1. Home
  2. Algemeen
  3. Die Derde Engel Se Boodskap

Die Derde Engel Se Boodskap

DIE DERDE ENGEL SE BOODSKAP

Openbaring 14:6  En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en an alle nasies en stamme en tale en volke. 

14:7  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 

14:8  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. 

14:9  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, 

14:10  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. 

14:11  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. 

14:12  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. 

14:13  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle. 

Die Derde Engel se Boodskap in Waarheid—Verskeie het aan my geskryf en gevra of die boodskap van regverdiging deur geloof die derde engel se boodskap is, en ek het geantwoord, “Dit is die derde engel se boodskap in waarheid.” —The Review and Herald, April 1, 1890.

BOU OP DIE VORIGE INLIGTING

Daar is ‘n interessante verskynsel in die Bybel. Die waarheid wat ons lees, is gebou op ‘n vorige waarheid.

Byvoorbeeld Daniel 7 is ‘n verduideliking van Daniel 2. Die voete van yster en klei word net genoem, maar nie verduidelik nie.

Waarvoor staan die klei? Godsdiens. Dit sê nie of dit goeie of slegte godsdiens is nie. Hoofstuk 7 gee al feite oor wie hierdie godsdiens is, dis boos.

Die karaktereienskappe van die klein horinkie bots met karaktereienskappe van die karakter van God.

INHOUD VAN DIE DRIE ENGELE BOODSKAP

Openbaring 14:6  En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Waar het Johannes van ‘n globale verkondiging van die evangelie gehoor?

Handelinge 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Die goeie nuus is ewig. ‘n Mens word gered soos wat Adam en Eva gered word. Jou vyeblaarklere moet met die geregtigheid van Iemand anders vervang word. Ek kan nie my verganglike vodde met die kleed van Jesus se volmaakte skitterende geregtigheid vervang nie.

Ek kom met my gevallenheid, my verlede, my niks en ek ontvang die rykdom van Sy geregtigheid.

DIE OORDEEL

Openbaring 14:7  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 

God se oordeel is ‘n stuk ongelooflike goeie nuus.

Ek die skurk word gedagvaar om voor die Regter te verskyn. Ek is geestelike brandarm en ek kan nie ‘n prokureur of advokaat bekostig nie. En nou kom staan die Regter langs my en hy neem my plek in.

En Hy oordeel my volgens Sy geregtigheid. Maar wat van die doodsvonnis wat op my voltrek is?

Op Golgota het Hy met Sy lewe daarvoor betaal.

PAWILJOEN

Die verkondigers van die Drie engele boodskap nooi die ganse mensdom uit om op ‘n internasionale geestelike pawiljoen te kom sit. Dis ‘n oorlog wat in die lente van die jaar 31 NC. op die spits gedryf is.

Dit was ‘n onregverdig konflik. Die een kant het al die koerupte invloedryke geestelikes aan hulle kant gehad. Maar dis nie al. Die magtige Romeinse Ryk se vegsmanne was ook in hierdie konflik. Die ander vegters in hierdie span was die gepeupel van Jerusalem. Met oorverdowende geraas skreeu hulle onverpoosd die militêre slagspreuk:

“Kruisig Hom x 3.”

Maar die magtigste vegters in hierdie span was onsigbaar. Satan, die groot rebel het ook met sy derduisende bose engele aan hierdie oorlog deelgeneem.

DIE ANDER WEERMAG NET UIT EEN MAN BESTAAN

Voor Hy aan die finale geveg gaan deelneem het, het die Sanhedrin hom 26 katshoue oor Sy bors geslaan. Pilatus het hom tweemaal 40 houe minus 1 geslaan.

PLEK VAN DIE SLAGVELD

Die vledslag het net oorkant die Damuskuspoort op ‘n koppie afgespeel sodat soveel moontlik mense die konflik kon waarneem. Die soldaat wat teen die oormag vyande sou gaan veg is so papgeslaan, so vermind, hy kon  nie by die gevegsterein uitkom nie.

Iemand is opgekommondeer om hom op te help.

Jesus die soldaat word saam my twee ander skurke op kruise vasgeslaan.

Die geestelikes daag Hom uit om as wenner uit die stryd te tree.

“As jy die kamstig  die magtigste Opponent in hierdie wedstryd is, kyk of jy van die kruis kan afkom. Man. Jy gaan vandag die Verloorder wees.

“Voor sondonder gooi ons jou lyk in die Hinnomvallei waar die wurm nie vrek en waar die vuur nie geblus word nie. Ons sien jou weer meneertjie wanneer ons ‘n paar gevrekte diere en twee krimineles daar langs jou gaan smyt.”

VERGIFNIS

Jesus se sterwende oë kyk na sy oormag vyande – maar tot die verbasing van die vyande sien hulle ‘n uitdrukking van omgee en liefde soos hulle nooit voorheen gesien het nie. Die kommentators wat later oor Sy tragiese skande dood geskryf het, het genoem dat daar nie ‘n greintjie haat of weerwraak by Hom waargeneem is nie.

Inteendeel mense wat na afloop van die slagveld huistoe is, het gesê daar het soveel liefde uit Sy oë getraal, dat Sy vyande ongemaklik gevoel het. Hoe kan jy probeer om met jou liefde teen die haat van jou vyande te veg.

Toe Hy aan die kruis vasgenael is, het hulle verwag dat Hy hulle uitmekaar sou vloek. Maar Hy roep uit: “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.’’

DUISTERNIS

Dit was baie ongemaklik vir sy vyande toe dit skielik pitgietswart donker word. ‘n Klomp van hulle het die wapens teen hom neergelê en strompellend hulle pad huistoe probeer kry.

STERWE

Dis baie duidelik dat Jesus die geveg teen Sy vyande gaan verloor. Net na die misterieuse sonsverduistering, en net voor Hy die asem uitgeblaas het, het Hy ‘n baie hartseer kreet geuiter.

Markus 15:34  En die negende uur het Jesus met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

JUIG

Sy vyande op die pawiljoen juig, fluit en klap hande. Dis nie net ons  wat Hom verwerp nie. Hy is so ‘n verleentheid dat God die Vader Hom ook verwerp het.

Die pawiljon is leeg. Mense stap huistoe om die Sabbat te gaan vier.

Die laaste woorde van die Verloorde ‘’Dit is voldoen.” Dis afgehandel. Wat was afgehandel. Die feit dat Hy in hierdie oorlog verloor het? Of…hulle wonder.

GEBEURE TYDENS SY GEVEG OM TE OORLEEF

Sommige verslaggewers het die volgende insidente nuus gepubliseer.

Tydens die kruisiging was een van die rowers so beïndruk met die manier waarop Jesus Homself in hierdie donker uur gedra het, dat hy Hom gevra het om eendag saam met Hom in die hemel mag wees.

Die verslaggewer het net genoem dat hierdie krimineel nie ‘n goeie rekort gehad het nie. Hulle kan nie mooi verstaan dat Jesus hom van al Sy skuld vrystel en sy ewige saligheid gewaarborg het nie.

Die ander geval wat opslae in die Romeinse weermag gemaak het, was die van die geharde kaptein, ‘n laksman van dosyne terregstellings.

Toe Jesus se kop leweloos op Sy bebloede bors val, en Hy ‘n ligte roggel gee, het die soldaat uit volle bors uitgeroep:  ‘’Waarlik Hy was die Seun van God.’’

Die ander berig was oor Simon van Cerene. Toe hy Jesus se kruis teen die bult uitgedra het, het Hy  oogkontak met Hom gehad. Toe hulle bo-op Golgota gekom het, en Simon die kruis voor Hom neergesit het, het Jesus Hom bedank. Iets het in hierdie swartman se hart gebeur.

Na hierdie ondervinding het Simon ‘n ander kruis opgeneem, die kruis van Jesus, die boodskap van verlossing.

NOG ‘N ANDER VERSLAGGEWER JOHANNES RAPORTEER: HOOGGEPLAASDES BEGRAWE JESUS

Johannes 19:38  Hierna het Josef van Arimatea, wat ‘n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem. 

19:39  Nikodemus, wat ‘n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en ‘n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring. 

19:40  Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê. 

VYF IN TOTAAL

Twee mense het tydens Jesus se lyding op Golgota by Sy weermag aangesluit. Drie ander, die soldaat, Nicodemus en Josef van Arimatea het na Sy dood by Hom aangesluit.

WIE WAS DIE WENNER IN HIERDIE KOSMIESE KRAGMETING?

Satan, die kaptein van die span het homself sadisties geniet toe Jesus aan die kruis gesterf het. Hy het sy top veiligheidsmanne gekry om by Jesus se graf, die wag te hou. Daar was hordes van hulle.

Maar dit was nie net Satan en Sy engele wat wou verhoed dat Jesus uit die graf verrys nie. Daar was ook die magtige Romeinse wag.

Een van Jesus se volgelinge wat vroeër ‘n tollenaar was, het ‘n ruk later vir ons die volgende inligting beskikbaar gestel.

Matteus 27:62  Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom 

27:63  en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ 

27:64  Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” 

27:65  Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle ‘n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” 

27:66  Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.

SLAPELOSE NAG

Alhoewel Jesus se vyande op hulle oorwinning baie trots was, het hulle sleg geslaap. Die grootste gebeurtenis het nie net op Golgota plaasgevind nie, maar deur die hele tydperk van Jesus se lewe op aarde. Hy het  geloop en goed aan mense gedoen.

Het hulle werklik die oorwinning oor Jesus behaal?

DIE AARDBEWING SKOK

Vroeg daardie Sondagoggend tref ‘n aardbewing met baie grade op die rigtersaal Jerusalem. Gelkktydig is daar is ‘n verblindende lig.  Mense hardloop na buite en die volgende gebeurtenis plaas hulle in ‘n nog groter skok.

Orals kom daar dooies uit die oopgerukte grafte wat vir eeue daar gelê het. Hier gebeur iets groots iets dramaties, iets skrikwekkends.

Die top Romeinse veiligsheids magte wat die graf moes bewaak, vlug vir al wat hulle wêrd is, die stad binne. Hulle skreeu dit so hard as wat hulle kan. ‘’Jesus het opgestaan x 2”

Iemand wat hierdie toneel in visioen gesien het, skryf die volgende:

Toe Jesus in die graf gelê is, het Satan geseëvier. Hy het dit gewaag om te hoop dat die Verlosser nie weer Sy lewe sou opneem nie. Hy het die Here se liggaam opgeëis en sy wag oor die graf gesit en probeer om Christus ‘n gevangene te hou.

Hy was bitter kwaad toe sy engele gevlug het met die koms van die hemelse boodskapper. Toe hy Christus in triomf uit die graf sien voortkom, het hy geweet dat sy koninkryk ‘n einde sou hê en dat hy uiteindelik moes sterf.

Met die dood van Jesus het Hy nie verloor. Hy het namens ons ‘n wennerverlosser geword.

Soos ‘n hond met sy stert tussen sy bene het Satan saam met sy verslane engele baie vinnig padgegee. Het het skandelik teen Jesus verloor.

Christus het verheerlik uit die graf verskyn, en die Romeinse wagte het Hom gesien. Hulle oë was gevestig op die gesig van Hom wat hulle so ‘n klein rukkie tevore beskimp en bespot het.

In hierdie verheerlikte Wese het hulle die gevangene aanskou wat hulle in die gereg- saal gesien het, die een vir wie hulle die doringkroon gevleg het. Dit is Hy wat gedwee voor Pilatus gestaan het, Sy liggaam stuk- kend gesny soos Hy gestriem is.

Dit is Hy wat aan die kruis genael is, en oor wie die priesters en owerstes, vol selftevredenheid, hulle hoofde geskud en gesê het, “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie.” Matteus 27: 42.

Dit is Hy wat in Josef se nuwe graf gelê is. Die dekreet van die hemel het die gevangene vrygestel. Al sou berge op berge op Sy graf gestapel gewees het, sou hulle Hom nie kon belet het om uit te kom nie.

By die aanskouing van die engele en die verheerlikte Heiland, het die Romeinse wagte teen die grond geval en soos dooies geword. Toe hulle die hemelse stoet nie langer kon sien nie, het hulle opgestaan, en so gou as wat hulle bene hulle kon dra, na die poort van die tuin gehardloop.

Waggelende soos dronk manne het hulle na die stad gehaas, en aan almal wat hulle teëgekom het, die wonderbaarlike nuus vertel. Hulle was op weg na Pilatus, maar hulle berig is na die Joodse gesaghebbendes geneem, en die owerpriesters en die owerstes het hulle laat roep om eers voor hulle te verskyn.

Daardie soldate het ‘n baie vreemde voorkoms gehad. Bewende van vrees, en bleek, het hulle getuig van die opstanding van Christus. Die soldate het alles vertel, net soos hulle dit gesien het; hulle het nie tyd gehad om iets te versin nie, maar het net die waarheid gepraat. Met beswaarde tonge het hulle gesê, Dit was die Seun van God wat gekruisig is; ons het die engel Hom hoor aankondig as die Majesteit van die hemel, die Koning van heerlikheid.

JESUS SE ROMEINSE SOLDATE HET HOM AS DIE WENNER GEKROON

Die gesigte van die priesters was soos die van dooie mense. Kajafas het geprobeer om te praat. Sy lippe het beweeg, maar daar het geen klank uitgekom nie.

Wie was die wenner op Golgota?

MATTEUS RAPORTEER OOR GEBEURTENISSE BY JESUS SE DOOD EN OPSTANDING

Matteus 27:51  Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. 

27:52  Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek, 

27:53  en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het. 

JERUSALEMGRAFTE

Eweskielik ruk die aardbewing talle grafkelders in Jerusalem oop. Mense kan nie verklaar want net sekere geselekteerde grafte het oopgegaan.

Dis Vrydagmaddig laat en die Sabbat wou aanbreek. Uit vrees vir die Fariseërs wat streng Sabbathouers was, wanneer dit hulle gepas het, het niemand daardie Sabbat hierdie klomp grafte gaan besoek nie.

DAAR IS GEEN BERIGGEWING OOR HIERDIE OU TESTAMENTIESE HEILIGES WAT DIE STAD INGEVAAR HET NIE.

Ons kan maar net raai wat Kajafas se reaksie was toe Jeremia of Jesaja vir hom die goeie nuus kom vertel het dat hulle saam met Jesus opgewek is.

WENNER

Wie was die wenner? Jesus of Satan en al sy trawante?

NA DIE DUISENDJAAR.

Die grootste pawiljoen in die geskiedenis gaan binnekort opgerig word. Elke mense wat nog ooit geleef het, goed of sleg gaan hulle plekke op hierdie pawiljoen inneem.

Maar behalwe die aardbewoners gaan die ongevalle wesens van baie planete ook op hierdie pawiljoen kom sit.

Kan jy aan nog wesens wat op hierdie pawiljoen gaan sit?

Satan en sy span wat een Vrydagmiddag op aardse pawiljoen van vreugde geskreeu en gefluit het toe Jesus aan die kruis gesterf het, gaan ook hulle plekke op hierdie kosmiese pawiljoen inneem.

SKOUSPEL

Wat in skouspel. Vir die heel eerste keer in die geskiedenis is elke wese in die groot heelal op een pawiljoen.

Almal wag nou in afwagting.

GROOT WIT TROON

Lank voor die kroning van Jesus, het Johannes die volgende toneel in ‘n visioen gesien.

Openbaring 20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit.

Die goddelike glans en glorie van Jesus is onbeskryflik indrukwekkend mooi en skoon en rein.

Die goddeloses, die duiwel en sy engele besef hulle vuilheid en verlorenheid in Jesus se magtige, heilige prag.

En dan gebeur iets bonatuurlik. Bokant Jesus verrys die kruis teen die reuse uitspansel.

‘n Miljoen keer groter as die Imaxteaters, begin die verhaal van Adam se versoeking en val afspeel. En dan word tonele van die verlossingsplan panoramies aangebied.

Dis aangrypend om te sien hoe verskriklik wreed Jesus deur die priesterhoofde, Hierodus en Pilatus Jesus soos die vuilste misdadiger mishandel is.

Vir die eerste keer sien elke liewe wese wat met Jesus op Golgota gebeur het. Dit is skokkend verby.

ELKE KNIE

Die professie van Filippense 2:10 word op hierdie stadium. Daardie byna ontelbare skare verlore sondaars, plus Satan en sy engele, val val op hulle knieë neer en erken dat God ‘n God van liefde, genade en vergifnis. Hulle erken dat die loon van die sonde die dood is.

Eers nadat almal erken het, kon die vuur sy werk doen.

Behalwe vir die glans wat uit Jesus straal, sien die verlostes die glans van vuur wat die goddeloses verbrand.

JESUS SE TOORN

Hoe moet ek Jesus se toorn en geregtigheid verstaan? Het Hy dit iewers in Sy lewe op aarde geopenbaar?

Hy staan voor die graf van Lasarus en Jesus huil. Hoekom? Is dit oor die dood van Sy vriend Lasarus? Nee.

Jesus se trane wat drip drip op die grond voor Lasarus se graf geval het, was groter as die grootste hartseer wat jy al ooit deurgemaak het. ‘n Hartseer hoër as die hemel van die aarde was.

Hy huil omdat die mense wat die begrafnis bygewoon het besig is om planne te maak om Hom te kruisig. Hy huil omdat hulle eendag verlore sal wees.

JERUSALEM JERUSALEM

Dit was die Sondag voordat Jesus die Vrydag gekruisig sou word. Vanaf Betanië het Hy na Betfage gestap waar die dissipels van Hom ‘n donkie gereed gekry het.

Dit was die grootste klankbeeldvertoning wat Jerusalem nog ooit gesien het. Mense wat die paasfees kom bywoon het, stroom na Hom.

 En terwyl hulle hosannes sing, hoor mense dit en sluit by die prosessie aan. Hierdie patroon word herhaal. Hosannas eggo deur die Kidron en ander klowe. Die masskoor word by die minuut groter.

Lasarus wat uit die dode opgewek is, loop heelvoor. Die dowes, die verminktes, die melastses en ‘n magdom geneesde mense sluit by Lasarus aan terwyl meer en meer Hosannes gehoor word.

Bo op die kruin van die Olyfberg bring Jesus die donkie tot stillstand. Hy is doodstil. En dan bars Hy in trane uit.

Sy liggaam ruk heen-en- weer swaai soos ‘n boom in ‘n sterk wind. ‘n Jammerklag kom oor Sy lippe vanuit die dieptes van Sy gebroke hart.

Te midde van ‘n toneel van vreugde waarin almal Hom hulde gebring het, was Israel se Koning in trane; nie in stille trane van blydskap nie, maar trane en kreune van droefheid wat nie onderdruk kon word nie.

Hoekom huil Hy? Wat gaan deur Sy gedagtes? Die trane van Jesus was nie oor die verwagting van Sy eie lyding nie.

Hy het gesien wat Jerusalem straf sou omdat Sy haar Verlosser verwerp het. Hy huil omdat  Hy geweet het wat sy kon gewees het as sy Hom aangeneem het. Hy wat haar wonde genees. Hy het gekom om haar te red. Hy kon dit nie oor Sy hart kry om te sien dat sy verlore gaan nie.

DOMINUS FLEVIT

Tipologie? Twee keer het Jesus op die Olyfberg oor mense wat verlore gaan omdat hulle Sy verlossing verwerp het.

Wat leer die tipologie? Gaan daar ‘n ander groter Olyfberg wees?

Sagaria 14:4  En in dié dag (aan die einde van die duisendjar) sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.

Met die uitwissing van die goddelose gaan Jesus weer in trane uitbars. Op die Olyberg huil Hy met ‘n hartseer wat nie gemeet kan word.

Matteus 23:37  Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! 

Nog meer snikke.

23:38  Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 

OLYBERG

Wat se emosies gaan ons ervaar as van ons geliefdes deur vuur verteer gaan word?

Watter emosies gaan Jesus ervaar wanneer Hy na daardie groot skare verlorenes kyk?

By die wederkoms van Jesus gaan Hy weer op die Olyfberg in trane uitbars. ‘’Satan jy en jou engele. Hoe dikwels wou ek jou bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens bymekaar maak. Maar julle wou nie.

Goddeloses. Hoe dikwels…

Nadat die vuur die goddeloses en die aarde verteer het, vee Hy Sy trane af en dan vee Hy ons trane en dan begin Hy om ‘n spli

nter nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep. En ons gaan sien hoe Hy dit doen.

EK EN JY

Ons gaan in daardie groot paviljoen sit. Sommige gaan sien hoe Jesus ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep.

Ander gaan dit nie sien nie.

GEVAL

Rev 14:8  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

Ziggoerat-teologie.

Die Sumeriërs en die Akkadiërs, die Babiloniërs het hierdie indrukwekkende structure van aanbidding opgerig. Selfs die ruïnes daarvan is nog steeds aanskouingswaardig.

Jy bestyg die trappies jou besondere god, Enlil of Bel Marduk en jy is gered.

Trappiesklim was die manier waarop jy gered word.

Die derde engel sê jy word nie deur jou trapmetpiesklim na God gered nie.

God het met Sy genade en geregtigheid en verlossing en liefde na jou afgedaal.

Ek staan by die reuse Ziggoerat van Aqar Quf en ek dink aan myself. Ek wil graag die Here behaag deur my pogings. Ek wil so graag geestelike hoogtes hoogtes in eie krag bereik.

Daar ziggoeratte was hoog en die aanbidders kon maklik hoogtefrees ontwikkel het. Ek wonder of sommige nie perongeluk hulleself tepletter geval het nie.

Ons wil so graag oulik wees en indruk maak.

WAARHEEN NEEM GEREGTIGHEID DEUR DIE GELOOF ONS?

Stof toe. Ons wil boontoe klim waar ons geestelike aansien kan geniet. Daarbo leer jy nie lesse nie.

Dis in die stof van vernedering en skande waar ons nie kan asem haal nie maar waar God ons kan optel en ons help om die skoon lug van Sy geregtigheid kan inasem.

DIE UUR VAN SY OORDEEL HET GEKOM

Is daar iewers in Jesus se gelykenisse waar hierdie waarheid duidelik geleer word?

Matteus 22:2-14 The Parable of the Wedding Feast

Mat 22:1  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: 

Mat 22:2  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het 

Mat 22:3  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. 

Mat 22:4  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. 

Mat 22:5  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. 

Mat 22:6  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. 

Mat 22:7  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. 

Mat 22:8  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. 

Mat 22:9  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. 

Mat 22:10  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. 

Mat 22:11  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. 

Mat 22:12  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. 

Mat 22:13  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

This robe, woven in the loom of heaven, has in it not one thread of human devising. Christ in His humanity wrought out a perfect character, and this character He offers to impart to us.

The guests at the marriage feast were inspected by the king. Only those were accepted who had obeyed his requirements and put on the wedding garment. So it is with the guests at the gospel feast. All must pass the scrutiny of the great King, and only those are received who have put on the robe of Christ’s righteousness.

He who becomes a partaker of the divine nature will be in harmony with God’s great standard of righteousness, His holy law. This is the rule by which God measures the actions of men. This will be the test of character in the judgment.

The righteousness of Christ will not cover one cherished sin. A man may be a law-breaker in heart; yet if he commits no outward act of transgression, he may be regarded by the world as possessing great integrity. But God’s law looks into the secrets of the heart. Every act is judged by the motives that prompt it. Only that which is in accord with the principles of God’s law will stand in the judgment.

In the parable, when the king inquired, “How camest thou in hither not having a wedding garment?” the man was speechless. So it will be in the great judgment day. Men may now excuse their defects of character, but in that day they will offer no excuse.

Sad will be the retrospect in that day when men stand face to face with eternity. The whole life will present itself just as it has been. The world’s pleasures, riches, and honours will not then seem so important. Men will then see that the righteousness they despised is alone of value. They will see that they have fashioned their characters under the deceptive allurements of Satan. The garments they have chosen are the badge of their allegiance to the first great apostate. Then they will see the results of their choice. They will have a knowledge of what it means to transgress the commandments of God.

There will be no future probation in which to prepare for eternity. It is in this life that we are to put on the robe of Christ’s righteousness. This is our only opportunity to form characters for the home which Christ has made ready for those who obey His commandments.

The days of our probation are fast closing. The end is near. To us the warning is given, “Take heed to yourselves, lest at any time your hearts be overcharged with surfeiting, and drunkenness, and cares of this life, and so that day come upon you unawares.” Luke 21:34. Beware lest it find you unready. Take heed lest you be found at the King’s feast without a wedding garment.

“In such an hour as ye think not the Son of man cometh.” “Blessed is he that watcheth, and keepeth his garments, lest he walk naked, and they see his shame.” Matthew 24:44; Revelation 16:15.

Compared with earthly kingdoms it appeared to be the least of all. By the rulers of this world Christ’s claim to be a king was ridiculed. Yet in the mighty truths committed to His followers the kingdom of the gospel possessed a divine life. And how rapid was its growth, how widespread its influence! When Christ spoke this parable, there were only a few Galilean peasants to represent the new kingdom.  Their poverty, the fewness of their numbers, were urged over and over again as a reason why men should not connect themselves with these simple-minded fishermen who followed Jesus. But the mustard seed was to grow and spread forth its branches throughout the world. When the earthly kingdoms whose glory then filled the hearts of men should perish, the kingdom of Christ would remain, a mighty and far-reaching power.

So the work of grace in the heart is small in its beginning. A word is spoken, a ray of light is shed into the soul, an influence is exerted that is the beginning of the new life; and who can measure its results?

MOSTERDSAAD

Mat 13:31  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai;

Mat 13:32  wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.

FARISEêRS EN HULLE GEDAGTES

‘n Paar van die edel en geleerde godsdienstige mans luister hoe Jesus van ‘n koninkryk praat. Hulle stamp aan mekaar en hulle lyftaal vertel hulle dink die preker lei aan grootheidswaan.

Sy sandale moet vervang word, maar hulle het die skinderstories gehoor dat die een wat na hulle geldsake moet kyk, steel die geld.

Sy volgelinge lyk maar aan die dommerige kant. Een van hulle stamp aan sy maat en fluister saggies; “Kyk na daai ou, hulle noem hom Tomas. Hy het nie die vaagste idee waarvan sy Meester praat nie.”

‘’Manne kom ons loop. Ons weet van Moses. Hy is immers in die paleis opgelei maar hierdie persoon wat ‘n koninkryk wil oprig, is iriterend. Hy het nie ‘n weermag nie, hy het nie geld nie, en Hy kan vergeet dat die ouens wat Hom volg, instat is om ‘n koninkryk te stig.”

Hulle het hulleself misgis. Kort voor lank is 3000 mense in Jerusalem gedoop. En voor die eerste eeu in die geskiedenis verdwyn het, het die hele destydse wêreld gesien hoe die mosterdaadjie ‘n boom geword het.

MODERNE TEGNOLOGIE

Vandag vlieg die drie engele baie hoog deur die internet en miljoene der miljoene mense kry die geleentheid om dit aan te neem of te verwerp.

PERSOONLIK

Ek is seker jy het in jou lewe gesien hoe mosterdsaaitjies bome geword het.

In 1987 het ek ‘n beroep Kaap toe gekry. Twee keer het ek nee gesê. Maar die druk was so groot dat ek afgegaan het en my voorwaardes gestel het. Ek kom poging hou of…

Maar Sabbat is daar twee mense gedoop. Die ouderling wat die dertien punte moes doen, het net twee of drie genoem.

Die Sondag het ek die paartjie op Stellenbosch gaan besoek en in my besluit hierdie twee geestelike mosterdsaadjies het groot groeipotensiaal. Oor die afgelope 34 het hulle kremetardbome geword.

Die statistieke sal jou verbyster. Miljoene mense het na hulle boodskappe geluister en duisende het die drie engele boodskap aangeneem.

IN VERITY

Rev 14:9  ‘n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: “Wie die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, 

Rev 14:10  sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. 

Rev 14:11  Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.” 

WAT IS GOD SE TOORN?

Hos 11:8  Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek. 

Hos 11:8  Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? (Stede wat saam met Sodom en Gomorra verwoes is) Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. (NV)

Hos 11:8 “Hoe kan ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan ek jou oorlewer, Israel? Hoe kan ek jou prysgee soos Adma, jou maak soos Sebojim? My hart is diep ontroer in My.” (2020)

Dis hoe God se toorn lyk. Sy medelyde is opgewek. My liefde brand sterk. My hart is diep ontroer in My.

“All my compassion is aroused.’’

Hosea kry dit nie reg om die Here se diepste hartseer ten volle te beskryf nie.

Kan jy iemand haat vir wie jy so lief is dat jy selfs jou lewe vir die mens sal aflê?

JERUSALEM

Terwyl die skare Hosannas vir Jesus sing, raak Hy skielik onheilspellend hartseer.

Luister na hierdie beskrywing:

Jesus gazes upon the scene, and the vast multitude hush their shouts, spellbound by the sudden vision of beauty. All eyes turn upon the Saviour, expecting to see in His countenance the admiration they themselves feel. But instead of this they behold a cloud of sorrow.

They are surprised and disappointed to see His eyes fill with tears, and His body rock to and fro like a tree before the tempest, while a wail of anguish bursts from His quivering lips, as if from the depths of a broken heart. What a sight was this for angels to behold! their loved Commander in an agony of tears!

What a sight was this for the glad throng that with shouts of triumph and the waving of palm branches were escorting Him to the glorious city, where they fondly hoped He was about to reign! Jesus had wept at the grave of Lazarus, but it was in a godlike grief in sympathy with human woe.

But this sudden sorrow was like a note of wailing in a grand triumphal chorus. In the midst of a scene of rejoicing, where all were paying Him homage, Israel’s King was in tears; not silent tears of gladness, but tears and groans of insuppressible agony. The multitude were struck with a sudden gloom. Their acclamations were silenced. Many wept in sympathy with a grief they could not comprehend.

The tears of Jesus were not in anticipation of His own suffering. Just before Him was Gethsemane, where soon the horror of a great darkness would overshadow Him. The sheepgate also was in sight, through which for centuries the beasts for sacrificial offerings had been led.

This gate was soon to open for Him, the great Antitype, toward whose sacrifice for the sins of the world all these offerings had pointed. Near by was Calvary, the scene of His approaching agony. Yet it was not because of these reminders of His cruel death that the Redeemer wept and groaned in anguish of spirit. His was no selfish sorrow.

The thought of His own agony did not intimidate that noble, self-sacrificing soul. It was the sight of Jerusalem that pierced the heart of Jesus—Jerusalem that had rejected the Son of God and scorned His love, that refused to be convinced by His mighty miracles, and was about to take His life.

 He saw what she was in her guilt of rejecting her Redeemer, and what she might have been had she accepted Him who alone could heal her wound. He had come to save her; how could He give her up?

MET WIE HET JESUS ‘N SAAK GEHAD

Christ’s indignation was directed against the hypocrisy, the gross sins, by which men were destroying their own souls, deceiving the people and dishonouring God. In the specious deceptive reasoning of the priests and rulers He discerned the working of satanic agencies.

Keen and searching had been His denunciation of sin; but He spoke no words of retaliation. He had a holy wrath against the prince of darkness; but He manifested no irritated temper. So the Christian who lives in harmony with God, possessing the sweet attributes of love and mercy, will feel a righteous  indignation against sin; but he will not be roused by passion to revile those who revile him.

Even in meeting those who are moved by a power from beneath to maintain falsehood, in Christ he will still preserve calmness and self-possession.

Kom ons kyk hoe lyk Jesus se toorn oor die goddelose Jerusalem wat ‘n rukkie later verwoes sou word:

Divine pity marked the countenance of the Son of God as He cast one lingering look upon the temple and then upon His hearers. In a voice choked by deep anguish of heart and bitter tears He exclaimed,

 Mat 23:37  Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

Mat 23:38  Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!

This is the separation struggle. In the lamentation of Christ the very heart of God is pouring itself forth. It is the mysterious farewell of the long-suffering love of the Deity.

Sy toorn was nie op sonders sodanig gerig nie, maar ditwat sonde genoem word.

Was this article helpful?

Related Articles