Gibeon

GIBEON

My naam is Gibeon.

Ek is ‘n antieke stad wat my verhaal aan jou gaan vertel.

Ek is nie baie gewild onder toeriste nie. Miskien omdat hulle nie baie van my interessante geskiedenis ken nie.

Hierdie toeris kyk na ‘n waterskag wat deur die eeue baie water aan my inwoners verskaf het. Ek wens daar was tyd gewees om sy verhaal te luister en die beroemde mense soos Josua, Salomo en baie ander belangrike mense wat van sy water gedrink het.

MY NAAM

My naam, Gibeon, beteken “heuwel”. My naam kom op 33 Hebreeuse inskripsies in die omgewing voor.

Ek was voorheen die hoofstad en die volgende stede het ook aan my behoort”

Jos 9:17  Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim.

Miskien moet ek myself net hier ondebreek om iets oor Kirjat-Jearim te noem:

Tydens ‘n geveg tussen Israel en die Filistyne by Afrek, het die ark in laasgenoemde vyand se hande geval.

Eers het hulle die ark na die tempel van Dagon in Asdod geneem, maar dit was ‘n ramp.’n plaag het uitgebreek en hulle het toe die ark na Gasa gestuur.

Dieselfde rampe het daardie mense getref. Toe is die ark uiteindelik na die Israeliete van Betsemes gestuur.

Die mense het nie baie respek vir die heiligheid van die ark gehad nie en van hulle het hulle lewens verloor.

Daar is toe besluit dat die ark na een my stede gestuur moes word, en dit was Kirjat-Jearim.

Wat ‘n voorreg om die ark in die bekwame hande van een van my vorige stede vir 20 jaar te kon huisves.

BEDROG

Ek is baie skaam om dit vir jou te vertel. Ons het bedrog gepleeg en tog wat die God van Israel en Sy volk vir ons baie goed. Ek lees vir jou wat die boek van Josua oor ons skande neergeskryf het:

Jos 9:1  En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,

Jos 9:2  het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

Toe ons van die bomenslike val van ons magtigste stad Jerigo hoor, het ons gebewe van vrees.

Wat ons nog banger gemaak het, was die reuse byeenkoms wat Israel by Ebal en Geresim gehad het. Daar het hulle die wet van hule God as die wet vir die hele Kanaän geproklameer.

‘n Noodvergadering is byeengeroep. Hulle voorneme was baie duidelik; oorname van die hele land.

Jos 9:2  het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

Die beslsuit is geneem om tot die dood toe teen die Israeliete te veg.

My manne het besluit dat daar ‘n ander opsie was. Soos die spreukwoord in Engels sê: “If you can’t figth them, join them.”

Maar gaan ek dit regkry? Hierdie volg ons plan:

Jos 9:3  Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,

Jos 9:4  het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;

Jos 9:5  ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

Jos 9:6  So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van ‘n ver land af; sluit dan nou ‘n verbond met ons.

Jos 9:7  Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan ‘n verbond met julle sluit?

Jos 9:8  Toe sê hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?

Op hierdie stadium moes Josua die Here geraadpleeg het. Miskien het hy, net soos ons met tye, nie gevoel hy moet die oor so ‘n onbenullige saak raadpleeg nie.

Hy het mos genoeg verstand om te sien dat hierdie mense van ‘n baie ver land afkomstig was.

Hier is ‘n les vir ons. Moenie op jou impiriese ondersoek staatmaak nie, praat met die Here oor die saak en spaar vir jou baie trane en moeilikheid.

Een van die slimste koning in die geskiedenis van Iarael het die volgende raad gegee:

Spr 3:5  Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Spr 3:6  Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Spr 3:7  Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

Jos 9:9  En hulle sê vir hom: U dienaars kom van ‘n baie ver land af, vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;

Jos 9:10  en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot was.

Alhoewel jy nie met oneerlike motiewe samstem nie, moet my begin na die soeke van die ware God nie miskyk nie.

Op hierdie stadium het ek besef dat geen ander god kon doen wat die God van Josua vir Sy mense kon doen  nie.

Ek het geweet die God van Israel my geringe kennis van Hom sal aanvaar en my na groter openvarings van Sy lierdevolle karakter sou lei.

En dit is presies wat later gebeur het toe my mense diens by die tabernakel kom doen het.

Jos 9:10  en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot was.

Waarom dink jy het ons niks van verwoesting van Jerigo genoem nie?

Jos 9:11  Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou ‘n verbond met ons.

Soos wat Israel aanvanklik nie konings oor hulle laat regeer nie, so het ook nie konings gehad nie. Ons het staatgemaak op die oudstes onder hulle want daar is wysheid in die raad van vele raadgewers.

Jos 9:12  Ons brood hier—warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan—kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.

Jos 9:13  En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het—kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene—hulle is verslyt deur die baie lang reis.

Jos 9:14  Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie.

Ekskuus maar ek moet ‘n bietjie lag. Josua se manne het aan die ou kos geproe. Jy moes hulle gesingsuitdrukkings gesien nie. “Josua hierdie ouens praat die waarheid. Ons het nog sulke ou vrot kos gerpoe nie.”

Dit sou tog beter gewees het as Josua net vir veiligheid die Urim en die Tummin geraadpleeg het.

Jos 9:15  En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ‘n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ‘n eed beloof.

Jos 9:16  Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.

Jos 9:17  Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim.

Ek was so bang toe daardie magtige weermag hier by my aankom. Wat gaan hulle maak? Maar gelukkig het hulle nie hulle eed verbreek nie.

Jos 9:18  Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.

Jos 9:19  Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.

Jos 9:20  Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.

Jos 9:21  Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.

Jos 9:22  Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af—terwyl julle tussen ons in woon?

Jos 9:23  Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.

Die straf wat ons opgelê is, was beter as die doodstraf. In die Tabernakelwerk het ons van God se groot plan geleer oor hoe Hy sondaars verlos. Die loon wat ons ontvang het, het vir ons groter Vryheid as vantevore gebring.

Luister na die antwoord wat ons vir Josua gegee het:

Jos 9:24  Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

Jos 9:25  Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

Jos 9:26  Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

Jos 9:27  So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.

Kom ons hoor hoe my voormalige kollegas oor my verdrag met Josua gereageer het:

Josua 10:1  Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor dat Josua Ai ingeneem en heeltemal vernietig het, dat hy met Ai en sy koning dieselfde gedoen het as wat hy met Jerigo en sy koning gedoen het, en ook dat die inwoners van Gibeon met Israel vrede gemaak het en by hulle woon.

Jos 10:2  Die mense van Jerusalem het baie bang geword, want Gibeon was ‘n belangrike stad, soos ‘n stad met ‘n koning, en groter as Ai, en al sy manne was dapper vegters.

Jos 10:3  Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het toe vir koning Hoham van Hebron, vir koning Piram van Jarmut, vir koning Jafia van Lakis en vir koning Debir van Eglon laat weet:

Jos 10:4  “Kom help my dat ons Gibeon aanval; hulle het vrede gemaak met Josua en die Israeliete.”

Jos 10:5  Die vyf Amoritiese konings, die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon, het toe elkeen met sy hele leër gekom, hulle manskappe teen Gibeon ontplooi en die aanval begin.

Jos 10:6  Die manne van Gibeon het vir Josua in die kamp by Gilgal laat weet: “Moet ons tog nie nou in die steek laat nie, u moet gou hiernatoe kom en ons red U moet ons help, want al die Amoritiese konings in die Bergland het ‘n bondgenootskap teen ons gesluit.”

os 10:1  Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor dat Josua Ai ingeneem en heeltemal vernietig het, dat hy met Ai en sy koning dieselfde gedoen het as wat hy met Jerigo en sy koning gedoen het, en ook dat die inwoners van Gibeon met Israel vrede gemaak het en by hulle woon.

Sy naam beteken: “My heer is geregtigheid.”

Dit was ‘n bitter pil vir hom om te sluk toe hy hoor ek het ‘n verbond met Josua en sy God gesluit.

Dis die eerste keer wat ek in ‘n godsdienstige oorlog betrokke was.

Jos 10:2  Die mense van Jerusalem het baie bang geword, want Gibeon was ‘n belangrike stad, soos ‘n stad met ‘n koning, en groter as Ai, en al sy manne was dapper vegters.

Jos 10:3  Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het toe vir koning Hoham van Hebron, vir koning Piram van Jarmut, vir koning Jafia van Lakis en vir koning Debir van Eglon laat weet:

Jos 10:4  “Kom help my dat ons Gibeon aanval; hulle het vrede gemaak met Josua en die Israeliete.”

Jos 10:5  Die vyf Amoritiese konings, die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon, het toe elkeen met sy hele leër gekom, hulle manskappe teen Gibeon ontplooi en die aanval begin.

Jos 10:6  Die manne van Gibeon het vir Josua in die kamp by Gilgal laat weet: “Moet ons tog nie nou in die steek laat nie, u moet gou hiernatoe kom en ons red U moet ons help, want al die Amoritiese konings in die Bergland het ‘n bondgenootskap teen ons gesluit.”

Dink jy dit was vir ons maklik om vir Josua hulp te vra? Ons het nog met skuldgevoelens gesukkel.

Maar terwyl ons hulle en hulle God deur die jare dopgehou het, het ons geweet dat vergifnis nie vir hulle ‘n probleem was nie.

En as jy wonder of jy vir God moet vra om jou uit jou benoudheid te help al het jy Hom teleurgestel, het ek goeie nuus vir jou.

Die hulp wat Hy sal gee, lê nie soseer in jou gebed nie, maar in so liefdevolle karakter om sukkellende mense soos ek en jy te help.

Jos 10:7  Josua en al sy manskappe, al die dapper vegters, het toe uit Gilgal vertrek.

Jos 10:8  Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle is teen jou bestand nie.”

Jos 10:9  Josua het van Gilgal af die hele nag deur getrek en die Amoriete skielik oorval.

Deur Wadi Kelt het Josua se troepe deur die nag masjeer. Later deur Wadi Suweilit en toe ons weer sien was hulle by ons.

Hoe dink jy het die geveg verloop?

Jos 10:10  Die Here het hulle paniekbevange laat word vir Israel. Israel het ‘n groot slagting onder hulle aangerig in Gibeon, hulle agtervolg deur die pas na Bet-Goron toe en hulle bly doodmaak tot by Aseka en tot by Makkeda.

Josua het offensief geveg. Dit was terselfdertyd ook sy defensief. En dis hoe ons die vyand in ons lewe moet hanteer.

Val die lelik wat in jou onstaan soos haat griewe en onvergeefgesindheid dadelik aan. Sommer onverwags. Moenie wag met die bose gedagtes wat in jou hart ontstaan nie.

Gee hulle ‘n pak slae met die Here wat jou help.

Jos 10:11  Terwyl hulle op die vlug was vir Israel met die afdraand na Bet-Goron toe, het die Here van daar af tot by Aseka groot haelstene uit die lug op hulle laat val. Daar is meer van hulle deur die hael dood as wat deur die Israeliete met die swaard doodgemaak is.

Wanneer mens by Aseka staan, kry jy ‘n idee van hoe die hael hierdie vyand afgemaai het.

Dis ‘n baie groot risiko wat mense loop wat wanneer hulle teen God optree. Ek Gibeon kan nie glo dat die God van Josua ons op so ‘n manier sou kom red nie.

Maar dis nie net vir ons wat die God van Josua met hael verlos het nie. Luister na hierdie verslag:

God had on a previous occasion used hailstones as an agency of destruction (Ex. 9:18–26). Records of several storms in the East are preserved, in which it is stated that the hailstones were found to weigh from one half to three quarters of a pound. In Northern China some have been known to weigh several pounds and to have killed cattle. God has in store “treasurers of the hail” (Job 38:22, 23) to use in the day of final battle (Rev. 16:21).

Jos 10:12  Dié dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!”

Jos 10:13  Die son het stilgestaan, die maan het nie geroer nie totdat Israel sy vyande verslaan het. Dit staan so geskrywe in die Boek van die Opregte. Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna ‘n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie.

Jos 10:7  Josua en al sy manskappe, al die dapper vegters, het toe uit Gilgal vertrek.

Jos 10:8  Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle is teen jou bestand nie.”

Jos 10:9  Josua het van Gilgal af die hele nag deur getrek en die Amoriete skielik oorval.

Jy moes dit gesien het. Toe die son sak het hy sy troepe met Wadi Kelt laat opruk. Later deur Wadi Suweilit, naby Migmas, en toe ons weer sien was hulle by ons.

Hoe dink jy het die geveg verloop?

Jos 10:10  Die Here het hulle paniekbevange laat word vir Israel. Israel het ‘n groot slagting onder hulle aangerig in Gibeon, hulle agtervolg deur die pas na Bet-Goron toe en hulle bly doodmaak tot by Aseka en tot by Makkeda.

Josua was ‘n  man van woord en daad. Hy moes onmiddellik optree. ‘n Saak kan baie skade ly as ons nie dadelik optree nie. Teen dagbreek het hy die vyand verras.

Longfellow skryf in sy gedig: “The heights by great men reached and kept, were not attained by sudden flight, but they while their companions slept, were toiling upward in the night.”

As daar ‘n taak vir jou wag, vra die Here vir krag en doen dit so gou as moontlik.

Josua het offensief geveg. Dit was terselfdertyd ook sy defensief. En dis hoe ons die vyand in ons lewe moet hanteer.

Val die lelik in jou soos haat griewe en onvergeefgesindheid dadelik aan. Sommer onverwags. Moenie langer bose gedagtes toelaat om jou lewe vir jou te regeer nie.

Gee hulle ‘n pak slae met die Here wat jou help.

Jos 10:11  Terwyl hulle op die vlug was vir Israel met die afdraand na Bet-Goron toe, het die Here van daar af tot by Aseka groot haelstene uit die lug op hulle laat val. Daar is meer van hulle deur die hael dood as wat deur die Israeliete met die swaard doodgemaak is.

Wanneer mens by Aseka staan, kan jy jouself in hierdie verskriklike haelstorm indink. Dis wat gebeur wanneer mens teen die Here wil oorlog maak.

Dieselfde ding het in Egipte gebeur:

Eks 9:22  Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.

Eks 9:23  En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.

Eks 9:24  En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ‘n volk behoort het nie.

Eks 9:25  En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.

Eks 9:26  Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.

Jos 10:12  Dié dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!”

Ek sal die dag nooit vergeet toe Josua hier iewers in my gebied hierdie gebed gebid het nie.

Skielik het die son doodstil in die lug gaan staan.

En die mense hier in Geser in die Ajalonvlakte het gesien hoe die maan doodstil gaan staan het.

Hoe lank dink jy het dit hierdie stilstand van son en maan aangehou?

Jos 10:13  Die son het stilgestaan, die maan het nie geroer nie totdat Israel sy vyande verslaan het. Dit staan so geskrywe in die Boek van die Opregte. Die son het halfpad in die hemel bly staan. Byna ‘n volle dag was hy nie haastig om onder te gaan nie.

Jos 10:14  So ‘n dag was daar nie voorheen of daarna nie, toe die Here vir ‘n mens geluister het! Die Here het vir Israel die oorlog gevoer.

HAEL EN DIE EINDTYD

Kom ek luister net eers wat Moses in die boek Job geskryf het:

Job 38:22  Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

Job 38:23  wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

En nou luister ons na wat Johannes op die eiland van Patmos in ‘n visioen gesien het:

Opn 16:1  En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

Ses verskriklik plae is op die planeet uitgestort en die sewende een was hael:

Opn 16:20  En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

Opn 16:21  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

OPROEP

Ek maak ‘n oproep op jou wat in hierdie laat uur leef. Ek het my by die God van Josua geskaar en my lewe is gered. My vyande is grotendeels deur hael vernietig.

Hierdie planeet gaan binnekort die prys vir sy vervolging van die kinders betaal.

Doen wat ek Gebeon gedoen het. Skaar jou by die God van Josua en ontvlug die val van die dodelike haelstene.

Dis nie God se plan dat jy moet omkom nie. Hy wil hê jy moet jou sondes bely en dit deur Sy krag laat staan en in Sy ewige koninkryk gered word.

Ek groet jou met die droom wat Salomo hier in my gehad het:

1Kn 3:14  En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.

Ek wil vir ewig in die teenwoordigheid van ons liefdevolle hemelse Vader gaan leef, wat van jou?

Was this article helpful?

Related Articles