1. Home
  2. Algemeen
  3. Die Here Het Geskommel En Die Dice Het Verkeerd Geval.

Die Here Het Geskommel En Die Dice Het Verkeerd Geval.

George Herberd Priester Anglikaans Kerk
I struck the board, and cried, “No more;  I will abroad!

Wat sê hierdie befaamde predikent digter? Ek loop. Ek is klaar met die kerk en sy administrasie. Ek is teleurgestel in God. Hy loop.

Maar toe hy uitasem die laaste Teddy Bear uit sy kot gegooi het het iets moois gebeur. Die Here het saggies met Sy verpletterde, verbitterde kind kom praat.

Hy eindig sy sonnet met hierdie woorde:

But as I raved and grew more fierce and wild at every word, Methought I heard one calling, Child!         And I replied My Lord.

But as I raved and grew more fierce and wild at every word, Methought I heard one calling, Child!         And I replied My Lord.

DIE HERE HET GESKOMMEL EN DIE DICE HET VERKEERD GEVAL

Die Here het gaskommel en die dice het verkeerd geval vi’ ons daai’s maar al so lat hulle ma’ sê skollie pellie nevermind daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain so dis all right pêllie dis all right ons moenie worry nie.

PARADYS

Hoe het die dice daardie eerste week op die paradys geval?

Die Here het geskommel en die dice het op?…

PAARL

Ek soek vir my ‘n pet by ‘n winkel en die verkoopsdame sê vir my “Paop vir die Skollies.”

ADAM EN EVA

Pasop vir die skollie Adam. Pasop vir die skollie Eva. Toe hulle weer sien is hulle kleed van glans skoongeld weg. Hulle kan nie so kaal tussen die diere loop nie. Die pragtige blare van die vyeboom loop ook deur.

Hulle het skaars die laaste blaar op sy plek gesit, toe hoor hulle ‘n stem.

“Koeie, koeie. Waar is julle?”

Die diere skrik toe die twee op mekaar begin skreeu.

‘’Nee skreeu Eva. Dis nie my skuld nie. Dis die skollie se skuld.”

“Nee skreeu Adam. Dis nie my skuld nie. Dis Eva se skuld.”

Die diere skrik vir hierdie geskreeu. Hulle weet nie nou met hulle oppassers aangaan nie.

Met trane is sy oë neem Adam vir goed afskei van sy mak, vriendelike diere.

Adam Small sê die Here het geskommel en die dice het verkeerd geval.

Buitekant die tuin kyk Adam terug na waar hy was. Die trane rol oor sy wange. Die dice lê op nr. 1.

SAMARIA

Ek stap oor die ruïnes van Samaria waar die tien stamme vir baie jare gewoon het. Ek dink aan mammas wat hulle kinders gedurende die drie jare van belegging begin eet het.

Ek sien hoe koning Sargon die klompie uitgehongerde gevannisse op ‘n ver pad na ‘n vreemde land toe aanjaag.

Soos Adam kyk hulle vir die laaste keer na veilige vesting waar hulle vir bietjie meer as 200 jaar saam met 19 konings gewoon het.

Die Here wou die dice op ses laat val, maar hulle het Sy hand weggeklap en toe val die dice op een.

Juda was kort op die hake van die tien stamme.

JERUSALEM

Ek staan tussen die ruïnes van Jerusalem. Ek dink aan die tragiese woorde van Jeremia:

Jer 39:9  Nebusaradan, die hoof van die koning van Babel se lyfwag, het dié van die volk wat in die stad oorgebly het en dié wat na hom toe oorgeloop het, die hele volk wat nog oor was, in ballingskap weggevoer na Babel toe. 

KLAAGLIEDERE VAN JEREMIA

2:17  Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, Hy het die woord in vervulling laat gaan wat Hy lank gelede al afgekondig het. Hy het verwoes en geen genade betoon nie.

Jesaja en Jeremia het die volk gewaarsku dat die Here die dice gaan skommel en die dice gaan op nr. 1 val.

Huille het gelag en gespot en nou huil hulle dag en nag. Die dice het verkeerd geval.

DIE LAASTE PAAR WOORDE VAN DIE SONNET VAN 2 KONINGS EN JEREMIA 52 IS BAIE MOOI

2 Konings 25:27  En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef. 

25:28  En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. 

25:29  En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe. 

25:30  En aangaande sy lewensonderhoud, ‘n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning na die eis van elke dag, al die dae van sy lewe. 

Die mistroostige lied van skande en ballingskap, word skielik deur ‘n pragtige melodie vervang.

‘n Klank van die treurige wysie van die nr. 1 op die dice word deur ‘n loflied van die 6 op die dice vervang.

JEREMIA

Voor ons Jeremia se weergawe lees, wil ek net ‘n vraag vra? Wat sê Jesus van die inhoud van die Ou Testament?

Johannes 5:39  Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. 

Kom ons soek die verlossingsklanke van verlossing in Jesus terwyl ons na Jeremia se beskrywing luister:

Jeremia 52:31  En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring. 

Watter status het hierdie twee karakters? Evil-Merodag is die magtigste koning op aarde. En Jojagin?

Hy is ‘n patetiese tronkvoël van baie jare. Hy was op ‘n slag ‘n koning maar sit hy saam met ander kriminele in die tronk.

Het koning Ewil-Merodag die mag om Jojagin kwyt te stel? Ja.

Wie is die tans die Koning van die Kosmos? Het die Here die mag om ons uit die tronk van ons gevalle toestand vry te laat?

VRYLATING

Op ‘n dag verlaat koning Ewil Merodag die Esagila, pragtigste paleis ter wêreld en hy stap na die tronk toe. Hy het nie besigheid daar nie. Hoekom verneder hy homself so?

Binnekort gaan die magtige heerser van die heelal Sy koninklike paleis verlaat en ons uit die tronk van ons gevalle natuur kom verlos.

DIE GESPREK

Jeremia 52:32  En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. 

Hoe praat die tronkbewaarders met die gevangenisse?

Ek was twee keer daar en dis alles behalwe vriendelike stemme wat jy hoor. En as jy uiteindelik in die hof verskyn, is die stem van die landdros nie juis baie vriendelik nie.

Die teks sê Ewil Merodag het vriendelik met hom gespreek. Waaroor dink jy het hy met Jojagin die tronkvoël, die lewenslange gevange gesels?

Hy noem die arm drommel koning. Kan jy die aanvanklike skok op Jojagin se gesig sien?

‘’Koning Jojagin ek het gereël dat jy langs my in die banketsaal gaan sit. Jou status word bo al die ander konings verhef.”

Jeremia 52:32  So het hy hom begenadig en hom hoër status gegee as die ander konings wat by hom in Babel was. NV

Praat die Bybel iewers dat ek en jy, gevangenisse van ons gevalle natuur, op trone gaan sit?

Openbaring 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 

Soos wat koning Ewil Merodag vir Jojagin koninklike status gegee het, gaan ek en jy ook binnekort voel hoe dit voel om op ‘n troon te sit.

BANDIETKLERE

Bandietklere dra so ‘n skandelike konnotasie uit. En hier iewers in Babilon, trek Jojagin daardie vieslike tronklere vir die laaste keer in sy lewe uit.

Kan jy die glimlag en dankbaarheid uit hom sien straal. Kan jy trane van blydskap oor sy wange sien rol.

Daardie splinternuwe koninklike klere ruik so lekker. Hy kry ‘n nuwe identiteit. Hy is nie meer skaam nie. Sy status het van tronkvoël na koning verander.

Die Here het geskommel en die dice het op ses geval.

ONS GEVALLE NATUUR

Ek het gedink as ek ‘n oumens word, gaan ek nie meer sukkel met ‘n gevalle natuur nie. Maar nou sukkel ek nog steeds met hierdie rebelse DNA. Iemand trap my noudie dag uit oor iets wat ek sou gesê het en nooit gesê het nie. Dit ontstel my as mense my woorde doelbewus met slegte motiewe verdraai. Dit maak seer as ek probeer verduidelik. Dit voel vir my of ek langer vat om oor die onsteltenis te kom.

PAULUS

Ons vriend Paulus het ook gesukkel. Hy skryf:

Ek vind in my doen en late ‘n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ‘n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. 

Romeine 7:24  Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?

GOEIE NUUS

1 Korintiërs 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 

15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 

15:53  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 

15:53  For this corruptible must put on incorruption, and this mortal must put on immortality. 

VIR EWIGE VERLOS

Ek probeer myself indink hoe dit moet wees as ons nie meer ‘n gevalle natuur gaan hê nie. Hy gaan dit voel om vir ewig sondeloos te wees. Ek dink ons geluk gaan onbeskryflik wees.

Jeremia 52:33  En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

Kan jy hom langs die koning Ewil Meradag sien sit. Hy sit langs die magtigste mens op aarde. In die tronk was dit maar elke dag boontjies en pap. Nou is daar ‘n spyskaart so lank soos sy arm om van te kies.

SAAM EET

Gaan dit ons voorland wees om saam met die Koning van die konings aan tafel te eet?

Matteus 26:29  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 

Lukas 22:15  En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly. 

22:16  Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie. 

Soos wat Jojagin saam met die magtigste koning op aarde geëet het, so gaan ons saam met ons Magtige Verlosser in die hemel eet.

Gaan dit langs die boom van die lewe en die rivier van die lewe wees?

My dierbare mede stryders teen die vyande buite en die vyande binne. Ons gaan binne kort saam met Jesus aan tafel sit en eet. Ek kan my self nie indink hoe heerlik dit gaan wees nie.

ADAM SMALL

Die Here het geskommel en die dice het verkeerd geval.

Op Golgota het die dice nie verkeerd geval nie. Toe Jesus sterf het ons geërf.

Wat het ons geërf? Sy volkome vergifnis. Maar dis nie al nie. Ons het Sy volmaakte te kleed van geregtigheid geërf wat ons nou al in geloof kan aantrek.

Ons het ewige lewe, gelyk aan Sy ewige lewe geërf.

Jer 52:34  En aangaande sy lewensonderhoud, ‘n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning van Babel, na die eis van elke dag, tot die dag van sy dood toe, al die dae van sy lewe. 

OPGRAWINGS

Argeloë het ‘n versameling van 300 kleitablette in ‘n sekere deel van Babilon opgegrawe

Was this article helpful?

Related Articles