Ur Van Die Chaldeërs

UR VAN DIE CHALDEëRS PRAAT MET ONS

My naam is Ur, die antieke wêreldstad van baie jare gelede. Jy kyk nou na die grootste ziggoerat op die planeet.

Hoe lyk ek vir jou? Nie baie goed nie.

Kom ons stap so ‘n bietjie hier rond en dan kyk ons hoe my ziggoerat van Urnamu van 4000 jaar gelede tans lyk.

Daar is meer as een stel trappies na bo. Hoeveel rye trappies sien jy. Waarom dink jy is dit die geval.

Wanneer jy na die ziggoerat van Aqar Quf kyk, sien jy net een ry trappies na bo. Miskien kan jy jou eie aflyding maak. Trappies klim om ons god daarbo te gaan dien, het vir ons verlossing gebring.

UR TRAPPIES

Argeoloë wat na mywelstand omsien het  versperring op die drie rye trappies geplaas. Besoekers wat my onlangs kom besoek het, wou baie graag hier opklim om te gaan kyk hoe dit bo-op my tempel.

Een van hulle was voorheen hier by my en dit was sy voorreg om my trappies tot heelbo te klim.

Met sy vorige besoek kon hy ook die plek besoek waar my koninklike grafte was. Vir veiligheid en vir die bewaring is dit gedoen.

WAAROM HIER BY MY BESOEK? MY BELANGRIKHEID?

Daar is een persoon met wie al drie monoteïstiese godsdienste vereer. Kan jy raai wie hy is?

Abram!

Ek onthou nog die geboorte van sy pa Tera.

Moses het die volgende oor hom geskryf:

Gén 11:26  Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

Gén 11:27  En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

Gén 11:28  En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

Dit was ‘n droewige dag toe Tera se seun Haran gesterf het. Dit was baie toumaties vir Abram wat die begrafnis bygewoon het.

Dink jy dit het hom ernstiger oor geestelike dinge laat dink?

Gén 11:29  En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

Gén 11:30  En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

Gén 11:31  En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

Gén 11:32  En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.

Kom ons luister na nog ‘n bron waar ek en Abram genoem word:

Hnd 7:2  En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het,

Hnd 7:3  en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.

Hnd 7:4  Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.

Die woonbuurt waar die welgestelde mense gewoon het, bestaan nie meer nie. Maar die klippe wat jy hier sien eggo nog steeds woorde van Abram se God: “Trek uit jou land.”

MY STATUS TOE ABRAM HIER GEWOON HET

Ek was destyds die grootste stad in die wêreld met ‘n bevolking van 65,000. ‘n Baie groot gebied is deur my beheer

NANNA

Om terug te kom na die trappies. Heel bo op my ziggoerat was die hoofgod van my koninkryk. Sy naam was Nanna, die maangod van Ur. Nanna is sy Sumeriese naam, in Babilon noem hulle Nanna Su’en, dis sy Akkadiese naam.

Redding het in die klim van die trappies gelê. Jy moes opklim na bo om Nanna se guns te kon verdien. Dis ‘n bietjie anders as die Christen se geloof van redding.

Met Jakob se droom van die leer wat van die hemel na die aarde laat afsak is, is die boodsakp van redding radikaal anders.

Die God van die Christene het na hulle hulpelose toestand afgekom en hulle kom optel. Die sondaar kan homself nie geestelike optel nie, maar die God van die hemel en die aarde kan dit vir hom doen.

Dit leer ook dat redding nie iets is wat binne in jou gebeur nie, maar wat binne in God se verlossende hart gebeur.

HARAN

Kom vir ‘n oomblik saam met my na Haran. Die maankulltus van Nanna is ook op hierdie beöefen.

Wanneer mens die nuwe argeologiese museum in Sanliurfa besoek, sien mens die stelas van Nabonidus. As jy mooi kyk sien jy die sekelmaan, simbool van maanaanbidding.

Maanaanbidding was nie net by my en by Haran gewild nie, dit het ook na Israel oorgespoel.

MAANKULTUS IN ISRAEL

2Kn 23:5  Josia het die afgodspriesters afgesit wat deur die konings van Juda aangestel is en wat offers gebring het op die hoogtes, in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem. Hy het ook ‘n einde gemaak aan dié wat geoffer het vir Baäl en vir die son en die maan en die diereriem en al die ander hemelliggame.

Deu 4:19  Wanneer julle na die hemelruim opkyk, die son, die maan en die sterre, enige hemelliggaam, moet julle nie julle hoop op hulle vestig nie. Moet julle nie laat verlei om hulle te vereer en te dien nie. Die Here julle God het hulle toegeken aan al die volke op die aarde.

Maanhangertjie by Megiddo ontdek.

HARAN

As jy Haran in die tyd van Nebukadnesar sou besoek, sal jy merk dat Nanna die oorheersende god was. Enheduanna het net sy naam na Su’en (Sin) verander.

Die tempel by Haran is E-hul-hul genoem “die huis van vreugde.”

Wanneer mens die kleitablette lees, staan jy verstom oor hoeveel Akkadiese nasies die Sumeriese maankultus onder die naam van Su’en in hulle pateon van gode ingebring het.

ANTIEKE EN MODERNE EKUMENISME

Lank voor die huidige ekumeniese pogings sy kop uitgesteek het, het dit hier in een van my tempels ontstaan.

Maar voordat ons daar kom, moet ons net eers ‚n defenisie van die woord kry.

GRIEKS

Die Griekse woord oikumene beteken die bewoonde wêreld. Daar is tans ‘n poging om al die godsdienste van die wêreld onder een sambreel te kry.

Dis iets wat al vir jare aangaan en groot vordering is gemaak. Volgens die Bybel van die Christenen gaan al die godsdienste van die wêreld hulle handtekening op hierdie handves plaas.

Maar die laaste boek van die Christene se Bybel sê dat daar kerk gaan wees, wat dit nie gaan teken nie.

Opn 18:1  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Opn 18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Opn 18:3  omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

Opn 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Opn 18:5  Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

Die tekse verwys nie na  fisiese Babilon nie, maar eerder na die godsdiens van Babilon.

Kan jy nog onthou wat hulle geleer? Jy moet trappies klim om gered te word.

Dit was net Abram wat destyds nie aan die ekumeniese beweging deelgeneem nie. Terwyl mense die trappies van my ziggoerat geklim het, het hy ‘n lam op ‘n altaar geoffer.

Dit het beteken dat God iewers in die toekoms in die gedaante van ‘n mens na die aarde toe sal kom en vir die sondes van die mensdom kom sterf.

Dit mens hoef nie trappies te klim om sy guns te verdien nie.

Iemand het die volgende oor Abram geskryf:

Rom 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

Rom 4:22  Deurdat Abraham geglo het, het God hom dus vrygespreek.

ENHEDUANNA EN DIE EKUMENIESE BEWEGING.

Kom ek vertel jou  van die grootste voorstaander van die ekumeniese beweging wat destyds hier by my Ziggoerat begin het.

Hier tussen my ruïnes was die vername heiligdom  E-gish-shir-gal. “Huis van lig.”

Haar pa, die beroemde koning Sargon van Akkad het sy invloedryke prieteres hier na my getuur.  Haar naam was Enheduanna.

Enheduanna – `En’ (Hoofpriesteres); `hedu’ (ornament); `Ana’ (van  die hemel).

MAW sy is ‘n ornament van die hemel.

Sy was ook die eerste vrou in die geskiedenis wat gedig het en haar gedigte word nog steeds globaal gelees.

Sy skryf ‘n gedig aan Innanna die dogter van Nanna, die maangod Ur. Sy was ook die tweeling suster van Utu die songod.

“Laat dit bekend wees dat jy so verhewe as die hemele is

Laat dit bekend wees dat jy so omvattend as die aarde is.”

Sy wat ‘n Akkadiër is, besing ‘n Sumeriese godin. Hoe dink julle het dit die Sumeriërs se ego gestreel?

Sy kry dit reggekry om my god Nanna aan die Akkadiërs te bemark en hom die naam Su’en gegee. Sy bemark ook Inanna aan die Akkadiërs en noem haar Isjtar.

GEWILDHEID

Mense hou daarvan om aan ‘n kerk te behoort waar belangrike mense aanbid. Dis een van die redes waarom maanaanbidding so gewild was. Hierdie beroemde priesteres was ‘n maanaanbidder.

Kom ek lees wat die Bybel oor  Abram se pa Tera en sy seuns geskryf.

Hulle was deel van al die ander aanbidders wat die trappies by Ur geklim het om die Nanna en sy dogter Innanna te aanbid.

Jos 24:2  Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders – onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor – anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien.

Hoe tragies. Hulle stap met trappies op om Nanna te gaan aanbid terwyl Abram ‘n altaar bou en ‘n lam daarop offer.

Hulle word weggevoer met die pragtige sang saam van die duisende wat sing:

“Laat dit bekend wees dat jy so verhewe as die hemele is

Laat dit bekend wees dat jy so omvattend as die aarde is.”

ENHEDUANNA BRING TWEE GODSDIENSTE BYMEKAAR

Behalwe haar langer geskrifte het sy ook 42 korter gedigte geskryf. Die temas wissel persoonlike frustrasie en hoop en godsdiens asook die gevolge van oorlog.

Haar briljante politieke strategie om die twee beskawings bymekaar te bring, word dikwels uit die oog verloor.

Haar literêre werke was so indrukwekkend dat mense die groot rede uit die oog verloor waarom sy in die eerste plek na my gestuur is. Dit was om die verskillende godsdienste en tradisies te verenig.

Die geleerde Gwendolyn Leick skryf: “Sy het ‘n geweldige indruk op die skrywer van haar dag gemaak. Haar werk was oorgeskryf en vir eeue na haar dood gelees.”

Through Enheduanna’s brilliance in crafting a pantheon of gods all of Mesopotamia could believe in, she helped lay the spiritual foundations for the first stable multi-cultural, multi-lingual, empire in the world; and through the works she left behind she influenced and inspired centuries of writers and poets in their creation of the literature which has touched millions of lives and helped to shape whole civilizations for thousands of years.

The skill and beauty of these works aside, their impact on Mesopotamian theology was profound. Enheduanna drew the gods closer to the people of the land, synthesizing Sumerian and Akkadian beliefs, to create a richer understanding than either had before.

Enheduanna’s reflections on the moon god Nanna, for example, made him a deeper and more sympathetic character and she elevated Inanna from a local vegetative deity to the all-powerful Queen of Heaven. These two deities, and the others she transformed through her work, appeared more compassionate than before; gods for all of the people and not only Sumerians or Akkadians.

Nog ‘n navorser spreek ‘n soortlyke gedagte uit:

It is clear, however, that Sargon placed enormous trust in Enheduanna in elevating her to the position of high priestess of the most important temple in Sumer (in the city of Ur) and leaving to her the responsibility for melding the Sumerian gods with the Akkadian ones to create the stability his empire needed to thrive.’

Baie interressant. ‘n Ekumeniese stabiliteit sal  na voorspoed lei.

One of Enheduanna’s responsibilities in the region of Sumer would have been to keep the populace in check through religion.

Interessant. Die massas moet deur godsdiens beheer word.

Her hymns re-defined the gods for the people of the Akkadian Empire under Sargon’s rule and helped provide the underlying religious homogeniety sought by the king.

Opn 18:1  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Opn 18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Opn 18:3  omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

Opn 18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Wat hier by my in die suide van Irak gebeur het, gaan binnekort op ‘n globale skaal gebeur.

En soos Abram geweier het om deel van die ekumene te word, so moet ons ook weier en doen wat God van ons verlang.

Heb 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

Heb 11:9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

Heb 11:10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.

Met die sterk winde wat af en toe in die Midde-Oose skielik opkom, het sy tente seker meer as een keer omgewaai.

En nou verlang hy na ‘n stad, die hemelse Jerusalem waar God die argitek en bouer is.

Die roete wat mense destyds van Babilonië na die Beloofde Land geloop het, het oor Baälbek gegaan. En dis miskien hier waar Abraham na die reuse fondasies gekyk het en toe die Godstad se kleurvolle fondasies verlang het.

Fondasies simboliseer sekuriteit en ewigheid.

Heb 11:39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,

Heb 11:40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.

Dankie dat jy na my verhaal geluister het. Net ‘n laaste woordjie. Abraham wat voor my gebore is en later uit my weggetrek het, rus nou in die slaap van die dood.

Dis ook wat met ons gaan gebeur. Maar hier is ‘n belofte dat die Here eendag Sy kinders gaan kom opwek. Op daardie dag gaan Abraham saam met al die regverdiges opgewek word. Mag jy ook daardie dag opgewek word.

Inanna’s temples and attendant rituals were administered by clergy of both sexes and her devotees were noted for their habit of cross-dressing, blending, blurring, or eliminating the distinction between male and female in pursuit of transcendence through Inanna.

Dis skokkend. Wat ons vandag sien, het lank gelede by Ur gebeur.

Ek, die stad van Ur kan spog met die bakermat van oudste ekumeniese beweging in die geskiedenis.

Voor haar koms was ons verdeel. Die noorde, was Akkadiese. Ek hier in die suide was Sumeries. Ons het ons gode aanbid en die noorde hulle gode aanbid.

Sy het dit reggekry dat ons almal mekaar se gode respekteer en aanbid.

DIE POUS

Die groot voorstaander van die ekumeniese beweging, die pous, wou Ur kom besoek het waar die idee gebore is.

Political reality intervened. Prolonged negotiations with the government of President Saddam Hussein broke down before Christmas, and the pope was forced to renounce the visit to Iraq.

Today he did what he could to recreate the spiritual aura. Political reality intervened. Prolonged negotiations with the government of President Saddam Hussein broke down before Christmas, and the pope was forced to renounce the visit to Iraq.

EKUMENISME

Beide Enheduanna en Nabonidus het in hulle ekumeniese pogings geslaag.

URUK LESING

Nadītu served as priestesses in the temples of Inanna in the ancient city of Uruk. They were recruited from the highest families in the land and were supposed to remain childless; they owned property and transacted business.

NABONIDUS

Net voor ek van nog ‘n  geval van antieke ekumene praat, wil ek net die een of ander iets oor ‘n Babiloniese koning vertel.

Hy was die pa van Belsassar wat in die tydperk van die profeet Daniël in Babilon geregeer het. Daar was net een belangrike god in die Panteon van Babiloniese gode en dit was Bel Marduk.

Mens kan amper sê dat Nebukadnesar ‘n heidense monoteïs was soos wat hy Marduk opgehewe het. Hy het die mooiste gebede aan hom opgedra.

Die moderne geleerdes het die naam Belsasar as mitologies beskou en die Boek Daniël wat hy geskryf het as onbetroubaar beskou.

Hulle kon nêrens die naam Belsasar kry nie.

En dis net hier waar ek, Ur weer beroemdheid verwerf het. Argeoloë het ‘n kleisilinder in my ruïnes ontdek waar ‘n sekere Babiloniese koning met die naam van Nabonidus na die naam van sy seun Belsasar verwys wat in Babilon regeer het.

Wat Nabonidus gedoen het, is byna onverklaarbaar. Na die dood van Nebukadnesar vervang hy die aanbidding van die Babiloniese god Bel Marduk en maak Nanna, die Sumeriese god die hoofgod in die panteon gode wat hy aanbid.

Op ‘n kleitablet noem Nabonidus die feit dat hulle hom opdrag gegee het om sy dogter as hoëpriester aan te stel en haar naam na En-nigaldi-Nanna te verander.

‘n Akkadïer word ‘n aanbidder van ‘n Simeriese god Nanna.

Maar dan wys Innanna haar ander kant as jy nie met haar saamstem nie.

Let it be known that you destroy the rebel lands!

Let it be known that you roar at the foreign lands!

Let it be known that you crush heads!

Let it be known that you devour corpses like a dog!

Let it be known that your gaze is terrible! (lines 123-129)

Was this article helpful?

Related Articles