Uruk

URUK

My naam is Uruk.

Dit is hoe ek tans lyk.

Orals waar jy kyk, sien julle teels en klippe en sand.

As jy nie my geskiedenis ken nie, sal jou ‘n besoek aan my baie vervelig wees.

BYBEL

As jy die Christene se Bybel gelees het, sou jy agtergekom het dat my beroemde voorvader met die naam van Nimrod my naam vir my gegee het. Ek lees dit vir jou:

Genesis 10:10 Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.

Die Bybel noem my naam  Erek. Dit klink amper soos Uruk.

Terwyl jy na my eeue-oue ruïnes kyk vra ek jou ‘n vraag: waar dink jy het die modern naam Irak sy naam vandaan gekry?

Ons kyk hier na die ruin van die ou stad Babilon. Nadat Nimrod Babilon klaar gebou het, het hy met Erek begin.

Hierdie vervalle tempels vertel en ‘n baie beroemde Bybelskrywer wat na my naam verwys.

Kom ons lees dit:

Esra 4:9 Die skrywe was in die naam van die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en die res van hulle bondgenote, die regters, die goewerneurs, die amptenare uit Persië, Erek, Babel en Susan, dit is Elam,

 

Hoe het my mense in Samaria en Jerusalem beland?

 

Kom ons lees verder:

 

Veres 10 en die mense van die ander volke wat deur die groot en beroemde Asenappar weggevoer is en gevestig is in die stede van Samaria en in die res van Wes-Eufraat.

 

Hierdie klippe vertel van my rebelse inwoners wat nie vir Ashurbanipal ondersteun het nie. Asgevolg van hulle rebellie is hulle na Samaria gedeporteer waar hulle met die Samaritane ondertrou het.

 

Dis nie net Sargon II wat Babiloniërs na Samaria gaan vestig het nie, dit was ook volgens die Bybel Ashurbanipal. Wanneer kon dit gewees het?

 

Mens sien dit op reliewe teen rotse en op kleitablette. Die voorstelling van die verwoesting van Susan is baie wreed. Die mense van Susan, die Elamiete is ook na Samaria geneem.

Die strafmaatreël kon ook oor opstande gewees het soos in die geval van Sargon II en die inwoners van Kuta.

 

So die rebelle van Kuta en Erek het mekaar in Samaria raakgeloop.

 

DIE VLOEDVERHAAL

 

In antieke Sumeriese mites lees ons van ‘n held met die naam van Gilgamesj. Sy hoofstad was Uruk.

 

En hierdie feit het Uruk beroemd gemaak.

 

Dis ‘n verhaal van die vloed uit die oog van die Sumeriërs, veral die mense van Uruk.

Maar kom ons hoor wat is hier ruïnes se kommentaar:

 

Ons moet sê wanneer mens Moses se logies en geïnspireerd verhaal van die skepping in Genesis staan dit ver bo die van Gilgamesj uit.

 

Op ‘n dag het ‘n klompie besoekers van Suid-Afrika my kom besoek. Ek was so  bly want daar is bitter min toeriste wat hierdie by my besoek.

 

Dit was vir hulle ‘n groot aardigheid. Kom ons kyk waar hulle orals gestap en fotos geneem het.

 

Die dag voor die Suid-Afrikaners my kom besoek het, was ‘n span Duitse argeoloë hier wat sewe teëls ondek het.

 

Wat hulle baie opgewonde gemaak het, was die feit dat hierdie fonds oor Nabonidus geskryf het.

 

Dit was die eerste keer dat Nabonidus se naam hier by my gevind is.

 

Ek het natuurlik die heel tyd geweet dat sy naam op daardie teëls geskryf staan.

 

Die klompie Suid-Afrikaners is almal Bybelstudente. Hulle besoek aan my en ook aan ander antieke Sumeriese en Akkadiese stede was om dit wat die Bybel sê, deur middel argeologiese opgrawings te bevestig.

 

 

Ek het nogal trots gevoel toe hulle ‘n video oor my geskiedenis hier kom opneem het.

 

Ek het versigtig na die spreker geluister en so opgewonde gevoel toe hy my geskiedenis oorvertel het.

Kom ek noem ‘n van die dinge wat hy vertel het:

 

Die eerste wiel wat potterbakkersklei bewerk het, is hier gevind.

Die Christene se Bybel vergelyk God as die pottebakker en sy kinders as die klei.

 

Jer 18:1  Die woord van die Here het tot Jeremia gekom:

Jer 18:2  Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

Jer 18:3  Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak.

Jer 18:4  Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

Jer 18:5  Toe kom die woord van die Here tot my:

Jer 18:6  Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

 

Met Sy bekwame hande, as die klei hom toelaat, maak iets moois van hulle lewe.

 

Die spreker het ook na die eerste suksesvolle verbouing van koring verwys wat ook hier plaasgevind. Dit was baie nodig want destyds was daar ‘n toename in my bevolking.

 

Wanneer mens hier oor my aarde loop lyk dit maar woes.

 

Lank gelede is hier graan verbou.

 

Die Christene se Bybel verwys na sy inhoud as brood. Soos fisiese brood die mens aan die lewe hou, so hou die Woord van God Sy kinders aan die lewe.

 

Die heel eerste dokument wat van ‘n ekologiese ramp praat, is hier gevind. Dit was die gevolg van die vinnige aanwas van mense en oorbewyding.

 

En dan maak die aanbieder hierdie interessante opmerking:

 

Die eerste verdeling van tyd deur eenhede 60 is hier gevind. Kan jy aan voorbeelde dink.

 

Dis hierdie “eerste” wat my ‘n baie interessante plek maak om te besoek en om oor te lees.

 

Ons verlaat my gebied vir ‘n  oomblik om na iets aangrypends in die Irakese museum te gaan sien.

 

Kyk net hier. Dit word die Masker van Warka genlem. Hierdie is die heel eerste akkurate voorstelling van mens. 3100 jaar vC.

 

Dis nie ‘n gedrog van ‘n man met ‘n kierie wat op soek is na ‘n dier wat hy wil doodmaak nie.

Waar het hulle hierdie kennis opgedoen?

 

Noag en sy kinders het met al die kennis van die voorvloedse beskawing ‘n nuwe lewe begin en hulle wetenskaplike prestasies kan in hulle kunswerke gesien word.

 

Is daar nog “eerstes” wat in my, Uruk, gevind is?

 

Kyk net na hierdie fonds wat argeoloë hier in my opgegrawe het!

 

Nog ‘n eerste wat in Uruk opgelewer het – ‘n koning/priester uitbeelding.

 

Dit bevestig die verhaal van ‘n ander koning/priester waarvan ons in die Bybel lees.

 

Gén 14:18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

 

Wanneer mens tussen hierdie ruïnes stap, kan jy nie glo al hierdie skatte was vir duisende jare onder my sand begrawe nie.

 

MUSEUMS

Die man wat my verhaal vertel het, het ook die kameraspan na die museum in Bagdad geneem. Baie van my kosbare skatte wat die argeoloë en die rowers buitgemaak het, kan nou gesien word.

 

Kom ons hoor wat die man vir ons gaan vertel:

 

In die Irakiemuseum sien mens hierdie merkwaardige stuk kuns.

 

ENANNATEMPEL

 

Kyk net na die kunswerk van die Enannatempel wat hier uit my ruïnes opgegrawe is.

 

Dit was die vooraansig. Kom ons lees wat op die kennisgewing staan.

 

E-anna (Huis van die hemele) was ‘n antieke Sumeriese tempel in Uruk. Dit het as die “woning van Inanna” en Anu bekendgestaan.

 

Dit word herhaalde male in die Gilgamesj epos en ander kleitablette genoem.

 

As die duiwel nie daarin slaag om die mens met leuns te vang nie, dan gebruik hy asemrowende tempels om die sinne te betower.

 

PERGAMONMUSEUM – BERLYN

 

Die opgrawings wat in my gemaak word, word ook in ander museums soos die Pergamon in Berlyn en die Louvre in Parys uitgestel.

 

By die Eanna tempel sien mens voorstellings van manlike en vroulike gode. Dis wat mense gesien wat by die tempel kom aanbid het.

 

Male deity pouring a life-giving water from a vessel.

Facade of Inanna Temple at Uruk, Iraq. 15th century BC. The Pergamon Museum.

Female deity pouring a life-giving water from a vessel. Facade of Inanna Temple at Uruk, Iraq. 15th century BC. The Pergamon Museum.

Vals of waar? Wat het die Here vir die vrou by die Put van Jakob gesê?

Joh 4:12  U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?

Joh 4:13  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

Joh 4:14  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Joh 4:15  Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

VOEDSELBAKKIE

Nog iets wat die argeoloë diep onder my ruïnes ontdek het was ‘n standaardvoedselbakkie.

Kan jy sien hoe ons met hierdie bakkies vir almal dieselfde hoeveelheid voedsel kon uitdeel?

Mat 26:26  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

 

Pragtige simboliek. Soos brood ons honger stil, so wil Jesus ook die verhongerder hart met Sy geestelike Brood stil.

 

 

ONTWIKKELLING VAN TAAL

 

Iets wat hy genoem het waarop ek baie trots was, was die feit dat skryfkuns vir die heel eerste keer hier op my grond ontwikkel is.

 

Dit was aan die begin maar baie primitief soos mens op daardie eerste kleitablette sien.

 

Dis ‘n proses wat baie stadig begin het. Nadat die navloedse mense verstandelike gedegenereer het, moes hulle ‘n metode vind om inligting te bewaar.

 

Hier iewers in Uruk het so ‘n proses begin. Gelukkig is daar bortjies wat jou help om dit te onthou.

 

KOSBARE WOORDE

 

Daar is ‘n paar baie besondere Sumeriese woorde wat ‘n baie diep indruk op my gemaak het:

 

Ki ag = om lief te hê.

 

Muna kibi ki. Die tempel moet in sy regte staat herstel word.

 

Kish kiri gub mag sikil. Daar is ‘n paradys wat geplant is en wat luisterryk is. In daardie paradys is daar vrede, liefde, geluk, sekuriteit.

 

Hierdie uitdrukkings is vir my kosbaar want dit word ook in ons Bybel gevind.

 

Openbaring 21:1-6

 

Opn 21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Opn 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Opn 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Opn 21:4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Opn 21:5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

Opn 21:6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

Opn 21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

 

 

Ek vertrou dat die geskiedenis van die Bybelse Erek, antieke Uruk en die modern Warka, jou ‘n aptyd gegee het om weer ‘n keer die Bybelverhaal te lees.

 

Die skeppingsverhaal is die beste en veiligste verduideliking hoe alles ontstaan het. Lees dit en ervaar die inspirasie wat net die Bybel vir sy lesers kan gee.

 

Waarom was daar ‘n wêreldwye vloed? Watter les het Jesus vir ons gegee om daaruit te leer?

 

Die hartseer verhaal van antieke Uruk het uiteindelik op ruïnes uitgeloop. En ongelukkig gaan die geskiedenis van ons planeet dieself pad loop.

 

Maar anders as Uruk wat in ruïnes ge-eindig het, gaan die toekoms van volgelinge van Jesus op ‘n ewige lewe uitloop. Nooit weer gaan stede puinhope word nie.

 

Die Bybel vertel van ‘n land van geluk wat progressief gaan toeneem.

 

Kom ons maak gereed om deel te wees van ‘n ruimtereis na daardie traanlose, siektelose en doodlose land van ewige lewe.

 

Was this article helpful?

Related Articles