Baal-Peor

Met vreugde harte en sterker nuwe geloof in God het die oorwinnende leërs van Israel vanaf Basan teruggekeer. Hulle het reeds waardevolle gebiede verower en was vol vertroue dat hulle Kanaän onmiddellik kan verower.

Dit was net die Jordaan wat tussen hulle en die Beloofde Land gelê het. Aan die oorkant het die volop water die vlakte in ‘n groen paradys met geil skadureike palmbome omskep.

Aan die weste kant van die vlakte het die torings en paleise van Jerigo verrys. Die palmbome wat dit omsoom het, het daartoe gelei dat dit “die stad van palmbome” genoem is.

Op die oosoewer van die Jordaan, tussen die rivier en die plato waar hulle deurkruis het, was nog ‘n vlakte wat vir etlike kilometers langs die rivier gestrek het.

Hierdie beskutte vallei het tropiese klimaat geniet. “Dal van Sittim” het sy naam te danke aan groot aantal welige  akasiabome wat hier gegroei het. Hier tussen tussen die akasia bome langs die rivier het Israel heerlik uitgekamp.

Maar in hierdie mooi omgewing sou hulle met ‘n dodeliker vyand as die magtige vyandige leërs en die wilde diere van die woestyn kennis maak.

Die land so ryk aan natuurlike bronne, is deur die inwoners besoedel. In die aanbidding van Baäl, die belangrikse van die gode, is die verderflikste immorele afgodsdiens-praktyke voortdurend in die openbaar beoefen.

Daar was orals plekke wat vir hulle losbandige afgodery bekend was. Selfs die plekname was suggestief van die skaamtelose verdorwenheid van die mense.

Hierdie omgewing het Israel besoedel. Hulle het aan die vuil gedagtes gewoond geraak wat aanmekaar gesuggereer is. Ledigheid en gemaksug het ‘n verlagende effek gehad en byna onwetend het hulle van God afvallig geraak en in ‘n situasie beland waar hulle ‘n maklike prooi vir versoeking geword het.

Gedurende hierdie tyd was Moses besig met voorbereidings om Kanaän te beset en dit het al sy aandag geverg.

Maar vir die volk was hierdie tyd van afwagting baie moeilik en kort voor lank is hulle geskiedenis deur flagrante sedeloosheid geskend.

Aanvanklik was daar bitter min interaksie met hulle heidense bure totdat die Midianitiese meisies die kamp binne gesypel het.

Hulle het ten doel gehad om die Hebreërs van God se wet afvallig te maak en hulle aan hulle heidense rites en gewoonte bloot te stel en hulle na afgodery te verlei.

Hulle het hulle planne so vlytig onder die dekmantel van vriendskap versteek sodat selfs die opsieners nie onraad bemerk het nie.

Op Bileam se aanbeveling het die koning van Moab ‘n groot byeenkoms ter ere van hulle gode beplan en dit was in die geheim gereël dat Bileam Israel moes oorhaal om dit by te woon.

Hulle het hom as ‘n profeet van God beskou en gevolglik het  hy sonder veel moeite in sy doel geslaag. Groot getalle het saam met hom die feestelikheide bygewoon.

Hulle het hulleself op verbode terrein begeef en in die strikke van die Satan beland. Betowerd deur musiek en dans, en deur die skoonheid van die heidense maagde bekoor, het hulle trou aan God in die slag gebly.

Deelname aan die feestelikhede en die wyn het hulle sinne benewel, en die versperrings van selfbeheer afgebreek.

Hartstog het oorgeneem; hulle gewete is deur wellus besoedel en hulle is oorreed om voor die afgode te buig.  Hulle het op heidense altare geôffer en in die vuilste rites deelgeneem.

Dit het nie lank geneem  voodat die gif soos dodelike infeksie deur die kamp van Israel versprei het nie. Hulle wat heidense vyande op die slagveld verslaan het, is deur liste van heidense vrouens vernietig.

Dit was asof the mense betowered was. Die leiers en vooraanstaandes was van die eerstes wat oortree het en toe het die ander gevolg. “So het Israel hom dan gekoppel aan Baäl-Peor.” Numeri 25:3.

Toe Moses die kwaad agterkom, was die sameswering van die vyande so gevorderd dat die sedelose aanbidding nie net by Peor was nie, maar selfs binne in die kamp

Die bejaarde leier was verskriklik onstel en die toorn van God het gebrand.

Hulle goddeloosheid het hulle van God geskei, iets wat Bileam                                                                    vroeër nie kon regkry nie. Die oordele wat vinnig gevolg het, het die volk laat besef watter verskriklike sonde hulle gepleeg het.

Duisende is deur ‘n ontsettende epidemie afgemaai. God het beveel dat die leiers deur die regters veroordeel moet word. Die bevel is dadelik uitgevoer. Hulle is voor die oë van die volk gehang sodat hulle God se afkeer en toorn van hulle sonde kon sien.

Almal het gevoel die straf was geregverdig en mense het met trane en diep berou hulle sonde by die tabernakel gaan bely.

Terwyl die plaag val en regters hulle teregstellings uitvoer, het Simri, een van die owerste, die vermetelheid gehad om met ‘n Midianitiese hoer, ‘n prinses van ‘n “stamhoof van ‘n familie in Midian” na sy tent te neem.

Nooit was sedeloosheid so astrant nie. Onder die invloed van wyn het Simri oor sy sonde geroem.

Priesters en leiers het met hartseer en ootmoed op hulle aangesigte geval en “tussen die voorportaal en die altaar” geween en die Here gesmeek om Sy volk te spaar.

Pinehas, die seun van Eleaser die hoëpriester het ‘n spies geneem “en agter die Isrealitiese man aangegaan in die tent,” en albei doodgemaak.

Die plaag het opgehou en Pinehas was die goddelike bevel uitgevoer het, is voor die hele vol vereer. Die priesterskap is aan hom en sy huis as blywend bevestig.

Numeri 25:9-13 En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.10Toe het die Here met Moses gespreek en gesê:11Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.

12Daarom spreek: Kyk, Ek sluit met hom my vredeverbond,

13en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.

Die oordeel van Israel by Sittim het die oorblywendes uit gewis wat byna 40 jaar gelede gevonnis is: “Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.” Numeri 14:35

Toe die volk by die Jordaan getel is, is die volgende bevind:

The numbering of the people by divine direction, during their encampment on the plains of Jordan, showed that “of them whom Moses and Aaron the priest numbered, when they numbered the children of Israel in the wilderness of Sinai, . . . there was not left a man of them, save Caleb the son of Jephunneh, and Joshua the son of Nun.” Numbers 26:64, 65. 

Numeri 26:64,65 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het,…het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

Die sondaars in Israel is swaar gestraf omdat hulle aan die verleidings van die Midianitiese dames toegegee het; maar hierdie verleiers sou nie goddelike geregtigheid ontvlug nie.

Die Amelekiete wat Israel by Rafidim aangeval en die swakkes geteiken het, was eers baie later gestraf.

Midian wat hulle verlei het, is dadelik gestraf omdat hulle die gevaarlikste vyande van Israel was.

Numeri 31:2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.

Hierdie opdrag is onmiddellik uitgevoer. ‘n Duisend uitgesoeke mans van elke stam het onder leiding van Pinehas gaan veg.

Verse 7,8 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos die Here Moses beveel het…Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het…vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.

Die vrouens wat gevange geneem is, is op bevel van Moses om die lewe gebring want hulle was die skuldigste en gevaarlikste vyand van Israel. Dit was die einde van hulle wat God se volk wou verwoes.

Die Israeliete wat nie deur wapens oorwin kon word nie, is deur Midianitiese hoere verslaan. Dit is die mag wat vrouens uitoefen wat in die diens van Satan staan.

Dis waar Dawid en Salomo geval het.

Die wrakke wat teen rotse van wellus uitgespoel het lê orals in die geskiedenis. Wat leer die tipologie?

Eindtyd Israel wat op die grense van die hemelse Kanaän staan, gaan nog baie erger deur die duiwel op hierdie gebied aangeval word. Hy teiken veral mense wat die hoogste posisies beklee want hy kan deur hierdie slagoffers baie ander verwoes.

Sensuele sondes tas die verstand aan en besoedel die mens. Sedelike en kognitiewe krag word deur die toegee aan dierlike bevrediging verlam.

Goedheid, reinheid, waarheid, agting vir God en liefde vir dit wat heilig is en ons aan God bind, word in die vlamme van wellus verteer.

Die mens word ‘n wrak, die woonplek bose geeste en die “versamelplek van allerhenade onteine en haatlike voëls.” Openbaring 18:2.

Dit was omdat Israel met afgodedienaars geheul het, dat hulle God se wet oortree en oordele op die nasie gebring het. Dieselfde gaan gebeur wanneer ek my op Satan se suksesvolle  vermaaklikhede begeef

2 Corinthians 6:17,18 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;18en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Lank voordat ‘n mens in openlike sonde val, is daar ‘n voorbereidingsproses wat plaasvind. Jy val nie oornag kuisheid na besoedeling nie. Dit neem tyd om iemand wat in die beeld van God geskape is om na die dierlike te verval.

Deur aanskoue word ons verander. Wanneer ons vuil gedagtes koester, kan dit wat ons voorheen verafsku het aangenaam word.

Die duiwel doen enigiets om misdaad en onsedelikeid polulêr te maak. Die media oordonder jou met hulle versoekings. Die eens sensitiewe gewete verhard en voed gulsig op hierdie vuil dinge.

Die satan werk deurmiddel van die drama om hartstog aan te wakker. Die opera met sy bekoorlike vertoon en unieke verwarrende musiek, die danssaal en dobbelhuise word deur die Satan gebruik beginsels af te breek en die deur vir wellus oop te maak.

By plekke waar trots gekoester en vrye teëls aan die aptyt gegee word en God vergeet word, bind die duiwel sy kettings om die mens.

Spreuke 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;

Die hart moet deur goddelike genade vernuwe word anders sal dit niks help om rein te probeer lewe nie. Hy wat ‘n deugsame karakter sonder die genade van God te bekom, bou sy huis op sand.

Dawid se gebed ten tye van versoekings, moet ook ons gebed wees: Psalm 51:11 Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.

Wat moet ons doen om versoeking te weerstaan en nie ‘n prooi van die duiwel te word nie?

Ons moenie toelaat dat ons gedagtes na willekeur op dinge konsentreer wat die duiwel voorstel nie.

1 Peter 1:13-16 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Paulus sê: Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig.

Psalm 119:9-11 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.10Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.11Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Israel se sonde by Baäl-Peor het die oordeel van God op die hals gehaal. En alhoewel sondes tans nie onmiddellik gestraf word nie, wag daar iewers vorentoe ‘n dag van afrekening.

Verwysende na die verskriklike sonde van ontug, lees ons die volgende: “As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend.” 1 Korintiërs 3:17. Die natuur het vreeslike strawwe op hierdie sondes geplaas wat een of ander tyd die oortreder gaan teister. Dink maar net aan vigs.

Dit is hierdie sonde, meer as enige ander, wat die verval van die mens as gevolg gehad het en die siekte en ellende waarmee die wêreld vervloek is.

Galasiërs 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

21afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Openbaring 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars—hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Spreuke 5:1-5 MY seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,2dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;3want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,4maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ’n swaard aan weerskante skerp.

5Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

Ek en jy staan op die oewer van die Beloofde Land. Die duiwel gun ons nie ‘n leeftyd van geluk nie. Hy wil sien dat ons saam met hom verwoes gaan word.

As jy geval het maar opnuut besef hoe verskriklik jou sonde is, is daar vir jou hoop. Soos Israel destyds na die tabernakel gevlug het en met trane hulle sonde bely het, kan ons ook na die hemelse heiligdom bid en dieselfde doen.

Die Here wag vir ons om te kom regmaak sodat Hy ons ten volle kan vergewe.   

Volgende keer studeer ons verder in die verhaal van ou Israel.

Mag die Here ons help om die kosbare lesse uit hulle geskiedenis te leer en te oorwin.

Was this article helpful?

Related Articles