoop en troos vir sy landgenote kon bring  wat hulle in hierdie God kon kry.

Die liefdevolle en regverdige oopenbaring van die karakter van God gaan die laaste teken wees dat Hy op pad is om ons huistoe te neem.

2 Konings 5:9  So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van Elísa se huis stilgehou.

Wat was Naaman se verwagtings mbt Elisa en sy adres?

Soort van agting vir die hoof van Siriese weermag en sy genesingstegnieke.

2 Konings 5:10  Toe stuur Elísa ‘n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.

Die krag van die profeet is nie in sy voorkoms gesetel nie, maar in sy profetiese boodskappe.

As ons vooropgestelde idees het van hoe die Here in ons lewens moet optree, gaan ons teleurgesteld wees.

2 Konings 5:11  Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy

hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.

Naaman se verwagtings oor die genesingsproses was nie God se gedagtes nie.

Hy het regtig verwag dat God hom volgens sy idees sou genees.

2 Konings 5:12  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.

As hy van sy melaatsheid ontslae wou raak, was dit indie Jordaan en nie in die mooi riviere van Sirië nie.

Naaman my vriend: ongehoorsaam kan jou dood veroorsaak; gehoorsaam beteken lewe en genesing.

2 Konings 5:13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?

Ek hou van hierdie diensknegte. Hulle huise het soos die van Elisa gelyk en hulle was nederig.

Naaman was te trots om in die vuil water van die Jordaan te gaan was. Sy trotsheid moes plekmaak vir nederigheid. Hy moes die orwinnings oor sy koppigheid behaal.

Iewers in Damaskus bid ‘n toegewyde slawemeisietjie. Sy weet oom Naaman is bietjie ongeduldig.

”Hemelse Vader help die diensknekte om oom Naaman aan te moedig om te doen wat Elisa vir hom sê.”

2 Konings 5:13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?

Kan jy sien hoe hy in die vuil Jordaanrivierwater instap. Nadat hy dit ses keer gedoen het, sê hy vir sy diensknegte “Daar het nog niks gebeur nie.”

“Generaal net nog een keer!” 

Kan jy sien hoe Naaman die sewende keer opkom? Sy  vel lyk soos die van ‘n jongman.

Genesing sou nie plaasgevind het as hy nie gehoorsaam was nie.

Toe hy gedoen het wat die profeet gesê het, is hy van melaatsheid genees.

Samaria waar Elisa gewoon het.

Naaman moes die slawedogtertjie se woord aanvaar dat Elisa ‘n man van God was. As hy sou doen wat spreekbuis van die hemel sê, sou hy die seëninge ontvang waarvoor hy gekom het.

Die ruïnes van Samaria sê:

Wanneer God deur ‘n frofeet praat, is dit belangrik om ons eie idees met God se plan vervang.

Dis hoe ons kan sekermaak dat ons in Sy weë wandel en Sy ryke seëning kan ontvang.

  2 Konings 5:14  Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het rein geword.

2 Konings 5:15  Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog ‘n geskenk aan van u dienaar.

2 Konings 5:16  Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.

TUISKOMS

Kan jy jou die toneel voorstel toe melaatslose man by sy huis instap. Sy vrou bars in trane van blydskap uit.

En wat van die slawe mesie? Hy gryp haar in sy arms en sê vir haar dankie dankie dankie

Was this article helpful?

Related Articles