1. Home
  2. Algemeen
  3. SABBATVIERING IN DIE MIDDE OOSTE

SABBATVIERING IN DIE MIDDE OOSTE

Dit is ‘n baie groot voorreg om aan ‘n wêreldkerk te kan behoort. Oor die jare was dit my voorreg om ons kerk in baie lande te kon besoek.

My dogter Lauretta wat die toere bestuur het, het gereël dat waar ons ookal op ‘n Sabbat is, ons daar gaan aanbid.

Een van hierdie kerk was in Bagdad. Nie-Adventiste is uitgenooi om saam met ons te kom aanbid, en dis verbasend hoeveel van hulle die uitnodiging aanvaar het. ‘n Joernalis van SABC was die een Sabbat saam met ons in die kerk en het dit baie geniet.

Op ons terugreis na Jordanië is ons by die grenspos opgehou. Die ure het te stadig verbygegaan. Sowat ‘n uur voor sononder het ons saamgekom om die heilige dag van die Here te begroet. Die joernalis van SABC was so beïndruk met die wyse waarop ons dit gedoen het, dan sy met ‘n baie interessant versoek na my gekom het.

Wat sou ons daarvan dink as sy dokumentêr van ‘n Sabbatsopening sou kom maak. Ek was baie skepties maar sy nie. En toe gebeur dit dat bekwame kameraspan met hulle toerusting een Vrydagmiddag by ons pastorie opgedaag het.

Iemand het die kar gewas nadat hy die tenk vol petrol gemaak het. Die dames is afgeneem terwyl hulle die kos die middag voorberei het. ‘n Dankgebed vir die pragtige teologiese boodskap is gedoen. Hy is die Skepper en terselfdertyd die herskepper.

Terwyl ons ons plantgebaseerde Sabbatkos geëet het, het ons oor die Here se goedheid gedurende die week met mekaar gedeel.

Hierdie dokumentêr oor Sabbatsvreugde is etlike kere op SABC herhaal.

MELEK ATMACHA

Die vriendelike hooggekwaliseerde gids het ons by die Ataturklughawe verwelkom. Dit was Vrydagoggend en sy wou weet of daar enige voorrkeure met betrekking tot Saterdagreisplan was. Ons antwoord was “Kerk in die oggend.” In die middag moes dit net ‘n rustige vaart op die Bosforos geniet.

Omdat ons nie soos Jode gelyk het nie, het sy gewonder wat se mense gaan op ‘n Saterdag kerk toe.

Die predikant was nie daardie Sabbat op diens nie, en ek het die Sabbatskoolles en die preek gedoen.

Die tolk het bietjie gesukker en vra ek hierdie gids om my lesstudie van Engels na Turks te vertaal. Vir die eerste keer lees sy uit die Bybel. Tydens die erediens het ek oor die verlossingsplan gepreek. Sy het dit gehoor en gewerbaliseer en iets het in hierdie Moslem se hart gebeur.

Om ‘n baie lang storie kort te maak: Melek is gedoop, op Helderberg Kollege teologie kom studeer en haar MA graad op Andrews voltooi. Ek het haar getuienis in Juliemaand van 2022 in Efese opgeneem en dis vrylik beskikbaar. Sy was die heer eerste Turkse vroulike bekeerling in die Adventiste geskiedenis.

Hierdie is maar net ‘n stukkie van my geestelike ervarings waar ek op ‘n Sabbat oorseese gemeente besoek het.

Was this article helpful?

Related Articles