Ramot-Gilead

RAMOT-GILEAD Tell er-Rumeit

In my studies in die argeologie het ek by baie interresante plekke uitgekom.

Hierdie spesifieke een, Tell er-Rumeit is een van hulle.  In die Bybeltye het hy twee name gehad: Ramot-Gilead en Mispa.

So ‘n bietjie later gaan ek hierdie plek toelaat om so ietsie van homself te vertel. En ek vertrou dat die les wat hy vir ons gaan vertel, vir ons gaan moed gee in die hantering van een van die moeilikste dinge in elke mense se lewe.

JY HET GEWEN, JY KRY BUL SE STERT

Ek onthou nog toe ek in die huis was hoe my ouers woordewissellings gehad het. tot vandag toe onthou ek my ma se woorde aan my pa: “Nou goed dan Danie. Jy het gewen, jy kry boel se stert.” En dan was dit stil.

MY HUWELIK

Ek het besluit in my huwelik gaan dit anders wees. Ag siestog. Toe sy vir my sê ‘n mens gebruik nie ‘n gewone lepel as jy sop drink nie. Jy gebruik ‘n ronde lepel.

In ons armoedige huis was daar nie ronde lepels nie. En wat se verskil maak dit nou saak hoe die lepel lyk. Solank die sop net in jou maag beland.

Ek is baie later getroos toe ek gelees het dat die huwelik is skool is waar ons nooit gradueer nie.

DIE BEDIENING

Nadat ek my teologiese studies voltooi het, was ek reg vir die bediening. Saam met die klomp sielkunde wat ek ingekry het, en saam met teologiese kennis wat ek agter die blad gehad het kon ek nie wag om ‘n verskil te gaan maak het nie.

“Do not say a little in many words but a great deal in few.” — Pythagoras

The wife is a man’s future;
the son is a man’s refuge;
the daughter is a man’s salvation;
the daughter-in-law is a man’s devil.

Do not return evil to your adversary; maintain justice for your enemy, do good things, be kind all your days. What you say in haste you may regret later.

Skriftuur

Die naam Mizpa beten Ligtoring. Daar is natuurlik meer as een Mispa’s in die Bybel.

In hierdie aanbieding gaan ek vir die Mispa in Gilead vra om sy verhaal vir ons te vertel. Die ander naam vir Mispa is Ramot Gilead.

ONVERSOENLIKE MENSE

Na my beroep na hierdie spesifieke gemeente, het ek eers elke lidmaat op die boeke gaan besoek. En dis dan wanneer mense begin oopmaak en hulle storie en die ander mense se stories begin vertel.

Daar was twee gesinne wat vir my ‘n uitdaging was en ek het besluit hulle moet versoen.

Ek het myself met die volgende tekste bewapen en die probleem die onversoenlik probleem die hoof gebied.

Op ‘n dag was hulle vier en ek bymekaar. Onthou ek het sielkunde studeer en ek was ‘n berader by Famsa. En ek was ‘n gesoute predikant.

  

GROOT STORME EN MISVERSTANDE

Toe ek daar wegstap was ek so hartseer. Ek het gehoop die konflik en verwyte en onvergewensgesindheid sou daardie dag tot ‘n einde kom.

Dit het het nie. En deur die jare het ek dit teegekom en jy ook.

VRAAG

Hoe vaar jy op hierdie gebied van versoening? Sukkel jy? Is daar gevalle waar jy dit net nie kon regkry om met iemand klaar te kom nie?

PAULUS

Kom ons hoor by Paulus hoe hy op hierdie gebied gevaar het.

Handelinge 15:36  En ‘n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.

Hnd 15:37  En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.

Hnd 15:38  Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

Hnd 15:39  Daar het toe ‘n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.

Verbittering Paroksousmos – uitbarsting van woede.

Moes die gemeente van Antiogië hulle forseer het om hulle verskille opsy te sit?

Was dit ‘n goeie ding dat hierdie samewerkende vriendkskap op die rotse geloop het?

Het Paulus later reggemaak?

DIE TWEE SUSTERS

Fil 4:1  Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.

Fil 4:2  Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.

Fil 4:3  En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.

Fil 4:2  Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.

Fil 4:3  En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.

“Euodia,” beteken  “Voorspoedige reis.” Haar reis was voorspoedig tot sy en Sintiche gebots het.

Sintiche het net so ‘n interessante naam: “Aangename kennis” het nie te sleg met haar interaksie met mense gevaar nie. Maar toe sy Euodia ontmoet  “Voorspoedige reis”  was haar naam “Aangename Kennis” magteloos teenoor hierdie dame en sy ervaar toe “Onaagename Kennis.”

MISVERSTAND

Het jy ‘n kwessie teen mense? Julle is nie op dieselfde bladsy nie. Julle waardesisteem is so verskillende van mekaar.

In hierdie mense se geselskap is dit nie ‘n “Voorspoedige reis” nie (Euodia).

In hierdie mense is dit nie “Aangename kennis” nie.

Rom 12:17  vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

Rom 12:18  as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Ons moet alles in ons vermoë doe nom goeie verhoudings op te bou en die vrede te bewaar.

Maar kom tye wanneer iemand sy geestelike waardes ander mense kwaadmaak. Daarom maak Paulus hierdie toegewing “sover as dit van julle afhang.”

Arme Paulus se lewe het uit ‘n lang reeks konflikte bestaan het, het dit onmoontlik gemaak om altyd in vrede te lewe. In hierdie tyd waarin ons leef, gaan die Satan mense tot die hoogste piekke van woede aanhits.

Ons moet net seker maak dat ons nie die oorsaak is waarom vrede verwoes word nie

Rom 12:19  Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Rom 12:20  As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

Rom 12:21  Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

MISPA VERTEL SY VERHAAL

Hier op my grond het ‘n baie groot drame afgespeel. Twee mense se afsku van mekaar is hier tot ‘n spits gedryf.

Die een se naam was Jakob en die ander een se naam was Laban.

JAKOB

Kom ons kyk eers na Jakob se rekord van menseverhoudings. Toe hy hier aangekom het, het reeds 20 jaar in onmin met sy broer Esau geleef. Om die waarheid te sê hy wou Jakob doodmaak om hy sy eersgeboortereg deur bedrog bekom het. Sy arme pa het ook deur sy  skelmstreke deurgeloop.

Hy kon nie met hulle versoen nie, en hy moes vlug.

LABAN

Hy vlug na Haran waar hy verlief raak op Ragel. Hy het nie geld om die bruidskap te betaal nie. Hy reël met haar pa om vir sewe jaar vir haar te werk. Aan die einde van die tydperk verneuk sy skoonpa hom en toe hy weer sien is hy met die lelike suster met die snaakse oë getroud.

Hoe dink jy het die een skelm met die ander skelm oor die weg gekom. Met ‘n bittergevoel werk hy nog 7 jaar vir Ragel. En toe werk hy nog 6 jaar vir sy skelm skoonpa.

Ek lees vir jou wat Moses oor die gebeure van die 20ste jaar geskryf het:

Gén 31:1  Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons vader s’n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.

Gén 31:2  Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.

Ons kommunikeer meer deur lyftaal as deur woorde sê die slim mense. Wat moes Jakob doen?

Dis nou al 20 jaar wat hy en sy skoonpa bots. Hulle kon net nie klaarkom nie.

Gén 31:3  En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.

Hoe het sy twee vrouens oor die gedagte gevoel?

Hoe dink jy het sy skoonpa oor hierdie skelm daad gevoel?

‘n Maand later val skoonpa met sy helpers in die pad om vir Jakob ‘n les te leer.

DIE RUSIE

Ek gaan nie die hele rusie tussen Laban en Jakob met julle bespreek nie. Lees gerus was Moses hieroor geskryf het.

Dit was die een verwyt op die ander

Dink jy hierdie verhouding sou ooit kon herstel? Nee nooit.

Is jy miskien op plek waar hierdie twee mense was? Vir 20 jaar het die verhouding so versleg dat die nooit weer kon herstel het nie.

Ek sal nooit die oplossing vir hierdie situasie vergeet nie. Dit het van Laban gekom:

Gén 31:44  Kom dan nou, laat ons ‘n verbond sluit, ek en jy, dat dit ‘n getuie tussen my en jou kan wees.

Hierdie was nie ‘n verbond om die vriendskap te herstel nie. Dit was ‘n heel naderste verbond.

Dis die verbond wat ek en jy in respek met mense kan maak met wie ons nie kan klaarkom nie.

In Mesopotamië was dit die gewoonte vir twee party om die verbond op ‘n kleitablet te skryf. Dit was dan verseël en geteken.

Jakob was so verlig en toe ook nog die volgende gedoen:

Gén 31:45  Daarop het Jakob ‘n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

Ek het die blydskap in sy oë gesien toe hy en die opposisie met oprigting begin het.

Aan watter ander gedenksteen het hy gedink toe hy hierdie een opgerig het:

Gén 28:18  Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

Kan jy jou voorstel hoe opgewonde ek was toe hulle die gedenksteen hier op my grond begin oprig het?

Gén 31:46  En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ‘n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.

Hier is ‘n blydskap oor ‘n verbond om nie saam te bly nie, maar om in vrede uitmekaar te gaan.

Die verskille tussen Laban en Jakob kan in die genaming van die gedenksteen gesien word.

Gén 31:47  En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.

Moses was die eerste outeur wat ‘n Aramese woord gebruik het. later het argeoloë dit op ook die kleitablette van Ugarit ontdek.

Later is die hele gebied tussen die Jarmuk- en Jabbokriviere Gilead genoem.

Laban die skoonpa praat:

Gén 31:48  Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ‘n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,

Gén 31:49  en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.

Dis ‘n mooi manier om ‘n nimmereindigende konflik tot rus te bring.

Gén 31:50  As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.

én 31:51  Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het—

Gén 31:52  hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.

Hy sê eintlik vir Jakob: “Kyk meneertjie ek kon vandag jou nek omgedraai het maar ek het nie. Dis in hierdie mooi gees dat ons mekaar in die toekoms moet bejeën.

Gén 31:53  Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.

Gén 31:54  Toe het Jakob ‘n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.

Dis net Jakob was ‘n offer gebring het want daardeur is die verbond bekragtig. Asgevolg van Laban se heidense agtergrond was hy net ‘n waarnemer.

Hy het egter aan die seremoniele ete deelgeneem wat Jakob voorberei het.

Gén 31:55  En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.

Kom ek vertel jou iets interessants wat Laban 20 jaar van te vore gedoen het:

Gén 29:13  Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.

Ek kyk hoe Laban al sy kinders met ‘n soengroet vaarwel sê. ‘n verhouding wat met ‘n soen begin het, het sonder ‘n soen geëindig.

Dit mag wees dat jou verhouding met iemand met ‘n soen begin het maar nou soenloos geword het.

AFSKEID

Terwyl jy na my kaal verlate terrein kyk, wil ek hê jy moet die boodskap van Mispa, saam met jou neem.

Daar is ‘n tyd om te omhels en dan is daar ‘n tyd om ver te wees van omhelsing.

Doen wat Laban en Jakob gedoen het en probeer om in vrede uitmekaar te gaan.

GOLGOTA

Op Golgota is daar ‘n saadjie gesaai. Daardie saaitjie het intussen ‘n groot boom geword.

Ons gaan binnekort van daardie boom se blare eet en dan gaan daar iets baie moois gebeur:

Opn 22:1  En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

Opn 22:2  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Opn 22:3  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

Opn 22:4  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

En verlang na daardie dag wanneer ek ‘n volmaakte pynlose verhouding met elke mens gaan geniet.

En ek sê vir die Here baie dankie dat die Offer op Golgota hierdie mooi toekoms moontlik gemaak het.

Was this article helpful?

Related Articles