1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Openbaring
  4. Openbaring Hoofstuk 1 tot 22
  5. Openbaring Deel 40 – Hoofstuk 20, Satan Verslaan (Deel 2)

Openbaring Deel 40 – Hoofstuk 20, Satan Verslaan (Deel 2)

OPENBARING 20 – SATAN VERSLAAN DEEL 2
Kom ons lees weer waar ons verlede keer opgehou het:
Openbaring 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
Vers 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
Vers 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
Elke aspek van waarheid en valsheid in die uitgerekte groot stryd, is nou duidelik. Die gevolge van rebellie, die vrugte van ongehoorsaamheid aan die wet van God, is aan al die geskape intelligente wesens geopenbaar.
God se wysheid, geregtigheid en goedheid is ten volle geregverdig. Deur Sy optrede tydens die groot stryd kan gesien word dat dit ten voordeel van Sy mense en al die wêrelde was wat Hy geskep het.
Psalm 145:10 Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
Die geskiedenis van sonde sal deur die ewigheid ‘n getuienis wees dat die geluk van al die geskape wesens onlosmakend van die van God is
Met die openbaarmaking van al die feite van die groot stryd verklaar die heelal, getoues en rebelle, met een stem:
Openbaring 15:3 “Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
Die groot offer wat die Vader en die Seun ten bate van die mens gemaak is, is baie duidelik oorgedra. Die oomblik het aangebreek dat Christus se regmatige posisie moet beklee soos Paulus dit stel:
Efesiërs 1:21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
En dan lees ons in Hebreërs 12:2 Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
Onbegryplik groot was smart en skande, maar groter die vreugde en glorie oor die gereddenes. Hy kyk na die verlosdes, vernuwe in Sy eie beeld, elke hart dra die beeld van die goddelike, elke gesig weerkaats die beeld van hulle Koning.
Hy sien in hulle die resultaat van die wroeging van sy siel, en hy is tevrede. En dan, in ‘n stem wat deur menigtes regverdiges en goddeloses gehoor kan word, verklaar Hy:
“kyk na hulle wat ek met my bloed gekoop het! Dis vir hulle wat ek gely en gesterf het sodat hulle vir ewig in my teenwoordigheid woon.” Die volgende loflied van hulle wat in wit geklee is, word vanaf die troon gehoor:
Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. Openbaring 15:12

Ten spyte van die feit dat die Satan gedwing is om die geregtigheid van God te erken en hom voor die oppergesag van Christus neer te buig, bly sy karakter onveranderd. Die gees van rebellie, soos ‘n magtige vloed, breek weer ‘n los.
Hy is woedend en besluit om nie uit die groot stryd te ontrek nie. Die tyd het vir ‘n laaste wanhopige stryd teen die Koning van hemel het aangebreek .
Wat gaan hy doen?
Hy storm tussen sy onderdane in en probeer hulle met sy woede aan te vuur om dadelike te begin oorlog voer. Maar onder die ontelbare miljoene wat hy tot rebellie verlei het, is daar nou nie een wat sy oppergesag erken nie. Sy is mag weg.
Die goddelose is met dieselfde haat teen God gevul as die Satan; maar hulle sien dat hulle saak hopeloos is en dat hulle nie teen die Here kan veg nie.
Hulle woede is nou teen die Satan en sy werktuie van bedrog gemik. Met die woede van duiwels val hulle hulle aan.

Esegiël 28:6,7 daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god, daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
Vers 8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal
Verse 16,17 Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings dat hulle op jou kan neersien.
Vers 18,19 Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het… jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.
Jesaja 34:2 Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.
Psalm 11:16 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ‘n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
Vuur daal neer van God uit die hemel. Die aarde word oopgebreek. Die wapens wat n sy dieptes weggesteek is, word geopenbaar. Verterende vlamme skiet by elke skeur uit. Selfs die rotse is aan die brand.
Maleagi 4:1 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
2 Petrus 3:10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
Die aarde se oppervlakte lyk soos ‘n gesmelte massa – ‘n ontsettende groot kokende poel van vuur. Dit is die dag van oordeel en vernietiging van die godelose.

Die profeet vertel ons waarom: Jesaja 34:8 Want die HERE hou ‘n dag van wraak, ‘n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
Spreuke 11:31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

Die godelose ontvang hulle vergelding op die aarde. Maleagi 4:1 Hulle sal ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare.

Sommige word in ‘n oomblik vernietig, terwyl ander baie dae ly. Almal word volgens hulle dade gestraf

Die sondes van die regverdiges word op die Satan oorgeplaas. Hy ondergaan nie net die straf vir sy eie rebellie nie, maar ook vir al die sondes wat hy God se kinders laat pleeg het.
Sy straf sal baie erger wees as wat diegene ontvang wat hy verlei het. Nadat almal vernietig is wat weens sy bedrog verbrand is, sal sy straf nog steeds voortduur.
In die reinigende vlamme word die goddelose eindelik verdelg, wortel en tak – die Satan die wortel en sy volgelinge die take. Die volle straf van die wet word uitgevoer; daar word aan die vereistes van geregtigheid voldoen en die hemel en die aarde waar hulle dit aanskou, getuig van die geregtigheid van die Here.
Die Satan se werk van verwoesting is vir ewig beëindig. Sesduisend jaar lank het hy sy wil uitgevoer, die aarde met ellende gevul en die ganse heelal in droefheid gedompel. Die hele skepping het gesug en tesame in barendsnood verkeer.
Nou word Gods kinders vir altyd van sy teenwoordigheid verlos. Jesaja 14:7 Die hele aarde rus, is stil; hulle (die regverdiges) breek uit in jubel.
‘n Kreet van oorwinning en dank styg van die ganse lojale heelal op.
Openbaring 19:6 En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.

Terwyl die aarde met vlamme van verwoesting omhul is, is die heiliges veilig binne in die heilige stad. Oor hulle wat in die eerste opstanding opgestaan het, het die tweede dood geen mag nie.

Waar God vir die goddelose soos ‘n verterende vuur is, is Hy vir Sy volk beide ‘n son en ‘n skild (Openbaring 20:6; Psalm 84:11)

Die vuur wat die goddelose vernietig, reinig die aarde. Elke spoor van cie vloek word uitgewis. Daar sal nie ‘n ewigbrandende hel wees om die verlostes gedurig aan die vreeslike gevolge van sonde te herinner nie.
Daar is net een herinnering aan die sonde: ons Verlosser sal altyd die tekens van Sy kruisiging dra. Op Sy hoof, aan Sy sy en aan Sy hande en voete is die tekens van die wrede werk van die sonde. Waar die profeet Christus in Sy heerlikheid aanskou, sê hy:

Habakuk 3:4 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.

Die deursteekte sy waaruit die rooi stroom gevloei het wat die mens met God versoen het – daar vind ons die Heiland se heerlikheid “daar is die omhulsel van sy krag.” Habakuk 3:4. Omdat Hy magtig is om deur die offer van verlossing te red, kan Hy ook mense oordeel wat Sy genade verag.
Die tekens van Sy vernedering is die tekens van Sy hoogste eer. Deur die ewigheid sal die wonde van Golgota Sy lof en mag verkondig.
Miga 4:8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.

Die aarde wat in die begin aan die mens gegee is, wat hy in die hande van die Satan oorgegee het en wat so lank deur die magtige vyand beset is, is deur die groot verlossingsplan herwin. Alles wat ons verloor het, gaan herstel word.
Jesaja 45:18 Want so sê die HERE,…— wat die aarde geformeer en dit gemaak het — Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word — Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.
Waar die aarde nou die ewige tuiste van die verlostes is, word Gods oorspronklike doel met die skepping vervul. Psalm 37:29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.” 1 Korintiërs 2:9.

Taal kan nie regtig die belonging van die regverdiges beskryf nie.

In die Bybel word die erfdeel van die verlostes “‘n vaderland genoem.” Hebreërs 11:14-16. Daar sal die hemelse Herder Sy kudde na fonteine van lewende waters lei. Die boom van die lewe gee elke maand sy vrugte en die blare van die boom is virf die genesing van die nasies.
Daar is strome wat nooit opdroog nie, so helder as Kristal en langs hulle groei bome wat hulle skaduwees op die paaie werk wat vir die verlostes vfan deie Here berei is.
Die wyd uitgestrekte vlaktes word deur pragtige heuwels omring en die berge van God verhef hulle statige kruine. Op daardie vreedsame vlakte, langs daardie lewende strome, vind Gods volk wat so lank pelgrims en swerwelinge was, ‘n tuiste.
Jesaja 32:18 En my volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.

Jesaja 60:18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.

Jesaja 65:21,22 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie;…my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.

Daar sal “Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ‘n narsing”. Jesaja 35:1
Jesaja 55:13 Vir ‘n doringboom sal ‘n sipres opgaan; vir ‘n distel sal ‘n mirteboom opgaan;

Jesaja 11:6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie,…‘n klein seuntjie sal hulle aanja.

Vers 9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.

In die atmosfeer van die hemel kan daar geen pyn wees nie. Daar sal nie meer trane wees nie; ook geen begrafnisse of tekens van rou nie.

Jesaja 33:24 En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.

Jesaja 62:3 En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God.

Openbaring 21:11 dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.

Vers 24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

Jesaja 65:19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

In die Godstad sal daar geen nag wees nie. Niemand sal behoefte aan slaap hê nie. Daar sal geen vermoeienis in die uitvoering van God se wil wees nie of die lof wat ons vir Sy Naam bring nie.
Ons sal voortdurend die varsheid van die oggend voel.
Die volk van God is bevoorregd om van aangesig tot aangesig met die Vader en die Seun te verkeer.

1 Korintiërs 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Daar sal die verlostes ken, net soos hulle geken is. Die vermoë om die liefde en medelyde te gee waarmee God ons geskep het, sal daar sal volle potensiaal blom.
Die heilige omgang met hemelse wesens, engele en die getroues van alle eeue sal tot die geluk van die verlostes bydra.

Efesiërs van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang

Die studie gaan oor die nimmereindigende vreugde van die wonders van God se skeppingsmag en die geheimenis van verlossingsliefde.
Grootse ondernemings gaan aangepak word, die heerlikste aspirasies gaan bereik word.
Verre horisonne gaan ons wink om nog meer nuwe hoogtes, wonders en waarheid te om ontdek. Nuwe studies gaan gaan ons breinkrag uitdaag.
Die skatte van die heelal wag om ontdek te word. Met onsterflike liggame besoek ons die verste planete in die heelal – hulle wat in rou gedompel is oor ons ellende maar wat in vreugdesang uitgebreek toe hulle van ons bekering hoor.
Met onbeskryflike vreugde deel ons in die geluk en wysheid van ongevalle wesens. Hulle deel met ons die kennis wat hulle deur eeue van bepeinsing van God se skeppingswerk opgedoen het.
Met onbellemmerde visie staar ons na die glorie van die skepping – sonne en galaksies wentel ordelik om die troon van God.
Orals, van die geringste tot die grootste, is die Naam, die karakter, die rykdom en die mag van God geskryf.
Openbaring 5:13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
Dis my grootste begeerte om deur die ewigheid net meer en meer aangaande die God van liefde se karakter te gaan leer. Ek nooi jou om dit saam met my te gaan doen.
Oplenbaring 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Openbaring 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Openbaring 22:5 En hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig.

Die lig van die son sal deur ‘n glans vervang word wat, alhoedwel dit nie verblindend is nie, nogtans die helderheid van die middagson sal oortref. Die heerlikheid van God en die Lam verlig die heilige stad met ‘n lig wat nooit verdof nie. Die verlostes sal in die sonlose heerlikheid van ewige daglik wandel.

Openbaring 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

Was this article helpful?

Related Articles