1. Home
  2. Jesus
  3. Die Vleeswording Van Jesus
  4. Die Vleeswording Van Jesus (Deel 3) – Wat Was In Die Beker?

Die Vleeswording Van Jesus (Deel 3) – Wat Was In Die Beker?

VLEESWORDING – DEEL 3 WAT WAS IN DIE BEKER?

Skriftuur: 1 Timoteus 3:16

Op ‘n vorige keer het ons na sommige van die wroegings gekyk wat Jesus in die vleeswordingproses vir ons redding moes kom deurmaak het.

Hy was onwelkom. Daar was misverstand. Die vernedering om ‘n mens te kom word was ‘n onbegryplike pynlike proses.

In Getsemane het Sy Hy heilige natuur vir die eerste keer met die sondesmet kennis gemaak. Daardie neerdaal na my skuldgevoelens sal ons nooit besef nie. Ons wil ontslae raak van skuldgevoelens, Hy het dit gewilliglik op Homself geneem.

Hy weet van ons skaam pyn van skuldigvoel en van selfverwyt.

JESUS WEET

“Christ has weighed every human affliction, every human sorrow. He bears the weight of the yoke for every soul that yokes up with Him. He knows the sorrows which we feel to the depth of our being, and which we cannot express.

If no human heart is aroused to sympathy for us, we need not feel that we are without sympathy. Christ knows; and He says, Look unto Me, and live. “Come unto me, all ye that labour and are heavy laden, and I will give you rest” (Matt. 11:28). I have borne your griefs and carried your sorrows. You have the deepest, richest sympathy in the tender, pitying love of your Shepherd. . . .

His humanity is not lost in the exalted character of His Omnipotence. He is ever longing to pour out His sympathy and love upon those whom He has chosen, and who will respond to His invitation.” TMK 51

EMPATIE

Hoe kan ek empatie met jou hê? Net wanneer ek deur die selfde seer as jy gegaan het.

Dis net iemand wat deur ’n egskeiding gegaan het, wat die pyn van egskeiding verstaan.

Dis net iemand wat ’n kind verloor het, wat weet hoe seer dit is.

Dis net iemand wat in ’n weeshuis groot geword het, wat weet wat dit beteken.

Die menslike natuur wil alle vorms van trouma vermy. Jesus het mens kom word om alle vorms van trouma saam met ons deur te maak.

Jesus het nooit van Sy Godheid gebruik gemaak om Sy mensheid te ondersteun nie.

“He knows the sorrows which we feel to the depth of our being, and which we cannot express.”

Ek het al dikwels gesien hoe die straatmense op winkelstoepe slaap. ’n Flentertjie karton op die sement hou ’n bietjie van die koue van sement weg.

Hy trek sy flenter baadjie oor sy kop om die koue van die nag ’n bietjie weg te hou.

Hoe het Jesus die Palestynse winters hanteer? Waar het Hy gaan slaap?

Matteus 8:20 En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

Judas die tesourier het nie geld gehad om die 13 van hulle in herberge te laat slaap nie. In die warm maande het hulle onder bome geslaap en in die winter in grotte.

Naby Getsemane is daar so ’n grot. Volgens oorlewering het Jesus en Sy 12 dissipels dikwels hier geslaap.

Ek sien hom daar lê. Miskien is daar ’n bietjie strooi op die klip vloer.

Die Magtige Skepper wat Homself met goddelike lig beklee het, trek Sy bokleed oor Sy kop om die koue van die winter weg te hou.

Jesus het nooit Sy godheid gebruik om Sy fisiese ongemak vry te spring nie. Hy het die pad van elke fisiese ontbering saam met my kom loop.

HET NIE SIEKTE WEERSTAAN NIE

Wat is die heel eerste iets wat ons doen wanneer ons sleg voel?

“Is daar nie ’n inspuiting vir rumatiekpyne nie?”

“Het jy nie vir my ’n pil vir my naarheid nie?”

“Ek kan nie slaap nie. Het jy vir my iets wat vir slaaploosheid help?”

Ons wil nie fisiese ongemak hê nie.

Kom ons kyk vir ’n oomblik hoe Jesus die ongemak van siekte hanteer het:

“Wondrous combination of man and God! He might have helped His human nature to withstand the inroads of disease by pouring from His divine nature vitality and undecaying vigor to the human. But He humbled Himself to man’s nature.

He did this that the Scripture might be fulfilled; and the plan was entered into by the Son of God, knowing all the steps in His humiliation, that He must descend to make an expiation for the sins of a condemned, groaning world.

What humility was this! It amazed angels. The tongue can never describe it; the imagination cannot take it in. The eternal Word consented to be made flesh! God became man! It was a wonderful humility.” 5BC 1127

Ons verstande is te klein om die vleeswording van Jesus te begryp. Alle menslike ongemak wat ons wil vryspring, het Hy deurgemaak.

Sy vleeswording het Hom in staat gestel om die mens se siekte te ervaar.

BREINOPERASIE

Waarom word mense in die Intensiewe Sorg Eenheid geplaas? Hulle wil nie doodgaan nie. Geen geld of moeite word ontsien om mense se lewens te red nie.

Wanneer mens die dood in die oë kyk, is dit natuurlik om nog ’n rukkie langer te wil leef.

Hoe het Jesus gereageer toe Hy die angs van die dood ervaar het?

HET NIE DIE DOOD WEERSTAAN NIE

“As a member of the human family, He was mortal; but as a God, He was the fountain of life to the world. He could, in His divine person, ever have withstood the advances of death, and refused to come under its dominion; but He voluntarily laid down His life, that in so doing He might give life and bring immortality to light.” 5BC 1127

JESUS SE VLEESWORDING EN DIE TUIN VAN GETSEMANE

In my studies oor die vleeswording en lyding van Jesus het ek op verstommende ontdekkings afgekom.

Ook God die Vader het in Jesus deur die verskriklikste lyding gegaan om ons te kom red.

Kom ons stap saam met Hom Getsemane binne.

Matteus 26:36 Daarna kom Jesus met sy dissipels by ’n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

Verse 37,38 Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38 en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.”

Vers 39 Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil

TONEEL

Sien Hom terwyl Hy met ons sonde-probleem worstel! In Sy verskriklike angs gryp Hy na die koue grond.

Dit is asof Hy daaraan wil vashou sodat Hy nie van Sy Vader verwyder word nie. Die koel dou van die bome val op Sy sidderende liggaam. Hy voel dit nie.

Die pyn van vleeswording is onbeskryflik.

Hy moet dieper in my seer, dieper in my swakheid en dieper in my sonde afdaal.

Ongevalle wêrelde en engele hou die toneel met intense belangstelling dop.
Is die gevolge van sonde werklik so vreeslik!

Uit ’n angsbevange, benoude, verslae worstellende hart word die vreemdste pleitende noodkreet gehoor:

“My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan” Matteus 26:39.

Verskriklik is die versoeking om die mensdom aan hulle eie lot oor te laat en terug te gaan hemel toe.

Maar worstellend bid Jesus verder “nogtans nie soos ek wil nie, maar soos u wil.” Matteus 26:39.

SLAPENDE DISSIPELS

Met ’n groot gesukkel kom Jesus orent. Hy begin na die plek waggel waar Hy Sy dissipels agtergelaat het. Hy soek na ’n greintjie menslike simpatie in hierdie vreeslike uur van onmenslike worsteling.

Maar die slapende dissipels het geen woord van bemoediging vir hulle Meester nie. Hulle kyk hoe Hy met groot inspanning troosteloos na Sy bidplek terug waggel.

TWEEDE WORSTELING

In die tweede worsteling was Jesus se lyding nog groter. Lukas gee vir ons die volgende inligting:

Lukas 22:45 “Hy het in doods angs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.”

Dis onmoontlik om met woorde die onmeetlike sielsangs en lyding te beskryf wat Jesus moes deurmaak.

Geen instrument in die ganse kosmos kan die intense pyn meet waarin my sondes Jesus gedompel het nie.

In Sy angs en worsteling bars die klein aartjies en bloed begin op sy voorkop pêrel. Dis vreeslik. Kan jy dit sien? Die menslike natuur van Jesus worstel met my sonde-probleem en Hy sweet bloed. Sal ons ooit besef wat ons sonde aan Jesus gedoen het. Weer roep Hy uit:

“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg.” Lukas 22:42.

Maar gelukkig vir jou en my bid Hy:

“Nogtans nie My wil nie maar U wil geskied.” Lukas 22:42.

SLAPENDE DISSIPELS

Jesus strompel van boom tot boom tot Hy weer by Sy slapende dissipels uitkom. Markus 14:40 sê vir ons:

“En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.”

Hoekom nie? Jesaja 52:14 gee vir ons die antwoord:

“Baie mense was ontsteld oor Hom, hy was so misvormd dat Hy nie meer soos ’n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ’n mens gehad het nie.”

Die teks sê hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie. Hulle was te geskok, te ontsteld. Sy hele gesig was vertrek en bloedbevlek. Jesus het ’n werklike mens kom word. Die vleeswording was ’n pynlike proses.

Het die dissipels begryp wat Jesus deurmaak toe Hy bang, verskrik, verskeurd vir die tweede maal van hulle wegstap? Het hulle begryp waarom Hy strompel? Het hulle die betekenis van die bloedsweet verstaan?

Verstaan ons wat Jesus deurmaak as Hy vir die derde keer deur angs en depressie op die grond neersuig? Weet ek waarom Jesus in hierdie vreeslike uur sidder?

Dis ek! Dis my sonde. Dis almal se sonde. Dis ’n beker vol sonde wat so groot soos die wêreld se ellende is. En as Jesus hierdie beker vol sonde drink, sal die gif daarvan Sy dood veroorsaak.

Maar nie net die dood sal so vreeslik wees nie.

Dis ook die skeiding wat die drink van die sondebeker tussen Hom en die Vader gaan veroorsaak wat Jesus laat steier.

Jesus worstel. Die vreeslike oomblik van waarheid het aangebreek – die oomblik waarin die lot van die wêreld beslis sou word. Die volgende woorde kom weer oor Jesus se bleek bewende lippe:

“My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.”

JESUS SE BESLUIT

Wat het Jesus die finale besluit laat neem om die gifbeker met al ons liederlike sondes te drink? Hy het jou gesien en Hy het my, die patetiese gesien.

Hy het besef dat as Hy nie deurgaan met Sy lyding nie, ons vir ewig verlore sou wees. En Hy het ook besef dat as Hy die beker van my sondes leegdrink ek vir ewig gered sal wees.

Hebreërs 12:2 sê dat Jesus vir die vreugde wat Hom voorgehou is die kruis verdra het en die skande verag het.

“Terwille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins.”

Toe Jesus ons gesigte in daardie donker tuin sien, het Hy die beker geneem en dit tot op die bodem leeggedrink.

Daar het nie een druppel sonde oorgebly nie. Hy het al ons sondes weggesluk.

Daardie Donderdagnag in Getsemane het Jesus ’n sprong in die donkerte van my sonde geneem en die angs van triljoene verlorenes deurgemaak. Die vleeswording was seer.

Jesus het pynlik ervaar hoe God die Vader Sy rug op Hom draai. Hy voel hoe die verskroeiende gloed van goddelike toorn Hom verteer. Die vleeswording was seer.

Toe die Seun van God hierdie besluit neem, het Hy sterwende op die grond geval. Die Heiland het die wynpers alleen getrap en van die volk was niemand daar om Hom te help nie.

Die vleeswording was onbeskryflik seer.

Daar was stilte in die hemel. Geen harp is aangeraak nie. As ons maar net die verbasing en skok van die engele kon sien toe die Vader skielik Sy strale van liefde en lig van Sy geliefde Seun afsny, sou ons die afskuwelikheid van die sonde beter besef.

Die vleeswording was onbeskryflik seer.

Sal ons ooit besef wat God die Vader deurgemaak het toe Hy Sy toorn op Jesus moes uitstort? Hy het dit teen die sonde, en toe Jesus die sondes van die mensdom op Hom neem, het God die Vader teen Jesus opgetree.

Ek wonder of ons ooit die omvang van die krisis sal besef waarin ons sondes die Godheid gedompel het. Sal ons ooit die dieptes van God se liefde kan peil? Sal ons ooit genoeg kan dankie sê dat Jesus ’n mens kom word het nie.

Die vleeswording was seer, onbeskryflik seer.

1 Timoteus 3:16 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees.

Was this article helpful?

Related Articles