1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Die Boodskap Van Die Wederkoms In Die Boek Openbaring

Die Boodskap Van Die Wederkoms In Die Boek Openbaring

Skriftuur:  Openbaring 22:17,20

Eers was hy ‘n verskriklike wilde jongman. Maar nou is hy die dierbaarste ou man op aarde

Vroeër het hulle hom Boanerges genoem – seun van die Donder. As hy vandag geleef het sou hy heel moontlik by die insleepdiens betrokke gewees het. Het jy al gesien hoe jaag hierdie ouens? Het jy al gehoor hoe klink hulle wanneer hulle kwaad is?

Maar sy naam het verander na die “Geliefde”. Hy skreeu nie meer op mense nie.  Hy is nie meer onverdraagsaam nie. Hy het na die Verpersoonliking van Liefde gekyk, en liefdevol geword.

Hy skryf die volgende aangaande die Man wat sy lewe verander het:

“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”  Johannes 1:14

DIE PATMOS ONDERVINDING

Kom staan saam met my op die kaai van een van die pragtigste Griekse eilande. Ons kyk hoe ‘n Romeinse boot by die dokke vasmeer.

Die soldate skreeu op Johannes. “Kom oubaas. Jy moet hier afklim. As die pot kokende olie nie jou verrimpelde ou liggaam kon vernietig nie, dan sal die eensaamheid van hierdie eiland dit doen.”

In my verbeelding kan ek sien hoe Johannes die geliefde apostel die bemanning op die skip vir hulle bystand bedank.  Versigtig stap hy met sy kierie oor die plank wat die skip met die kaai verbind.

Die nuwe veiligheidspersoneel neem hom na sy tronk op die eiland.

Miskien het die hoofbewaarder vir die eilandbewaarders die
volgende gesê:
“Luister kêrels. Julle hoef nie bang te wees dat hierdie oubaas gaan ontsnap nie. Hy kan skaars die trappies na sy tronksel uitkom. Wees hom genadig en sorg dat hy ‘n mate van vryheid geniet.”

Wanneer mens die eiland besoek kan jy na ‘n baie besondere grot gaan waar Johannes volgens oorlewering gewoon het, en waar hy die boek Openbaring geskryf het.

JOHANNES PRAAT

Kom ons vra die bejaarde apostel Johannes om vir ons meer aangaande sy ondervinding op Patmos te vertel.

Openbaring 1:9 “Ek, Johannes, is julle medegelowige, en deur ons verbondenheid met Jesus het ek saam met julle deel aan die verdrukking en aan die koninkryk en aan die volharding. Ek was op die eiland Patmos, waarheen ek verban was omdat ek die woord van God en die getuienis van Jesus verkondig het.”

Dink jy Johannes het die versoeking gehad om verbitter oor sy verbanning te raak? Ek meen, hier is iemand wat sy lewe aan die saak van die Here gewy het en is dit die soort beloning wat hy vir ‘n lewe van toewyding kry?

Miskien was die duiwel daar om ‘n paar negatiewe gedagtes in sy ore te fluister:

“Johannes. Jy weet, jy is eintlik weggesmyt. Dit lyk vir my of jou Meester van jou vergeet het en dat jy hier in eensaamheid gaan kripeer. Johannes. Dis maar sleg om so ver van ‘n mens se dierbares te wees. En weet jy wat Johannes.  Nie een van jou sogenaamde geloofsgenote het tot dusver moeite gedoen om vir jou ‘n briefie te skryf nie. Stem jy saam?”

DIE STEM VAN DIE VYAND

Het jy al die stem van die vyand gehoor wanneer dinge in die kerk met jou skeef loop?

Dis hoe hy klink: “Hierdie kerkmense het jou darem swak behandel. Jy het jou bes probeer maar hulle het jou motiewe  en jou woorde heeltemaal verdraai. Hulle is ‘n spul onbekeerde, ongevoelige, skynheiliges.”

NA PATMOS VERBAN

Was jy al soos Johannes van ouds na ‘n Patmos van isolasie verban? Johannes se vyande het hom eers in warm olie probeer verbrand. En toe dit nie help nie, het hulle hom na Patmos verban.

Eers het mense die lewe vir jou warm gemaak. Hulle het jou gebraai. Maar toe dit jou nie vernietig nie, het hulle jou begin ignoreer. Dis baie moeilik wanneer jy na die eensame isolasie van ‘n Patmos verban word.

Sit jy vanoggend met emosies van ongelukkigheid in jou hart?

HANTERING VAN NEGATIEWE EMOSIES

As jy ‘n rekenaar was, kon iemand net die “delete” knoppie gedruk het, en al jou ongelukkigheid was oombliklik weg.

Maar die “delete” knoppie van jou emosies werk nie so nie. Jy kan hom druk en druk, maar niks gebeur nie.

Daar is net een ding wat ons met negatiewe emosies kan doen, en dit is om hulle in die eerste plek erkenning te gee.

In Engels gebruik hulle die woord DENIAL. Moet dit nie ontken nie.

Die begin van die oplossing van ons probleem, lê in die erkenning daarvan. Dis op die Patmos van isolasie en verwerping ontdek dat ons ontdek hoe verskriklik swak ons  eintlik is en hoe ontsettend nodig ons die Here het.

2 KORINTHIERS 18:8-10 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

As ek en jy nie op die Patmos onregverdige behandeling en isolasie swak word nie, sal ons nooit die optelkrag van die Here kan beleef nie.
DIE LESSE VAN DIE VERLEDE

Terwyl ek op die strand van Patmos staan en na die geluid van die branders geluister wat ritmies voor my voete breek, dink ek aan Johannes. As daar ‘n mens was wat die Ou Testament uit sy kop geken het, was dit hy. Sy hele boek Openbaring is aanmekaar gesit met met bybeltekse uit die Ou Testament.

Terwyl hy oor die blou see kyk, doem die geskiedenis van Josef voor hom op. Omdat hierdie jongman vir waarheid gestaan het, is hy ook na ‘n Patmos verban.

Ten spyte van Josef se onregverdige isolasie in die tronk, het hy dit reggekry om van bitterheid ontslae raak.

En die dag toe dit gebeur het, is hy as heerser oor Egipte aangestel. En Johannes bid en sê: “Here. Neem al die negatiewe emosies en “waaroms” uit my weg. En as u hierdie ou man nog kan gebruik, gebruik my dan asseblief.”

Met sy oë wat nie meer so goed is nie, tuur Johannes oor die skurwe randjies van Patmos. Die lewe van Dawid, doem voor hom op.

Eers het koning Saul vir Dawid in ‘n pot kokende olie van afguns probeer vernietig. Toe dit nie gehelp het nie, het hy hom vervolg. Dawid is ook na ‘n Patmos van verwerping en isolasie verban.

Tydens Dawid se Patmos ondervinding toe hy geen huisbesoek of SMS’s van die Leviete gekry het nie, dat hy die mooiste psalms geskryf het.

Psalm 18:17 Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig.

Miskien het die ou apostel ‘n traan afgevee. Die geskiedenis van die bybel helde ontroer ‘n mens.

“Ag Here, gee dat ek ook op my Patmos ‘n gedig tot ere van U Naam mag dig.”

Min het Johannes geweet dat die mooiste van alle prosa en die mooiste van alle profesiee uit sy pen sy vloei.

PATMOS IS DIE BESTE IETS WAT MET ONS KAN GEBEUR

Die beste iets wat nog ooit met Johannes kon gebeur het, was sy verbanning na Patmos. Uit hierdie verbanning is die pragtige boek van Openbaring gebore.

God verhoed nie dat mense Sy kinders afbreek en verban nie. Hy gebruik hulle planne tot voordeel van Sy werk wanneer ons Hom in hierdie moeilike tye vertrou.

Die Here soek na jou en my wat na Patmos verban is. Hy wil hê ons moet weet dat die pyn wat ons tans verduur, uiteindelik op een of ander heerlike openbaring sal uitloop.

Dis ‘n baie groot belewenis om op hierdie eiland rond te stap en aan die verhaal van Johannes te dink. Die oggend toe ek daar wakker geword het, het ek en my dogter ‘n ver ent gaan stap. Ek het gewonder of hy ook op die plekke geloop het waar ek geloop het.

Hy het nie toegelaat dat teleurstellinn en isolasie hom van Sabbatviering weerhou het nie. As hy dit sou gedoen het, sou hy nie die aangrypende visioene van die eindtyd gesien het nie.

MOENIE EEN SABBAT MISLOOP NIE

Kom ons lees wat met Johannes op daardie besondere sabbat gebeur het.

Openbaring 1:10 “Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my, so hard soos die geluid van ‘n trompet, ‘n stem hoor sê:

Hy hoor ‘n stem agter hom. Dis ‘n harde stem, maar dis ‘n pragtige stem want die stem klink soos ‘n trompet, soos ‘n basuin wat blaas.

Kom ons lees Johannes se beskrywing van Jesus:

Vers 13-16  Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra. Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa… Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn.”
Toe Johannes Hom laas gesien het, het Hy as nederige Leermeester op die stofpaaie van Palestina geloop. Johannes onthou nog die dag toe Jesus aan die kruis gehang het. Sy hele liggaam was een stuk rou wond.

Maar hier skitter Sy Meester in goddelike heerlikheid. Hoe dink jy, gaan Johannes op hierdie glansvertoning van Jesus reageer?

Vers 17 “Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is…”

Kom ons lees hoe Jesus vir Johannes op sy voete gehelp het en om die krag gegee het om die visioen te kan verduur.

Verse 17,18  “Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gese:  ‘Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.

Is jy bang? Bang dat sterk versoekings jou gaan oorweldig?  Bang dat jy verbitterd mag raak? Bang oor baie ander dinge?

Wat die Here een Sabbat vir Johannes gedoen het, wil Hy vanoggend ook vir jou en my doen.

Openbaring 1:17 “Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gese:’Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die laaste, die Lewende.”

DIE SIMBOLIEK VAN DIE BOODSKAP VAN DIE REGTERHAND

Miskien moet ons net vlugtig na die gebruik van die woord “regterhand” kyk. Wat word met hierdie uitdrukking bedoel.  Kom ons vra die Ou Testament om ons in te lig:

Jesaja 41:10 “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Kyk mooi na hierdie teks. Wat wil die “regterhand” van God vir ons doen? Ondersteun en red. Hoekom? Ons kan dit nie vir onsself doen nie.

ONDERSTEUNING EN REDDING

Ek sien nou die dag ‘n vrou wat met ‘n klein seuntjie aan haar regterhand vinnig oor die straat loop. Sy ou beentjies kon skaars bybly. En toe daar ‘n kar aankom, het sy vinniger begin loop en die outjie die laaste endjie deur die lug, veilig op die sypaadjie geswaai.

Ek en jy is soos daardie klein mannetjie met swak beentjies wat oor die gevaarlike pad van die lewe moet loop. Daar kom karre van die dood aan en ons gaan dit nie maak nie.

Ons het die sterk regterhand van Jesus nodig om ons VINNIG oor te help. Laat Hom toe om jou hand te vat en vertrou Hom met jou verlossing.

LIEFLIKHEDE

Psalm 16:11 “U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in U regterhand, vir ewig.”

Wat is daar in die Here se regterhand? Lieflikhede. Die Nuwe vertaling stel dit soos volg: “Uit u hand kom net wat mooi is.”

Die eerste keer toe ek aan my vrou se hand wou vat, het sy
teruggetrek. Sy was verskriklik dom. Sy het nie geweet wat sy mis nie. Daar was meer liefde in my regterhand as wat sy kon hanteer het. Daar was lewenslange getrouheid.

Sy kan bly wees ek het weer probeer want dit het vir haar die heerlikste gevoel gegee. Sy sê dis nou nog lekker wanneer ek met my regterhand aan haar hand aan haar hand vat.

Ek het vir u goeie nuus. Die hemelse Bruidegom is vanoggend hier om u hand met Sy regterhand te vat. In Sy hand is daar net lieflikhede. Laat Hom toe om u hand te vat.

MAAK GROOT

Psalm 18:36 “Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.”

Ons kyk hier na ‘n voorbeeld van Hebreeuse paralellisme.  Wat sou is ‘n ander naam vir regterhand? Neerbuigende goedheid. En vir “ondersteun”?  Groot maak.

Dis pragtig. Daar is so baie misverstande en teleurstelling wat ons verpletter. Daar is so baie skuldgevoelens wat ons met die grond gelyk maak.

“Level met die gravel” soos die jongmense se. As jy vanoggend level met die gravel is, het ek goeie nuus vir jou. Die Here se regterhand is vol neerbuigende goedheid wat jou weer kan groot maak.

Besef jy hoe ver Hy moes neerbuig om om te kom red, ons te kom groot maak?

Hy buig miljoene ligjare af tot in die diepste donkerte van sonde. En met Sy kragtige reddende regterhand tel Hy my op. Dis in hierdie gedagte dat ek my grootheid ervaar.

VOL GEREGTIGHEID

In sy soeke na God se geregtigheid het Martin Luther die trappies van Santa Scala in rome op sy kniee bestyg. Terwyl  hy die trappies so halfpad uitgeklim het, het hy ‘n stem gehoor wat Habakuk 2:4 kwoteer. “…Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe..”

Psalm 48:11 “Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe;U regterhand is vol geregtigheid.”

e-pos Navrae na questions@amazingdiscoveries.co.za

Was this article helpful?

Related Articles