1. Home
  2. Algemeen
  3. Koper Slang

Koper Slang

Kom ons kyk net weer vlugtig waar Israel op hierdie stadium op pad na Kanaän is. Hulle trek vanaf Kades Barnea, net bokant Petra en die Seïrgebergtes met die Araba, na die Eseon Geber in die suide.

Hulle is nou op die lelikste, droogste en warmste deel van hulle reis

Araba se wortel rb, beteken droog, “verbrand”. Elke keer wanneer ek die Araba sien is hy so lelik dat hy eintlik vir my mooi lyk.

Ons kan partymaal baie veroodelend oor mense se swakhede wees maar wanneer ons die Araba kyk, waar hulle op reis, kan ons gesindheid so ‘n bietjie mooier word.

Kort nadat hulle van die berg Hor weggetrek het, het die Kanaänitiese koning hulle aangeval. Hulle het die Here om hulp gesmeek, en die vyand moes vlug

Pleks dat die oorwinning hulle met ‘n gees van dankbaarheid  vul ‘n groter afhanklikheid van die Here bewerkstellig, het hulle selfversekerd en grootpraterig  geword.

Baie gou het hulle oudergewoonte weer begin kla. Hulle was nou baie omgekrap om hulle nie toegelaat is om Kanaän binne te val nadat die verkenners 40 jaar gelede met ‘n verslag terugkom het nie.

Hulle het die omswerwinge in die woestyn as onnodig lank beskou. Hulle kon hulle vyande net so maklik verslaan as wat hulle nou die koning van Arad verslaan het.

Op hulle suidwaartse rei was dit was dit warm, sanderig, sonder plant en skaduwee.

Die pad het so lank en moeilikheid gelyk; hulle was moeg en dors. En weer faal hulle die toets van Geloof en geduld.

Deur gedurig aan die donker sy van hulle ondervinding te dink, het hulle al verder van God beweeg.

Waar kyk ek en jy want dit gaan ons verander na daardie iets verander.

Hulle het vergeet dat dit juis was omdat hulle by Kades oor water gekla het, dat hulle die reis om Edom moes neem. God het beter dinge vir hulle in gedagte gehad.

Hulle harte moes vol dankbaarheid gewees het omdat God hulle sonde so lig gestraf het. Daarenteen het hulle hulle verbeel dat as God en Moses hulle nie gekeer het nie, hulle nou in besig van die Beloofde Land kon gewees het.

Nadat hulle moeilikheid op hulle self gebring het en hulle lot daardeur nog swaarder gemaak het as wat God bedoel het, het hulle Hom die skuld vir al hulle moeilikheid gegee.

Deur hierdie bitter gedagtes te koester het hulle oor alles ontevrede geraak. Egipte was begeerliker as vryheid en die land waarheen God hulle gelei het.

Die gees van ontevredenheid het hulle selfs met seëninge laat fout vind het.

Vers 5 En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.

Moses het die volk op hulle groot sonde gewys. Dit was uitsluitlik God se se krag wat hulle bewaar het “deur die groot en vreeslike woestyn…deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water.” Deuteronomium 8:15.

Dag vir dag is hulle deur goddelike wonderwerke van genade beskerm. Daar was water om hulle dors te les en brood uit die hemel om hulle honger te stil. Die wolk- en vuurkolom het bedags en snags vir hulle vrede en veiligheid gesorg.

                                                                        Engele het hulle gehelp wanneer hulle teen die rots-steiltes  moes uitklim en hulle weg op die ongelyke woestynpaaie moes baan. Tenspyte van hulle ontberings was daar nie ‘n enkele swakkeling onder hulle nie.

Hulle voete het nie op die lang reis geswel nie en hulle klere het nie geslyt nie. Die Here het hulle teen die gevaarlike woestyndiere en slange bewaar.

As die volk na al hierdie liefdestekens nog steeds gekla het, sou die Here Sy beskerming onttrek totdat hulle in berou en ootmoed na Hom terugkeer.

Omdat hulle deur die krag van God beskut was, het hulle nie besef dat hulle gedurig deur tallore gevare omring was nie. In hulle ondankbaarheid en ongeloof het hulle die dood verwag en nou het die Here toegelaat dat die hulle oorval.

Die giftige slange wat in die woestyn gekriejoel het, is vurige slange genoem omdat hulle byt inflamasie en spoedige dood veroorsaak het. Toe God se hand van beskerming onttrek is, is hulle deur die giftige reptiele aangeval.

Vers 7 En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die Here en teen u gespreek het. Bid tot die Here, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.

Ag dis so mooi. Wanneer ons in opregtheid bely, bring dit blydskap in die Here se hart. Die volk het geweet dat hulle aantuigings vals was.

Vers 8 Daarop sê die Here aan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.

‘n Replika van die slang is op ‘n baie hoë paal gemonteer sodat almal dit kon sien.

Vers 9 Toe het Moses ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.

Die volk was bewus van die feit dat die slang die komende Verlosser voorgestel het. Hulle het ook besef dat ‘n gewone blik nie voldoende was nie maar dat met geloof gepaard moet gaan aangesien daar geen genesing in die slang as sodanig was nie.

Johannes 3:14,15 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,15sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Kom ons bekyk die volgende skets oor die toestande wat in die kamp moes geheers het:

Daar was het ontsettende verwarring en vrees in die kamp geheers. Dooies en sterwende was so te sê in elke tent. Niemand het veilig gevoel nie.

Kort kort het nuwe slagoffer die nagstille met hulle pyndeurdrenkte gille verbreek. Almal was besig om mense wat gepik was te versorg of met beangstheid die wat nog nie gebyt is nie, te probeer beskerm.

Niemand het gemurmureer nie. Die vorige probleme het nie naby hierdie lyding gekom nie.

Kan jy sien mense hulle in ootmoed voor God verneder? En dan bely hulle ook voor Moses en smeek: “Ons het gesondig,” sê hulle, “dat ons teen die Here en teen u gespreek het.”

‘n Rukkie van te vore het hulle hom as die grootste skurk uitgekryt – die oorsaak van al hulle ellende. Maar terwyl hulle dit gedoen het, het hulle geweet dis nie die waarheid nie. Toe die groot moeilikheid kom het hulle baie vinnig besef dat daar net een was wat vir hulle by God kon intree.

“Bid tot die Here,” het hulle uitgeroep, “dat Hy die slange van ons wegneem.”

Moses het ‘n goddelike opdrag ontvang om ‘n koperslang te maak wat net soos die lewendes gelyk het en dit hoog plaas dat almal dit kon sien.

By Nebo kan mens ‘n voorbeeld van so ‘n slang sien.

Almal wat gepik is, moes daarna kyk en verligting ondervind.

Die nuus van kyk en lewe het soos ‘n veldbrand deur die kamp getrek.

Baie het alreeds gesterf en ander het genesing deur ‘n blik op  ‘n metaalslang as belaglik afgemaak en in hulle ongeloof gesterf.

Mens kan jouself nie in hierdie verskriklike ramp inleef nie.

“Pappa,” skreeu ‘n dogtertjie, “kyk asb. sodat pappa gesond kan word.” Ek sien haar langs haar ontslape pappie huil. Daar was duisende sulke gevalle.

Tog was daar baie wat geloof in die voorsiening gehad het wat God gemaak het. Pa’s en ma’s, boeties en sussies het naarstiglik gepoog om hulle sterwende vriende sover te kry om hulle dowwe, moeë oë op die slang te vestig.

As hierdie swak en sterwende tog net een kyk van geloof sou gee, sou hulle volkome genees.

Hulle het besef dat daar geen krag in die koperslang was wat hulle kon genees nie. Hierdie wonderwerk kon nie die Here vermag.

In Sy wysheid het hy hierdie manier gebruik om Sy krag ten toon te stel. Deur hierdie eenvoudige opdrag moes die volk besef dat hulle sonde die ellende gebring het.

Hulle het ook die versekering gekry dat as hulle aan God gehoorsaam is, hulle nie hoef te vrees nie, want Hy sou hulle beskerm.

Die koperslang op die paal moes vir Israel ‘n groot les leer. Hulle kon hulle self nie van die dodelike uitwerking van die gif in hulle wonde red nie.

Net die Here alleen kon hulle genees. Tog moes hulle hulle vertroue in die voorsiening plaas wat Hy gemaak het. Hulle moes kyk en leef. Dit was hulle geloof wat by God aanneemlik was en deur na die slang te kyk is hulle geloof geopenbaar.

Hulle het besef daar was geen deug in die slang nie want dit was net ‘n simbool van Christus. Die noodsaaklikheid van geloof in Sy verdientste is dus op hulle harte gedruk.

Vroeër het baie van hulle aan die Here geôffer en gedink dit kon versoening vir hulle sondes bewerk

Hulle het nie op die komende Verlosser staatgemaak waarna die offers heen gewys het nie. Die Here wou hulle leer dat die offers op sigself net so min reddingskrag soos die koperslang gehad het. Hierdie simbole moes hulle gedagtes na Christus die groot Soenoffer lei.

“Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het” so is ook die Seun van die mens verhoog, “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Johannes 3:14,15.                                                                             

Almal van ons het die dodelik byt van die “ou slang wat genoem word duiwel en Satan” Openbaring 12:9, gevoel.

Die dodelike uitwerking van sonde kan uitsluitlik deur die voorsiening verwyder word wat God gemaak het.

Die Israeliete het hulle lewens gered deur na slang te kyk wat verhoog is. Die kyk het geloof geimpliseer. Hulle het geleef omdat hulle God se Woord geglo het en in die middel vertrou het wat Hy vir hulle genesing daargestel het.

So ook kan die sondaar kyk en leef. Hy ontvang vergifnis deur sy geloof in die Soenoffer te plaas. Anders as die lewelose simbool besit Christus reddende krag om die boetvaardige sondaar te genees.

Alhoewel die sondaar homself nie kan red nie is daar tog iets wat hy moet doen om verlossing te ontvang. “Ek sal hom wat na My toek kom, nooit uitwerp nie.” Johannes 6:37

Ons moet na Hom kom, ons sondes bely en glo dat Hy ons aangeneem en vergewe het. Geloof is ‘n geskenk maar ons besit die krag om dit te beoefen.

Geloof is die hand waarmee ons die goddelike geskenk van genade en ontferming aangryp. Dis net die geregtigheid van Jesus wat ons toegang tot die seëninge van die verbond van genade gee.

Baie begeer hierdie seëninge maar ontvang dit nie omdat hulle dink hulle moet iets doen om dit te verdien.

Hulle het nog nie geleer om net op Jesus vir redding staat te maak nie en nie op hulle self nie. Ons moenie dink dat ons meriete ons kan red nie; Christus is ons enigste hoop op verlossing. “Want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” Handelinge 4:12

Wanneer ons God tenvolle vertrou, wanneer ons op die meriete van ons vergewende Heiland staatmaak, sal ons al die hulp ontvang waarna ons nodig het. Ons mag nie na onsself kyk asof ons die krag het om onsself te red nie.

Omdat ons so hulpeloos ellendig is, het Jesus vir ons gesterf. Ons hoop, regverdiging en geregtigheid is net in Hom te vind.

Wanneer ons deur ons sondigheid oorweldig word, moet ons nie moedeloos word en vrees dat ons nie ‘n Verlosser het nie. Ons moenie dink dat Hy geen genade vir sondaars betoon nie.

Op hierdie einste oomblik nooi Hy ons om in ons hopelose toestand na Hom te kom na Hom te kom en gered te word.

Mag ek jou  nooi om hierdie ongelooflike geskenk aan te neem?

Baie van die Israeliete het geen hoop gehad in die geneesmiddel gesien wat die hemel voorsien het nie.

Dooies en sterwende was orals en hulle het net besef dat hulle sonder goddelike ingryping sou sterf. Maar hulle het net aangehou om oor hulle pynlike bytwonde en gewisse dood te kla totdat hulle uitgeput was en hulle oë glaserig geword het. Hulle kon oombliklik genees word.

As ons van ons tekortkominge agterkom, moet ons nie al ons energie gebruik om ons daaroor te peins nie.

Terwyl ons ons hopeloses toestand sonder Christus besef, moet ons nie moedeloos word nie maar op die meriete van ‘n gekruisigde en verese Heiland staatmaak. Aanskou en lewe.

Jesus het in sy Woord bevestig dat Hy mense red wat hulle toevlug na Hom neem. Alhoewel miljoene wat genesing nodig het Sy genade verwerp,sal niemand wat hulle op Sy genade verlaat, verlore gaan nie.

Baie is nie gewillig om Christus aan teneem alvorens hulle nie die misterie van die verlossingsplan volkome verstaan nie. Hulle weier daardie blik van geloof alhoewel hulle duisende  gesien het wat gekyk het en die krag van die kruis ervaar het.

Dan is daar die wat vir rede en sin filosofie soek en dit nooit sal vind nie solank as wat hulle die getuines verwerp wat God goed geag het.

Hulle weier om in die lig van die Son van Geregtigheid te wandel alvorens die rede die glans aan hulle verduidelik word. Diesulkes sal nooit tot die kennis van die waarheid kom nie.

Die Here neem nooit alle rede tot twyfel weg nie. Hy gee voldoende bewyse waarop geloof gebou kan word en as dit verwerp word, bly hulle in duisternis.

As van die mense wat deur die slange gebyt is, begin twyfel het voordat hulle toegestem het om te kyk, sou hulle gesterf het.

Dit is ons plig om eers te kyk en die blik van geloof sal vir ons lewe gee.

Volgende keer gaan ons weer die wolk- en vuurkolom volg. Soos wat God Sy volk vanaf Egipte tot in die Beloofde Land gelei het, so wil Hy ons ook tot in die hemelse Kanaän lei.

Soos wat Israel baie uitdagings die hoof moes bied, so sal ons dit ook moet doen. Wanneer hulle God gewantrou het, het hulle gemoedsrus verloor en onnodige straf op hulle self gebring.

By Nebo in Jordanië vertel die reuse paal met die slang aan die bopunt ‘n verhaal.

Dit laat mens aan die kruis van Golgota dink. Solank as ons oë op Jesus vestig wat vir ons gesterf het, is ons gered.

Ek nooi jou om te na die kruis te kyk waar God die grootste prys ooit vir die vergifnis en redding van die mens betaal het.

Oh soul are you weary and troubled?
No light in the darkness to see
There’s a light for a look at the Savior
And life more abuntant and free

Turn your eyes upon Jesus
Look full in His wonderful face
And the things of Earth will grow strangely dim
In the light of His glory and grace


His words shall not fail you, He promised
Believe Him and all will be well
Then go to a world that is dying
His perfect salvation to tell

Turn your eyes upon Jesus
Look full in His wonderful face
And the things of Earth will grow strangely dim
In the light of His glory and grace

Was this article helpful?

Related Articles