VLEESWORDING DEEL 2 – PLAKKERSKAMP
Skriftuur: 1 Timoteus 3:15,16
By ‘n plek in Irak met die naam van Uruk, is grammatika vir die eerste keer ontwikkel. Dit was vir my opwindend toe ek vir die eerste keer met Sumeriese spykerskrif kennis gemaak het.
Kom ek leer gou vir julle die mooiste woorde in hierdie taal wat Abram en Sara gepraat het.
Die grootste sigbare voorwerp wat hierdie mense geken het, was die aarde. In Sumeries praat jy van ki.
Die grootste konsep wat hierdie mense geken het, was afstand. Dis iets wat jy nie kan meet nie. Wanneer hulle van afstand gepraat het, het hulle van aga gepraat.
En toe vat hulle hierdie twee onmeetbare dinge, aarde en afstand, sit dit bymekaar en raai wat beteken ki aga?
Ki aga beteken “Ek het jou lief.”
En wanneer Abraham vir Sara wou sê dat hy haar ontsettend lief het, en sy die superlatiewe wou gebruik, het hy gesê: ki aga aga.
Terwyl ek hierdie ontdekking by Unisa gemaak het, het ek aan ‘n soortgelyke gedagte in Psalm 103:11 gedink:
Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. Psalm 103:11
So ver as wat die verste punt in die heelal van ons af is, so groot, en nog groter, is die Here se liefde vir elkeen wat Hom dien.
Sy getroue liefde vir die wat Hom vereer is net so oneindig as die afstand tussen die hemel en die aarde.
Hoeveel ligjare is die hemel van die aarde? Ek glo nie ons kan dit bereken nie.
Dis die afstand wat die Vader Jesus na die aarde toe gestuur het. Maar dis nie net die fisiese afstand waarvan ons hier praat nie. Daar is die afstand vanaf ‘n glansende God na die vaalheid van die mens.
Net so min as wat ons die afstand van die aarde na die hemel kan bereken, net so min kan ons die afstand van God na ons as mens bereken.
BEPEINSING IS ONBEBRYPLIKE MISTERIE
In contemplating the incarnation of Christ in humanity, we stand baffled before an unfathomable mystery, that the human mind cannot comprehend. . .
Far higher than any of the angels, equal with the Father in dignity and glory, and yet wearing the garb of humanity! Divinity and humanity were mysteriously combined, and man and God became one. It is in this union that we find the hope of our fallen race (Signs of the Times, July 30, 1896).
HONDE
Jou hond was mak. Hy het jou baie plesier verskaf. Skielik loop iets verkeerd. Hy byt nie net die ander honde en jou besoekers nie, hy begin om jou te byt.
Jy het ‘n keuse. Of jy skiet hom dood en jy word nie meer deur jou eie hond gebyt nie. Of jy word ‘n hond en kyk of jy hom met sy rebellie kan help.
As hond vertel jy hom in hondetaal dat jy vir hom baie lief is en hom nie graag oor sy gedrag wil doodmaak nie.
Jy verduidelik aan hom dat jy nog steeds sy eienaar is maar dat jy nou na sy vlak gedaal het sodat jy kan voel soos wat hy voel en dink soos hy dink.
En dan sê jy vir hom dat jy vir hom so lief is, dat jy gewillig sal wees om vir hom te sterf, sodat hy vir ewig kan leef.
Dis ‘n baie eenvoudige illustrasie wat baie sukkel om ‘n baie groter waarheid probeer toelig.
As ek na die vlak van ‘n hond afdaal, sou dit ‘n mikro millimeter afdaal wees in vergelyking met Jesus se ligjare afdaling na ons oneindig lae vlak.
DIEP STUDIE
“The Most Marvelous Thing in Earth or Heaven.–When we want a deep problem to study, let us fix our minds on the most marvelous thing that ever took place in earth or heaven–the incarnation of the Son of God.
And the study of the incarnation of Christ is a fruitful field, and will repay the searcher who digs deep for hidden truth.” 7BC 904
WARMBAD
Dit was my voorreg om vir baie jare ‘n baie spoggerige gemeente te kon bedien. Die duur motors is deur ‘n motorwag opgepas.
Ek het later vir my ‘n ouerige Mercedes gekoop om darem so effens by hierdie mense aan te pas.
Mettertyd het ons ‘n arm gemeente aangeneem en begin vertroetel. Jy moes hulle karre gesien. Daar was ‘n fyn lyntjie tussen hierdie ou modelle en die skrootwerf. Die mense het mekaar se karre gereeld probeer regmaak.
By hierdie gemeente het ek gemaklik gevoel om met my Daewoo te kom preek. Dit was ‘n lelike kar, ongewild en hy het geen tweedehandse waarde gehad nie.
Ek het nader aan die mens gekom met hierdie ou tjor. Hulle het ook gemakliker met my gevoel.
Jesus het nie in Sy glorie na ons toe gekom nie want ons sou disintegreer. Hy het in my pyn, armoede en skande kom deel. Ons kon met Hom identifiseer.
MOTOR METAFOOR
Kom ons probeer ‘n motor metafoor. Ek wil die arm mense van die plakkerskamp bereik. Ek is lief vir hulle. Ek is jammer vir hulle en ek gaan nie rus voordat ek vir hulle vertel dat ek baie vir hulle omgee nie.
Met wat se kar sal ek dit doen? Met watter kleur vel sal ek dit doen?
Ek besit ‘n Rolls Royce en ek bly by die Heads in Knysna.
Die eerste ding wat ek doen is om my Rolls se enjin uit te haal en om dit in ‘n ou geroeste bakkie in te bou. Hy pas goed in by die ander voertuie van die townships.
Nou het ek ‘n 100% Rolls en ‘n 100% Datsun. ‘n Kombinasie van ontsettende kontraste.
Die volgende ding wat ek doen is om ‘n pigmentasie operasie te ondergaan. My vel word swart, my lippe word dikker, my hare word kroes.
Met ‘n paar sinkplate en swart plastieksakke agter op die geroeste bakkie kom ek by die plakkerskamp aan.
Hoe lyk dit? Sal jy dit regkry? Van die Heads by Knysna na ‘n plakkerskamp?
Van jou wit kleur na ‘n donker kleur. Van rykdom na armoede. Van weelde na ‘n krotbestaan.
Jy doen dit alles om by mense in hulle ellende uit te kom. Jy wil hulle ophef, uit hulle ellende en onkunde verlos.
Iewers vorentoe wil jy graag vir hulle ‘n see-uitsig by die Heads by Knysna gee.
Dink jy die proses van vernedering gaan maklik wees? Nooit. Dit gaan pynlik byna onmoontlik wees.
Om van die Heads by Knysna na die plakkerskamp langs die township te trek, gaan pyn veroorsaak. ‘n Pyn wat die sterkste morfien nie sal kan doof nie.
Dis verskriklik pynlik om vernedering te ondergaan.
Maar as jy dink so ‘n vernedering, so ‘n afdaal in status is pynlik moeilik, kyk dan na Jesus se vleeswording.
PYNLIKE PROSES
“The work of redemption is called a mystery, and it is indeed the mystery by which everlasting righteousness is brought to all who believe. The race in consequence of sin was at enmity with God.
Christ, at an infinite cost, by a painful process, mysterious to angels as well as to men, assumed humanity. Hiding His divinity, laying aside His glory, He was born a babe in Bethlehem. 7BC 915
JESUS HET AL DIE TROUMA VAN DIE MENSLIKE RAS DEURGEMAAK
In my studie oor die vleeswording van Jesus, het ek ‘n baie interessante ontdekking gemaak. Hy is deur die hele spektrum van menslike trouma.
Daar is geen pyn wat jy gevoel het, wat Jesus nie ook gevoel het nie. Hy het tot by al jou pynvlakke neergedaal.
NASARET
Waar het Jesus gaan woon? In Nasaret, die dorp met die slegste reputasie in die land. Sy stiefpa het nie ‘n huis teen die berg gehad nie.
Die arm mense van Nasaret het in grotte gebly.
Die God van die kosmos ruimtes word in die noute en donkerte van ‘n grot in Nasaret groot.
Die God wat die aarde met bome oordek het, werk met planke en houtskaafsels.
Die hande wat wêrelde in wording geroep het, het waterblase en dik eelte van die harde werk.
Voor ‘n mens Plettenbergbaai binne ry, kry jy plakkers weerskante van die snelweg. As Jesus vandag sou kom, sou Hy daar gaan woon het.
SY TENT
“He pitched His tent by the side of the tents of men, that He might dwell among us, and make us familiar with His divine character and life. “The Word became flesh, and tabernacled among us (and we beheld His glory, glory as of the Only Begotten from the Father), full of grace and truth.” DA 23.
Jesus het nie die diamante, pêrels en goud van die hemel saam met Hom gebring om vir Homself ‘n paleis te bou nie.
Met die tentjie van vlees en bloed het Hy Sy tentpenne langs my kom inslaan.
Soos die reent van teleurstellings deur my tentjie drup, so het die reent van teleurstellings ook deur Sy tentjie gedrup.
Soos rukwinde van misverstand, seer en verwerping my ou tentjie omgewaai het, so het dieselfde rukwinde Hom ook omgewaai.
Ek is so dankbaar dat Jesus langs my kom tent opslaan het.
ONDERVINDINGS OP PAD NA DIE DOOD
Kom ons kyk vlugtig na die beproewings wat Jesus op pad na Sy kruisdood deurgemaak het.
PYN
Het jy pyn? Wil jy daarvan ontslae raak? In Sy besluit om mens te kom word, het Jesus Sy pynlose bestaan prysgegee.
VERWERPING
Watter soort verwerping het jy tot dusver deurgemaak? Dis nie maklik nie en dis iets waaraan ons nooit gewoond sal raak nie. Elke mens hunker na aanvaarding en ons sal enigiets doen om dit van mekaar te kry.
Toe Jesus besluit het om ‘n mens te kom word, het Hy sy aanvaarding deur die engele prysgegee. Hy het na ‘n aarde gekom waar mense Hom verwerp het.
BEGRIP
Hoe lyk die misverstande in jou geskiedenis? Verstaan jou lewensmaat jou? Verstaan jou familie jou? Verstaan jou vriende jou? Verstaan jy jouself?
In die hemel was daar nie misverstande nie. Jesus het die luuksheid van begrip verlaat en in die onmeetlike see van misverstand kom verdrink.
DIE DONDERNAGAAND VOOR JESUS SE KRUISIGING
JESUS SE EMOSIES
Op ‘n treffende wyse vertel Markus vir ons van Jesus se emosies:
Markus 14:33 En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
Was jy al verskriklik ontsteld? Jesus was oneindige meer.
Die Griekse woord wat Markus vir ontsteld gebruik, is “ekthambos” en dit beteken om troumaties verskrik te word.
“Ekthambos” beteken om in die diepste dieptes van ontsteltenis en depressie gedompel te word.
Waarom is Jesus ontsteld?
Hy stap uit Sy bekende ewige onbesmette hemelse reinheid, binne in my aardse onbekende vuil sonde besoedelde lewe.
Jesus is ontsteld. Sy hele Wese ruk van ontsteltenis.
Die vleeswording was oneindig seer.
Die pad vanaf Jesus se ongesteurde Godheid na Sy wrede dood aan die kruis, was ‘n pynlik lang pad.
Die vleeswording van Jesus is ‘n studie wat mens stom slaan en jou lewe radikaal verander.
Jesus verlaat Sy onverstoorde vrede van ‘n ewigheid en Hy stap die oorlog van my sonde-neurose binne.
En die teks sê Hy is ontsteld. Hy is verskrik. Sy hele wese ruk en bewe van ontsteltenis.
Die teks sê ook dat Hy benoud begin raak het. Die woord wat Markus gebruik, is “adymonein”.
“Adymonein” verwys ook na die soort benoudheid wanneer jy ontuis voel. Jy voel uit jou plek want jy weet die mense wil jou nie daar hê nie.
En Jesus begin benoud raak – die benoudheid van ontuis voel. Jesus is skielik nie meer tuis in Sy Vader se liefde nie.
Hy ervaar pynlik hoe die sondes van die wêreld wat Hy besig is om op Homself te neem Sy verhouding met Sy Vader affekteer.
Jesus ervaar ‘n ontsettende ontuisheid in my sonde. Dis onbeskryflik troumaties. Hy wil nie daarin wees nie. Sy heilige wese rebelleer daarteen.
Hy voel hoe die vlamme van God se vreemde toorn Hom begin verteer. Jesus word met ‘n gevoel van “Ek is nie meer tuis by Vader nie” getroumatiseer.
Sal ons ooit die pyn van Jesus se vleeswording begryp? Dit was ‘n baie lang pad van die hemel tot hier by ons.
In hierdie vreeslike pynlike “ontuis by Sy Vader,” en “ontuis in ons sonde,” roep Hy daardie Donderdagnag in groot angs uit: “Ek is benoud.”
Die seer woorde word deur die sprakelose olyfbome geïgnoreer.
MIDDERNAG
Dis middernag. Dis in die tuin van Getsemane. Dis ‘n Jesus wat ontsteld is, dis ‘n Jesus wat diep benoud is.
Toe Jesus begin agterkom hoe verskriklik Gods toorn teen die sonde is, het Sy benoude kreet die naglug deurpriem:
“Ek is ontsteld, Ek is benoud” en nou word ‘n nuwe kreet gehoor:
Markus 14:34 En Hy sê vir hulle: “My siel is diep bedroef (perilupos) tot die dood toe.”
Jesus se vleeswording het Hom tot binne in my pyn laat beland.
Jesus is in die mensdom se gestorte trane van die verlede gedompel; in al die trane van Sy tyd; Jesus is al in die trane van ons mores en oormores gedompel.
En terwyl die Seun van God elke pyn kollektief en intens voel wat nog ooit gevoel is, en wat nog in die toekoms gevoel sal word, roep Hy uit:
“Ek voel doodsbenoud van die vreeslike hartseer.”
Die seer, die pyn, die gebrokenheid van die mensdom het so swaar op Jesus gedruk, dat Hy wou sterf. Sy hele wese word deur hierdie vreemde fenomeen van sondige pyn getroumatiseer.
1 Timoteus 3:16 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees.
Jy weet nie van my pyn nie. Jesus weet omdat Hy mens geword het. En dis vir my genoeg. Ek dank Hom nou daarvoor en in die hemel sal ek die geleentheid kry om Hom vir ewig daarvoor dank.