Nineve

NINEVE

Dis hoe ek tans lyk. Maar dis nie hoe ek lank gekede gelyk het nie.

Wat sien jy van my wanneer jy deur die museums stap?

As deur my geskienes blaai sal jy sien dat ek op ‘n stadium die magtigese, pragtigste en rykste en sterkte stad van die antieke wêreld was.

Kom ek vertel jou so ‘n stukkie van my verhaal, die stukkie wat die Bybel oor my geskryf het, en wat die argeologie bevestig het.

HOOFSTEDE

Daar was drie ander stede wat saam met my ‘n belangrike rol gespeel het. Die een wat die grootste invloed buiten my gehad het, was Nimrut, die Bybelse Kalag.

Gén 10:10  Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.

Gén 10:11  Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou,

Dis hoe hy gelyk het voor Isil hom die lug ingeblaas en alles vernietig het.

Mens kan die naam van Asjurnasirpal hier lees. Na hom het Salmaneser III hier regeer.

Die waardevolle geskiedenis word tans in die Britse museum uitgestal.

In die binnehof van Nimrud het hulle die swart obelisk ontdek wat tans ook in die Britse museum staan.

Dit wys hoe Jehu van Samaria voor Salmaneser III neerkniel in belasting betaal.

Ek het dit goedgedink om dit met julle te deel sodat julle vertroue in die Bybel kan toeneem.

KORSABAD

Nie ver van my af sien mens die ruïnes van Korsabad. Die ou naam was Dur Sharakin, wat “Vesting van Korsabad” beteken.

Altaar toegewy aan die god Sibitti deur Sargon II is ontdek

Mens lees van koning Sargon in Jesaja 20.

Vir baie jare het die kritici die naam as fiksie afgemaak. Die rede was omdat die historici soos Herodotus of Zenofon en ander nie se naam genoem het nie.

Eers nadat die Fransman Botta by Korsaba opgrawings gedoen het, is sy naam daar gevind. Dit het die vyande van die Bybel baie vinnig stilgemaak.

ASSUR

Die ander belangtike stad is Assur. Dit was eintlik die godsdienstige hoofstad van Assirië.

OPSTAND

Omdat ons die wêreld baie wreed my ‘n ysterhand regeer het, het die opstand teen ons net al hoe groter en groter en groter geword.

My grootste vyande was die Meders en die Babiloniërs. Eers het die koning van die Meders met die naam van Cyaxares I ons godsdienstige stad Assur verwoes. Dit was in 614.

Twee jaar later het die Meders en die Babiloniërs saamgespan en my in 612 verwoes.

Kom ek vertel jou net kortliks iets meer aangaande die twee konings. Die een se naam was Nabopolasser.

Vir ‘n baie lang tyd was daar twyfel of daar so ‘n koning ooit bestaan het. En toe maak hulle ‘n ongelooflike ontdekking.

In 1988 het porfessor Paulo Barboza van Brasil ‘n steen ontvang wat van Babilon afkomstig was.

Die skenker het dit as ‘n souvenier van Babilon saamgebring. Nadat die prof in die omgewing van die Aventiste Universiteit in Sao Paulo afgetree het, het die steen in hulle hande beland.

Die vertaling het toe die spesiale projek van die Universiteit se fakulteit van Bybelse argeologie geword. Tussen die jare 625 en539 vC het die Neo-Babiloniese skryfstyl van links na regs geskryf. Dit was ‘n groot deurbraak want dit was in daardie tyd dat Nabolopolasser in 612 my kom verwoes het.

Hier volg die vertaling: “Ek is Nebukadnessar, koning van Babilon voorsiener van die temples Esagila en Ezida, die eersgeborene van Nabopolasser, koning van Babilon.”

Soortgelyke ontdekkings is sederdien gemaak.

Ek noem hierdie feit sodat julle kan weet dat my verhaal nie ‘n stuk mitologie is nie, maar die waarheid. Dit was tipies van hoe Nebukadnesar homself in die  Bybel beskryf het.

Dan 4:29  Aan die einde van twaalf maande terwyl hy op die koninklike paleis van Babel rondwandel,

Dan 4:30  het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?

CYAXARES

Die koning van die Meders was Cyaxares 1. Hy het sy dogter Amytis met die seun van Nabonidus laat trou. Sy naam was Nebukadnesar.

Net soos die Meders die Babiloniërs gehelp het om my te vernietig, net so het die Meders onder leiding van Cyaxares 11, die Perse gehelp om Babilon te verower.

HARAN EN KARKEMIS

Wat het gebeur nadat ek na drie maande se beleëring deur Napololasser en Cyaxeres verwoes is?

my soldate na Haran en Karkemis gevlug en hulle gereedgemaak vir ander aanvalle deur Babilon.

Omdat Nebukadnesar se pa siek geword het, het hy alleen teen Haran kom veg en oorwin. Maar my soldate het weer in 609 hergropeer. Met die hulp van farao Necco was hulle weer in beheer van Haran.

Ons finale einde het in 605 plaasgevind. Nebukadnesar het met die hulp van Meders my manne in Haran verslaan en net daarna na Karkemis vertrek.

Daar het hulle ‘n Egiptiese koalisie onder leiding van farao Nekko verslaan. Dit was die einde van die Assiriese ryk.

PROFESIE VAN NAHUM

Ek moet julle van ‘n Hebreeuse profeet vertel wat oor my geprofeteer. Alles wat hy voorspel het, het haarfyn net so gebeur.

Nah 3:16  Jy het mos meer handelaars gehad as wat daar sterre aan die hemel is. Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg,

Nah 3:17  en jou wagte is soos treksprinkane, jou bevelhebbers is soos ‘n swerm sprinkane wat op die klipmure sit solank dit koud is, maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie!

Hierdie profesie is haarfyn vervul. Party soldate het na Haran en ander na Karkemis gevlug.

Luister na die volgende profesie:

Nah 3:18  Jou regeerders sluimer, koning van Assirië, jou vername mense slaap, jou manskappe is verstrooi op die berge en daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie.

Nah 3:19  Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik; almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voortdurend onder jou wreedhede gely nie?

Nah 1:9  Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar ‘n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

Die Bybel van die Christene praat ook van dinge wat aan die einde van die tyd gaan gebeur. Die groot woord is “Eskatologie.”

Die kinders van die Here het baie onder die Assiriërs gely. Vir dekades is hulle geplunder en uiteindelik in ballingskap geneem.

Dit was vir hulle ‘n tyd van benoudheid. Maar nou kyk die profeet Nahum ver in die toekoms en hy maak hierdie stelling:

Nah 1:9  Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar ‘n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

Die benoudheid wat my mense aan die kinders van Israel gebring het, dui op die einde van tyd.

Dis dan wanneer die vyande van die eindtyd weer gaan probeer om die kinders van die Here te verwoes.

‘n Pragtige belofte dat die benoudheid wat vervolging deur eeue veroorsaak het, sal nooit weer gebeur nie.

Die wet van die Here wat die duiwel as juk van knegskap afgemaak het, gaan as die heerlike wet van vryheid gesien word.

God se volk wat die toetse deurstaan het, sal nooit weer dink om aan die Here ontrou te wees nie. Sy karakter van onbeskryflike liefde en oneindige wysheid gaan deur alle ewigheid net meer en meer geopenbaar word.

Hier uit my ruïnes eggo die belofte van Nahum: benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

OORSTOMINGS

Nah 2:6  Die sluise van die kanale word oopgetrek, en die paleis stort inmekaar.

Nah 2:6  Die poorte van die riviere word oopgemaak, en die paleis smelt weg.

Nah 2:6  The gates of the rivers are opened, And the palace is dissolved.

Weereens kan ek, Nineve bevestig wat Nahum oor ‘n waterramp geprofeteer het.

Diodorus Siculus sê dat swaar reens die aand met die val van my stad die Tigris oor sy walle gestoot het en van die mure verwoes het. ‘n Gedeelte van Nineve is verwoes en dit het die vyande in staat gestel om die oorwinning te behaal.

DEUR VUUR VERWOES

Nah 3:15  Daar sal die vuur jou verteer.

Argeoloë het in die 1800 honders die aslaag van die verwoesting ontdek. Hier is ‘n uittreksel van Encyclopaedia Britannica: “…

Nineveh suffered a defeat from which it never recovered. Extensive traces of ash, representing the sack of the city by Babylonians, Scythians, and Medes in 612 BC, have been found in many parts of the Acropolis. After 612 BC the city ceased to be important…”

Nah 1:10  Al is julle inmekaargevleg soos dorings, en al is julle deurweek van drank, julle sal soos kurkdroë stoppels verbrand word.

Nah 3:11  Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal ‘n toevlug soek teen die vyand.

Ek wil net vir jou sê dat hierdie voorspelling van besope wees op daardie laaste dag, is vervul. Ek het dit met my eie oë aanskou.

Julle kan ook verdere bewys by die historikus Diodorus Siculus kry. Hy skryf:

“Die Assiriese koning het sy soldate dronkgemaak. Die drosters het hierdie inligting aan Napolasser en Cyxares vertel.”

Siculus het sy historiese navorsing 600 jaar na my val opgeteken?

Is daar ‘n soortgelyke ooreenkoms met dit wat die koning die laaste nag in Babilon gedoen het?

Almal was papdronk behalwe Daniël en Amystis die wedewee van Nebukadnesar.

ESKATOLOGIE

In Openbaring kry ons hierdie interessante eskatologie.

Opn 18:1  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

Opn 18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Opn 18:3  omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

Wanneer die laaste nag van hierdie planeet aanbreek, gaan die konings, die leiers, die geestelikes sorg dat hulle volgelinge dronkgemaak word. Nie met fisiese wyn nie, maar met die wyn van valse leerstellings.

WAAROM HET EK DIE MAGTIGE NINEVE GEVAL?

Jy mag misikien vra waarom ek, die magtigste op aarde geval het en vandag nog steeds ‘n hoop puin is?

Hier tussen me ruïnes het een van my konings by name Sanherib die verwoesting van Lagis, ‘n stad in Juda vertoon. Hy het van my kunstenaars gevra om die geveg van die begin tot die einde van sy vernietiging van die stad uit te beeld.

Dis weersinswekkend. Op ander plekke het hy mense aan pale laat hang. Wanneer ‘n verowerde stad dit waag om hom teen Assiriese oorheersing te verset het ons hulle koppe afgekap en piramiedes daarvan te maak.

ISRAEL SE GOD VAN LIEFDE

Voor ek verwoes is, het Israel se God ‘n profeet na my gestuur om my te waarsku dat ek verwoes sou word.

Wat dink jy? Was hy gewillig om dit te doen? Nee. Ons was gehate vyande. Ons het Israel met die wreedheid van ons wrede oorlogsugtige haat gehaat.

Hierdie profeet Jona het toe ‘n skip gevat en gevlug. Maar die God van Israel het nie moed verloor om ons tot bekering te kom roep nie.

Toe daar ‘n storm op die see losbars het die bemanning lootjies gewerp om uit te vind wie die skuldige is. Dit was Jona en hulle het hom oorboord gegooi.

Maar die God van Israel was gedetermineerd om ons tot bekering gebring.

‘n Reuse vis het hom ingesluk en op die Libanese kus uitgespoeg.

Mens kan vandag nog die plek besoek waar dit gebeur het.

Vandaar het Jona die lang pad gevat en vir ons kom preek. Ek sien hom by die Nergalpoort instap. Die man preek en waarsku dat God Nineve oor 40 dae gaan verwoes.

Dit was nie speletjies nie. Die God van die Herbreërs het dit voorheen ook met die goddelose Sodom ook gedoen.

En iets gebeur in my mense se harte. Hulle word bewus van hulle wreedheid teenoor die mensdom en kom tot bekering.

Maar dis nie al nie. Koning Adad-Nirari wat destyds geregeer het, het ook tot bekering gekom. Dis opgeteken in die Christene se Bybel.

Jon 1:1  En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:

Jon 1:2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

Jon 1:3  Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.

Jon 1:4  Maar die HERE het ‘n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ‘n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

Julle kan sy gebed van berou in die boek lees wat geskryf het. Daar het hy van God se groot liefde vir sondaars bewus geraak.

In Libanon kan mens die heiligdom van Jona besoek en die plek sien waar hy deur die vis uitgespoeg is.

Luister wat skryf hy oor die resultate van sy prediking:

Jon 3:4  En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.

Jon 3:5  En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.

Jon 3:6  En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.

Jon 3:7  En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne—geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

Jon 3:8  maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

Jon 3:9  Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

Jon 3:10  En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

Ek kan nie vir jou sê wat ‘n groot oomblik dit in ons geskiedenis was toe wreedheid skielik tot stilstand gekom het nie. My mense was mooi teenoor mekaar en genadig teenoor ons vyande.

Een van die gode wat ons dien, se naam is Nergal, en een van ons poorte is na hom vernoem. Hy was die god van dood en van plae. Hy was sonder genade.

En hier hoor ons van ‘n God wat genadig en liefdevol is. Hy is gewillig om Sy plan om ons te vernietig as ons ons van ons sonde bekeer en Hom aanbid.

KONING ADAD-NIRARI III SE BEKERING

Julle kan ons koning se bekeringsverhaal in die Britsemuseum gaan lees. Argeoloë het dit by die Nabutempel in Nimrud ontdek en dit na London toe geneem.

JESUS SE PREEK

In die Christene se Bybel verwys Jesus na die profeet Jona wat hier in my kom preek het.

Luk 11:29  En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

Luk 11:30  Want soos Jona ‘n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.

Luk 11:32  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!

Ons het ons op Jona se prediking bekeer. Maar toe Jesus Jerusalem toe kom, Hy wat baie meer as Jona was, want Hy was God wat in die gedaante van ‘n mens gekom het, het Jerusalem Hom verwerp.

Jona het nie ‘n enkele wonderwerk verrig nie; Jesus het. Hy het selfs mense uit die dood opgewek.

Nineve het sy wreedheid teenoor mense laat vaar; Jerusalem  het Hom wat hulle wou kom red het, met die grootste wreedheid denkbaar mishandel.

NINEVE SE UITNODIGING

Hier vanaf die ruïnes wil ek ‘n uitnodiging aan jou rig. Toe Jona vir ons kom preek het, het mishandeling van mense gestop.

Toe Jesus Jerusalem besoek het, het hulle mishandeling van mense net meer geword.

In die oordeel wanneer Jesus kom, gaan my bekeerlinge saam met daardie wreedaarts van Jerusalem opstaan en hulle veroordeel.

PERSOONLIK

Maar nou praat ek in liefde met jou. Hoe behandel jy mense. As jy mense nie wil vergewe nie tree jy wreed en onbillik teenoor hulle op.

As jy kwaad met kwaad vergeld verwoes jy jouself en ander mense.

Voordat ons tot bekering gekom het, het ons ons vyande kaal uitgetrek en in ballingskap laat gaan.

Trek jy mense se klere, hulle bedekking, hulle waardigheid uit. Laat jy toe dat hulle sonder selfrespek naak deur die samelewing loop.

Ouers hoe behandel julle julle kinders? Voor ons bekering het ons hulle aan ons afgode geoffer.

Het jy al gedink aan die pyn wat jou kind deurmaak wanneer jy hom of haar verwaarloos of jou liefde wat hulle soek weerhou?

Kinders is julle wreed teenoor julle ouers. Die pyn van verwaarlosing, die pyn van beskuldiging is wreder as die fisiese pyn wat ons ons vyande aangedoen het.

Die Jesus van die Bybel sê alles wat ons negatief teenoor ander mense doen, doen ons dit aan Hom.

Hy sê ook dat dat die mooi wat ons  aan mense doen, ons dit aan Hom doen.

Mag ek jou nou nooi om deur die krag van die God wat jy dien, soos ons teenoor mense sal optree nadat ons tot bekering gekom het.

Gee mense hoop, nie wanhoop nie. Gee mense vreugde, nie pyn nie. Gee mense liefde, nie haat nie.

Was this article helpful?

Related Articles