1. Home
  2. Algemeen
  3. Kos Uit Die Hemel

Kos Uit Die Hemel

Hoeveel wonderwerkehet die Here verrig vandat Moses die farao gevra het om Sy volk te laat trek?

Vir hoeveel dae het hulle die wonderwerk van wolk- en vuurkolom gesien?

45 keer

Eksodus 16:1-3 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer.3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.

Het die Here in Israel se behoeftes belanggestel? En stel Hy in my behoeftes belang?

Luister wat Hy vir Moses gesê het:

Eksodus 16:4 Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.

Brood uit die hemel vir twee miljoen mense? Onmoontlik!

My kleindogtertjie Minke sing ‘n liedjie: My God is so groot. Daar is niks wat my God nie doen nie.

Hy is baie groter as my grootste probleem.

Sodat Ek hulle kan beproef

Hierdie woorde verwys na opvoeding. Die voorsiening van daaglikse voedsel moes die volk daartoe lei dat hulle God sou eer en gehoorsaam.

Hulle moes ‘n daaglikse porsie vesamel maar op ‘n Vrydag, die sesde dag moes hulle ‘n dubbele porsie optel. Waarom?

Vers 5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.

Waaraan herinner die woorde “die sesde dag” jou?

Genesis 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Wat was die aard wat die toets van die sesde dag van vers 5 impliseer?

Die enigste vorige verwysing na die sesde dag is die feit dat God Sy skeppingswerk in ses dae voltooi het.

Wat het na die sesde dag gebeur?

Genesis 2:1-3 SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

En wat het na die sesde dag gebeur toe hulle twee keer soveel manna moes optel?

Dink jy die Israeliete het van die Sabbat geweet?

Oorspronklik was die Sabbat vir sondelose mense gegee. En nou na hulle val, is die Sabbat weer gegee om hulle aan die feit te herinner dat God mense kan herskep.

As die Sabbat vir Israel van ouds ‘n toets van gehoorsaamheid was, wat van geestelike Israel?

Wat leer die sesde dag in die lig van vers 23 vir ons?

Vers 23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, ’n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.

Dis net die sewende dag wat ‘n naam het “heilige dag”. Die ander weeksdae word net numeries aangegee: eerste, tweede, derde tot by die sesde dag.

Vers 5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.

Waarom het daar twee keer soveel manna op die sesde geval en waarom moes hulle twee keer soveel insamel?

Vers 6 Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat die Here julle uit Egipteland uitgelei het.

Wat was die eerste bewys dat God hulle klagte aangehoor het?

Kos, kos, kos!

Verse 7,8 En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die Here sien, omdat Hy julle murmureringe teen die Here gehoor het — want wat is ons, dat julle teen ons murmureer? Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as die Here julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die Here julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die Here.

Die Here wou vir hulle wys dat Hy vir hulle volop brood in die woestyn kan gee, soos wat hulle in Egipte gehad het.

Vers 9 Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die Here, want Hy het julle murmureringe gehoor.

Waarom moes die volk nader aan die Here kom voordat die kos voorsien sou word?

Om te erken dat hulle teen God gerebelleer het.

Vers 10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die Here in die wolk.

Hoedanig was die glorie. Het hulle al voorheen iets soortgelyks gesien?

Hierdie glorie wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie, het die goddelike Teenwoordigheid gesimboliseer.

Deur die glorie wat vir hulle gesien het, moes hulle ‘n kennis van God opdoen. Hulle moes geleer word dat die Allerhoogste en nie net die man Moses nie, hulle leier was, sodat hulle Sy Naam kon vrees en Sy stem kon gehoorsaam.{PP 294.4} 

Verse 11,12 Ook het die Here met Moses gespreek en gesê:12 Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die Here julle God is.

Daar is ook ‘n ander geleenthede waar God vir hulle vleis gegee het. Dit was in die Wildernis van Para by Kibrot-Hattáäwa. (Numuri 11:31–34).

Israel het nie vleis nodig gehad nie aangesien hulle “koring van die hemel” ontvang het wat in al hulle behoeftes voorsien het. (Psalm 78:24)

Verse 13-15 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ’n doulaag rondom die laer.14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die Here julle gee om te eet.

Wat beteken manna?

In ou Semities beteken dit “wat”. In die Amarnabriewe van 14de eeu vC kom dit voor as manna.

“Wat is dit?” (LXX.) die uitroep Manna dui op die verbaasdheid to die Hebreërs hierdie eienaardige substans sien.

Terwyl ek ‘n studie van die Amarnatablette gemaak het, het ek aan die akkuraatheid van die Bybel gedink. Manna word net in dokumente van die middle van die tweede millennium vC. gebruik. Dit was die tyd van die eksodus

Die verhaal van die uittog was deur Moses geskryf wat in daardie tyd geleef het en geweet het hoe om die woord te gebruik.

Vers 16 Dit is die saak wat die Here beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: ’n gomer (3.4 lieters) vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.

Verse 17-19  En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.18 Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.19 En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.

Hulle het nog nooit so ‘n ontbyt gehad nie. Dit het uit die kombuis van die hemel gekom.

Ek dink die ou maer mensies het miskien bietjie gewig opgetel en van die ander het miskien gewig verloor.

Watter simboliek dink jy vind ons in die manna? Tipologie?

Die manne wat uit die hemel geval het om Israel te voed is ‘n tipe van Hom wat van God gekom het om lewe aan die mensdom te bring.

Johannes 6:48-51 Ek is die…van die lewe.49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Onder die beloftes aan Gods volk in die toekomstige lewe staan daar geskrywe: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet va die verborge manna.” Openbaring 2:17 PP 297.2

Hoe het die Israeliete hulleself tov. die manna gedra?

Vers 20 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.

Vers 21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.

Waarom moet ons dieselfde gewoonte aankweek?

Kontak met Jesus moet vroeg in die oggend gebeur anders verloor die Hemelse Manna Sy smaak.

In Watter opsig het die manna luiheid voorkom?

Hulle moes elke dag optel het anders het hulle niks gehad om tee et nie.

En as hulle nie betyds was nie het die son die manna gesmelt.

Die optel van die manna het die volk dissipliene geleer.

Wat is die geheim van armoede?

Prediker 9:6-9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

10 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus!

11 So kom dan jou armoede soos ’n rondloper en jou gebrek soos ’n gewapende man.

Armoede en gebrek is die belonging vir laatslapers.

Verse 22 En op die sesde dag het hulle ’n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, ’n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.

Waarom wou God hê dat hulle hierdie voorbereidins moes doen?

Gedurende hule lang omswerwinge in die woestyn het die Israeliete elke week ‘n drievoudige wonderwerk gesien om hulle met die heiligheid van die Sabbat te beïndruk. Op die sesde dag het daar ‘n dubbele hoeveelheid manna geval, op die Sabbat niks. Die gedeelte wat vir die Sabbat gebêre is, het soet en vars gebly, maar as dit op ander dae gedoen is, het die sleg geword. {PP 296.2} 

Vers 24 En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.

Die Israelitiese tannie sit haar Sabbat porsie weg. Sy wonder of daar nie wurms sal inkom en dit sal stink nie.

Die Sabbatoggend roep sy haar man en kinders om net te kom kyk en te proe en te ryk.

Vir hoe lank het hierdie weeklikse wonderwerk voortgeduur om Vrydag die voorbereidingsdag te maak en om die Sabbat ‘n waarlike dag van rus te maak?

Verse 25-30 Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die Here. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.

26 Ses dae lank moet julle dit in-samel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.

27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.

28 Toe sê die Here vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?

29 Kyk, omdat die Here julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. So het die volk dan op die sewende dag gerus.

Watter belangrike lesse kan ons van God se geduld en deernis leer?

Pleks dat Hy Israel gedurig straf omdat hulle so halstarrig, murmurerend en ongehoorsaam is, daal Hy neer en verduidelik vir hulle wat die doel van Sy vereistes vir hulle is.

Die Sabbat was ‘n heilige dag van rus, ‘n goddelike geskenk waaraan hulle nie moes peuter nie en daarom dan ook die dubbele porsie kos die vorige dag.

Waarom moes hulle op die Sabbat nie manna gaan optel of vir enige ander rede die kamp verlaat nie?

Hulle moes die dag rusting deurbring en heilige temas bedink. Dit het gesinne die geleentheid gegee om mekaar na ‘n week se aktiwiteite weer te vind.

Verses 31-34 En die huis van Israel het dit Man genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die Here beveel het: ’n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.33 Moses sê toe vir Aäron: Neem ’n kruik en gooi ’n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die Here neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.34 Soos die Here Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.

Die woord kruik is uit die Egipties vertaal en dui op ‘n metal houer. Wat se mataal dink jy was dit?

Hebreërs 9:2-4 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,4 waarin ’n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;

Gaan ons eendag die voorreg hê om God se heilige wet te kan sien? Waarom is die manna en Aaron se staf met bloeisels daar?

God se gawes is intensiewe tot gehoorsaamheid. God se wet beloof ‘n oorvloed van goeie gawes vir die gehoorsames.

Veertig jaar lank is hulle elke dag deur hierdie wonderwerk aan die onfeilbare sorg en tedere liefde van God herinner. Soos die psalmdigter dit stel: God “koring van die hemel aan hulle gegee. Mense het die brood van die engele geëet.” Psalm 78:24,25; dit wil sê brood wat die engele voorsien het.

Met die “koring van die hemel” gevoed, het hulle elke dag die les geleer dat, omdat hulle die belofte van God gehad het, hulle net so min kon gebrek ly asof hulle te midde van die golwende graanlande op die vrugbare vlaktes van Kanaän was.

Aan my mede wetsoortreders hier is goeie nuus. God bied ons nie net Sy vergifnis aan nie maar ook Sy krag om ons te help om soet kindertjies te wees.

Dit klink na ‘n ongelooflike aanbod. Sal ons dit aanvaar?

Was this article helpful?

Related Articles