Larsa

LARSA

Daar is nie veel om vandag van my te sien nie. Net waar jy kyk is verlatenheid.

Maar lank gelede was hier mense soos jy. Hulle het met dieselfde krisisse as jy mee gesukkel.

Met tye het hulle gelag, ander kere gehuil. Kinders het vreugde vir ouers gebring, en die ouers se afsterwe het hartseer vir die kinders gebring.

Kom ek vertel jou van my opwindende geskiedenis van lank gelede en van onlangs toe argeoloë my geheime kom ontdek het. Die klippe het baie interessante nuus om te vertel.

ENHEDUANNA

Ek is vertroud met die geskiedenis van Enheduanna die dogter van Sargon wat groot sukses met haar ekumeniese pogings gehad het.

Haar invloed het my ook geraak. Ons het mos invloed op mense sonder dat ons dit altyd besef.

Voordat sy op die toneel verskyn het, was ons trots om ons eie spesifieke gode te kon aanbid het. Met haar ekumeniese wêreldprogram het sy het ons vryheid om self ons gode te kies baie skade aangedoen.

Maar dan is daar nog iets baie snaaks wat sy gedoen het.

GESLAGSVERANDERING

In ‘n gedig wat sy geskryf het, loof Endehuanna vir Inanna die vrugbaarheidsgodin vir haar ongelooflike vermoëns.

Sy het bevoorbeeld die mag om ‘n man in ‘n vrou te verander en vrou in ‘n man te verander.  Die groot naam wat ons vir so ‘n mens gebruik is hermafrodities.

Dit beteken die persoon besit beide manlike en vroulike karaktertrekke.

Ek verstaan dat daar tans weer hermafrodiete bestaan. Ek voel so jammer vir sulke mense en ek voel so jammer dat ons die eerste mense was wat met hierdie onnatuurlike gedrag begin het.

GLORIE VAN LANKGELEDE

Julle wat my tans besoek, en besoekers is bitter skaars, is net sand en verlatenheid.  Maar lankgelede het Larsa baie anders gelyk.

Daar is kunstenaars wat van argeologiese data gebruik gemaak het en gewys het hoe ons lank gelede gelyk het.

Tydens die jare 2000-16000 was ek ‘n formidabele mag in die Ou Babiloniese tydperk.

Maar nadat die Derde Dinastie van Ur tot niet gegaan het, het ‘n magsvakuum ontstaan.

Amoritiese stamme het die geleentheid benut en een van hulle leiers, Gungunum het my in ‘n onafhanklike dinastie omskep. Ek het baie trots daaroor gevoel.

My nuwe heerser Gugunum het hom die titel “Koning van Sumer en Akkad” toegeëin, die dinastie van Isin aangevat en Ur verower.

Die naam van Gungunum se opvolger Rim Sin, is in 1763 deur die beroemde koning van Babilon, Hammurabi verower.

Ons Sumeriërs het so ‘n hartseer verlede. Ons was toe deur Babiloniërs verslaan.

NADEEL VAN BAIE MAG

As iemand destyds mag gehad het, het hy sy mag gebruik om ander stede met hulle kosbare besittings van men en dier te kom vernietig.

Maar dit is nie net iets wat in ons dag gebeur het nie, dis gebeur nog steeds. Mense van mag het nog steeds ‘n drang om swakker mense te oorheers of te vernietig.

NEBUKADNESAR SE BESOEK

Dit was ‘n groot dag toe die beroemde wêreldheerser Nebukadnesar hier by my aangekom het.

Lank gelede het hy teen die rotswande van Wadi Brisa in Libanon 1400 lyntjies geskryf. Daar vertel hy onder andere dat hy my songodtempel gerestoureer het.

Ons was destyds sonaanbidders.  Die Sumeriese naam vir son was Sjamasj. Hierdie tempel was Barbabba geoem en dit beteken die glanstempel.

Hierdie stellings wat hy gemaak het, kan deur die argeoloë bevestig word wat op die ruïnes van hierdie tempel afgekom het. Op een van die teëls het die spoggerige Nebukadnesar  genoem dat hy die tempel gerestoureer het.

My inwoners kon toe voortgaan om weer vir Utu, of soos die Akkadiërs hom Sjamasj genoem het.

NABONIDUS

Nog ‘n belangrike Babiloniese koning het jare later kom besoek. Hy het dieselfde tempel wat Nebukadnesar vroeër geresteer het, weer gerestoureer. Ou Barbabbatempel het hom wat verbeel.

ALGEBRA

Ek wil ook net so ‘n bietjie oor my geleerdes spog. Argeoloë het hulle kleitablette ontdek waar hulle oor ingewikkelde wiskunde praat. Die een tablet, Plimpton 322, het patrone van die Pitagaros-drie.

Weet julle hoe trots is ek op die slim manne wat nou deel is van die verlatenheid wat jy hier sien.

Hulle was lankal slim voor Pitagros van Samos slim was.

UTU – ANTIEKE GODE

Voordat ek van my destydse hoofgod Utu van Larsa praat, wil ek net vinnig die ander hoofgode noem wat by ander antieke stede aanbid is.

AN

An was in die Sumeriese goderyk die koepel wat die plat aarde bedek het.

An is ook die Sumeriese woord vir “lug” of “hemel”

In die Sumeriese mitologie was An ’n god van die lug, hemel en sterrebeelde, en die koning van die gode, geeste en demone.

Hy het in die hoogste streke van die hemel gewoon. Daar is geglo hy het die mag gehad om dié wat misdaad gepleeg het te oordeel en dat hy die sterre geskep het as soldate om die boses te vernietig. Sy simbool was die koninklike tiara.

ENKI – ERIDU

Enki, Sumeries  in Akkadies is hy Ea genome.

Dit was die god wat oor Eridu regeer het.

ANU – URUK

In die Assiries-Babiloniese mitologie is Anu beskou as die plaaslike god van Uruk.

ENLIL – NIPPUR

Enlil Was die god van Nippur

Ea as die god van Eridu.

Elkeen van dié drie was in sy kultussentrum, die belangrikste god.

BABILON

Hier is Bel-Marduk aanbid. Mens sien nog sy afbeelding op die ou mure

In die Pergamonmuseum sien mens hom beter.

Marduk is die seun van Ea, die wysste van die gode en uiteindelik hulle heerser,

Marduk is die Babiloniese eweknie van die Sumeriese Anu en Enlil.

Ea, Marduk se pa het sy oppermag oor die beheer van die mensdom aan hom toevertrou.

In die twaalfde eeu tydens Nebukadnesar 1, is Enlil met  Marduk vervang.

LARSA

Ons is terug by Larsa.

Utu, die songod wat ons hier aanbid het, was die god van geregtigheid, moraliteit en waarheid.

Utu het nie net ‘n tempel hier by my gehad nie, hy  het  ook ‘n tempel in Sippar gehad.

Die tempels se name was  E-babbar “Die glanshuis”.

Wil jy raai wie Utu se pa was? Die Nanna die maangod van Ur.

So wie was die belangrikste?

Die maankultus het aann die begin van die beskawing voorgekom het, terwyl die sonkultus eers ná die landbou-era voorgekom het.

My songod Utu was ook in Babilon en Sippar aanbid. Daar het hulle hom Sjamasj genoem.

EIENSAKAPPE VAN UTU

Wanneer ek na die geskiedenis van die ander Sumeriese gode kyk, is ek baie trots op ons god Utu.

Hy word as ‘n regverdige god gesien. Soos die son die donkerte verdryf, so openbaar Utu die verkeerde dade van die mens.

Hammurabi skryf sy wetskode toe aan die aan my god songod Utu.

In die pragtige beeldhouwerk van Hammurabi sien mens hoe hy met groot eerbied voor Utu, Sjamasj  verskyn.

Die spykerskrif sê: kiri sju men. Kiri is neus, sju is hand en men is die werkwoord vanbeweging.

So wat sê hierdie eerbiedige woorde van Hammurabi voor Sjamash vir jou.

Met my regterhand, met al my asem, wil ek u dien.

Eers nadat Hammurabi sy lewe aan Sjamasj toegewy het, kon hy die ongeveer 300 wetter gehoorsaam.

Dink jy hierdie volgorde geld nog vandag?

UTU DIE GENEESHEER

Utu was ook as die geneesheer. Hier in my woonbuurt het baie siekes hulle gebede na Sjmasj vir genesing opgestuur.

Luister na die lied wat ons vir Utu-Sjamasj gesing het:

21. You climb to the mountains surveying the earth,

22. You suspend from the heavens the circle of the lands.

23. You care for all the peoples of the lands,

24. And everything that Ea, king of the counsellors, had created is entrusted to you.

25. Whatever has breath you shepherd without exception,

26. You are their keeper in upper and lower regions.

27. Regularly and without cease you traverse the heavens,

28. Every day you pass over the broad earth. . . .

33. Shepherd of that beneath, keeper of that above,

34. You, Shamash, direct, you are the light of everything.

35. You never fail to cross the wide expanse of sea,

36. The depth of which the Igigi know not.

37. Shamash, your glare reaches down to the abyss

38. So that monsters of the deep behold your light. . . .

45. Among all the Igigi there is none who toils but you,

46. None who is supreme like you in the whole pantheon of gods.

47. At your rising the gods of the land assemble,

48. Your fierce glare covers the land.

49. Of all the lands of varied speech,

50.. You know their plans, you scan their way.

51.. The whole of mankind bows to you,

52. Shamash, the universe longs for your light. . .

Dis pragtig maar dis karaktrekke van die Skepper-God van die Hebreërs waarvan ons in die Tanakt, hulle Bybel lees.

SONAANBIDDING BUITE SUMER EN AKKAD

Die Hettiete het Hebab die songod aanbid.

Wat van Egipte?

Wat het met die songod Ra tydens die agste, negende en tiende plaag gebeur?

Eks 10:14  Hulle het oor Egipte gekom en die hele land vol gesit, ‘n yslike groot sprinkaanswerm, soos daar nog nooit tevore was nie en hierna ook nie weer sal wees nie.

Eks 10:15  Die land was toe onder hulle en dit was donker.

Toe ek dit gelees het, het ek besef dat die God van die Hebreërs magtiger as Utu, Sjamasj en Ra, die songode was.

Maar die krag en lig van die son was vir ‘n tweede keer deur die God wat hom geskep het, verduister.

Eks 10:21  Verder het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat ‘n mens die duisternis kan gryp.

Eks 10:22  Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

Eks 10:23  Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

Maar dis nie al nie. Die tiende plaag wat teen middernag die eersgeborenes doodgemaak het, was toe Ra die verste weg was om sy lig te laat skyn.

Die Bybel van die Christene verwys ook na ‘n tyd aan die einde van die planet se lewe, dat Utu, Sjamasj, Ra en die ander songode ‘n neerlaag gaan ly.

Opn 16:10  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;

DIE GRIEKE

Die Griekse songod Helios word deur Homeros as ’n god beskryf “wat vreugde aan sterflikes gee”.

Helios word gewoonlik uitgebeeld as ’n aantreklike jong man met die helder ligkrans van die son op sy kop. Hy ry daagliks met ’n strydwa van die son oor die lug heen totdat hy snags na die ooste terugkeer.

IRAKIMUSEUM ROMEINSE DAE VAN DIE WEEK

Irakimuseum kan jy gerus na ‘n Romeinse uitbeelding van die dae van die week gaan kyk. Van Sondag tot Saterdag.

Die Romeine het hul dae van die week na die planete vernoem, en wat toe na die Romeinse gode vernoem is:

Solis “Die dag van die son.”

Lunae “Die dag van die maan”

Martis, “Die dag van mars”

Mercurii, “Die dag van kwik”

Lovis, “Die dag van Jupiter”

Veneris, “Die dag van Venus”

Saturni, “Die dag van saturnus”

ANTIEKE GOD IN VERGELYKING MET DIE GOD VAN DIE BYBEL

GOD SE KARAKTER IN TEENSTELLING MET DIE SUMERIESE EN AKKADIESE GODE

Eks 20:8  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Eks 20:9  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

Eks 20:10  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Eks 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Watter ongelooflike karaktereienskap van God word hier uitgelig. Hy kan skep wat my Sumeriese en Akkadiese gode nie kon doen nie.

Saam met God se skeppingsmag skryf Moses oor nog ‘n karaktertrek van God, seker die heel mooiste:

Deu 5:12  Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het.

Deu 5:13  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

Deu 5:14  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.

Deu 5:15  En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ‘n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.

Ek tuur oor die verlatenheid van my eens asemlose glorie. Wat het van Sjamasj geword? Was hy net in die verbeelding van die mense wat hier gewoon het?

Ek wil die God van die Bybel my God maak. Het is die groot Skepper. Hy is die groot Herskepper.

As jy nog nie gedoen het wat ek nou gedoen het nie, wil ek jou nooi om hierdie vreugde saam met my te kom geniet.

Was this article helpful?

Related Articles