Jerigo

JERIGO

Baie welkom by die verhaal van my ryke geskiedenis. Voordat ons na my gryse verlede reis, wys ek net vir jou ‘n paar baie interessante plekke in my omgewing.

Die klooster wat jy daar teen die berghang sien het ‘n besondere betekenis.

Dit is opgerig ter nagedagtenis van Jesus se 40 dae-lange vas in die Judese woestyn. Baie gedagtes maal deur jou kop terwyl jy oor die ruïnes na die klooster opstyg.

Nie ver van my af nie sien mens die ruïnes van die antieke sekte van die Eseners. Dis hier by Kirbet Qumran waar die Dooiseerolle ontdek is.

Hierdie was seker die grootste ontdekking in die geskiedenis van ons omgewing. Fragmente van al die boeke van die Bybel is hier ontdek, behalwe vir die boek van Ester.

WADI AL KHARAR

Regoor oorkant my aan die Oostekant het hulle onlangs die plek geïdenfiseer waar Jesus deur Johannes die Doper gedoop is. Baie mense het hier deur my gestap om na die woestynprofeet te gaan luister.

Nadat Jesus gedoop is, het Hy 40 dae in die Judesewoestyn kom vas. Daarna is Hy terug om die van Sy toekomstige dissiepels te gaan roep.

Hier in my woonbuurt kan julle ‘n wilde vyeboom besoek. Later gaan ek vertel wat met Sageus gebeur het toe Jesus vir hom gesê het om uit die boom te klim.

My sewe fonteine was eers in die oopte maar tans is hulle onderdak. Dis ‘n groot ervaring om hier besoek en aan die wondewerke  te dink wat lank gelede hier plaasgevind het. ‘n Bietjie later gaan ons meer daaroor hoor.

OU JERIGO

Besoekers en argeoloë is baie opgewonde wanneer hulle my ruïnes van baie eeue gelede besoek.

‘n Rukkie later gaan ek hulle toelaat om vir jou hulle verhaal te vertel.

MY NAAM

My naam kan een van twee betekenisse hê; of die “stad van die maangod” Nanna of
“Die plek van aangename aroma.” Dit hang net af watter klinkers jy tussen die medeklinkers plaas.

Ek hou van die naam wat Moses my gegee het:

Deu 34:3  en die Suidland en die Jordaanstreek, die laagte van Jérigo, die palmstad, tot by Soar.

Rig 1:16  En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.

JOSUA  MAAK SY  VESKYNING

My mense was vreesbevange toe Josua en sy volk op ‘n dag deur die Jordaanrivier gestap het. Dit was ‘n aangrypende toneel. Toe die priesters hulle voete in die Jordaan plaas, het die waters opgehoop.

Maar dis nie net my mense wat gevrees het nie. Luister na hierdie inligting:

Josua 5:1  En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

Ons was die eerste stad wat hulle sou verwoes voordat hulle verder die land binnedring.

Kom ek lees vir julle die vogende skrikwekkende woorde van Josua:

Jos 6:17  Maar die stad met al wat daarin is, moet ‘n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.

Jos 6:18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.

Jos 6:19  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.

Josua het twee spioene gestuur om my te kom bespied. Maar een van die prostitute wat ‘n huis in die muur gehad het, het hulle so goed weggesteek dat my soldate hulle nie kon arresteer nie.

Asgevolg van haar goeie daad en haar geloof in die God van Israel het die spioene beloof om haar nie dood te maak nie.

Jos 6:22  En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.

Jos 6:23  Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring—al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.

Jos 6:25  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.

Ek het my verstom oor die manier waar die God van Israel mense hulle sonde vergewe en red wanneer hulle Hom as hulle God aanneem. Dis nie ons gode met ons werk nie.

DIE SEWE DAE SE MASJERING OM MY

Nadat Israel die Jordaanrivier oorgesteek het, het hulle oorkant my by Gilgal laer opgeslaan.

Jos 5:10  Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

Tot op hierdie tydstip het hulle elke oggend manne geëet wat uit die hemel geval het, maar nadat hulle die vrugte van my land begin eet het, het die manna nie meer geval nie.

En toe gebeur die volgende. Hulle het vir ses dae om my mure begin loop. Op die sewende dag het hulle dit sewe keer gedoen.  Met die blaas van die ramshorings het hulle uitgeroep en my mure het ingetuimel.

Jos 6:8  En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.

Jos 6:9  Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

Jos 6:10  En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.

Jos 6:11  Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.

Jos 6:12  En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die HERE gedra;

Jos 6:13  en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

Jos 6:14  So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.

Jos 6:15  Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.

Jos 6:16  En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.

Jos 6:17  Maar die stad met al wat daarin is, moet ‘n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.

Jos 6:18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.

Jos 6:19  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.

Jos 6:20  Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ‘n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

Jos 6:21  En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.

Dit was vir my troumaties toe hierdie mense my verwoes het. Maar dis nie al nie. Luister na die vloek wat Josua oor my uitgespreek het:

Jos 6:26  In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

Alhoewel ek nie weer herbou is in koning Agab se tyd nie, het mense in my omgewing gebly.

HERBOUING

1 Kn 16:34  In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou; ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.

Dit was vir my weersinswekkende toe hy Abiram geoffer het nadat hy my fondasie gelê.

Nadat hy my poorte ingesit het, het hy sy jongste seun Segub geoffer. Dit het my hart gebreek.

Die godsdiens van Isael was mooi en regverdig. Hulle het geglo dat God die Vader eendag sou Seun sou gee om vir die sondes van die mensdom te kom sterf.

ELIA EN ELISA

Toe Elia nog geleef het, was daar ‘n profete skool in my grondgebied. Iets waarop ek Jerigo baie trots was. Hierdie jong studente het mense aangemoedig om die skoon lewe te leef wat God van Sy kinders verwag.

Kom ek lees dit vir jou:

2Kn 2:4  En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want die HERE stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom.

Ek sal die dag toe die twee profete hier by my aangekom het, nooit vergeet nie. Wat ‘n voorreg om hulle hier te kon ontvang.

Maar kom ek vertel julle ook van die profete seuns wat hier by my gewoon het:

2Kn 2:5  Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na Elísa toe aan en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.

HEMELVAART

Hier oorkant die Jordaan het die eerste hemelvaart na die sondvloed plaasgevind. Ek was ooggetuie van die verslag wat in die Bybel opgeteken was.

2 Kn 2:11  En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.

Toe Elia opgevaar het, het sy mantel op Elisa geval. Hy het dit gevat en die waters van die Jordaan geslaan. Dit het oopgegaan en hy het hier na my teruggestap.

Kom ek lees vir jou hoe my slegte water heerlike soet water geword het:

ELISA GENEES JERIGO SE SLEGTE WATER

2Kn 2:19  En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.

2Kn 2:20  En hy antwoord: Bring vir my ‘n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

2Kn 2:21  Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.

2Kn 2:22  En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.

JERIGO – SKOUSPEL VAN BEVRYDING

Presies ‘n honderd jaar later het ek die skouspel van die bevryding van Judese gevangenesse geword.

2Kr 28:15  En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan.

Koning Peka van Israel het ‘n klomp Judeërs gevange geneem en na Samaria gevat. Die profeet van die Here het hom toe beveel om hulle na my te stuur waar hulle hulle Vryheid kon terugkry.

Dit was ‘n baie groot vreugdesfees wat hier tussen my mure plaasgevind het.

DIE LAASTE KONING IS IN MY OMGEWING GEVANG

Dit was ‘n baie hartseer dag toe die laaste koning van Juda hier by my gevang is. Ek lees dit vir jou:

Jer 52:8  Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.

Toe die Babiloniese weermag van my mense as bannelinge na Babilon toe geneem het, het ek nie geweet of ek hulle ooit weer sal sien.

Maar toe Kores in 537 die bannelinge vrylaat, het van hulle weer hier by my aangekom.

Luister wat het Esra opgeteken:

Esr 2:34  die kinders van Jérigo, drie honderd vyf en veertig.

Maar dis nie al nie. Van hierdie manne het ook gaan help om die muur van Jerusalem te restoureer.

Luister wat skryf Nehemia:

Neh 3:1  En Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.

Neh 3:2  En naas hom het die manne van Jérigo gebou.

Ek was so trots op my mense wat met die bou van Jerusalem gehelp het.

HERODUS EN JERIGO

Die beroemde bouer met die naam van Herodus die Grote het my met sy boukuns een van die mooistede in die land gemaak.

En toe op ‘n dag blaas hy sy asem hier in my geboue uit.

‘n Baie groot prosessie het hom na sy spoggraf naby Betlehem gaan begrawe.

JESUS SE BESOEK AAN JERIGO

Die rykste man het in my gewoon. Sy naam was Saggeus. Maar die armste man het ook hier by my gewoon.

En op ‘n dag het Jesus altwee van hulle kom besoek. En ek moet vir jou sê hulle was nooit weer dieselfde nie.

En ek wil net vir jou vandag sê: as jy Hom toelaat om jou te besoek, sal jy ook nooit weer dieselfde wees nie. En as jy Hom toelaat om jou eenmaal te besoek, sal Hy dit elke dag daarna weer ‘n draai by jou kom maak.

Kom ek lees vir jou wat dr. Lukas oor hierdie belangrike Besoeker geskryf het:

BARTIMEUS DIE BLINDE ARM MAN

Luk 18:35  En terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar ‘n blinde man langs die pad en bedel;

Luk 18:36  en toe hy ‘n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.

Luk 18:37  En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.

Luk 18:38  Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!

Luk 18:39  En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

Luk 18:40  En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom

Luk 18:41  en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.

Luk 18:42  En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.

Luk 18:43  En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.

Indien jy ‘n oogprobleem het en nie mooi kan sien hoe gevalle jy is nie, doen wat Bartimeus gedoen het. Indien jy nie mooi kan sien hoe groot God se liefde vir jou is nie, doen wat Bartimeus gedoen het.

Indien jy nie die mooi van die lewe kan raaksien nie, doen wat die blindeman gedoen het.

Jesus sal vir jou gaan stilstaan en jou al Sy aandag gee en jou blindheid genees.

BESOEK AAN DIE HUIS VAN SAGGEUS

Luk 19:1  En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan.

Luk 19:2  En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, ‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man.

Luk 19:3  En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.

Luk 19:4  En hy het vooruit gehardloop en in ‘n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.

Luk 19:5  En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.

Luk 19:6  Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.

Luk 19:7  En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ‘n sondige man tuisgegaan.

Luk 19:8  Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.

Luk 19:9  Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ‘n seun van Abraham is.

Luk 19:10  Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

As jy Jesus nog nie in jou lewe toegelaat het nie, wil ek jou ‘n guns vra. Hy is op soek na jou. Moenie vir Hom wegkruip of ignoreer nie. Laat Hom toe om jou te red en ervaar hemelse vrede wat die verstand te bowe gaan.

Was this article helpful?

Related Articles