Emosies

EMOSIES

Skriftuur: Johannes 16:20-22 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.21 ’n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ’n mens in die wêreld gebore is.
22 Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.

Die Woord van die Here vol van beskrywings oor gemoeds-aandoeninge – emosies. In die skriftuur het ons van twee soorte gelees: droefheid en blydskap.

Het die Woord van die Here enige raad oor hoe ek moet voel? Is daar iets wat ek aan my emosies, my gevoelens kan doen? Is dit sonde om sekere soorte gevoelens te hê?
Waar kom my emosies vandaan? Waarom verander dit somtyds so vinnig?

Dit is sommige van die vrae wat ons in hierdie studie gaan beantwoord.

Hoe voel op hierdie oomblik? Maak dit aan jou saak hoe jy voel? Voel jy miskien ontevrede? Hoe lank het jy al hierdie gevoel? Het jy al tyd geneem om te dink waarom jy ontevrede voel en waar dit begin het?

Voel jy miskien ongelukkig? Somtyds maak iets jou ongelukkig, bv. Iemand het iets aangaande jou gesê wat jou onsettend seergemaak het. Lateraan vergeet jy daarvan maar die ongelukkigheid bly by jou. (Stemming – bui.)

Voel jy miskiens hartseer? Is daar ‘n seer in u hart? Luk 22:45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.

Voel jy miskien opstandig? Opstandig teenoor die kerk, teenoor u kinders, of ouers, teenoor die Here of sommer teen die hele lewe? Is daar miskien ‘n gevoel dat mense teen jou is? ‘n Gevoel dat selfs die Here teen jou is?

Hierdie is maar net ‘n paar van die baie negatiewe gevoelens wat ‘n mens kan koester.

POSITIEWE GEVOELENS

Dan is daar die positiewe gevoelens. Emosies wat ‘n mens verhef. Voel jy dankbaar? Miskien het iemand ‘n woordjie van waardering teenoor jy gespreek en dit het jou ‘n heerlike warm gevoel van dankbaarheid gegee. Of miskien het jy sopas oor al die goedhede van die Here gedink en jou seëninge getel en jy voel dankbaar.

Voel jy gelukkig? Blymoedig? Opgeruimd? 2 Korintiërs 6:10 praat van bedroefdes maar wat altyd opgeruimd is.

Is daar ‘n vreugdegevoel in jou hart? Dawid het daarvoor gebid Psalm 51:14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’n gewillige gees.

Juig jy in jou hart? Dawid het. Psalm 35:9 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.

Hierdie is net ‘n paar van die aangename emosies wat ‘n mens kan beleef.

BELANGRIKHEID VAN DIE ONDERWERP

Die Skepper het ons as gevoelsmense/wesens geskape. Hy het ons die wonderlike gawe van emosie gegee. Ons kan die heerlike gevoel van groot geluk smaak. Ons kan dankbaar voel, ons kan liefhê. Groot gawes en ons waardeer dit nie altyd soos ons moet nie.

Omdat hierdie saak van gevoel, van emosie so ‘n baie belangrike deel van ons lewe uitmaak, en omdat al hoe meer mense hulle godsdiens en hulle geluk op emosies baseer, het ek beindruk gevoel om hierdie onderwerp saam met u te behandel.

Alhoewel emosies ‘n belangrike deel van my lewe uitmaak, is dit nie die belangrikste iets in my lewe nie.

DIE VYAND

Na die sondeval van die mens, het die duiwel toegang tot die mens se emosies verkry en sedertdien doen hy alles om elkeen van ons se emosies te beheer. Deur die milleniums het hy al baie ver gevorder op die gebied van famakologie om die mens se emosies te manipuleer.

Die eerste emosie-opwekker wat hy aan die mens voorgestel het, was sterk drank. Daarna tabak, tee, koffie. Alles dinge wat jou laat lekker voel.

En tans het hy duisende mense in sy greep met dwelmmiddels. Van die floue wat mens in die apteek koop, tot die sterke wat die smokkelaars verkoop.

EMOSIES DIE NORM

Maak jou emosies jou norm, sê hy aan mense. Maw as jy nie ‘n gevoel het om kerk toe te gaan nie, dan bly jy by die huis. En dan fluister hy sommer gou die volgende paar woorde in jou ore: “Moenie ‘n moodkuil van jou hart maak nie.”

Wat probeer hy by ons tuisbring? Dat ons ons godsdiens op gevoel moet baseer. As jy lusvoel om kerk toe te gaan, dan kan jy gaan. Dan is dit reg, maar as jy nie lus voel nie, dan doen jy sonde, bly by die huis.

REDES WAAROM DIE DUIWEL EMOSIE BEKLEMTOON

Mag ek staatmaak op hoe ek voel? Somtyds voel dit of die Here baie ver van my af weg is. Ander kere voel dit of Hy so naby aan my is. Wie is nou betroubaar? Hy die Here wat onveranderlik en betroubaar is, of my emosies?

VERANDERLIK SOOS WOLKE

Soos die klimaat verander, so verander my liggaamlike toestande, en my emosies. Mens voel anders in die oggend as in die aand.

1. Die tiener ontwikkel nuwe kliere, skei nuwe hormone in die bloedstroom af. Hulle raak vreeslik emosioneel. Later herstel hulle en dan voel hulle anders teenoor die ouers.
2. Oorgangsjare in ouer persone. Kliere kwyn weg, hormone word onttrek – raak emosioneel.

ONVEILIGE GIDS

As ons moet volg waar emosie ons lei, sal ons in groot moeilikheid beland. En die rede waarom so baie mense in die verknorsing sit waarin hulle is, is omdat hulle gemaak het soos hulle lus was.

Sommige mense weerhou hulle offergawe omdat daar nie ‘n sterk emosionele oproep gemaak word nie. Hy wil geroer raak voordat hy vir die Here se saak iets gee.

DUIWEL WEK EMOSIES OP

Dink u die duiwel het mag om emosies by my op te wek? Baie beslis. Hy bring dit veral wanneer ek dit nie verwag nie. In drome, verlief raak, iemand slaan.

Mev. Nieman. Elke keer wanneer sy ‘n broodmes gebruik kom daar ‘n gevoel by haar op om haar kind keel af te sny.

Sommige onheilige emosies is die produk van my onheilige gedagters maar daar is emosies wat my te binne skiet wat direk van die duiwel afkomstig is.

WAARSKUWING

Ons moet baie versigtig wees watter belangrikheid ons aan emosies heg.

SPREUKE 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Wat is die betekenis van hierdie teks?

‘n Deeglike bewaring van die hart is uiters noodsaaklik vir ‘n gesonde groei in genade. Die hart in sy natuurlike toestand is die woonplek van onheilige gedagtes en sondige gevoelens… Christus moet die middelpunt van ons emosies wees. Bedink Sy grootheid, Sy genade en voortreflikheid. Laat Sy goedheid en liefde en volmaaktheid van karakter jou hart verower.” 3BC 1157

UITWERKING VAN NEGATIEWE EMOSIES OP DIE MENS

Voordat ons na die uitwerking kyk, kom ons staan vir ‘n oomblikkie stil by die algemene kenmerke van ‘n gemoeds-aandoening of emosie.

1. Die kwaliteit. Aard of soort gevoel soos ons dit ervaar. Bv. Woede of liefde.
2. Intensiteit. Die sterkte van die gevoelsaandoening. Die gevoel vir my kind is baie sterker as my gevoel vir haar maatjie.
3. Duur. ‘n Gemoedstoestand duur nie onbepaald nie. Party is kort, ander lank.
4. Liggaamsreaksie. Elke emosie het ‘n uitwerking op my liggaam. As ek bang word, klop my hart vinniger. Wanneer ek skrik, skei my kliere adrenalien af, as ek verleë is, bloos ek.

Baie mense is fisiese wrakke omdat hulle negatiewe emosies in hulle ronddra.

SENTIMENTELE GEVOELENS

“Jy het jouself aan smoorverliefde gedagtes en gevoelens oorgegee totdat jy byna verwoes is… Nuttige werk in die huis sal hierdie sieklike sentimentele toestand van gevoelens vinniger tot niet maak as enige iets anders.” 2T 324

BRON VAN NEGATIEWE EMOSIES

1. Musiek. As daar iets is wat emosies by ‘n mens opwek, dan is dit musiek. Moenie toelaat dat die duiwel deur verkeerde musiek, verkeerde emosies by u opwek nie.
2. Leesstof. Baie boeke is deur die vyand geinspireer om verkeerde emosies by ons op te wek. Verban hierdie leesstof uit u lewe. Die goedkoop sentimentele emosies verwoes ‘n mens se lewe.
3. Ou koeie uit die sloot uit grawe. Party mense se ou koeie is permanent uitgegrawe en hulle emosies permanent vergiftig.

Saam met die pyn van die gedagtes aan die verlede is daar ook ‘n sataniese satisfaksie. Masogisme.

4. Gedagtes
“Wanneer die gedagtes verkeerd is, sal die gevoelens verkeerd wees, en die gedagtes en gevoelens gesamentlik, maak die sedelike karakter uit.” 5T 310.

Hoe belangrik is dit nie om reg te dink nie, want dan sal ‘n mens reg voel.

EMOSIONELE BEHEER

Het ‘n mens enige direkte beheer oor jou emosies? Tot ‘n mate kan mens die inname van emosies beheer soos ons reeds gesien het. Ek kan sekere musiek, leesstof mense ens. vermy.

Maar daar is weinig wat ek kan doen om alle negatiewe emosies te vermy. Ons moet erken, dat ons nie beheer oor die meeste emosies het wat tot ons kom nie.

Bv. jy sien ‘n vreemdeling. En dadelik onstel hy jou. Daar kom ‘n vyandige gevoel by jou op. Dis onverklaarbaar. (Hitler)

Maar daar is iets anders wat ‘n mens kan beheer. Jy kan vir jouself sê: Luister hier. Jy is ‘n kind van die Here en daar word van jou verwag om alle mense lief te hê. En dan sê jy vir jouself ek hou van die persoon. Wat gebeur dan?

“Dit is ‘n wet van die natuur dat ons gedagtes en gevoelens versterk word namate ons daaraan uiting gee.
Hoewel dit waar is dat woorde gedagtes uitspreek, is dit ook waar dat gedagtes (en ook gevoelens) op woorde volg.” HH 237. Rede skryf aan my emosies voor.

BOTSING TUSSEN REDE EN EMOSIES

Dikwels bots my emosies met my rede met my plig. Watter een gaan seëvier? Rede gaan seëvier. Ek gaan my nie aan my emosies steur nie en gaan doen wat reg is. Ek sal na die vreemdeling gaan en hom vriendelik groet en die Here vra om vir my liefde vir die man te gee.

Illustrasie. Nou die aand ‘n kat in my studeerkamer gekry. Ek het hom baie gou uitgejaag. Ek kon nie help dat hy tussen my boeke gekom het nie, maar ek kon help dat hy weer uitgejaag word.

Baie maal spring verkeerde gevoelens in ons hart. Ons kan daar niks aan doen nie. Maar ons kan sorg dat hulle gou weer uitgejaag word.

PLIG OM NEGATIEWE EMOSIES TE VERBAN

“Dit is ‘n positiewe plig om swartgalligheid en gedagtes en gevoelens van ontevredenheid te weerstaan – net soveel ‘n plig as om te bid. As ons hemel toe gaan, hoe kan ons soos ‘n klomp roudraers gaan, al kreunende en klaende die hele pad na ons Vader se huis?” HH237

Ons is op pad huis toe. Kom ons wees bly. Dieselfde bly gevoel wanneer mens naby jou huis kom

AANKWEEK VAN POSITIEWE GEVOELENS Hoe? 1 Thessalonisense 5:16 Bid sonder ophou.

“Die genot om aan ander goed te doen, bring ‘n warmte, ‘n besieling na die gevoelens wat deur die senuwees flits, die bloedsirkulasie laat toeneem, en verstandelike en geestelike gesondheid opwek.” 4T56

Dit mag wees dat die ongelukkigheid van my gevoelens die gevolg van selfsugtigheid is. Omdat ek nooit iets vir ander doen nie, is ek ongelukkig. Soek iets goeds om aan ‘n ander te doen.

GEDAGTES

“Die gedagtes en gevoelens gesamentlik, maak die sedelike karakter uit.” 5T 310.

Illustrasie. Nou die oggend bitter sleg gevoel. Daar het iets gebeur wat my onstel het, en hoe meer ek daaraan gedink het, die onreg aan my gedoen, hoe slegter het ek gevoel.

Daar was net een manier waarop ek weer kon goed voel, ek moes oor iets anders gedink het. Die hemel het my gedagtes aangegryp en baie gou het die heerlikste gevoel by my opgekom. As daar nie op hierdie oomblik iets is om oor bly te voel nie, daar is iets in die toekoms.

JESUS IS DIE OPLOSSING

GEBED “Plig om neg emos te verban”)

“As ons nie wil sondig nie, moet ons heel aan die begin iets daaromtrent doen. Elke emosie en begeerte moet aan die rede en die gewete onderwerp word. Elke onheilige gedagte moet oombliklik weerstaan en onderdruk word. Na julle binnekamers, volgelinge van Christus. Bid in geloof met julle hele hart. Die duiwel hou u fyn dop sodat hy u voete kan verstrik. U het hulp van omhoog nodig om sy liste te ontvlug.” 5T 177.

“Die tonele van Golgota wek die diepste emosie. Entoesiasme oor hierdie onderwerp is aanvaarbaar. Ons gedagtes sal nooit kan begryp waarom Christus wat so voortreflik, so onskuldig is, so ‘n pynlike dood moes sterf terwyl Hy die gewig van die wêreld se sondes gedra het nie. Die lengte, breedte, hoogte en diepte van so ‘n verbasende liefde sal die gedagtes vul, die siel aanraak en versmelt, die emosies verfyn en verhef, en die karakter geheel en al verander.” 2T 213.

Wil jy die diepste, die gelukkigste emosies besit? Aanskou die tonele van Golgota.

Wil jy heilige entosiasme besit? Kyk na Jesus se lyding.
Wil jy graag verfynde, verhewe emosies besit? Kyk dan lank na die weergalose liefde van Jesus vir jou.
Wil jy graag ‘n veranderde karakter besit? Vul dan die gedagtes met Jesus.

“Christus en Hom gekruisig moet die tema van ons gedagtes word en die diepste emosies van ons siele opwek.” 2T634.

Was this article helpful?

Related Articles