Openbaring Deel 42 – Hoofstuk 21 (Deel 2)

OPENBARING 21 – DEEL 2
Openbaring 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Kan jy nog onthou watter lyfaksies daar is wannneer jy iemand se trane afdroog?
Besef jy dat Jesus aan ons gaan vat as Hy dit doen. En ‘n mens vat nie sommer aan iemand as jy hom of haar nie liefhet nie.
Jesus gaan elke stukkie hartseer afvee. Waar ons in hierdie lewe deur ‘n rivier van trane geloop het, gaan ons in hemel deur ‘n see van vreugde stap.
Een van die mooiste dinge wat weer herstel sal word, is die “aangesig tot aangesig” met die Here.
Luister na hierdie pragtige boodskap uit die Ou Testament:
Miga 4:6,7 In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.
Miga 4:8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.
Openbaring 21:5,6 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Was jy al baie dors? Dit was my voorreg om ‘n paar woestyne al te kon besoek. As jy hier sou verdwaal en jou water is klaar, dan is dit ook klaar met jou.
En ‘n mens wat van dors wil sterf, het net een behoefte – water, water, water.
En ons wat oor die warm sand van hierdie woestynaarde stap, dors na God se verkwikkende waters wat met rus gepard gaan.
Wanneer die Here alles gaan nuut maak, sal die diepste dors van die mens bevredig word.
Jesaja 41:17,18 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ‘n waterplas maak en die dor land waterbronne.
Die wyn wat Babilon die mens aanbied, les nie jou dors nie, dit maak jou dronk.
Net die water van bevrediging wat die Here jou aanbied, les jou ergste, diepste dors.
As jy nog nie van Sy water gedrink het, probeer dit gerus.
Jesaja 55:1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Jesaja 55:2,3 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
“There the redeemed shall know, even as also they are known. The loves and sympathies which God Himself has planted in the soul shall there find truest and sweetest exercise. The pure communion with holy beings, the harmonious social life with the blessed angels and with the faithful ones of all ages who have washed their robes and made them white in the blood of the Lamb, the sacred ties that bind together ‘the whole family in heaven and earth’ (Ephesians 3:15)–these help to constitute the happiness of the redeemed.
There, immortal minds will contemplate with never-failing delight the wonders of creative power, the mysteries of redeeming love. There will be no cruel, deceiving foe to tempt to forgetfulness of God. Every faculty will be developed, every capacity increased. The acquirement of knowledge will not weary the mind or exhaust the energies.

“There the grandest enterprises may be carried forward, the loftiest aspirations reached, the highest ambitions realized; and still there will arise new heights to surmount, new wonders to admire, new truths to comprehend, fresh objects to call forth the powers of mind and soul and body.
“All the treasures of the universe will be open to the study of God’s redeemed. Unfettered by mortality, they wing their tireless flight to worlds afar–worlds that thrilled with sorrow at the spectacle of human woe and rang with songs of gladness at the tidings of a ransomed soul. With unutterable delight the children of earth enter into the joy and the wisdom of unfallen beings. They share the treasures of knowledge and understanding gained through ages upon ages in contemplation of God’s handiwork. With undimmed vision they gaze upon the glory of creation–suns and stars and systems, all in their appointed order circling the throne of Deity. Upon all things, from the least to the greatest, the Creator’s name is written, and in all are the riches of His power displayed. {GC 677.3}
Openbaring 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Daar is nie mooier metafore om God se toekomstige geluk en sekuriteit vir die mens te beskryf nie.
Hoe lyk die alternatief?
Vers 8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Wie is die vreesagtiges?

Grieks deiloi, “lafhartiges,” “vreesagtiges.” Die woord word altyd in verband met lafhartigheid on ongevraagde en onnodige skroomheid gebruik.

Matteus 8:26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Asgevolg van lafhartigheid, morele papbroekerigheid, sneuwel baie op die slagveld van die Christelike stryd. Hulle sak uit in tye van teespoed.
Mag die Here jou en my help om nie bang te wees om voluit vir die Here te lewe nie.
Ongelowiges Dis mense wat ‘n gebrek aan geloof het wat hulle weerhou om getrou te bly. Dis mense op wie jy nie kan staatmaak nie omdat hulle God nie vertrou nie.

Hoedanig is my geloof in die Here? Vertrou ek Hom om my te help om sonde in my lewe te oorwin?

Gruwelikes. Grieks bdelussō, “besoedeldes,” “to turn away in disgust from,” “afskuwelikes,” hou verband met die werkwoord bdeō, “om te stink.” Die selfstandige naamwoord bdelugma kom in Luke en op ander plekke in Openbaring voor.

Lukas 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.
Het ek dinge in my lewe wat ek hoog ag maar wat ‘n gruwel voor die Here is?
Ek is so dankbaar vir hierdie waarskuwings want ek wil tog nie verlore gaan nie.
Openbaring 17:4,5 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Kleef ek aan sommige van die valse leerstellings van Rome? Dit kan my uit die hemel hou.
Vers 27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Kom ons vra die Heilige Gees om alles wat in ons lewens verkeerd vir ons te wys en ons die krag te gee om dit bely en te los.

Moordenaars. Hulle sluit die vervolgers en moordenaars van God se kinders deur al die eeue in.

Is ek besig om iemand in hart te verwens? Is ek ‘n godsdienstige onverdraagsame mens?

Hoereerdes. Grieks pornoi, “ontugtige”. Kom ons lees daarvan:
1 Korintiërs 5:9,10 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie — dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—
Ek weet nie van ‘n sonde wat soveel pyn in die wêreld veroorsaak het nie as hierdie sonde nie.
Mag die Here ons van hierdie sonde bewaar – veral in ons gedagtes
Towenaars Grieks pharmakoi, “mense wat towerkuns beoefen” die wortel verwys na toorkuns, betowering en die gebruik van dwelms wat ‘n bedwelmde toestand veroorsaak. Dis ‘n moderne ewebeeld van antieke towerkuns en spiritisme

Afgodedienaars ‘n Verwysing na heidene asook mense wat heidense gebruike beoefen

Leuenaars. Dit sluit mense in van valse leerstellings verkondig.

Openbaring 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Elkeen van ons het ‘n keuse. Die kuese is of the ewige geluk in die hiernamaals, of die ewige dood in vergetelheid.
Openbaring 21:9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
Dis baie interessant. Die engel wat vir Johannes die bose dade van Babilon gewys het, wys nou vir hom die Nuwe Jerusalem.
Openbaring 21:10,11 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Wat dink jy is die heerlikheid van God?

Dit verwys na God se blywende teenwoordigheid met Sy kinders. Daardie heerlikheid sal nooit van die Nuwe Jerusalem onttrek word nie.

Vers 12 En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Wat was die funksie van mure in antieke stede?
Maar dit was nie net ‘n beskermingsmortief nie, dit was ‘n prag wat geen pen kan beskryf nie.
Verse 13-16 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
Openbaring 21:14-20 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet. En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is. En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.
Ons sal moet wag om te sien hoe onbeskryflik mooi hierdie stad gaan wees.
Openbaring 21:21,22 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
Hoekom gaan daar nie ‘n tempel wees nie?
Verse 23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Rev 21:24-27 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie; en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
“Sin is a hateful thing. It marred the moral beauty of a large number of the angels. It entered our world, and well-nigh obliterated the moral image of God in man. But in his great love God provided a way whereby man might regain the position from which he fell in yielding to the tempter. Christ came to stand at the head of humanity, to work out in our behalf a perfect character. Those who receive him are born again. ‘As many as received him, to them gave he power to become the sons of God.’” {RH, November 24, 1904 par. 1}
”The great controversy is ended. Sin and sinners are no more. The entire universe is clean. One pulse of harmony and gladness beats through the vast creation. From Him who created all, flow life and light and gladness, throughout the realms of illimitable space. From the minutest atom to the greatest world, all things, animate and inanimate, in their unshadowed beauty and perfect joy, declare that God is love.” {GC 678.3}

Was this article helpful?

Related Articles